| beesboer [boodskap #151853] |
Do., 11 Junie 2026 12:16 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25457 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
beesboer
Afbreking: bees•boer
Samestelling: bees + boer
Selfstandige naamwoord: beesboer
Meervoud: beesboere
Verkleinwoord: beesboertjie
Meervoud van verkleining: beesboertjies
Betekenis:
• Persoon wat beeste aanhou, meestal vir hulle melk of vleis.
Gebruik:
• Bosluise is 'n beesboer se grootste vyand, derhalwe moet die beeste gereeld gedip word.
Hiperoniem:
• veeboer
Hiponiem:
• melkbeesboer
• vleisbeesboer
Afgelei:
• beesboerdery
Vertaling:
Engels: cattle farmer, cattle rancher
Nederlands: rundveehouder
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Do., 11 Junie 2026 12:16] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
|