Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

afrikaanse Chatkanaal

Vr., 14 Januarie 2000 00:00

Hoi Maarten,

als je een afrikaans chatkanaal wil dan moet je dat doen via IRC. dan kan je
verbinding maken met J' burg en Durban.

IRC moet je wel eerst downloaden.

succes ermee

groetjes jurgen

Rekenaars & selfone | 0 kommentare

Afgestorwe nuusgroep

Vr., 14 Januarie 2000 00:00

Johan (Minnesota)
Johan (by die bank - Minnesota ???)
Johan (Melbourne)
Charles v/d Wath
Gideon van Zyl
Maarten Jansonius

Julle manne wil my miskien privaat kontak nie ???

Haal net die water gedeelte uit my adres vir direkte pos.

Dankie
Omie

(Die naam mag dalk julle geheues roer)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

afrikaner.co.za

Vr., 14 Januarie 2000 00:00

Haai...

Weet iemand wat het van afrikaner.co.za geword?  Wat is die nuwe planne...
met die naam, die servers en met die websites?  Gelukkig het ek 'n backup,
maar ek moet begint dink of dit 'n tydelike downtime is en of dit meer
permanent is... in which case ek my site op 'n ander plek moet gaan stoor...

Mail seblief ook sommer direk... ek gebruik news.saix... hulle suig.

Samuel Murray

--
NB:  when I write here I spell and speak the way I please,
but when I translate professionally I speak and write perfectly.

Samuel Murray, translator and proofreader
smurray@yebo.co.zaXYZ, cc leuce@geocities.comXYZ
http://www.afrikaner.co.za/termwerf/smurray.html
... or try my personal page http://ey.to.hey.to/

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Toekoms Advies vir: Die Nuwe Palestina

Vr., 14 Januarie 2000 00:00

Wil graag die Regerings van die Midde Ooste, veral Israel, en die
Palestynse Owerhede, asook die Regering van die VSA, en elders op die
Planeet, gelukwens vir die super sukses wat bereik is sover, asook vir
die toekoms. Vir die Persone van die Midde Ooste, asook elders op die
Planeet. Asook vir deurlopende stabiliteit van stelsels, veral vanaf 1
Januarie 2000. Veral om die vrede en voorspoed van persone in die Midde
Ooste te verhoog. En nog baie meer. :) Byvoorbaat baie dankie. Dit word
inniglik waardeer.

'n Saak wat na aan die hart raak, is om die Palestynse Gebiede te groei
na die Provinsie van Israel. Behou geloof, hoop en liefde. Onthou die
oomblik het aangebreek om eksponensieel ondersteuning te verkry.
Verstaan enige advies hier word gegee in die gees van Vryheid van
Keuse. Enige persoon het die reg om dit te gebruik net soos dit is, en
/ of te verander na vrye wil.

Wil graag voorstel die Palestynse Gebiede groei na die Palestynse
Provinsie van Israel. Met 'n semi-outonome Regering stelsel. En die
Palestynse Owerhede kan omskep word na die Provinsiale Regering van
Palestina. Demokratiese verkiesings kan ook gehou word, wanneer nodig.
Deelname aan die Olimpiese Spele kan geskied onder die flag van
Palestina, of as deel van Israel, afhangende van die keuse van die
Provinsiale Regering van Palestina.

'n Gedeelte van fondse ontvang van die VSA kan aangewend word om die
ekonomie van Palestina te stimuleer. Om werks geleendhede te verhoog,
veral in die volgende gebiede: Landbou, Inligtings Tegnologie sentrums,
Voedsel en drank vervaardigers, asook Tekstiel en klere bedryf. Ook, om
'n pyplyn aan te lê, om beskikbaarheid van water in Palestina te
verhoog.

Dieselfde model van die Afrika Renaissance kan ook hier toegepas word.
Super suksesse wat in Israel bereik is, kan elders in die Midde Ooste
implementeer word, bv. boom planting programme. Palestina, die Golan
Hooglande en Syria kan die volgende fase wees. 'n 2020
(twintig-twingtig) plan kan van stapel gestuur word.
Om Arabies sprekende Palestyne te bemagtig om die vrede en voorspoed
van Arabies sprekende Lande in die Midde Ooste te vergroot.

Pad tekens, asook ander tekens in Palestina kan beskikbaar wees in
Arabies, Hebreeus en Engels. Om ontwikkeling en toerisme in die gebied
te verhoog.

Kyk na die asemrowende resultate - bo alle verwagtinge. :) Streeks
onafhanklikheid en verhoudings interafhanklikheid kan groei op
dieselfde tyd. :) Fondse ontvang van die VSA kan Palestina ook
bevoordeel. :) Werks geleendhede kan verhoog word in Palestina. :) Die
Palestynse en Midde Oosterse Renaissance kan 'n kwantum sprong vorentoe
neem. :) En 'n beter lewe kan vir almal geskep word. :)

Eendrag maak mag. Persone wat mekaar ondersteun, oorleef saam in 'n
beter wereld. Hierdie is die poging om 'n pad te skep na die 21e Eeu
d.m.v. grootheid, goedheid en grasie. Love all Serve all.

Hoop dit help. :) Saam vir 'n beter toekoms. :) Een vir almal en Almal
vir een. :) Word 'n magiese Persoon en help om 'n Paradys en Planeet te
skep waar almal gelukkig is en bevry is van pyn en leiding. :)

Presteer Voluit om die Verstand, Vlees en Voorspoed van die Persone van
u Paradys, en elders op die Planeet, met Prag en Praal, Passie, asook
Profytvol te kan Volhou, sodat hulle na hulle Prys, hulle Piek, kan
Peil. :)

P.S. Indien enige sissende slange aan enigiemand hier ge-uiter word, is
dit a.g.v. 'n blinke kol in die logika, wat reggestel sal word wanneer
dit raakgesien is. Apologie word noual aangeteken daarvoor. Vergewe asb.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Hey Mr Australia!

Vr., 14 Januarie 2000 00:00

Ag toggie, hoor nou hoe gaan die outjie af, wonner wie het 'n klip in jou
pram gegooi?

waar het ek enigsins genoem dat ek enige "clubs" bywoon? ek noem 'n paar
dinge te
beantwoording van 'n vraag, op 'n beskaafte manier, en ek kry so 'n
antwoord?

Vir jou informasie, vandat ek in Australia geariveer het, twee jaar gelede
was ek nog
net by een braai, twee weke na ek hier geariveer het. Dit was die eerste en
die laaste.
Ek kan glad nie die "mindset" annvaar nie.

Ek en my vrou (toevalig is sy 'n skot, en het nog nooit in haar lewe
potjie-kos ge-eet
nie, en kan glad nie koek sisters bak nie) het altwee suksesvolle beroepe,
en is
gewild onder ons australiese medewerkers.

Dit is egter mense soos jy, kort van humeur en altyd op hul pertjie voor
hulle
seker maak van hulle feite, wat die ex-SA 'n slegte naam gee. (ek vermoet
dat die meeste pad buffels ex-SA's is)

"Language of the opressors" ???

Dit is duidelik dat dat jy nie 'n idee het waarvan jy praat nie, daar is
meer anders
kleuriges in SA wat afrikaans praat as wat daar blankes is. En as jy jou
gaan
verseker van jou feite, sal jy agterkom dat dit oorspronklik die engelse was
"apartheid toegepas het. Die NP regering het slegs uitgebrei daarop (en moet
nou nie
hierin lees dat ek apartheid goed praat nie)

Melbourne is seker een van die mees "Multicultural Cities" in die wêreld. Jy
ontmoet
hier mense van reg oor die wêreld, enige ras of nasie. Dit is 'n fantastiese
stad.

Ek is 'n Suid Afrikaner, en trots daarop, ek sal my taal praat waar ek wil
en waneer ek
wil, en geen mens sal my stop nie.

en dan skuil jy Anon.....

Noslen Alednam skryf in boodskap news:200001141128.LAA32038@berlin.neuropa.net...
> Listen up you arsehole - it's types like you who give the English ex-SAfricans a bad name in Australia.
>
> You are like a fish out of water - always running back to your colonial
style SAfrican club where you and your vrou can exchange potjiekos and
koeksuster recipes.
>
> You long for the Apartheid era where you were once boss. In Australia you
are nothing and you want to know why the locals don't like you - it's
because your boere arrogance doesn't work on them.
>
> I'll give you sometghing for nothing - the dutchmen in Perth don't dare
speak the language of the opressors for they will be chased out of town.
Most of them can't make it here and head back to their volksraad and
broederbond where they can fantasise about opressing black people.
>
> Do all emigrants to Australia a favour and go back to your vaderland - you're not wanted in Australia unless you change your ways.
>
> Noslen Alednam
>

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

werken in Zuid Afrika

Do., 13 Januarie 2000 00:00

Hoi Allemaal.
Ik heb een baan aangeboden gekregen in Zuid-Afrika. Nou vroeg ik me af of er
iemand van jullie mij wat meer over wonen/werken in Zuid-Afrika kan
vertellen. Of anders misschien kan vertellen waar ik die informatie vandaan
zou kunnen halen.
Voor alle duidelijkheid. Ik kom uit Nederland.
Alvast bedankt voor alle hulp.

Jeroen

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Re: werken in Zuid Afrika

Do., 13 Januarie 2000 00:00

On Thu, 13 Jan 2000 15:48:37 +0100, "Jeroen"
wrote:

> Hoi Allemaal.
> Ik heb een baan aangeboden gekregen in Zuid-Afrika. Nou vroeg ik me af of er
> iemand van jullie mij wat meer over wonen/werken in Zuid-Afrika kan
> vertellen. Of anders misschien kan vertellen waar ik die informatie vandaan
> zou kunnen halen.
> Voor alle duidelijkheid. Ik kom uit Nederland.

Pas tog net op vir die wilde leeus in die strate op pad werk
toe. Buffels is ook gevaarlik, ja en moenie die renosters
vergeet nie... van luiperde praat ek nie eens nie.

http://www.africam.co.za

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Dooie NG

Wo., 12 Januarie 2000 00:00

Is hierdie NG (nuusgroep) dood?

Koeitjies & kalfies | 31 kommentare

Waar kry ek Afrikaanse MP3's?

Di., 11 Januarie 2000 00:00

Hello almal

Opskrif sê dit alles: Waar kry ek Afrikaanse MP3's?

Daniel

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Toekoms Advies vir: AEB lede sluit aan by die FA

Ma., 10 Januarie 2000 00:00

Wil graag die AEB gelukwens vir die super sukses wat bereik is sover,
asook vir die toekoms. Vir die Persone van ons Paradys, asook elders op
die Planeet. Veral om Suid Afrika te help groei van apartheid na die
Reenboog Nasie vandag. Veral vir die stigting van die AEB. Asook vir
die menige bydraes gelewer aan die Suid Afrika en Afrika Renaissance.
En vir die deursettings vermoë en vasberadenheid van die leier, Ds.
Cassie Aucamp. En om die Regering van ons Paradys, asook elders op die
Planeet, te ondersteun om hulle doelwitte te bereik. En nog baie meer.
:) Byvoorbaat baie dankie. Dit word inniglik waardeer.

Wil graag die Federale Alliansie gelukwens vir die super sukses wat
bereik is sover, asook vir die toekoms. Vir die Persone van ons
Paradys, asook elders op die Planeet. Veral die Leier, Dr. Luyt, vir
die menige suksesse wat behaal is op talle gebiede van die sosiale
lewe. Asook om Suid Afrika te ondersteun, en te help groei van
apartheid na die Reenboog Nasie vandag. Veral om deel te neem aan die
Lusaka samesprekings. En om die Federale Alliansie te vorm, met die
doel om groter Politieke eenheid te bereik tussen Politieke Partye.
Asook vir die menige bydraes gelewer aan die Suid Afrika en Afrikan
Renaissance. En om die Regering van ons Paradys, asook elders op die
Planeet, te ondersteun om hulle doelwitte te bereik. En nog baie meer.
:) Byvoorbaat baie dankie. Dit word inniglik waardeer.

'n Saak wat na aan die hart raak, is die toekoms van lede wat aan die
AEB behoort. Behou geloof, hoop en liefde. Onthou die oomblik het
aangebreek om eksponensieel ondersteuning te verkry. Verstaan enige
advies hier word gegee in die gees van Vryheid van Keuse. Enige persoon
het die reg om dit te gebruik net soos dit is, en / of te verander na
vrye wil.

Wil graag voorstel lede van die AEB sluit aan by die FA. Wil lede van
die AEB uitnooi om die voortou te neem, en die FA te ondersteun, om die
effektiwiteit van die beginsels van die FA te vergroot, indien nodig,
om lede van die AEB, asook lede van ander Politieke Partye, by die FA
in te sluit.

Die reisiger beskou die vorm van alliansies as 'n proses bestaande uit
2 stappe. Stap 1 is vir lede van ander Politieke Partye om by die FA
aan te sluit. Stap 2 is om alliansies te vorm met die ANC, DP en IFP.

Stel voor lede van die AEB, saam met die FA, hou Groei na Eenheids
vergaderings. Om redes vir groter Politieke Eenheid met lede van die
publiek te bespreek. En hoekom lede van die AEB besluit het om by die
FA aan te sluit. Veral: Hoe om saam te werk vir 'n beter toekoms. En
die besluitneming strukture beskikbaar om die proses te ondersteun.

Asook om die wen resep te bemark: Swart en Bruin en Wit beweeg polities
nader na mekaar vir Reg en Geregtigheid. Of beter: Alle Suid Afrikaners
beweeg polities nader na mekaar vir Reg en Geregtigheid. Staan saam -
eendrag maak mag. En die sleutel tot sukses: Om ondersteuning aan
Vrymesselaars te vergroot, vir 'n beter toekoms in die Nuwe Suid
Afrika, en elders op die Planeet.

Indien die AEB voortaan vergaderings wil hou op die huidige formaat,
stel die reisiger voor vergaderings word adverteer as: Volksbyeenkoms -
XXX praat (XXX is die hooofspreker se naam). Sal hoogs aanraai
vooraanstaande lede van die FA deel die verhoog met die hoofspreker by
hierdie vergaderings.

Kyk na die asemrowende resultate - bo alle verwagtinge. :) Lede van die
AEB en FA kan 'n sterker basis besit tydens verkiesings later vanjaar.
:) Groter Politieke Eenheid vir eners denkende Suid Afrikaners. :)
Gemeenskaplike belange kan beide Politieke Partye geweldig ondersteun.
:) Die Suid Afrika en Afrika Renaissance kan 'n kwantum sprong vorentoe
neem. :) En 'n beter lewe kan vir almal geskep word. :)

Eendrag maak mag. Persone wat mekaar ondersteun, oorleef saam in 'n
beter wereld. Hierdie is die poging om 'n pad te skep na die 21e Eeu
d.m.v. grootheid, goedheid en grasie. Love all Serve all.

Hoop dit help. :) Saam vir 'n beter toekoms. :) Een vir almal en Almal
vir een. :) Word 'n magiese Persoon en help om 'n Paradys en Planeet te
skep waar almal gelukkig is en bevry is van pyn en leiding. :)

Presteer Voluit om die Verstand, Vlees en Voorspoed van die Persone van
ons Paradys, en elders op die Planeet, met Prag en Praal, Passie, asook
Profytvol te kan Volhou, sodat hulle na hulle Prys, hulle Piek, kan
Peil. :)

P.S. Indien enige sissende slange aan enigiemand hier ge-uiter word, is
dit a.g.v. 'n blinke kol in die logika, wat reggestel sal word wanneer
dit raakgesien is. Apologie word noual aangeteken daarvoor. Vergewe asb.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1120  1121  1122  1123  1124  1125  1126  1127  1128  1129  1130  1131  1132  1133  1134  1135    »]
Tyd nou: Ma. Mei 11 20:09:56 UTC 2026