| skreeubalie [boodskap #151856] |
Vr., 12 Junie 2026 17:53 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25465 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
skreeubalie
Afbreking: skreeu•ba•lie
Samestelling: skreeu + balie
Selfstandige naamwoord: skreeubalie
Meervoud: skreeubalies
Betekenis:
• 'n Persoon (gewoonlik 'n kind) wat baie skreeu en huil.
Gebruik:
• Moenie 'n skreeubalie wees nie, jou kos word koud.
Wisselvorm:
• skreebalie
Sinoniem:
• grensbalie
• skreeubek
• tjankbalie
Vertaling:
Engels: crybaby, whiner
Nederlands: huilebalk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Vr., 12 Junie 2026 17:59] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
|