Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Vertaling van Brits-Engelse idiomatiese uitdrukkings

Ek benodig insette vir die korrekte vertaling van Brits-Engelse uitdrukkings; Wo., 17 September 2025 09:33

Goeie dag,

Ek het taalkenners se hulp nodig met die volgende vertalings:

'gormless sauceboxes'  
'parlour tricks and gigglemugs' 
'baggers, toffs and overgrown bantlings'

Hierdie is opskrifte wat deelvorm van 'n vertaling van 'n boek wat oor victoriaanse geskiedenis handel. 

Enige insette sal waardeer word.  

Afrikaans, ons taal | 2 kommentare

Rekenaarspeletjies enige iemand?

Van laat 80's arcade hits, 2000's kult-klasieke en moederne titels!; Sa., 23 Augustus 2025 12:15

Hi weer almal! Na 'n ruk weer aan my take werk het ek maar weer besluit om iets hier op die forum te plaas! Sommer oor rekenaarspeletjies, my gunsteling stokperdjie (na tabletop wargaming). Speletjies vir my is meer as net iets om my besig te hou, dit is vir my 'n kuns! Ek lief dit so baie dat ek selfs wil 'n loopbaan daaruit maak om speletjies te maak! Maar genoeg van my drome, hierso is 'n vraag om hierdie topic af te skop. Wat, as jy al rekenaar speletjies gespeel het, is jou top 5 (of meer as jy nou wou) gunsteling speletjies? Myne in geen volgorde sou seker:

Earthbound (1994) 'n Wonderlike , humoristiese RPG gemaak vir die SNES
Half Life 2 (2004) 'n Uitstekende FPS gemaak deur Valve
Crazy Taxi (1999) Verewig een van my gunsteling Arcade speletjies. So intense en snaak ter selfe tyd
Super Mario 64 DS (2004) 'n Uitstekene platformer op 'n uitstekende console
The Legend of Zelda: Windwaker (2002), Perfek.
BONUS Mario Kart World (2025), die nuutste, en lekkerste, MarioKart daar buite

Nou maar toe, laat ek julle sin hoor! Sien uit daarna

Stokperdjies & kunsvlyt | 3 kommentare

"daisychain" in Afrikaans

Wat is die Afrikaanse term vir "daisychain" in Engels; Di., 19 Augustus 2025 08:57

Goeiedag.

In rekenaar terme verwys daisychain na 'n spesifieke manier van goed aan mekaar koppel sien gerus my sketsie.
My Afrikaans-Engels woordeboek vertaal dit as verbind, aaneenskakel, koppel of saamvoeg, maar "daisychain" is 'n spesifieke manier van koppel terwyl bogenoemde woorde verskillende maniere van koppel sal insluit.

Afrikaans, ons taal | 3 kommentare

Hi Daar Slaai Blare!

'n Hello!; Sa., 09 Augustus 2025 17:48

Hi julle daar buite! Wonder of daar nog mense hierop is en het gedink om maar gerus net hierso 'n hallo te gooi. Eks maar net moeg vir my Lo taak en het hierso opgeeindig... op een of ander manier. So ja... as jy hierdie lees, en nie 'n robot is nie, gooi 'n hello sommer hierdie kant!

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Vertalings Advies

Vr., 08 Augustus 2025 15:38

Ek is op soek na 'n akkurate, digterlike vertaling vir "Will you scatter my ashes from the boulder in Bakoven?" 

Op die oog af lyk dit maklik, maar nie een van die volgende opsies voel reg nie:

Sal jy my as van die rots in Bakoven strooi?

Sal jy my as van die rots in Bakoven afstrooi?

Sal jy my as vanaf die rots in Bakoven strooi?

Afrikaans, ons taal | 2 kommentare

"Varkleerbaadjie en klinknaelbroek" deur Boerneef

Wo., 04 Junie 2025 15:40

Varkleerbaadjie en klinknaelbroek deur Boerneef (IW van der Merwe)

Varkleerbaadjie en klinknaelbroek
ek is Baaiplek se skorriekoning
styfspanblous en nog stywerspanbroek
sys my morrie my morriedoring
dis sy en ek en ek en sy
wat die mouterbaik so heluitry
ons is een van Baaiplek se baie pare
raasbekskorrieenmorriesnare
maar ek is ammal se skorriekoning
en sys my lekkerdingmorriedoring
blits in die fles en blits innie lyf
wisenwragtag dan neuk dit styf
gee pad daar voor hier kom die koning
styf handommielyf sit my lekkerdingdoring

Prosa & poësie | 0 kommentare

Pinkster koortjies woorde en kitaar drukke

Di., 06 Mei 2025 03:15

Ek wil hoor of daar miskien iemand op hierdie forum is wat my kan help met kitaardrukke en lirieke vir die Pinkster koortjies. 

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Nuwe woord

Ek het 'n nuwe woord geskep vir my vrou se huiswerk; Wo., 30 April 2025 03:38

My vrou maak verskillende ditjies en datjies by die huis en van die produkte wat sy maak vir kliënte is 'cake toppers' daar is nie 'n mooi Afrikaanse term daarvoor en ek stel toe voor dat sy dit koekpredikante noem. Die rede hiervoor is dat ons die inligtingborde langs die pad ook straatpredikante noem omdat dit inligting oordra. So hoekom dan nie die' cake toppers' koekpredikante noem nie? Wat dink julle hiervan? 

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Manuskripte vir uitgewers

Hoe skrywers `n manuskrip voorberei vir die uitgewer met die oog op publikasie; Do., 17 April 2025 11:15

Goeie dag aan elkeen wat hier lees.

Ek wil die gesprek/ke begin deur te vra of hier iemand tussen ons is, wat al ooit oorweeg het om poësie werke voor te berei met die oog op uitgee/vrystel van hulle werke. 

Die rede vir die vraag is dat ekself nou aan `n bundel werk met die oog op moontlike publikasie (my heel eerste bundel).  En sal graag idees, gedagtes en ervarings deel met ander

Theuns (Voges)

Prosa & poësie | 0 kommentare

Wanneer jou medies 'n grap is

'n Kies in die tong grap oor mediese fondse.; Do., 10 April 2025 07:36



So, jy het gedink jou mediese fonds het jou gedek? Dink weer! Kyk hoe 'n ongelukkige pasiënt die duur les van "out-of-pocket uitgawes" leer. Van die aanvanklike skok tot die onwillige betaling, hierdie snaakse dog aangrypende video omvat die frustrerende realiteit van die navigasie van uitsluitings in mediese versekering.

Maak gereed om (ongemaklik) te lag vir die situasie waarmee baie kan identifiseer.

Humor & grappe | 0 kommentare

Bladsye (1835): [1  2  3  4  5  6  7  8  9  10  11  12  13  14  15    »]
Tyd nou: Vr. Des. 05 06:38:39 UTC 2025