Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Sjokolade-en-pofrys-koekies

So, 20 Mei 2018 09:17

SJOKOLADE-EN-POFRYS-KOEKIES

300 g kooksjokolade
125 g botter of margarien
125 ml goue stroop (1/2 k)
130 g versiersuiker (1 k)
200 g rice krispies (5 ½ k)
7 ml vanieljegeursel (1 ½ t)

Verhit die kooksjokolade, botter of margarien en goue stroop saam oor lae hitte tot gesmelt. Sif die versiersuiker oor en meng goed. Haal die mengsel van die stoof af. Voeg die rice krispies en vanieljegeursel by die sjokolademengsel en meng dit goed. Smeer 'n reghoekige pan of bak van naastenby 30 cm * 20 cm * 5 cm. Druk die pofrysmengsel styf daarin vas. Verkil dit `n rukkie en sny dit dan in reghoekies van 4 cm * 3 cm. Bere die koekies in die koelkas.

Lewer 50 koekies.

Kos & resepte | 0 kommentare

Piesangslaai met kondensmelksous

So, 20 Mei 2018 09:15

PIESANGSLAAI MET KONDENSMELKSOUS

4 groot, ryp piesangs
1 blik (425 g) vrugteslaai
125 ml kondensmelk (1/2 k)
60 ml mayonnaise (1/4 k)
sap van 1 suurlemoen

Skil die piesangs en sny dit in skyfies. Dreineer die vrugteslaai en sny die vrugtestukkies kleiner. Meng die kondensmelk, mayonnaise en suurlemoensap. Voeg die piesangskyfies en vrugtestukkies by en meng alles liggies saam. Verkil die slaai.

Lewer 6-8 porsie

Kos & resepte | 0 kommentare

Piesangslaai

So, 20 Mei 2018 09:14

Piesangslaai (maak kort voor bediening)

15 piesangs
250ml vars room
5ml vanilla geursel
500ml appelkoosjoghurt
25ml witsuiker

Sny piesangs in skyfies.
Klits room styf & geur met vanilla.
Voeg joghurt & suiker by.
Giet oor piesangs en meng liggies.

Verkoel vir 'n rukkie.
Lewer 10-12 porsies

Kos & resepte | 0 kommentare

Chicken Fajitas

So, 20 Mei 2018 09:13

Chicken Fajitas. (min. 2 Fajitas per kop)

Koop die gesamentlike pak of koop die Fajitas (pannekoeke) en die Fajita Sous apart.
Sny hoenderborsies in repies (soos Sjinese, ten minste 'n borsie per kop)
2 Russies groterig gesny in skywe (2 kleure vir kleur)
1 Medium ui (Repe gesny)
Knoffel (opsioneel)

Braai tot alles gaar is en gooi die sous oor bg. Laat sous lekker deur
warm word en bietjie dikker (dit moet nog loperig wees). Verhit die
pannekoek so 2/3 minute op hoog in mikrogolf.
Eet pannekoek, gesmeer met room en gestrooi met kaas (opsioneel) en die
mengsel bo-oor. Vou pannekoek toe en eet.

Kan ander bestanddele ook gebruik. Tortillas tjips is ook 'n lekker bygereg. Mens kry gebottelde chillies vir iemand wat van WARM geregte hou.

Kos & resepte | 0 kommentare

Meksikaanse Chilli

So, 20 Mei 2018 09:11

Meksikaanse Chilli

1/2 kilo maalvleis in 'n pot (dieperig)
2 soetrussies in groterige skywe gesny. (1 rooi en 1 groen - vir kleur)
1 medium ui gesny (soos verkies blokkies of ringe)
1 teelepel knoffel (sommer crushed knoffel)
1 blikkie chopped, peeled tamaties.
1 blik baked beans (die met tamatiesous in die blikkie)

Bruin die maalvlies, sit die knoffel, russies en uie in tot russie en uie
saggerig is (vurk). Voeg dan die baked beans en tamatie by. Gooi daarna
die chilli poeier in en roer totdat alles opgelos is. Partykeer word die
gereg bietjie droogerig (taai), gooi dan sommer 'n halwe koppie water by en
roer. Prut vir so 15 - 20 min. (partykeer korter - kyk net dat
dit nie te waterig is nie) Bedien op rys of gebakte aartappels met room om
oor die gereg te gooi.

Kos & resepte | 0 kommentare

Sjokoladevierkante

So, 20 Mei 2018 09:10

SJOKOLADEVIERKANTE

1 ½ pak (300 g) marie- of tennisbeskuitjies
200 g kooksjokolade
175 g botter of margarien (3/4 k)
30 ml goue stroop (2 e)
75 g grondboontjies of grof gekapte neute (1/2 k)
75 g pitlose rosyntjies (1/2 k)

Smeer 'n vlak tertbak of pan van naastenby 30 cm * 20 cm * 5 cm. Verkrummel die beskuitjies. Smelt die kooksjokolade, botter of margarien en goue stroop oor lae hitte saam. Voeg die beskuitjiekrummels, grondboontjies of ander neute en rosyntjies by en meng goed. Druk dit styf vas in die tertbak of pan en verkoel dit tot styf. Sny die koek met `n skerp mes in vierkantjies van 4 cm * 4 cm.

Lewer 35 vierkantjies.

Kos & resepte | 0 kommentare

Koffiekoekies

So, 20 Mei 2018 09:08

KOFFIEKOEKIES

15 ml kitskoffiepoeier (1 e)
15 ml kookwater (1 e)
275 g bruismeel (2 k)
230 g botter of margarien (1 k)
100 g suiker (1/2 k)
2 ml sout (1/2 t)

Verhit die oond tot 180 C. Smeer twee of meer bakplate. Los die koffiepoeier in die kookwater op en laat dit afkoel. Meng die bruismeel, botter of margarien, suiker, sout en koffie baie goed saam om 'n sagte deeg te vorm. Verkil die deeg 'n rukkie indien dit te sag is. Rol die deeg in albaster-grootte bolletjies en plaas dit effens uitmekaar op die bakplate. Druk dit plat met `n vurk wat in water gedoop is. Bak die koekies ongeveer 15 minute lank tot gaar en ligbruin. Laat dit op 'n draadrak afkoel.

Lewer 70 koekies.

Kos & resepte | 0 kommentare

Hoenderlewertjiesmeer met sampioene

So, 20 Mei 2018 09:07

HOENDERLEWERTJIESMEER MET SAMPIOENE

250 g vars sampioene
30 ml botter of margarien (2 e)
250 g hoenderlewertjies
30 ml sjerrie (2 e)
sout
peper

Vee die sampioene met 'n klam doek skoon af en sny dit in skyfies. Braai dit in die helfte van die botter of margarien tot gaar. Braai hoenderlewertjies in die res van die botter of margarien tot gaar. Maak dit fyn en roer die sampioene en sjerrie by. Strooi sout en peper oor. Smeer dit op roosterbrood wat in vingers gesny is, of op gesmeerde brosbrood of kraakbeskuitjies.

Lewer genoeg smeer vir 4 snye roosterbrood.

Kos & resepte | 0 kommentare

Krimpvarkies

So, 20 Mei 2018 09:05

KITSKRIMPVARKIES

375 ml kookwater (1 ½ k)
150 g suiker (3/4 k)
20 ml kakao (4 t)
1 pak (125 g) suikerbrood-vingers (bouoir-beskuitjies)
100 g klapper (1 ¼)

Kook die kookwater, suiker en kakao ongeveer 25 minute lank onbedek tot `n dikkerige sjokoladestroop, maar pas op vir oorkook. Laat dit effens afkoel. Halveer die suikerbroodvingers. Doop die stukkies een-een in die stroop en rol dit dadelik in die klapper totdat dit rondom daarmee bedek is.

Lewer 40 krimpvarkies.

Kos & resepte | 0 kommentare

Kerrie rys slaai

So, 20 Mei 2018 09:04

Rysslaai

2k gaar rys (1/2k ongekookte rys)
450gr perskes of appelkose (stroop af)
1/2k rosyne
klein ui opgesny
afgeskraapte teelepel kerrie
soetrissie (green pepper)
1/2k mayonise
2 eetlepels blatjang

Kos & resepte | 0 kommentare

Bladsye (1842): [ «    1740  1741  1742  1743  1744  1745  1746  1747  1748  1749  1750  1751  1752  1753  1754  1755    »]
Tyd nou: Di Mei 21 17:17:35 MGT 2024