Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » Hoenderlewertjiesmeer met sampioene
Hoenderlewertjiesmeer met sampioene [boodskap #25] So, 20 Mei 2018 09:07
Boerekok  is tans af-lyn  Boerekok
Boodskappe: 38
Geregistreer: Junie 2018
Karma: 0
Volle Lid
HOENDERLEWERTJIESMEER MET SAMPIOENE

250 g vars sampioene
30 ml botter of margarien (2 e)
250 g hoenderlewertjies
30 ml sjerrie (2 e)
sout
peper

Vee die sampioene met 'n klam doek skoon af en sny dit in skyfies. Braai dit in die helfte van die botter of margarien tot gaar. Braai hoenderlewertjies in die res van die botter of margarien tot gaar. Maak dit fyn en roer die sampioene en sjerrie by. Strooi sout en peper oor. Smeer dit op roosterbrood wat in vingers gesny is, of op gesmeerde brosbrood of kraakbeskuitjies.

Lewer genoeg smeer vir 4 snye roosterbrood.
Vorige onderwerp: Krimpvarkies
Volgende onderwerp: Koffiekoekies
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 11:25:43 MGT 2024