Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » Sjokolade-en-pofrys-koekies
Sjokolade-en-pofrys-koekies [boodskap #32] So, 20 Mei 2018 09:17
Boerekok  is tans af-lyn  Boerekok
Boodskappe: 38
Geregistreer: Junie 2018
Karma: 0
Volle Lid
SJOKOLADE-EN-POFRYS-KOEKIES

300 g kooksjokolade
125 g botter of margarien
125 ml goue stroop (1/2 k)
130 g versiersuiker (1 k)
200 g rice krispies (5 ½ k)
7 ml vanieljegeursel (1 ½ t)

Verhit die kooksjokolade, botter of margarien en goue stroop saam oor lae hitte tot gesmelt. Sif die versiersuiker oor en meng goed. Haal die mengsel van die stoof af. Voeg die rice krispies en vanieljegeursel by die sjokolademengsel en meng dit goed. Smeer 'n reghoekige pan of bak van naastenby 30 cm * 20 cm * 5 cm. Druk die pofrysmengsel styf daarin vas. Verkil dit `n rukkie en sny dit dan in reghoekies van 4 cm * 3 cm. Bere die koekies in die koelkas.

Lewer 50 koekies.
Vorige onderwerp: Piesangslaai met kondensmelksous
Volgende onderwerp: Dadel-en-malvalekkerskyfies
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 15:30:29 MGT 2024