Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Groente Kerrie

So, 20 Mei 2018 08:43

Bestanddele:
1 teelepel kerriepoeier (soos wat julle laaik)
1 teelepel botter
8 klein uie, in kwarte gesny
1.5 teelepels koekmeel
1.75 koppies water
3 eetlepels tamatiepasta ( ek vat sommer tamatiesous)
0.5 teelepel gemaalde koljanderkorrels
Knippie borrie
200 g aartappels, geskil en in blokkies gesny
250 g groenbone, skoon
150 g klein worteltjies, geskil
100 g ertjies
(pakkie klein mielies) is nie in resep, maar was vir my lekker...
1 koppie klapperroom (coconut milk)
Sout en peper

Metode:

Verhit botter in pan en soteer ui tot sag en effens verbruin.

Roer die meel by en voeg die water stadig by; meng goed om klonte te
voorkom.

Meng die oorblywende bestanddele by (behalwe klappermelk en koljander)
en laat prut met deksel op tot groente sag is.

Verwyder van plaat en roer klappermelk en koljander by.

Hoop dis lekker!!!
1.5 beteken 1 en 'n half - kan nie half teken tik nie...
Probeer van daai klein jong boontjies kry - hulle is heerlik.

Kos & resepte | 0 kommentare

Gevlude eiers

So, 20 Mei 2018 08:41

GEVULDE EIERS

6 eiers
60 ml mayonnaise, maaskaas met room of ongegeurde jogurt (1/4 k)
50 g grof gerasperde cheddar-kaas (1/2 k)
1 uitjie
sout
peper

Kook die eiers tot hard, dop dit af en halveer dit oorlangs. Skep die eiergele versigtig uit en maak dit fyn. Voeg die kaas en ui by asook sout en peper na smaak. Meng dit goed. Skep die mengsel in 'n spuitsak en spuit rosette in die eierwithelftes. Of skep die vulsel met 'n teelepel in die eierwitte.

Lewer 12 happies.

Kos & resepte | 0 kommentare

Geelrys

So, 20 Mei 2018 08:37

Geelrys

2k kookwater
1el geelsuiker
1/2t sout
1t fyn borrie
1/4k rosyne
½e botter
1/2k rys

Kos & resepte | 0 kommentare

Duiwels lekker biefstuk

So, 20 Mei 2018 08:35

Duiwels lekker biefstuk (lewer 6 porsies)

1 kg biefstuk soos lendestuk, in 2,5 cm dik stywe gesny
25 g(50 ml) koekmeelblom
10 ml sout
7 ml mosterdpoeier
1 ml peper
50ml kookolie
250 ml water
20 ml Wostersous
5 ml sojasous

Metode:

1. Vee vleisskywe met 'n klam lap af en plaas op 'n werksblad.

2. Sif koekmeelblom, sout, mosterdpoeier en peper saam en strooi helfte daarvan oor die vleis.

3. Kap meelmengsel kruis en dwars oor die draad van die vleis met die rand van 'n dik piering in.

4. Draai vleiskywe om, strooi res van meelmengsel oor en kap ook in.

5. Verhit kookolie in 'n groot swaarboom-pot tot rookwarm.

6. Braai een vleisskyf op 'n keer vinnig aan weerskante daarin tot bruin.

7. Skep vleis terug in kastrol na alles gebraai is.

8. Meng water, worcester- en sojasous en gooi oor vleis.

9. Sit deksel dig op, verlaag hitte en prut 2-3 uur baie stadig, moenie deksel oplig nie. (As vleisskywe dunner as 2,5 cm is, word hulle korter geprut).

10. Dien op met rys of aartappels.

Kos & resepte | 0 kommentare

Ansie se heerlike poeding

So, 20 Mei 2018 08:34

Ansie se heerlike poeding

1 eier
125ml suiker
250ml koekmeel
5ml bakpoeier
5ml koeksoda
knippie sout
25ml fyn appelkooskonfyt
30ml asyn
250ml melk

Sous:

250ml suiker
125ml kookwater
250ml ingedampte melk
60ml botter
5ml vanielje

Verhit saam. Gooi oor, ná poeding uit oond kom.

Metode:

Klits eier & suiker saam. Voeg meel, bakpoeier, koeksoda, asyn, konfyt, sout by. Meng goed. Roer melk by.
45 minute teen 180 grade.

Kos & resepte | 0 kommentare

Viskoekies

So, 20 Mei 2018 08:33

Viskoekies

1 blikkie sardyne ("middle cut")
1k meel
2 eiers
1t bakpoeier
1 ui

1cm olie in pan
Laerig 4

Kos & resepte | 0 kommentare

Afrikaanse nuus

Waar kry mens goeie Afrikaanse nuusberigte?; Sa, 19 Mei 2018 16:34

Op hierdie forum, natuurlik!
U is welkom om ook aan te sluit en self nuusberigte hier te pos.

As u vir nuus elders op die internet soek, kan u die volgende nuuswerwe probeer:

Daar is ook goeie toeps (apps) vir selfone beskikbaar.
Ons kan NetNuus (https://www.netnuus.com/) sterk aanbeveel.

Laat weet asb. as jy van enige ander goeies bewus is.

Nuus | 0 kommentare

Huisreëls

Geniet jouself, maar hou asb. die volgende in gedagte.; Sa, 19 Mei 2018 12:01

/fa/45/0/Hallo en weereens baie welkom by gesellig.co.za! Ons hoop jy kuier lekker en geniet jouself gate uit. Ter wille van ordelikheid moet ons egter op 'n paar reëls aandring. Mad

Die volgende kan ongelukkig nie toegelaat word nie:

  • Enige vorm van gemorspos of haatpos.

  • Onnodige, ongevraagde belediging of belastering van 'n persoon buite die omvang van 'n driftige debat.

  • Aggressiewe gedrag wat buite die aanvaarde norm van die deursnee-gebruiker se sosiale milieu val.

  • Opmerkings wat blatant rassisties of seksisties voorkom (m.a.w. haatspraak).

  • Enige poste waarvan die gees daarvan in die opinie van die Administrasie voorkom om Anti-Afrikaans te wees.
Ons sal geen standpunt inneem teen die volgende op die forum nie:
  • Politieke opinies (links of regs).

  • Godsdiens en sake van geloof.

  • Morele waardes en persoonlike standpunte.

  • Suiwerheid van die taal en keuse van taalgebruik.
Gesprekke sal nie gesensor word nie, behalwe as dit die hoofdoel van die webwerf benadeel.

Soos C.J. Langenhoven gesê het:
Verdra die teëstander. Al het hy nie reg met sy verskil nie, hy het die reg om te verskil.

Kennisgewings | 0 kommentare

Welkom by Gesellig.co.za

Hier kan ons vriendelik en gesellig saam kuier!; Sa, 19 Mei 2018 11:23

Hallo daar, en welkom by gesellig.co.za! Laughing /fa/22/0/

Hierdie webtuiste is 'n plek waar Afrikaners lekker in hul eie taal kan kuier, lag en gesellig kan verkeer. Hier kan ons mekaar help, komplimenteer, mekaar se siele uitrek, grappe vertel en allerhande manewales aanvang. Dis 'n plek waar Afrikaanssprekendes van oor die wêreld met trots hul taal kan praat. "Local" bly lekker, maak nie saak of ons lighartig skerts en of ons ernstig met mekaar praat nie.

Onthou om te registreer
Daar is 'n klomp dinge op die forum om te lees en te doen, maar jy moet registreer om toegang daartoe te verkry. Registrasie is gratis en oombliklik. U sal 'n e-pos ontvang om u details te bevestig (indien nie, kyk onder SPAM ook). Word deel van ons werf en kom kuier saam met ons!

Kies die regte forum
Daar is verskeie forums oor verskeie onderwerpe op hierdie webwerf. Navigeer na die toepaslike forum en klik op die "Nuwe Pos"-knoppie (regs bo) om 'n nuwe gesprek te begin. Indien jy oor iets wil praat wat NIE gelys is nie, laat ons weet, dan voeg ons 'n nuwe forum by oor die onderwerp wat jy wil bespreek.

Privaatheid
Ons sal nooit, ooit persoonlike inligting van lede (soos e-posadresse) verkoop of aan ander openbaar nie. U sal ook geen gemorspos van ons ontvang nie. Enige inhoud wat egter op die publieke forum gepos word, kan wêreldwyd gesien en gelees word.

Vrywaring
Ons aanvaar geen verantwoordelikheid vir die inhoud en korrektheid van enige inligting wat deur lede op die forum geplaas word nie. Die bestuur onderskryf nie noodwendig die opinie wat in posstukke uitgespreek word nie en aanvaar ook nie verantwoordelikheid daarvoor nie. U is egter welkom om onvanpaste boodskappe te rapporteer sodat dit gesensor of verwyder kan word.

Help ons om die werf te laat groei na 'n lekker bron vir Afrikaans deur jou tjommies, jou familie, jou tjommie se pêl, jou suster se vriend se niggie se oom se kind se beste vriend en elke ander Jan Rap en sy maat te nooi om hier te kom kuier!

Geniet die werf!

Kennisgewings | 1 kommentaar

Bladsye (1842): [ «    1742  1743  1744  1745  1746  1747  1748  1749  1750  1751  1752  1753  1754  1755  1756  1757    »]
Tyd nou: Di Mei 21 05:15:12 MGT 2024