Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Kennisgewings » Welkom by Gesellig.co.za (Hier kan ons vriendelik en gesellig saam kuier!)
icon7.gif  Welkom by Gesellig.co.za [boodskap #1] Sa, 19 Mei 2018 11:23 na volgende boodskap
admin  is tans af-lyn  admin
Boodskappe: 46
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 4
Volle Lid
Administrateur
Hallo daar, en welkom by gesellig.co.za! Laughing /fa/22/0/

Hierdie webtuiste is 'n plek waar Afrikaners lekker in hul eie taal kan kuier, lag en gesellig kan verkeer. Hier kan ons mekaar help, komplimenteer, mekaar se siele uitrek, grappe vertel en allerhande manewales aanvang. Dis 'n plek waar Afrikaanssprekendes van oor die wêreld met trots hul taal kan praat. "Local" bly lekker, maak nie saak of ons lighartig skerts en of ons ernstig met mekaar praat nie.

Onthou om te registreer
Daar is 'n klomp dinge op die forum om te lees en te doen, maar jy moet registreer om toegang daartoe te verkry. Registrasie is gratis en oombliklik. U sal 'n e-pos ontvang om u details te bevestig (indien nie, kyk onder SPAM ook). Word deel van ons werf en kom kuier saam met ons!

Kies die regte forum
Daar is verskeie forums oor verskeie onderwerpe op hierdie webwerf. Navigeer na die toepaslike forum en klik op die "Nuwe Pos"-knoppie (regs bo) om 'n nuwe gesprek te begin. Indien jy oor iets wil praat wat NIE gelys is nie, laat ons weet, dan voeg ons 'n nuwe forum by oor die onderwerp wat jy wil bespreek.

Privaatheid
Ons sal nooit, ooit persoonlike inligting van lede (soos e-posadresse) verkoop of aan ander openbaar nie. U sal ook geen gemorspos van ons ontvang nie. Enige inhoud wat egter op die publieke forum gepos word, kan wêreldwyd gesien en gelees word.

Vrywaring
Ons aanvaar geen verantwoordelikheid vir die inhoud en korrektheid van enige inligting wat deur lede op die forum geplaas word nie. Die bestuur onderskryf nie noodwendig die opinie wat in posstukke uitgespreek word nie en aanvaar ook nie verantwoordelikheid daarvoor nie. U is egter welkom om onvanpaste boodskappe te rapporteer sodat dit gesensor of verwyder kan word.

Help ons om die werf te laat groei na 'n lekker bron vir Afrikaans deur jou tjommies, jou familie, jou tjommie se pêl, jou suster se vriend se niggie se oom se kind se beste vriend en elke ander Jan Rap en sy maat te nooi om hier te kom kuier!

Geniet die werf!
  • Aanhangsel: header2.png
    (Grootte: 60.69KB, 2016 kere afgelaai)
Re: Welkom by Gesellig.co.za [boodskap #135887 is 'n antwoord op boodskap #1] Di, 09 Maart 2021 13:22 Na vorige boodskap
Annetjie
Boodskappe: 1
Geregistreer: Maart 2021
Ligging: Pretoria
Karma: 0
Junior Lid
Dit gaan goed met my en die dogters. Very Happy
Vorige onderwerp: Huisreëls
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mar 19 02:14:47 MGT 2024