|
Forum: Woordeboek
|
|
Onderwerp: doringhout
|
| doringhout [boodskap #153651] |
Ma., 23 November 2026 20:08 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 27218 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
doringhout
Afbreking: do•ring•hout
Samestelling: doring + hout
Selfstandige naamwoord: doringhout
Meervoud: doringhoute
Betekenis:
• Die hout van 'n doringboom.
Gebruik:
• Julle moet 'n ark van doringhout maak: een en 'n kwart meter lank, 'n driekwart meter breed en net so hoog. [Eksodus 25:10]
Hiponiem:
• esdoringhout
• kameeldoringhout
• wegdoringhout
Vertaling:
Engels: thorn wood, thorn-tree wood
Nederlands: doornhout
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|
|
Onderwerp: amandelbloeisel
|
| amandelbloeisel [boodskap #153650] |
Ma., 23 November 2026 20:00 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 27218 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
amandelbloeisel
Afbreking: a•man•del•bloei•sel
Samestelling: amandel + bloeisel
Selfstandige naamwoord: amandelbloeisel
Meervoud: amandelbloeisels
Betekenis:
• Die pienk of wit blom van 'n amandelboom.
Gebruik:
• In die lente is die amandelbome oortrek met amandelbloeisels.
Vertaling:
Engels: almond blossom
Nederlands: amandelbloesem
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|
|
Onderwerp: hoëpriester
|
| hoëpriester [boodskap #153649] |
Ma., 23 November 2026 19:47 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 27218 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
hoëpriester
Afbreking: ho•ë•pries•ter
Samestelling: hoë + priester
Selfstandige naamwoord: hoëpriester
Meervoud: hoëpriesters
Betekenis:
• Die leier van die priesters wat tempeldiens verrig.
Gebruik:
• Volgens die Ou Testament was Aäron die eerste hoëpriester van Israel.
Sinoniem:
• opperpriester
Afgelei:
• hoëpriesterlik
• hoëpriesterskap
Vertaling:
Engels: high priest
Nederlands: hogepriester
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Ma., 23 November 2026 19:49] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
|
|
Onderwerp: offerdier
|
| offerdier [boodskap #153648] |
Ma., 23 November 2026 19:34 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 27218 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
offerdier
Afbreking: of•fer•dier
Samestelling: offer + dier
Selfstandige naamwoord: offerdier
Meervoud: offerdiere
Betekenis:
• 'n Dier wat as offerande aan 'n godheid geoffer word.
Gebruik:
• In die Ou Testament is 'n lam dikwels as offerdier gebruik.
Sinoniem:
• slagoffer
Verwant:
• diereoffer
• offerlam
Vertaling:
Engels: sacrificial animal
Nederlands: offerdier
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|
|
Onderwerp: omstamp
|
| omstamp [boodskap #153647] |
Ma., 23 November 2026 19:02 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 27218 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
omstamp
Afbreking: om•stamp
Samestelling: om + stamp
Werkwoord: stamp om, omstamp
Verlede tyd: het omgestamp
Verlede deelwoord: omgestampte
Betekenis:
• Om iets met 'n stamp of stoot te laat omval.
Gebruik:
• Sy stamp die gras per ongeluk om.
• Hy het sy boetie aspris omgestamp.
Sinoniem:
• omgooi
• omloop
• omstoot
Vertaling:
Engels: to knock over, topple
Nederlands: omstoten, omverwerpen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|
|
Onderwerp: onverdeel
|
| onverdeel [boodskap #153646] |
Ma., 23 November 2026 18:40 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 27218 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
onverdeel
Afbreking: on•ver•deel
Samestelling: on- + verdeel
Byvoeglike naamwoord: onverdeel, onverdeeld
Attributief: onverdeelde
Betekenis:
• Wat nie verdeel is of word nie.
Gebruik:
• Gee onverdeeld aandag in die klas.
• Die voorstel het die onverdeelde steun van die lede geniet.
Antoniem:
• verdeel
Afgelei:
• onverdeelbaar
Vertaling:
Engels: undivided
Nederlands: onverdeeld
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|
|
Onderwerp: sabbatdag
|
| sabbatdag [boodskap #153645] |
Ma., 23 November 2026 18:24 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 27218 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
sabbatdag
Afbreking: sab•bat•dag
Samestelling: sabbat + dag
Selfstandige naamwoord: sabbatdag
Meervoud: sabbatdae
Betekenis:
• Die rusdag vir die Jode op 'n Saterdag, of by uitbreiding die rusdag vir Christene op 'n Sondag.
Gebruik:
• Sorg dat jy die sabbatdag heilig hou. [Eksodus 20:8]
Sinoniem:
• rusdag
Vertaling:
Engels: Sabbath-day
Nederlands: sabbatdag
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Ma., 23 November 2026 18:26] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
|
|
Onderwerp: verkul
|
| verkul [boodskap #153642] |
Ma., 23 November 2026 15:28 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 27218 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
verkul
Afbreking: ver•kul
Samestelling: ver- + kul
Werkwoord: verkul
Verlede tyd: het verkul
Teenwoordige deelwoord: verkullend, verkullende
Verlede deelwoord: verkulde
Betekenis:
• Om iemand te bedrieg of op oneerlike wyse in te doen.
Gebruik:
• Hy verkul sy vrou met sy sekretaresse.
• Sy het haar sakevennoot met duisende rande verkul.
Sinoniem:
• bedrieg
• flous
• kul
• mislei
• uitoorlê
• verneuk
Afgelei:
• verkuller
Vertaling:
Engels: to cheat, deceive, trick
Nederlands: bedriegen, oplichten
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|
|
Onderwerp: sirkonia
|
| sirkonia [boodskap #153641] |
Ma., 23 November 2026 14:50 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 27218 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
sirkonia
Afbreking: sir•ko•ni•a
Selfstandige naamwoord: sirkonia
Meervoud: sirkonias
Betekenis:
• 'n Oksied van sirkonium (ZrO2) met talle gebruike, onder andere as alternatief vir diamant in juweliersware.
Gebruik:
• Die ring is met 'n groot kubiese sirkonia versier.
Sinoniem:
• sirkoniumdioksied
Vertaling:
Engels: zirconia, zirconium oxide
Nederlands: zirkonia, zirkoniumdioxide
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|
|
Onderwerp: towerformule
|
| towerformule [boodskap #153640] |
Ma., 23 November 2026 07:51 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 27218 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
towerformule
Afbreking: to•wer•for•mu•le
Samestelling: tower + formule
Selfstandige naamwoord: towerformule
Meervoud: towerformules
Betekenis:
• 'n Formule of resep waarmee iets of iemand getoor word.
• (figuurlik) 'n Eenvoudige oplossing wat wonderbaarlike resultate lewer.
Gebruik:
• Liewe Heksie het haar towerformules vergeet.
• Daar bestaan ongelukkig nie 'n towerformule vir onmiddellike sukses nie.
Sinoniem:
• kitsoplossing
• towerspreuk
• wondermiddel
Vertaling:
Engels: magic formula, miracle formula
Nederlands: toverformule, wonderformule
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|
|
Forum: Prosa & poësie
|
|
Onderwerp: "Swanger Vrou" deur Ingrid Jonker
|
| "Swanger Vrou" deur Ingrid Jonker [boodskap #153644] |
Ma., 23 November 2026 17:08 |
 |
Jan die Man
Boodskappe: 560 Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
|
Senior Lid |
|
|
Swanger Vrou - Ingrid Jonker
Ek lê onder die kors van die nag singend,
opgekrul in die riool, singend,
en my nageslag lê in die water.
Ek speel ek is kind:
appelliefies, appelliefies en heide,
koekmakrankas, anys,
en die paddavis gly
in die slym in die stroom,
in my liggaam
my skuimwit gestalte;
maar riool o riool,
my nageslag lê in die water.
Nòg singend vliesrooi ons bloedlied,
ek en my gister,
my gister hang onder my hart,
my kalkoentjie, my wiegende wêreld,
en my hart wat sing soos ‘n besie,
my besie-hart sing soos ‘n besie;
maar riool o riool,
my nageslag lê in die water.
Ek speel ek is bly:
kyk wáár spat die vuurvlieg!
die maanskyf, ‘n nat snoet wat beef –
maar met die môre, die hinkende vroedvrou
koulik en grys op die skuiwende heuwels,
stoot ek jou uit deur die kors in die daglig,
o treurende uil, groot uil van die daglig,
los van my skoot maar besmeer
met my trane besmeer
en besmet met verdriet.
Riool o riool,
ek lê bewend singend,
hoe anders as bewend
met my nageslag onder jou water … ?
|
|
|
|
|
Onderwerp: "Puberteit" deur Ingrid Jonker
|
| "Puberteit" deur Ingrid Jonker [boodskap #153643] |
Ma., 23 November 2026 17:04 |
 |
Jan die Man
Boodskappe: 560 Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
|
Senior Lid |
|
|
Puberteit - Ingrid Jonker
Die kind in my het stil gesterf
verwaarloos, blind en onbederf
in 'n klein poel stadig weggesink
en iewers in die duisternis verdrink
toe jy onwetend soos 'n dier
nog laggend jou fiesta vier.
Jy het nie met die ru gebaar
die dood voorspel of die gevaar
maar in my slaap sien ek klein hande
en snags die wit vuur van jou tande:
Wonder ek sidderend oor en oor
Het jy die kind in my vermoor…?
[Bygewerk op: Ma., 23 November 2026 17:08] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
|