Deprecated: Using null as an array offset is deprecated, use an empty string instead in /home/gesellig/htdocs/gesellig.co.za/index.php on line 1064
Supertaal
Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Vandag se boodskappe (Aan)  | Onbeantwoorde boodskappe (Af)

Forum: Afrikaans, ons taal
 Onderwerp: Hoe om  Afrikaanse idiome optimaal te gebruik
Hoe om  Afrikaanse idiome optimaal te gebruik [boodskap #153244] Wo., 14 Oktober 2026 17:48
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 556
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
"Voor jy dalk hond se gedagtes kry dat ek muisneste het en kattekwaad aanvang deur 'n kat in die donker te knyp, kan ek die aap uit die mou laat dat jy nie hond haaraf gaan maak nie. Die kool is eenvoudig nie die sous werd nie, jy wil verniet die bobbejaan agter die bult gaan haal, ek is nie 'n vroetelvarkie nie.

Omdat ek twee linkervoete en rooi haakskene het, dans ek soos 'n kat op 'n warm plaat. Terwyl ek oor die onderdeur loer, stem my aand- en môrepraatjies nie ooreen nie en sing ek 'n ander deuntjie. Ek sing dan soos 'n kanarie. Ek weet dat die voëltjie wat saans die laaste fluit, soggens eerste deur die kat gevang word, daarom gaan ek saam met die hoenders slaap en lank voor hanekraai klim ek met die verkeerde voet uit die bed om my eiertjie te lê.

Dit het die naweek katte en honde gereën, maar ons hou darem nog kop bo water. Dit staan egter soos 'n paal bo water dat dit nie nodig is om water met 'n mandjie aan te dra nie. Voor die son water getrek het en die perde horings gekry het, moet ek nie 'n gegewe perd in die bek kyk nie, ek moet die ou koeie uit die sloot grawe, die bul by die horings pak sodat die agteros in die kraal kan kom. Ek moet ook al my varkies op hok sit en daar by oom Daantjie se kalwerhok die kalf uit die put gaan haal.

As jy wors in die hondehok soek, onthou dat blaffende honde nie byt nie. Ek wou nog katte skiet, maar toe is die koeël deur die kerk en ek kry wingerdgriep. Dit was 'n bitter pil om te sluk. Ek was hoog in die takke, want ek het gehoor dat die hoogste bome die meeste wind vang. As die appel nie ver van die boom val nie, kan 'n mens die boom aan sy vrugte ken.

Ek kon nie die kar voor die perde span nie, en het toe maar twee rye spore geloop.
In die dorp het hulle gesê ek speel op Avbob se stoep en dat ek een van die dae 'n houtpak gaan aantrek. Ek het gesê dat ek met 'n goue lepel in die mond gebore is en dat ek nog nie die lepel in die dak gaan steek en boedel oorgee nie. Ek moet rondborstig erken dat die spyker in my doodskis, is dat bloed kruip waar dit nie kan loop nie.

As jy brood in die sweet van jou aangesig eet, moet jy nie met 'n mond vol tande staan nie, jy moet hare op jou tande hê, jy moet jou hand aan die ploeg slaan en die strydbyl begrawe. Weet jy hoe die vurk in die hef steek? As jy wolf skaapwagter maak, moet jy almal oor dieselfde kam skeer."

-- Skrywer onbekend, maar hy of sy verdien 'n medalje!
Forum: Woordeboek
 Onderwerp: zeta
zeta [boodskap #153245] Wo., 14 Oktober 2026 19:33
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26830
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
zeta
Afbreking: ze•ta


Selfstandige naamwoord: zeta
Meervoud: zetas

Betekenis:
• Die sesde letter van die Griekse alfabet.

Gebruik:
• Zeta (Ζ, ζ) kom na epsilon (Ε, ε), maar voor eta (Η, η) in die Griekse alfabet.

Afgelei:
• zetafunksie
• zetapotensiaal

Vertaling:
Engels: zeta
Nederlands: zeta

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Wo., 14 Oktober 2026 19:35]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: Andorra
Andorra [boodskap #153246] Wo., 14 Oktober 2026 19:41
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26830
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
Andorra se vlag.
Andorra se vlag.
Kaart van Andorra.
Kaart van Andorra.
Andorra
Afbreking: An•dor•ra


Pleknaam: Andorra

Betekenis:
• 'n Klein land in Europa wat aan Frankryk en Spanje grens.

Gebruik:
• Andorra se amptelike taal is Katalaans.

Verwant
• Andorrees

Vertaling:
Engels: Andorra
Nederlands: Andorra

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Wo., 14 Oktober 2026 19:43]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

 Onderwerp: staatsdrukker
staatsdrukker [boodskap #153247] Wo., 14 Oktober 2026 19:53
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26830
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
staatsdrukker
Afbreking: staats•druk•ker
Samestelling: staat + -s- + drukker


Selfstandige naamwoord: staatsdrukker
Meervoud: staatsdrukkers

Betekenis:
• Die regering se drukkery wat amptelike staatsdokumente en -publikasies druk.

Gebruik:
• Die staatsdrukker is verantwoordelik vir die druk en verspreiding van die Staatskoerant.

Sinoniem:
• staatsdrukkery

Vertaling:
Engels: government printer
Nederlands: landsdrukkerij, staatsdrukkerij

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Wo., 14 Oktober 2026 19:55]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator




Tyd nou: Wo. Okt. 14 20:22:06 UTC 2026