Ek soek musiek - vir die oueres onder ons
Sa., 06 Januarie 2001 10:14
Hello almal
Ek is opsoek na musiek oor die 60's groep "The Sweet" Hulle het liedjies
soos Wig Wam Bam en Poppa Joe gesing. My ma-hulle het duisende van hulle "7
singles" maar ek kon tot dusver nog net een van hulle liedjies op 'n CD
opspoor. Ek het Napster probeer, maar ek het nie vreeslike sukses met die
gehad nie. Miskien weet een van julle van 'n website wat in 50's en 60's
musiek spesialiseer.
Ek's mal oor meeste van die musiek wat uit daai era kom, so eindelik sal ek
enige inligting aangaande die musiek-era waardeer.
Groete en Dankie
Elaine
--
Check out:
http://www.lost.co.za
http://www.webmagic.co.za
Musiek & liriek |
16 kommentare
Kinderrympies
Vr., 01 Junie 2018 14:04
Ken een van julle die gediggie? Weet iemand dalk waar dit vandaan kom?
WAT IS DIE MENS
Wat is die mens?
Net pap en pens
Poef sê die pens
En weg is die mens
Prosa & poësie |
14 kommentare
Ek is jammer
Vr., 05 Januarie 2001 05:33
Hier volg my belydenis van apartheid:
Ek is jammer dat ek wit gebore is.
Ek is jammer dat my dierbare land van 'n eerste wereldse land se staus
verhoog is na 'n derde werldse land se staus.
Ek is jammer dat die dollar verstewig het van 3 dollar vir 'n rand tot R
7.54 per dollar.
Ek is jammer dat ek in 'n land moes gaan veg vir wat ek nie omgegee het nie.
Ek is jammer dat ek moes gaan werk om belasting te betaal.
Ek is jammer dat my belasting geld gebruik is om skole op te bou wat
afgebrand is.
Ek is jammer oor die eerste wereldse skole en hospitale waarvoor ek help
betaal het wat nie meer bestaan nie.
Ek is jammer ek is die oorsaak dat almal verkrag en moor net soos hulle wil.
Ek is jammer dat my belasting gehelp het om die paaie in stand te hou.
Ek is jammer oor te ekenomie wat so gegroei het toe ek nog 'n rasis was.
Ek is jammer dat net blankes rasiste is , en dat swart mense nog nooit in
hulle lewe rasiste was nie.
Ek is jammer dat ek nie uit my werk wil bedank nie en die werk aan 'n
agtergeblwewende wil gee nie.
Ek is jammer dat 33 % van al my belasting gesteel word.
Ek is jammer dat ek die verstand gekry het om te onderskei tussen goed en
sleg.
Koeitjies & kalfies |
18 kommentare
terug na 'n meer as 'n maand verlof...
Do., 04 Januarie 2001 08:46
...en al wat nuut is is dié girl wat erken dat sy uit sò 'n
hoogmoedige familie kom dat hulle nie eens met die arm
(delwers) deel van die familie wou praat nie. Klink darem
asof sy hulle nou noem want hulle het 'heel ironies ryk geword'.
Snaaks, so snaaks dat daar 'n jaar gelede vuurwerke vir Afrika
(of vir die wêreld natuurlik) gehou is, en nòu dat die nuwe millenium
begin het, is dit stil.
DD
Koeitjies & kalfies |
2 kommentare
Re: Vloekwoorde
Wo., 03 Januarie 2001 07:55
Danielle wrote:
>
> On Wed, 03 Jan 2001 08:29:47 +0200, lous
> wrote:
>
>>> Ek dink as jy in die USA bly, sal jy saamstem dat ons almal geregtig
>>> is om te se wat ons dink. Ek dink Bush is 'n doos. Maar het nooit
>>> geweet dat "doos" 'n vloekwoord is nie.
>>
>> Duh!? Sjym ... :)
>
> Lekker vakansie gehou?
Nee was te kort
Koeitjies & kalfies |
0 kommentare
Re: Knormoer & bendix
Di., 02 Januarie 2001 12:53
Die knormoer is die aansitter ("self starter"). Ek weet nie wat "bendix" in
Afrikaans is nie, maar die volgende van elders op die web verduidelik die
verwantskap.
The bendix is part of a starter. The starter has two main pieces (1) motor (if
you look at the starter assembly it looks like a big cylinder and (2)
electromagnet (which looks like a small cylinder attached to the big
cylinder)+ gear engagement parts and this is called the bendix. When you turn
your key in the ignition you activate the electromagnet which pulls the rod
back. This motion pushes the starter sliding wheel out which engages its teeth
into a big wheel attached to engine. When the starter and motor wheels are
fully engaged, it connects the power to the motor which turns and starts
engine.
@home.com wrote:
> Pete wrote:
>
>> knormoer
>> 'n bendix
>
> Ek weet nie wat een van die woorde beteken nie.Ek dink nie ek het dit ooit
> geweet nie. Kan iemand
> asseblief vir my verduidelik in woorde van een
> sillabe asseblief. Ek ken nie die dele van 'n kar
> goed nie, nie in Engels nie, nie in Afrikaans nie.
>
> Tant Hessie wat darem weet wat
> 'n moer is.
Wiele |
7 kommentare
Hello almal
Di., 02 Januarie 2001 08:11
Eerstens; 'n voorspoedige Nuwejaar vir almal.
Ek is nuut op die NG en geniet julle praatjies - ek sit op die oomblik
hier in my kantoor letterlik in die skaduwee van Tafelberg en wonder net
waar al my mede Afrikaanssprekendes in die NG hulle in die wêreld
bevind?
MnrMin
Koeitjies & kalfies |
4 kommentare
Disting deur Oubaas
Di., 02 Januarie 2001 05:01
Die disting wordt al grooter en grooter,
vol kerrie en rys.
Hoe mooi is die berge,
net soos kerrie en rys.
O, die disting. O die disting is 'n wonderlikke ding,
net soos 'n groot kerrie pot.
"Gee my 'n kerrie" skree die boomelaar,
"Gee my 'n doppie" skree hy al weer.
En almal se,
Die disting is 'n wonderlikke ding.
Oubaas....1842
Koeitjies & kalfies |
0 kommentare