Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

'n Rus

Sa., 13 Januarie 2001 12:50

Hallo daar!

Ek is 'n Rus. Wil graag met mense wat ongeveer op dieselle ouderdom is (22)
gesels.

Groete,
jaarik

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Tobie - onse eie Generaal Ursus

Sa., 13 Januarie 2001 11:58

On Fri, 12 Jan 2001 23:46:22 -0500, Danielle wrote:

> On 12 Jan 2001 19:59:05 -0600, Bill Pruet
> wrote:
>
>> "Tobie" het gese...
>>> hmmm ... dit lyk my die Redakteur het toe na my 'request'
>>> geluister, Sweet Danielle ek sien jou fototjie is ook op
>>> gesit ......... Riaan ek sien daar is 'n boodskap vir jou
>>> ook.

>> What a pity. Jy het 'n baie lelik streek in jou Tobie.
>
> Ag nee wat Bill. Die ou omie dink hy is generaal Ursus van Planeet
> van die Ape. Hy raak soms verward met die werklikheid, so ons aanvaar
> hom maar so. :-)
> Ek het netnou met Cornelius gepraat, en hy se dat die ou verwarde omie
> gereeld daar op sy werf kom kuier, en vra oor die aap meisies. Hy het
> mos 'n ding vir die oulike meisies wat hy in die POTA flieks gesien
> het. Cornelius se dat hy dalk vir my 'n oop plekkie het in sy nuutste
> POTA fliek wat later hierdie jaar vrygestel gaan word, so ek moet vir
> ou Ursus bedank hier! :-))

RODVELMGA! Wel gedaan Dani!

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: http://fight.at/afrikaans/

Sa., 13 Januarie 2001 11:36

On Fri, 12 Jan 2001 19:06:12 -0500, Danielle wrote:

> On Sat, 13 Jan 2001 00:58:14 +0200, "Tobie" wrote:
>
>> hmmm ... dit lyk my die Redakteur het toe na my 'request'
>> geluister, Sweet Danielle ek sien jou fototjie is ook op
>> gesit .........
>
> Sies, ek gril sommer as ek dink dat ek vriendelik met die vuilgat ou
> tobie was.

Danielle, Tobie en sy vriende klink soos die tipe mense wat Sondae ewe
vroom in hulle swart pakke as ouderlinge in die kerkbanke gaan sit, en
voorgee dat hulle mense met integriteit is. Patetiese mensies
eintlik. Moenie jou aan sy tipes steur nie. Verwaand, dom,
skeinheilig, met absoluut geen respek vir andere nie. En nou wonder
ons hoekom jy wou he dat ons op hierdie nuusgroep moet kom kuier? Nee
dankie! Ek het genoeg gesien.
Tot later my vriend.

Klippies

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

VERKIESING PLAKKATE

Ma., 15 Januarie 2001 19:45

Is daar nie wetgewing wat se dat politieke partye binne n sekere tyd hulle
plakkate moet verwyder nie.As n mens in die Kaap rondry sien n mens nog oral
ANC plakkate.

Dit bleik duidelik dat hulle dink hulle is bo die wet en dat hulle kan doen
wat hulle wil.Ek moet se dit stel n baie goeie voorbeeld.As die ANC hulle
gat afvee aan so n klein wet gaan hulle beslis nie steur aan meer erenstige
wette nie.

Dit kan n mens duidelik daagliks sien . Hulle verander die wette of "side
step" wette om hulle self te pas.

Reenen van Niekerk

Koeitjies & kalfies | 81 kommentare

R400 per uur

Vr., 12 Januarie 2001 23:42

Wil u graag R400 'n uur verdien?
Word 'n mediese dokter (GP) in die nuwe RSA

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Fragment

Vr., 12 Januarie 2001 18:49

God bestaan nie, het hy gesê. God ontstaan. En dis waar. Die hemel bestaan
nie. Dit ontstaan uit kleur en klank.

Die lig was sag. So noordelik sesuur sag. Die spierwit ganse het langs die
vyver geloop en skree. Die ses spierwit ganse, die twee ingeteelde bruinwit
ganse en die een gekortwiekte bruin wildegans.

Oor die ronde tafel was daar 'n bottelgroen tafeldoek en die drie
plaatkoekies wat saam met die bietjie tee oorgebly het, het die gevlekte
goudbruin kleur van ryp piesangs gehad.

Sy oë was bruin en dromerig van die klanke wat by die huis uitgekom het.
Musiek behoort vir mense soos hy geskryf te word. Miskien word dit. Die
stemme was donker. 'n Ligte eilanddonker mansstem en 'n ryk afrikadonker
vrouestem.

Malaika, nakupenda malaika...het die man gesing. Angel, I love you. What
should I do. I am defeated by wealth. I don't have any. En dan het die
vrouestem bygekom. Pesa zasumbua roho yangu. Money is troubling my soul.

Op so'n manier dat hy moes vra: Hoe kan sy dit doen...?

Herfsdrade het in die lae lig geblink en die spinnekoppies het so alles met
mekaar verweef.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

vraag oor windows millenium

Vr., 12 Januarie 2001 11:49

Ek wil net graag weet hoe die Windows millenium is. Ek het dit gekoop en nou
het ek gehoor dat ek dit nie moet laai nie aangesien daar nog baie "bugs" op
is. Sal dit wardeer as iemand my kan laat weet of dit so is

Reenen van Niekerk

Rekenaars & selfone | 22 kommentare

Spitbraai

Vr., 12 Januarie 2001 09:23

Ek het al baie 'n skaap op die spit gaar gemaak, maar ek wil volgende keer
'n speen varkie probeer. Ek weet egter nie watter marinade om te gebruik om
die vark voor die tyd mee in te spuit nie.

Ek wil nie graag iets probeer soos konfyt of blatjan nie want dit brand baie
vinnig vas en dan lyk die vark verkool van buite af maar is in werklikheid
nog rou binne.

As iemand hier dalk vir my 'n resep het of voorstelle sal ek dit opreg
waardeer.

Thanx

Riaan

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Sommer kak

Do., 11 Januarie 2001 22:45

Weet nie hoeveel van julle op die http://www.koeksuster.com site kom
nie. Vir dié wie nie daar gaan kyk nie, 'n beriggie van onse vriend,
phatti. Dog julle sou dit wou sien... (Miskien moet iemand 'n hint aan
gloudsie deurgee, ek en sy gesels mos nie eintlik nie).

> Ja, ek het daardie posting al gesien. Nogals mal.

Net ter inligting, dit gaan oor daai lang "Ek is jammer" post van
Frik(kie) nou die dag...

> Elk geval, die nuusgroep van oorsprong (soc.
> culture.south-africa.afrikaans) is sommer 'n kakhuis.

Almal met goeie stoelgang gaan een keer 'n dag kakhuis toe!!! (Party nóg
meer) Die feit dat jy F se post gesien het beaam dat jy ook soms "nood"
het!

> Ek probeer almal daar aspris uitfreak. Elk geval,

Probeer weer... Jy's net bo gloudsie in my killfile! ék die naaste wat
jy aan "bo Gloudina" sal kom, want ek glo nie eers sê is sê desprit nie!

> daars 'n antie daar, Gloudina Bauwer (@Home),
> wat sommer 'n regte ou bokballas is. Almal haat haar.

Nie almal nie, haar posts bly oppop agv al die mense wat tog met haar
gesels... "Bokballas"! Vir iemand wie sukkel om Afrikaans te praat is jy
nogals kreatief, hoor!

> Ek wens ek kon haar met my 9mm CZ75 skiet, maar
> ek moes die ding verkoop toe ek die pad gevat het.
> Dit het nogals my hart gebreek toe ek my kettie moes
> verkoop, ek wens ek het dit nooit gedoen nie.

Kyk wêreld, en sien ons mentaliteit! Jy't so pas reggekry om my uit te
freak!

Moenie moeite doen om te antwoord nie, ek lees jou nie!

Skunk

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Heerlike Versa

Do., 11 Januarie 2001 20:32

Hi,

Hierdie een uit "Die Klein Boek",
.... deur Andre Marcus 1905.

As die voels sing, dan staan ek en luister,
na al die mense van le in die berge.

As die voeltjies bler en knip aan die toe,
dan is die volke laer en swaar.

En as die voeltjies val van die lug,
dan is dit tyd om kos te gaan maak.

Die heerlike voels, die heerlike berge,
hoe blou is die berge en vars die lug,
Ek hoop dat die voeltjies kom huistoe vanaand.

A.M.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1835): [ «    974  975  976  977  978  979  980  981  982  983  984  985  986  987  988  989    »]
Tyd nou: So. Des. 28 16:34:49 UTC 2025