Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Toekoms Advies vir: Planetêre Minerale/Energie Verskaffing Inisiatief

So., 04 Februarie 2001 20:14

Wil graag die Regering van ons Paradys, en elders op die Planeet,
insluitend Individue, Organisasies, en Regerings, wat deel neem aan die
Afrika Renaissance, en veral die ANC gelukwens vir die super sukses wat
bereik is sover, asook vir die toekoms. Veral vir die volgende:
Deursettingsvermoë en vasberadenheid. Die menige inisiatiewe geneem
deur President Thabo Mbeki, Staatsdepartemente en die Private Sektor,
ten bate van miv+/vigs navorsing in ons Paradys, en elders op die
Planeet. Holistiese benadering vir die rol van die immuun stelsel,
aangaande 'n geneesmiddel vir miv+/vigs. Miv+/vigs advertensie veldtog.
Verskaffing van miv+/vigs medisyne. Algemeen beskou as die beste
benadering om miv+/vigs te bestry, soos hierbo vermeld. Insluitend die
menige bydraes wat gelewer word aan die Afrika en Suid Afrika
Renaissance. En om die Regering van ons Paradys, en elders op die
Planeet, te ondersteun om hulle doelwitte te bereik. Vir die Persone
van ons Paradys, die Afrika Kontinent, en elders op die Planeet. En nog
baie meer. By voorbaat baie dankie. Dit word inniglik waardeer.

Wil ook graag Mynbou en Mineraal Verskaffer firmas en organisasies,
asook ondersteunende Organisasies en Regerings in ons Paradys, en
elders op die Planeet, gelukwens vir die super sukses wat bereik is
sover, asook vir die toekoms. Veral vir die volgende:
Deursettingsvermoë en vasberadenheid. Werk verskaffing geleenthede.
Veelvolkige vredes inisiatiewe. Ekonomiese en sosiale bydraes en
inisiatiewe, veral om miv+/vigs te bestry. Insluitend die menige
bydraes wat gelewer word aan die Afrika en Suid Afrika Renaissance. En
om die Regering van ons Paradys, en elders op die Planeet, te
ondersteun om hulle doelwitte te bereik. Vir die Persone van ons
Paradys, die Afrika Kontinent, en elders op die Planeet. En nog baie
meer. By voorbaat baie dankie. Dit word inniglik waardeer.

Wil ook graag Navorsers en Wetenskaplikes, asook ondersteunende
Organisasies en Regerings in ons Paradys, en elders op die Planeet,
gelukwens vir die super sukses wat bereik is sover, asook vir die
toekoms. Veral vir die volgende: Deursettingsvermoë en vasberadenheid.
Verskeie navorsing projekte. Lewering van menige uitvindsels om die
kwaliteit van lewe vir almal te verhoog. Bydraes gelewer aan wetenskap
joernale. Ekonomiese en sosiale bydraes en inisiatiewe, veral om
miv+/vigs te bestry. Insluitend die menige bydraes wat gelewer word aan
die Afrika en Suid Afrika Renaissance. En om die Regering van ons
Paradys, en elders op die Planeet, te ondersteun om hulle doelwitte te
bereik. Vir die Persone van ons Paradys, die Afrika Kontinent, en
elders op die Planeet. En nog baie meer. By voorbaat baie dankie. Dit
word inniglik waardeer.

'n Saak wat na aan die hart raak, is om die vrede en voorspoed van die
Persone van ons Paradys, en elders op die Planeet, asemrowend te
verhoog.

Behou geloof, hoop en liefde. Onthou die oomblik het aangebreek om
eksponensieel ondersteuning te verkry. Verstaan enige advies hier word
gegee in die gees van Vryheid van Keuse. Enige persoon het die reg om
dit te gebruik net soos dit is, en / of te verander na vrye wil.

Wil graag voorstel om Planetêre ontmoetings te verhoog, asook
ontmoetings met Wetenskaplikes, veral in die Fusie Energie veld. Asook
Mynbou en Mineraal Verskaffer firmas en organisasies. En kliënte, veral
vanaf groot firmas. Om die verhoging van die gee van 'n groen lig
aangaande die verskaffing van groot aantal minerale, waar en wanneer
nodig. Met die uitdruklike doel om ondersteuning te verhoog op menige
vlakke, veral waar minerale in hoë aanvraag is. As deel van die 2020 en
daarna plan om die vrede en voorspoed van alle betrokke partye te
verhoog.

Hoogstens aangeraai, om die toekenning van 'n hoë prioriteit aan
hierdie inisiatief te verhoog. Om die spoedige lewering van verwagte
resultate te verhoog tydens die suksesvolle implementering van hierdie
inisiatief.

Sekuriteit kan ook verhoog word aangaande die toepassing en verskaffing
van minerale verhoog deur Fusie energie. Om die effektiewe kontrole van
minerale verskaf aan verbruikers markte te verhoog. Veral waar minerale
hoog in aanvraag is.

Ontmoetings kan ook verhoog word met Finansiële Instansies. Om die
beskikbaarheid van fondse aan projekte te verhoog, soos nodig. Ten
voordeel van alle betrokke partye.

Navorsing kan ook verhoog word om die kwaliteit en kwantiteit van
minerale te verhoog. En/of om die aanpassing van kwantiteit en/of
kwaliteit van minerale te verhoog. Asook die koste effektiwiteit om die
verskaffing van minerale te verhoog aan ewig groeiende markte. Veral
minerale wat hoog in aanvraag is. Om die verskaffing van minerale aan
verbruiker markte te verhoog.

Navorsing kan ook verhoog word aangaande die ontwikkeling van Fusie
Energie na elektrisiteit, en/of enige ander metode, indien enigsins
moontlik. Om die verskaffing van elektrisiteit te verhoog, veral waar
elektrisiteit hoog in aanvraag is. Om die aanhoudende verskaffing van
energie te verhoog waar nis markte verhoog word, asook soos hieronder
uiteengesit.

Hoogstens aangeraai, om navorsing te verhoog waar die aanhoudende
smelting en/of verwydering van sneeu/ys op teer paaie, veral in winter
seisoene, en/of sneeuval periodes. Voorgestel, om die outomatiese
verwarming en dreinering van paaie, veral hoof roetes, te verhoog. Om
die aanhoudende beskikbaarheid van paaie en/of hoof roetes, en die
maklike deurgaan vermoë van verkeer te verhoog, veral in hoogs populêre
gebiede. Dreinering van gesmelte ys/water kan ook verhoog word. Om die
verskaffing van water na riviere, mere en/of opgaardamme te verhoog.
Ten bate van alle betrokke partye.

Verskaffing van warm en/of lou warm water na verysde riviere en/of mere
kan ook verhoog word. Veral waar riviere en/of mere aangewend word vir
vervoer doeleindes. Om die gebruik van rivier vervoer stelsels te
verhoog, veral in winter periodes. Navorsing kan ook verhoog word
aangaande die beste ekologiese oplossing om implementeer te word.
Asook, indien moontlik, om die verskaffing van vis in riviere te
verhoog. Met die uitdruklike doel om die ontwikkeling in gebiede te
verhoog waar die beskikbaarheid van natuurlike en minerale hulpbronne
volop is. Ten bate van alle betrokke partye.

Die toekenning van Fusie Energie fasiliteite kan ook verhoog word aan
firmas wat die verskaffing van betreklike hulpbronne verhoog.
Verkieslik om die vorming van 'n addisionele firma vir die doel te
verhoog. Om die kontrole en profytvolheid van verskaffers te verhoog.
Asook, om die maklike inskakeling van alreeds werkende maatreëls en
prosedures te verhoog.

Wette kan ook verhoog word aangaande die verskaffing van produkte en
dienste verskaf deur Fusie Energie. Om die effektiewe verskaffing van
produkte en dienste aan verbruikers markte te verhoog.

Ontmoetings kan ook verhoog word tussen Regerings en Mineraal / Energie
verskaffers. Hoogstens aangeraai, om belasting voordele te verhoog vir
huidige verskaffing metodes. En/of enige ander metode. Om regverdigheid
te verhoog vir beide Fusie en nie-Fusie verskaffing metodes. Ten bate
van alle betrokke partye.

Bestudeer verbruikers benodighede in ons Paradys, en elders op die
Planeet. Om potensiaal en benodighede vas te stel. Daarna om
inisiatiewe in die verband te verhoog.

Suksesse kan ook verhoog word deur die Media aan die Persone van ons
Paradys, en elders op die Planeet. Om ondersteuning te verhoog aan die
toepassing van Fusie Energie in die ontwikkeling van ewig groeiende nis
markte.

Hoogstens aangeraai, om hierdie bydrae as 'n Planetêre bydrae te
beskou. Om implementeer te word in G7/G8 lidlande. Daarna om suksesse
te verhoog elders op die Planeet, waar nodig.

Hierdie bydrae kan dien as die geskenk van die Millennium van die ANC,
President Mbeki, asook die Regering van ons Paradys, aan die Regerings
en Persone elders op die Planeet, waar benodig. Om vriendskappe te
verhoog tussen on Paradys en elders op die Planeet.

Dit kan President Thabo Mbeki geweldig ondersteun. Veral wanneer
President Mbeki die Suid Afrika, en veral die Afrika Renaissance 'n
kwantum sprong vorentoe neem, omtrent Junie 2000 en/of net daarna.
President Mbeki kan suksesse behaal in die Suid Afrika Renaissance
herhaal vir menige Lande wat aan die Afrika Renaissance deelneem. En
dit die sukses maak wat dit verdien om te wees. 'n Ekonomiese bloei
tydperk kan verwag word. Nadat gereedheid bereik is in die verband deur
die aanwys van 'n groen lig te lewer, soos aangevra. Ten voordeel van
alle betrokke partye.

Kyk na die asemrowende resultate - bo alle verwagtinge:
Verskaffing van mineraal en energie hulpbronne kan asemrowend verhoog
word.
Vinnige voltooiing van projekte kan asemrowend verhoog word.
Projekte wat groot hoeveelhede mineraal en/of energie benodig, kan
asemrowend verhoog word.
Die bereiking van asemrowende doelwitte om die kwaliteit van lewe te
verhoog kan asemrowend verhoog word.

Verskaffing van goedere en dienste kan asemrowend verhoog word.
Infra strukture kan asemrowend verhoog word.
Ontwikkeling van nis markte kan asemrowend verhoog word.
Verwagting van 'n ekonomiese bloei tydperk vir lande waar hierdie
inisiatief implementeer word, met asemrowende resultate, ten bate van
alle betrokke partye, kan asemrowend verhoog word.

Ekonomie�, en potensiële ekonomieë kan asemrowend verhoog word.
Vrede en voorspoed kan asemrowend verhoog word.
Gemeenskaplike belange kan alle partye geweldig bevoordeel.
Die Afrika en Suid Afrika Renaissance kan 'n kwantum sprong vorentoe
neem.
Die Planetêre Renaissance kan 'n kwantum sprong vorentoe neem.
En 'n beter lewe kan vir almal geskep word.

Kommentaar:
Hierdie inisiatief word beskou as 'n belangrike bou blok aangaande
verhoogde opbrengste van Renaissancis, ten doel van die triljoenêr
kaart, wat hier beplan word. Om 'n vorige stelling van Gandhi te
herhaal � Daar is meer as genoeg hulpbronne.

Eendrag maak mag. Persone wat mekaar ondersteun, oorleef saam in 'n
beter wêreld. Hierdie is die poging om 'n pad te skep na die 22e Eeu
d.m.v. grootheid, goedheid en grasie. Love all Serve all.

Hoop dit help. Saam vir 'n beter toekoms. Een vir almal en Almal vir
een. Word 'n magiese Persoon en help om 'n Paradys en Planeet te skep
waar almal gelukkig is en bevry is van pyn en leiding.

Presteer Voluit om die Verstand, Vlees en Voorspoed van die Persone van
ons Paradys, en elders op die Planeet, met Prag en Praal, Passie, asook
Profytvol Vorentoe, sodat hulle na hulle Prys, hulle Piek, kan Peil.

Ns. Indien enige sissende slange aan enigiemand hier geuiter word, is
dit a.g.v. 'n blinke kol in die logika, wat reggestel sal word wanneer
dit raakgesien is. Apologie word nou al aangeteken daarvoor. Vergewe
asb.

Sent via Deja.com
http://www.deja.com/

Koeitjies & kalfies | 12 kommentare

Dag - 'n kort besoekie

So., 04 Februarie 2001 20:09

Goeienaand. Het hier ingeloer sowat 3 jaar gelede. Die rede vir my vlugtige
besoek is 'n grappie wat ek nie in die ander nuusgroep waar ek aan behoort
kan vertel nie. Dit sal geheel en al verlore gaan. Ek weet ook nie of dit al
hier vertel is nie, maar dit is aan my vertel as 'n ware storie. Vir al wat
ek weet is dit 'n streekstorie ( urban legend)
Afrikaanse skool. Kinders ken net Afrikaans ( moet 'n ou grappie wees).
Engelse klas. Onderwyser vra vir Jannie om 'n sin te maak met die woorde
attack en quarrel daarin.
Jannie: Last Saturday I went to the winefarm. I pick a tack from the
grapetree, and eat the grapes quarrel for quarrel:)))
--
ann...@ctnet.co.za
Rooiwyn liefhebber..

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Dag na 'n jaar of wat

Sa., 03 Februarie 2001 23:51

Dagse

Ek het gedink ek sal gou inloer na 'n jaar of wat se afwesigheid.
Ek is bly om te sien die groep is nog net so hard aan die praat,
gesels, redeneer, redekawel, argumenteer, skel en wat nie al.

Ek sien Gloudina is maar nog steeds die vliegwiel van hierdie
enjin. Hou van haar of haat haar, sy is die ultimate ng survivor.
(Hallo doudie, jy sal een van die min wees wat my onthou. Miskien
Leswin ook - 'propacem' as ek reg onthou.)

Ek kon my oë nie glo dat iemand nog steeds / alweer daardie
onnosel-arrogante (en kwetsende) ding plaas oor die petrol joggie
se Afrikaans en Engels pratery. Liewe hemel mens, beweeg
vorentoe.

Groete

Bees, AAA
Alberta, Kanada

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Weet julle dit ?

Sa., 03 Februarie 2001 22:45

'n Disting is 'n wonderlikke ding !

Koeitjies & kalfies | 18 kommentare

Die enkelbytende keffer (vol1) to be continued....

Sa., 03 Februarie 2001 20:56

On Sat, 03 Feb 2001 19:23:05 GMT, @home.com wrote:

> Dankie, Patrick. I aim to please.Ek lê elke dag, soos die koekkoek,
> eiers in hierdie nuusgroep
> en sien dan wat uitbroei. Somtyds kry ons 'n derde Boere-oorlog,
> somtyds ontbloot iemand ( soos Danielle) die leegheid onder die
> oppervlakte, somtyds (soos met Davie Davis) die leegheid onder
> die leegheid.
>
> Gloudina

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Gasteboeke

Sa., 03 Februarie 2001 19:55

Hi almal,
Kan ek julle asseblief `n guns vra.
Indien julle op `n webblad, veral in Afrikaans afkom wat `n gasteboek het
waar `n mens die briefies kan lees wat geskryf word oor die blad ens, wees
asseblief so gaaf en e-pos vir my die blad se URL.

Ek werk so bietjie statestieke van `n heel ander aard uit.

Baie dankie
Frikkie
rsa...@intekom.co.za

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Vir krokkie

Sa., 03 Februarie 2001 10:44

Haai krokkie

Ek kry deesdae so blerrie min tyd om op die net rond te hang, as jy my direk
email kan ons dalk daai html probleempie van jou uitgesort kry. Jammer ek
kan dit nie hier doen nie, maar ek's alweer oppad.

Groete
Elaine

--
Check out:
http://www.lost.co.za
http://www.webmagic.co.za

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

ek is lief vir Gloudina !

Sa., 03 Februarie 2001 10:29

Sy bring verskeidenheid, amusement, verskil van mening,

kontoverse. Kortom sy is 'n baie standvastige mens,

ek is lief vir haar insendinge en standpunte.

Gloudina, moenie ophou nie !

Patrick,

(van die Wes Europese ondersteuningsgroep "Gloudina moet bly")

Koeitjies & kalfies | 19 kommentare

koers

Sa., 03 Februarie 2001 07:11

drie swaeltjies draai nog en soek
hul koers in die lug
by die kerktoring weerhaan

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Re: Liewers Konserwatief

Vr., 02 Februarie 2001 20:51

George hospitaal suig soos die res v/d provinsiale hospitale
........... niemand gaan na daardie hospitaal nie, jy moet down and
out wees, of oumens pensioen kry. Ek weet van mense wat lenings
gaan neem om eerder na die privaat hospitale Lambrecht kliniek
George of Bay View Hospitaal in Mosselbaai te gaan. Hoekom moes jy
die vroumens se brief aanhaal Dani, ( jy't my hele blerrie aand
ge-spoil)
Welaf! en sy laat haar mediese polis opskort? Met die ou
de klerk-botha-vorster regime kon sy dit bekostig. Sy is nie meer
welaf nie en sal dit ook nie erken nie, die eerste dinge wat gesny
word as die knyp kom is die luukshede. Ek sê nou, sy is arm soos
die res van
ons, arm geword deur die huidge regime wat die gans wat die goue
eiers lê se keel nou al afsny om te vreet. Ek wens die halfnaatjie
vroumens wil hier kom woon vir 'n jaar, sy
het nie 'n cooking clue wat hier aangaan nie, sy glo wat haar
"welaf" suster vir haar lieg, to keep up a good front or pose.
Seker bang haar ouer sussie sê sy is 'n apartheids-varksog, as sy
begin vertel hoe dit regtig in die kammaland gaan ............
BAH!!!
--
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Danielle skryf in boodskap news:9bgh7tosi18lkl1rbf78liq1gsesgkh1du@4ax.com...
: On Wed, 31 Jan 2001 13:32:49 GMT, @home.com kots die volgende
aborsie :
:
: >. My jonger suster ( taamlik welaf,
: >dwarsdeur die ou regime met 'n duur private
: >assuransie-polis) het onlangs haar gesondheids-
: >assuransie gekanselleer en gaan nou na die
: >staatshospitaal op George.

Koeitjies & kalfies | 17 kommentare

Bladsye (1835): [ «    967  968  969  970  971  972  973  974  975  976  977  978  979  980  981  982    »]
Tyd nou: Sa. Mei 02 01:08:27 UTC 2026