Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: Archives: 28 February, 1901

Do., 01 Maart 2001 06:36

Duidelik had die 'myl en gardjin' se informant die kat aan die verkeerde
handvatsel beetgehad, wat Louis Botha het nie oorgegee nie, dit was Cronje
by Paardeberg!
Thys met my stukkie geskiedenis-mus op
skryf in boodskap news:3A9D4CA0.CFBF3E46@home.com...
> On February 28, 1901 the Globe and Mail reported
> that the impression existed in London that Boer
> General Louis Botha had surrendered to the British
> in South Africa, while the wily Boer General De
> Wet had likely gotten away from his pursuers.
>

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

hille kaap ons, antie

Wo., 28 Februarie 2001 14:33

hellou antie gloudiena,

newwer 'n dal moument het my oorle ouma altyd gesê antie en sy sal spyt wees
lat sy dood is want sy mis baie. net toe die stasie baar se brande wyn klaar
is toe lykit of oom taboe nou vir oom makapie wil gaan virtel hoelat die
rinnesaans werk. dis nou kort nalat oom toenie leeunie wat 'n agter
kleinkind van koning dawid is wat die leeu vermoer het ok vir simbawie gaan
virtel het lat die blou tryn nie meer viek fôls toe gaan ry nie.

ma' dis nie hoekom ek skryf nie antie. antie weet mos hoe laaik my pa van
doring bome. oom kadawer ismal het mos toe hy nog minster van water en bosse
was begin om die ytheemse bome te lat afkap oorlat hille ons water steel.
laasweek kap hille toe mos ook so bome af da annerkant sêntin, antie, ma'
oom kadawer het nie mooi vir die kappers virtel hoelat die bome wat hille
moet afkap lyk nie. toe kap hille vier honnerd hakdorings af antie en los
die ytheemse bome. my pa is meer die moer in as oor die stasie baar antie.
oom hansie vannie pênnelbieters sê dis oorlat hakdorings se naam op 'n tyd
kaffer wag 'n bietjie was ma' my pa sê hy moet sjarrap anners verkla hy hom
by die regte mense koemmiesie.

het antie op see en en gesien hoelat hille 'n dakota by wonnerboom lighawe
gekaap het met agt oorsese gyselaars. die hele wêreld se koerante en tiewies
was daar antie en my pa sê hille het glad in sjiena littel house on the
prêrie gestop om vir die mense te virtel hoe lat hille land genote in lewens
gevaar virkeer. vir twee iere lank virtel ons poelieste vir die nies mense
hoelat sake virloop. en toe kom die kommissaris van die poelieste en sê
virrie nies mense apie kyk vir pienats want dis net 'n oefening wat hille
hou.

my pa sê ons rippebliek begint nou na piesangs ryk en hy wonner wat gewese
waarnemende prissedent stief sweetnie wat minster van misdaad en onsekerheid
is gaan sê. oom hansie vannie pênnelbieters sê oom stief gaan 'n brief skryf
vir die nies mense en sê dis hille wat allie moeilikhyt gemaak het want
hille virlang trig na daai keer toe syd afrika sy enigste vliegtyg kaping
gehad het.

die soeper twaalf rakbie het ok begin antie ma' my pa is nog meer die moer
in daaroor as oor die kapper wag 'n bietjies. eers dog ek die wêreld het
virgaan en laaik nie meer rakbie nie ma' toe issit oorlat ons spelers mekaar
wil vermoer oppie veld antie. my pa sê hy warrie nie lat japie mulder vir de
wet berrie se kakebeen afgetêkkel het nie want doktirs moet ok lewe. wat hy
nie laaik nie is hoelat tinus delport nieweland probeer omspit het met
brytentjie poulse. my pa sê tinus moet eerder 'n ytheemse wag 'n bietjie
soos jouna loumoe afkap as hy wil wys hoe taf hy is.

koebaai antie (moenie alles glo wat innie koerante en op tiewie oor ons gesê
word nie)

hennerietjie

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Gatkrap & Skuldiges (deel 1)

Wo., 28 Februarie 2001 11:13

1. Verkeerslig sinkronisasie wat nie werk nie
Stadsraad van Pretoria

2. Voetgangers wat loop al is die mannetjie rooi
Meestal swartes

3. Anargie situasie in Pretoria
Onwettige swartes in SA

4. Motor Kapings
Sipho wat ook 'n BMW wil hê

5. Korrupsie
ANC

6. Politiek in Rugby
Sipho wil ook speel al kan hy nie

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Archives: February 27, 1901

Wo., 28 Februarie 2001 07:02

En toe had Cronje se halsstarrigheid veroorsaak dat hy met 4000 man moes
oorgee. Hy wou nie van die ontsnaproete wat De Wet vir hom en sy manne
oopgehou het gebruik nie, weens sy hardkoppigheid.
Gister se Burger had net so 'n kort verwysing daarna.

Thys oppie vrek warm 'Bos
skryf in boodskap news:3A9BFD75.1BEEA83@home.com...
> Richard wrote:
>
>> Hoekom is jou pos nie in Afrikaans nie?
>>
>> skryf in boodskap news:3A9BC598.3F29FA5A@home.com...
>>> On February 27, 1901 the Globe and Mail reported
>>> that British general Lord Kitchener was preparing
>>> to demolish Boer forces under either General Botha
>>> or De Wet, if not both, on Majuba Day.
>>
>
> Omdat dit gekruispos is met die Engelse nuusgroep.En omdat dit 'n
> aanhaling is uit ons lokale Kanadese
> koerant.
>
> Tant Hessie en haar witperd
>

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Verskoon die Ingils

Wo., 28 Februarie 2001 06:40

Subject: FW: Serious Police Warning
(Plse note Mr.A...H...."Reisiger")

Check out the latest fun 'n games we are having here in SA.......

I hope you are still being observant about everything around you.
Two new methods of hijacking are being used, which I would like to
bring
to your attention, so that you can be proactive in your everyday
life.

1. Women are being pushed into the boot of their cars when depositing
the shopping bags at shopping centre car parks, then taken hostage,
usually gang raped. Please walk around your car first before
approaching it, keeping a lookout all the time. Do not lean halfway
into the boot, as you are making yourself an ideal unsuspecting
target.

There is a clip in the felt lining of your boot in the vicinity of the
tail light.
PLEASE unclip it today, because if you are ever a victim of this
method, you
have immediate access to the tail light, which you should break, and
stick
your hand out of the hole, to attract the attention of other motorists.
Leave
your wheel spanner lying loose in the boot for this purpose. Please
also
inform and teach your children to do this.

2. Motorists drive over bricks and rocks which puncture their tyres,
especially in the vicinity of the Buccleuch area. If you feel your
vehicle hitting an object, PLEASE continue driving, as they wait
until you have stopped, and rob and kill people. Please continue
driving for at least 1 kilometer, get out and get away as soon as you
can.

Your car's rims can be replaced, but not your life. They certainly will
not want to change the tyre(s) for you.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Re: Translation - Efficeint - Vraag vir "dg"

Wo., 28 Februarie 2001 03:59

Ja swaer dis 'n probleem (Goliath en die Ingels), ek kyk ook maar rond want
hierdie outjie is stadig en en dink ook nie baie volledig nie.
Geen raad nie maar sal laat weet as ek iets beter kry.

"Danielle" skryf in boodskap news:7qlo9t0ngk0r24f1dba61vnaa7n4idvj60@4ax.com...
On Tue, 27 Feb 2001 13:16:13 -0600, "dg" wrote:

> You need to speak English very efficient

Engels is nie jou eerste taal nie, ne?

"dg" die rede hoekom ek hier antwoord, is omdat ek sien dat jy ook van
Newsfeeds gebruik maak, en dat jy die Goliath server gebruik. Kry jy
al die boodskappe? My werkgewer verskaf nuusgroepe via
"Hotgroups.com" via Newsfeeds.
Mens kan nou nie juis 'n gegewe perd in die bek kyk nie, maar ek vind
die Goliath bediener geweldig onvolledig en "stadig". Wat is jou
algemene indruk van Newsfeeds? Party van die ouens hier rond gebruik
ook Newscene, maar ek sien dat hulle 'n 48K cap het op hulle servers.
:-( Ek soek 'n ordentlike nuusverskaffer wat nie cap nie, en vinniger
en meer volledig as my huidige Newsfeeds is - enige raad?

Language Help/ Taalhulp/ Sprachhilfe | 0 kommentare

Re: kaas

Ma., 26 Februarie 2001 20:29

skryf in boodskap news:3A9585AE.589C7022@home.com...

> Maar miskien het hulle hulself 'n guns gedoen? Is bok-
> melk makliker om te verteer as koeimelk?
>
> Nog 'n vraag. My man weier om enigiets anders in
> die lyn van kaas as "extra old" te eet. Ek verbeel my dat
> ek op een of ander stadium gelees het dat dit negatiewe
> effekte kan hê. Droom ek net?

Melk van enige spesie is maklik verteerbaar (dis hoekom babas dit geredelik
kan inneem) en mense wat 'n suiwelallergie het, is waarskynlik
allergies vir een of ander vreemde proteien (waarskynlik 'n
immunoglobulien) waaraan die persoon te vroeg te skielik blootstelling gehad
het.

Mens behoort te onderskei tussen 'n voedselallergie (verhoogde IgE
vlakke in die bloed) en voedselintoleransie.

Daar is sommiges wat voel dat dit onnatuurlik vir volwassenes is om melk te
drink. Die mens is waarskynlik die enigste spesie waar die gebruik om melk,
al is dit nou ook al die van ander spesies, dwarsdeur die natuurlike lewe in
te neem, wyd voorkom (alhoewel ek moet noem dat ek al 'n koei gesien het wat
haarself gereeld aan beide kante kon leegsuip :) ;)). Indien mens vir 'n
taamlike tyd nie melk gedrink het nie, verloor jy die ensiem om laktose na
melksuur
om te skakel. Hierdie laktose-intoleransie kom baie wyd voor (70 persent van
volwassenes wêreldwyd) en meer dikwels by nie-Kaukasie'rs. Genetiese redes
word soms genoem maar die oorsaak is waarskynlik eerder die gevolg van die
gebruik van volwassenes om die melk te laat suur word vir preservering.
Gevolglik word die kinders saam met hulle nie aan laktose in sy natuurlike
vorm blootgestel nie, en verloor hulle ook mettertyd die vermoë om laktose
in melk te verteer. Wanneer laktose-intolerante persone natuurlike melk
inneem, vorm
die oormatige bakteriele groei in sulke persone waterstofgas in die
spysverteringskanaal en die persone mag diarree in verskillende grade
ontwikkel. Een van die toetse van laktose-intoleransie is juis om die
waterstofinhoud van uitgeasemde lug te
meet so 'n wyle na 'n laktoselading. Honde ly ook dikwels aan 'n
laktose-intoleransie wat op dieselfde manier verwerf word.

Oor kaas weet ek maar min en dis beter om die hulp van die Nederlanders in
te roep.

Sover ek verstaan , word meer laktose in die stremsel gelaat tydens die
vervaardiging van die 'soeter' kase, bv Soetmelk en Gouda, as die kase wat
vir rypmaak bestem is. Daarna word melksuurbakteriekulture bygevoeg vir
smaakontwikkelling en die meeste van hierdie bakterieë sit 'n gedeelte van
die laktose in melksuur om. In die 'soeter' kase word boonop proporsioneel
minder van die laktose in melksuur omgesit as in die kase bestem vir
swaarder geurontwikkelling. Indien met te hoë laktoseinhoud begin sou word
by die 'swaarder' kase, kry daardie kase, bv. Cheddar, lateraan 'n suurder
smaak wat ongewens is. In die soeter kase kan daar soveel as tot 0.5%
laktose wees terwyl Cheddars en ander ryper kase met minder as 0.1% laktose
eindig. Die kase met 'n hoë laktoseinhoud akkordeer dikwels nie goed met
mense wat laktose intolerant is nie. Daarenteen kan hulle maklik swaarder
kase, bv. Cheddar, waar die meeste van die (relatief min) laktose na
melksuur omgebou is, inneem. Hoe langer die veroudering, hoe minder laktose
bly agter in die kaas.

Daar is ook nog ander veranderings wat met veroudering plaasvind, bv.
fermentering van sekere aminosuurverbindings, verlaagde wateraktiwiteit en
dus ook minder mikroorganismes, maar 'n fisiese probleem (kaas akkordeer
nie) sou hoogs waarskynlik te wyte kon wees aan 'n mate van
laktose-intoleransie.

Miskien hou hy doodeenvouding meer van die smaak van die verouderde kaas :).
Die voorkoms van laktose-intoleransie word dikwels oorskat. Indien 'n
persoon genoeg melk kan inneem om in die daaglikse behoeftes (bv kalsium) te
voorsien sonder enige waargenome nagevolge, het die persoon waarskynlik nie
'n
laktose-intoleransieprobleem nie. Enigeen wat melk in oormaat inneem gaan
een of ander tyd 'n mate van laktose-intoleransie ondervind.

Hans

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Wij zijn, van Toon Hermans

Ma., 26 Februarie 2001 17:52

Ek het gedink, ek gaan plaats 'n gedig op hierdie NG. Ek het lank gesoek en
het besluit 'n gedig van Toon Hermans te plaats.

Wij zijn

wij zijn niet
wat wij zijn
in onze lijven
'n kampioen, 'n vorst, 'n lellebel
maar wat het lijf bezielt
en niemand kan beschrijven
is wat het oog niet ziet
dát zijn wij wel

uit: Liggen in het gras, (1978)

'n groot cabaretier was Toon Hermans en nog veel meer.
Een begrip in Nederland.
Hij schreef ook veel, simpel, maar toch wel mooie gedichten.

http://geocities.com/Athens/Ithaca/2249/hermanstoon.html

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Wanneer 'n held sterf...

Ma., 26 Februarie 2001 10:17

Soos iemand eendag iewers gese het: niemand kom lewendig uit hierdie lewe
nie. Maar wanneer 'n held soos Sir Donald Bradman (the Don) sterf, selfs op
die ouderdom van 92, is almal steeds geskok en half ongelowig. Australie
treur vandag, en eer die Beste Krieketspeler (hoewel Sir Don self dit sou
betwis) van sy tyd, met 'n kolfgemiddelde van 99.94. Sir Don self sou
sekerlik nie al die publisiteit verwelkom het nie - een van die nederigste
en intens-private burgers van die land.

Rus in vrede, Sir Don

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Ek roep Tertius Bouwer

Ma., 26 Februarie 2001 04:10

Tertius, jou email adres werk nie.
Gee vir my jou tel nr asb.
Dankie
Roland Koch
(SpyCam)

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Bladsye (1835): [ «    959  960  961  962  963  964  965  966  967  968  969  970  971  972  973  974    »]
Tyd nou: Di. Mei 05 12:03:02 UTC 2026