Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: Yengeni's 4x4: the plot thickens

So., 01 April 2001 16:26

Ek gaan jou nou 'n weddenskap aan - niks (NIKS) sal met Yengeni gebeur nie.
Hy weet waarskynlik op sy beurt weer meer van die ander klomp
ANC/SAKP/COSATU's-lede se vergrypinge. (Die manne wat so hard teen die
booshede van apartheid baklei het.)

"albert" skryf in boodskap news:3AC73C7B.7B8D12C4@hotmail.com...
> Now the wife of Tony Yengeni, chief whip of the ANC, Lumka Yengeni is
> also driving in a Mercedes Menz purchased as a "staff car" by Daimler
> Chrysler Aerospace South Africa....
> Read about it at
> http://www.oocities.org/southafrica2000/parliam.htm#yengeni
>

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Toekoms Advies vir: Meer effektiewe geestelike interpretasie Inisiatief

Sa., 31 Maart 2001 21:21

Wil graag die Regering van ons Paradys, en elders op die Planeet, insluitend
Individue, Organisasies, en Regerings, wat deel neem aan die Afrika Renaissance,
en veral die ANC gelukwens vir die super sukses wat bereik is sover, asook vir
die toekoms. Veral vir die volgende: Deursettingsvermoë en vasberadenheid. Die
menige inisiatiewe geneem deur President Thabo Mbeki, Staatsdepartemente en die
Private Sektor, ten bate van miv+/vigs navorsing in ons Paradys, en elders op
die Planeet. Holistiese benadering vir die rol van die immuun stelsel, aangaande
'n geneesmiddel vir miv+/vigs. Miv+/vigs advertensie veldtog. Verskaffing van
miv+/vigs medisyne. Algemeen beskou as die beste benadering om miv+/vigs te
bestry, soos hierbo vermeld. Vryheid van godsdiens en geestelike uitdrukking.
Insluitend die menige bydraes wat gelewer word aan die Afrika en Suid Afrika
Renaissance. En om die Regering van ons Paradys, en elders op die Planeet, te
ondersteun om hulle doelwitte te bereik. Vir die Persone van ons Paradys, die
Afrika Kontinent, en elders op die Planeet. En nog baie meer. By voorbaat baie
dankie. Dit word inniglik waardeer.

Wil ook graag Geestelike leiers in ons Paradys, en elders op die Planeet, asook
ondersteunende Organisasies, gelukwens vir die super sukses wat bereik is sover,
asook vir die toekoms. Veral vir die volgende: Deursettingsvermoë en
vasberadenheid. Lewering en ondersteuning van geestelike en godsdienstige
raadgewing en dienste. Nauurse ondersteuning. Gemeenskap ondersteuning en
dienste. Ekonomiese en sosiale bydraes en inisiatiewe, veral om miv+/vigs te
bestry. Insluitend die menige bydraes wat gelewer word aan die Afrika en Suid
Afrika Renaissance. En om die Regering van ons Paradys, en elders op die
Planeet, te ondersteun om hulle doelwitte te bereik. Vir die Persone van ons
Paradys, die Afrika Kontinent, en elders op die Planeet. En nog baie meer. By
voorbaat baie dankie. Dit word inniglik waardeer.

'n Saak wat na aan die hart raak, is om die vrede en voorspoed van die Persone
van ons Paradys, en elders op die Planeet, asemrowend te verhoog.

Behou geloof, hoop en liefde. Onthou die oomblik het aangebreek om eksponensieel
ondersteuning te verkry. Verstaan enige advies hier word gegee in die gees van
Vryheid van Keuse. Enige persoon het die reg om dit te gebruik net soos dit is,
en / of te verander na vrye wil.

Wil graag voorstel om ontmoetings te verhoog met Geestelike en Godsdienstige
leiers, oor verskeie geestelike dissiplines en gelowe. Asook kenners van die
oorspronklike tale waarin tekste geskrywe is, bv. Hebreeus, Aramees, Grieks,
ens. Om 'n meer effektiewe interpretasie aangaande grammatiese interpretasie,
numerologiese waardes van tekste in die Christelike Bybel, en algemeen aanvaarde
geloof te verhoog. Asook om verhoog te word met aanhoudende en verwagte
wetenskaplike uitvindsels. En/of die voorspelling daarvan. Om meer effektiewe
verstaanbaarheid van geestelike tekste te verhoog.

Navorsing kan ook verhoog word in die biblioteek in die Vatikaanstad, en
biblioteke elders op die Planeet. Om navorsing te verhoog, waar nodig, aangaande
die meer korrekte interpretasie van tekste en ondersteunende tekste van gelowe.
Om die bewyse van stellings gemaak te verhoog. Ten voordeel van alle betrokke
partye.

Hoogstens aangeraai, om die grammatiese tekste, asook die numerologiese waarde
interpretasie van verwante tekste in die Christelike Bybel, aangaande die massa
opneem van geselekteerde individue na die hemel op 'n spesifieke datum, en die
rede daarvoor. Asook, om die verhoging van die inwinning van inligting te
verhoog indien so 'n gebeurtenis in die verlede alreeds plaasgevind het. Asook
as die moontlikheid van so 'n gebeurtenis om in die toekoms te gebeur, indien
wel. Toelatings kan ook verhoog word vir die Heilige Wil. Om regverdiging van
argumente te verhoog aangaande hierdie gebeurtenis om ooit te gebeur, indien
wel.

Navorsing kan ook verhoog word aangaande die profetiese interpretasie van bg.
Asook om die "Indien wel" scenario vraag om verhoog te word om bedoel te wees te
verwys na die tydelike verplasing van persone deur die lug na 'n ander
bestemming, bv. d.m.v. 'n vliegtuig. Om meer effektiewe verstaanbaarheid te
verhoog aangaande Bybelse waarhede, indien enigsins moontlik. Ten voordeel van
alle betrokke partye.

Waar van toepassing, ondersteuning kan ook verhoog aangaande die bewering - "ek
glo aan beide". Om meer standvastigheid en sterkte van geloof te verhoog in
verskeie gebiede. Ten voordeel van alle betrokke partye.

Hoogstens aangeraai, om studie en interpretasie van gebiede waar nodig te
verhoog aangaande die daaglikse toepassing van 1 Korintiërs 12. Om meer
effektiewe verstaanbaarheid te verhoog aangaande die geestelike arena. Ten
voordeel van alle betrokke partye.

Ondersteuning kan ook verhoog word aangaande die studie van grammatiese tekste -
in die oorspronklike taal, asook die numerologiese waarde daarvan, waar van
toepassing. Die gereelde ondersteuning van studie groepe word ook hoogstens
aangeraai. Om meer effektiewe geestelike interpretasie te verhoog, waar nodig.
Ten voordeel van alle betrokke partye.

Ontmoetings kan ook verhoog word met kenners van ander godsdienste in ons
Paradys, en elders op die Planeet. Om wedersydse ondersteuning te verhoog
aangaande navorsing, asook meer effektiewe interpretasie van geestelike
geskrifte. Ten voordeel van alle betrokke partye.

Debatte kan ook verhoog word in die Media aangaande geestelike onderwerpe. Asook
om die uitnodigings aan navorsers te verhoog aangaande die publikasie van bewyse
van grammatiese en numerologiese waarde berekeninge. Om die meer effektiewe
vorming van opinies te verhoog. Ten voordeel van alle betrokke partye.

Hierdie bydrae kan dien as die geskenk van die Millennium van die ANC, President
Mbeki, asook die Regering van ons Paradys, aan die Regerings en Persone elders
op die Planeet, waar benodig. Om vriendskappe te verhoog tussen on Paradys en
elders op die Planeet.

Dit kan President Thabo Mbeki geweldig ondersteun. Veral wanneer President Mbeki
die Suid Afrika, en veral die Afrika Renaissance 'n kwantum sprong vorentoe
neem, omtrent Junie 2000 en/of net daarna. President Mbeki kan suksesse behaal
in die Suid Afrika Renaissance herhaal vir menige Lande wat aan die Afrika
Renaissance deelneem. En dit die sukses maak wat dit verdien om te wees. 'n
Ekonomiese bloei tydperk kan verwag word. Nadat gereedheid bereik is in die
verband deur die aanwys van 'n groen lig te lewer, soos aangevra. Ten voordeel
van alle betrokke partye.

Kyk na die asemrowende resultate - bo alle verwagtinge:
Meer effektiewe interpretering van oorspronklike tekste kan asemrowend verhoog
word.
Meer effektiewe geestelike lesings kan asemrowend verhoog word.
Groter verstaanbaarheid aangaande geestelike onderwerpe kan asemrowend verhoog
word.
Meer ondersteunende verhoudinge kan asemrowend verhoog word.

Ekonomieë, en potensiële ekonomieë kan asemrowend verhoog word.
Vrede en voorspoed kan asemrowend verhoog word.
Gemeenskaplike belange kan alle partye geweldig bevoordeel.
Die Afrika en Suid Afrika Renaissance kan 'n kwantum sprong vorentoe neem.
Die Planetêre Renaissance kan 'n kwantum sprong vorentoe neem.
En 'n beter lewe kan vir almal geskep word.

Kommentaar:
Verstaan die reisiger is New Age. En beskou die korrekte interpretasie van die
massa opneming om die tydelike verplasing van persone deur die lug te wees,
d.m.v. 'n vliegtuig.

Eendrag maak mag. Persone wat mekaar ondersteun, oorleef saam in 'n beter
wêreld. Hierdie is die poging om 'n pad te skep na die 22e Eeu d.m.v. grootheid,
goedheid en grasie. Love all Serve all.

Hoop dit help. Saam vir 'n beter toekoms. Een vir almal en Almal vir een. Word
'n magiese Persoon en help om 'n Paradys en Planeet te skep waar almal gelukkig
is en bevry is van pyn en leiding.

Presteer Voluit om die Verstand, Vlees en Voorspoed van die Persone van ons
Paradys, en elders op die Planeet, met Prag en Praal, Passie, asook Profytvol
Vorentoe, sodat hulle na hulle Prys, hulle Piek, kan Peil.

Ns. Indien enige sissende slange aan enigiemand hier geuiter word, is dit a.g.v.
'n blinke kol in die logika, wat reggestel sal word wanneer dit raakgesien is.
Apologie word nou al aangeteken daarvoor. Vergewe asb.

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Elize Botha

Vr., 30 Maart 2001 20:51

hoor dat die kanselier van die Univ. van Skelmbos, Professor
Elize Botha, toe die gesogte ATKV pryse gewen het ..... wonner
wat se negatiewe (uit jaloesie) dinge gaan 'n seker persoon op
die ng., daaroor te sê hê ... ag, ek sal dit nie te lees kry nie
want ek kan nie haar postings 'ontvang' nie.....

--

Koeitjies & kalfies | 16 kommentare

Soek Huis planne

Vr., 30 Maart 2001 04:59

Ek het onlans vir my 'n erf aangeskaf in Woodlands in PTA
www.lifestyle-estate.co.za . Die boustyl word vooraf gespesifiseer en ek
soek na links na sites waar ek voorbeelde van die spesifieke styl (American
southwest coast) kan kry.

Pieter

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Dit!!!!

Vr., 30 Maart 2001 04:52

Ons het hier gespreek oor blou, maar hier is 'n betoog oor DIT.
Ook uit die Burger/

Gr. Rico

26/02/2001 19:14 - (SA)

'Dit' skuil agter vele vermommings
Fritz Ponelis

Die voornaamwoord dit wat in die volgende sinne gebruik word, is algemeen
gebruiklik en baie bekend: dit hinder hulle blykbaar nie; dit is 'n fout;
stel dit liewer anders. Maar dit kruip agter 'n verskeidenheid vermommings
weg.

In sekere verbindings word hier en daar in plaas van dit gebruik: daaraan/
hieraan gewoond wees; daarvan/hiervan hou; daarop/hierop reken;
daarteen/hierteen besluit; daarvoor/hiervoor stem. Dié daar en hier is in
betekenis en gebruik gelyk aan dit. Hulle is dus voornaamwoorde, hoewel
hulle soos die ruimtelike bywoorde daar en hier lyk. Die ruimtelike bywoorde
(of bywoorde van plek) word gebruik in sinne soos: Hulle staan hier; Sit dit
asseblief daar neer.

In die spreektaal is daar 'n sterk neiging aan die opkom om dit in plaas van
hier en daar in die pas genoemde verbindings te gebruik; dus bv.: van dit
hou (in plaas van daarvan hou), op dit reken, vir dit stem. Dit is asof die
spreektaal die vermomming van dit afhaal.

Dié daar en hier met die waarde van dit is iets wat die Germaanse tale in
die geheel van hul susters in die Indo-Europese taalfamilie, soos Frans of
Russies, onderskei. Afrikaans het dus iets behou van dié tipies Germaanse
verskynsel wat al duisende jare oud is.

Daar met die waarde van dit word ook aangetref in die woord "daarenteen",
wat letterlik "teen dit" beteken. Verder tref ons 'n soortgelyke daar aan
in: daar word gesê/aangevoer/vertel/ vermoed dat . . . In dié geval bestaan
daar ook 'n neiging om die daar deur dit te vervang: dit word gesê dat . .
., ens.

'n Tweede verskyningsvorm van dit is dien: met dien verstande, te dien
einde, dienaangaande, dienooreenkomstig, sedertdien, dientengevolge,
bowendien, buitendien. Dit kom ook hier na vore in parafrases soos:
aangaande dit, sedert dit. Soos des is dien 'n argaïese deftige vorm wat op
pad is om uit te sterf. In gewone taal is dit van die hele reeks met dien
net "sedertdien, bowendien, buitendien" wat nog gebruiklik is.

'n Vorm verwant aan dien word aangetref in die idioom: Wiens brood men eet,
diens woord men spreek. Dié spreekwoord is een stuk argaïese Nederlands wat,
interessant genoeg, as 'n lewende idioom in Afrikaans gebruik word. Die
diens van "diens woord" is "dié se"; dus: dié se woord. Met die Nederlands
is daar 'n enkele kinkeltjie, nl. die vorm "spreek". In korrekte Nederlands
is dit natuurlik "spreekt", maar in die Afrikaanse spreektaal het ons van
die "t" aan die einde ontslae geraak.

Nog 'n gedaante waarin dit hom voordoen, is des, in 'n klompie formele en
selfs deftige vorme: desnieteenstaande, desnietemin, desondanks,
desbetreffend, desverkiesend, desgewens, desbevoeg, desgelyks, desgevraag,
deskundig.

Parafrases van dié vorme bring aan die lig dat des deur dit vervang kan
word: desnieteenstaande = nieteenstaande dit, desondanks = ondanks dit,
desbetreffend = wat dit betref, deskundig = kundig wat dit betref. Des is
hier 'n ou naamvalsvorm van die element waaruit Afrikaans se dit ontstaan
het.

Taalhistories is daar duidelike verskil tussen des in die gevalle bo en die
des wat in die volgende uitdrukkings gebruik word: steen des aanstoots,
sonder aansiens der persoons, kind des doods, kwelling des geestes, in my
dag des lewens, desnoods. Die des van bv. "steen des aanstoots" is 'n vorm
van die lidwoord "die" wat nes die des van bv. "desnietemin" stokoud is en
tot 'n handjievol vaste uitdrukkings besperk is.

Die des- van die volgende woorde is weer heeltemal iets anders: deshonoreer,
desillusie, desinfekteer, desintegreer, desorganiseer, desoriënteer. Dié
des- is 'n voorvoegsel wat nog in ouer Afrikaanse woordeboeke voorkom, maar
vandag glad nie meer gebruik word nie.

Teenswoordig gebruik ons dis- in plaas van des- in dié gevalle: dishonoreer,
disillusie, disorganiseer, ens.

Al die ou min of meer lewende ekwivalente van dit laat blyk dat 'n taal ou
vorme nie sommerso op die ashoop laat lê nie, maar altyd nissies het waarin
sulke ou veterane 'n kansie kry om iets te doen, al is die takie ook hoe
beperk. So klink die verste verlede in die taal deur wat ons elke dag
gebruik.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Engelse invloed op Afrikaans

Vr., 30 Maart 2001 04:45

Ook dit het ek gelees in Die Burger.

Gr. Rico

12/03/2001 23:02 - (SA)

Engels se invloed nie net woordjie hier en daar
Fritz Ponelis

Die invloed van Engels op Afrikaans is nie 'n kwessie van 'n woordjie hier
en 'n Anglisisme daar nie. Dit is 'n baie omvattende verskynsel wat spruit
uit die tweetaligheid van Afrikaanssprekendes, uitloop op taalvermenging en
alle vlakke van die Afrikaanse taal raak.

Die meeste Afrikaanssprekendes is tweetalig: Hulle is naas Afrikaans ook
Engels op die een of manier magtig. "Tweetaligheid" moet hier in 'n heel
tegniese sin verstaan word as die vermoë om 'n tweede taal op die een of
ander wyse te hanteer. In die omgang word na mense as tweetalig verwys
wanneer hulle byvoorbeeld Engels baie goed of selfs perfek beheers.
"Tweetalig" beteken hier dus eintlik "vlot tweetalig". Maar tegnies word
onderskei tussen tweetaligheid, die omvattende of algemene verskynsel, en
dubbeltaligheid, wat neerkom op maksimale of vlot tweetaligheid.

Om as tweetalig deur te gaan hoef 'n Afrikaanssprekende dus geensins oor
volmaakte Engelse kundigheid te beskik nie. Jy hoef nie eers Engels te kan
praat nie. In tegniese sin is jy tweetalig wanneer jy Engels net passief of
reseptief beheers, dus wanneer jy na Engels luister, byvoorbeeld op die
radio of TV, of Engels lees.

Dit lê voor die hand dat selfs minimale kennis van Engels groot waarde het,
want deur die ander taal word die wêreld van daardie taal ontsluit. Daar is
ook koste aan verbonde, omdat die ander taal, soos Engels, terreine by die
moedertaal begin afneem. Kortom, Afrikaans raak afhanklik van Engels.

Taalvermenging

Die mate van Engelse invloed op Afrikaans is so hoog dat dit uitloop op
taalvermenging. Die Afrikaanse omgangstaal, van die Kaap tot aan die
Limpopo, is 'n mengeltaal. Die Afrikaanse omgangstaal bevat naas derduisende
Engelse woorde en uitdrukkings groot aaneenlopende brokke Engels. Dié
geweldige mate van Engelse invloed maak die verskil tussen die omgangstaal
en die meer versorgde taalgebruik des te groter.

Engelse invloed het 'n uitwerking op alle vlakke van die Afrikaanse taal:
die ortografie, uitspraak, woordeskat en grammatika. Onder Engelse invloed
word die neiging versterk om samestellings los te skryf, bv. "onderdak
parkering" instede van "onderdakparkering", "rente opbrengs" instede van
"rente-opbrengs". Wat die uitspraak betref, het Engelse invloed byvoorbeeld
die gewoonte laat inslaan om die "r" aan die woordeinde weg te laat, soos in
"klaa', hie', wee' ".

Onder die magdom Engelse woorde wat oorgeneem word, is van die gewoonstes:
anyway, boring, charming, cherry, either, four by four, hosepipe, mushrooms,
obviously, prawn, sole, struggle, stunning, stupid, trust, ens. Wanneer
sulke woorde hul opwagting in nuwe woordeboeke begin maak, is baie mense
geskok. Feit is dat hulle nou al dekades lank deur Afrikaanssprekendes
gebruik word wat hulle gewone Afrikaanse ekwivalente glad nie eers meer ken
nie.

Verreweg die belangrikste vlak waarop Engelse invloed uitgeoefen word, is
die betekenis. Afrikaanssprekendes bekyk die wêreld deur die konseptuele
bril van Engels. Hulle beleef 'n wêreld wat in Engels bestaan.

Dit is toe te skryf aan die vergaande akkulturasie, die uitwerking van die
Engelse omwenteling op die Afrikaanse taalgemeenskap, waaroor dit reeds
vroeër gegaan het.

Neologismes

In die nuwe wêreld en die nuwe Suid-Afrika is Engels die taal waarin die
sosiale orde bedink en bekend gestel word. Vandaar dan dat 'n stortvloed
Engelse neologismes op Afrikaanssprekendes afkom: affirmative action,
capacity building, civil society, constituency, downsizing, equity, gender,
globalisation, global village, pro-life, stakeholder, sustainability,
transparency. Van dié nuutskeppings het reeds gepaste Afrikaanse
ekwivalente: regstellende aksie, burgerlike samelewing, afskaling,
billikheid, pro-lewe en volhoubaarheid, maar baie ander het dit nie.

Die voorkoms van vertaalde en onvertaalde Engelse idiome laat eweneens die
uitwerking van Engelse konseptualisering blyk: A sucker is born every
minute, Suffer in silence, Beggars can't be choosers; Bloed is dikker as
water, jou eie beuel blaas, van die grond af kom, die groen lig kry.

'n Laaste en uiters belangrike aspek van Engels se impak op die betekenis
het te doen met gevoelswaarde. Engels, hoe meer hoe beter, het die
belangrikste middel geword om informaliteit in Afrikaans uit te druk. Mense
verkies Engelse woorde soos die volgende om hul informaliteit, nie omdat
hulle beter seggingskrag as die gewone Afrikaanse teenhangers het nie:
boring, striking, worry, difficult, suffer, T-shirt, diet, ens.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

toekoms van Afrikaans in SA.

Vr., 30 Maart 2001 04:34

Ek het dit gelees in Die Burger.

Gr. Rico

26/03/2001 20:34 - (SA)

Wil van sprekers bepaal hoe lewenskragtig hul taal is
Fritz Ponelis

'n Vooraanstaande Amerikaanse taalkundige het in 1990 op 'n vakkongres
opgemerk dat dit teen 2000 oor en uit gaan wees met Afrikaans. Die nuwe
millennium het intussen gekom, en Afrikaans het staande gebly.

Dit is vir taalkundiges riskant om hulle oor die toekoms van tale uit te
laat. Die beste wat hulle kan doen, is om verskynsels te bestudeer wat met
die lewenskragtigheid van tale te doen het. Dan gaan dit nie regstreeks oor
die onseker en duister toekoms nie.

Die lewenskragtigheid van 'n taal het in die eerste plek te doen met die
aantal gebruikers daarvan. Dit kan sowel moedertaal- as
niemoedertaalgebruikers wees.

Onder die sowat 6 000 tale wat vandag in die wêreld voorkom, is daar maar
ongeveer 600 wat meer as honderdduisend moedertaalgebruikers het en om en by
200 wat 'n miljoen of meer moedertaalgebruikers het. Die oorgrote
meerderheid van die tale in die wêreld word deur klein taalgemeenskappies
gebruik. Afrikaans met sy ses miljoen moedertaalgebruikers staan hoog aan
die "veilige" kant van dié lys.

Niemoedertaalgebruikers kan 'n aansienlike getalsbydrae lewer. Die magtige
Engelse moedertaalgemeenskap van 350 miljoen word aangevul deur twee keer
soveel niemoedertaalgebruikers. Dit is veral aan groot getalle
niemoedertaalgebruikers dat die Afrikataal Swahili het sy prominensie te
danke het.

Amptelike erkenning kan ook baie vir 'n taal beteken, maar dis 'n uiters
skaars hulpbron. Vir die wêreld se 6 000 tale is daar minder as 200
soewereine state waarin amptelikheid aan tale toegewys kan word. In sekere
state is daar so geweldig baie tale dat amptelikheid, hoe dunnetjies dit ook
al gesmeer word, nie by al die tale kan uitkom nie. In Papoea-Nieu-Guinee is
daar byvoorbeeld 850 verskillende tale, in Nigerië 410 en in Zaïre 210.
Suid-Afrika met sy elf amptelike tale is dus glad nie so sleg daaraan toe
nie.

Die potjievol amptelikheid word verminder deurdat die grootste deel daarvan
aan net 'n paar tale toekom, waaronder Engels, Frans, Arabies en Portugees.
Engels is byvoorbeeld amptelike taal in 45 van die erkende state en Frans in
30.

Afrikaans het nou vergeleke met Engels heelwat minder amptelike status as in
die vorige bedeling. Nietemin, die blote feit dat Afrikaans amptelike taal
is, maak daarvan een van net 'n handjievol in die wêreld.

Die amptelikheid van 'n taal is eintlik 'n onderdeel van die
kultuurtaalstatus van so 'n taal. Dit het te doen met die graad van
standaardisering van die betrokke taal, die gebruik daarvan in die media,
die literatuur, die reg, die onderwys, die godsdiens, die wetenskap en die
tegnologie; kortom oor die hele openbare spektrum. Weer eens rys daar vrae,
maar niemand sal ontken dat Afrikaans 'n goed ontwikkelde kultuurtaal is wat
aan sy gebruikers baie moontlikhede bied nie.

'n Uiters belangrike faktor wat die lewenskragtigheid van Afrikaans betref,
is die aanraking met Engels. Afrikaans kompeteer nie sommer met enige
hierjyse taal nie, maar met die grootste, sterkste en invloedrykste taal wat
daar nog was. Weens die uitgebreide en ingrypende Engelse akkulturasie wat
Afrikaanssprekendes die afgelope twee eeue ondergaan het, ervaar hulle
Engels ook as vriendelike, omarmende taal. Afrikaans bevind hom, soos een
taalkundige dit pittig uitdruk, in die omhelsing van Engels.

Die massale Engelse invloed kan 'n uitwerking op die lewenskragtigheid van
Afrikaans hê. Die vermenging van Afrikaans kan beteken dat Afrikaans sy
selfstandigheid verloor. Afrikaanssprekendes kan begin vra: Watter sin het
dit om hierdie Engelsbeïnvloede Afrikaans nog naas Engels te behou?

Op die keper beskou is die heel belangrikste faktor in die lewenskragtigheid
van 'n taal die wil van sy sprekers. As die sprekers dit wil, as hulle dit,
ondanks alles, as die moeite werd beskou om die taal te behou, het die taal
'n kans. Hierdie wil is iets totaal anders as 'n houding van: Ag, ek sit
opgesaal met hierdie vergalgste mindere taal wat ek teen wil en dank en hoe
dan ook gebruik.

Die wil van sprekers is toekomsgerig in die sin dat hulle die taal wat hulle
waardig ag aan hul kinders, aan 'n toekomstige generasie, wil oordra. Dit
impliseer die bevordering van daardie taal se openbare gebruik en van die
instellings waarbinne daardie taal gebruik word.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Nuwe webtuiste Buglo.com

Do., 29 Maart 2001 18:37

Soek die wye Web en teken in vir
gratis e-pos by
www.buglo.com

Search the Web and sign up for a free
e-mail address at www.buglo.com

Jan

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Oppikoppi !

Do., 29 Maart 2001 08:41

Die laaste keer dat hulle dit gaan hou op die Koppie.

Wie almal met kultuur sien ek daar?
------------------------------------------------------------ ----------------
-------------------------------------
LOW PRIORITY IF RECEIVED FROM 'ROOFKYKER', BUT DO NOT IGNORE
------------------------------------------------------------ ----------------
-------------------------------------

this email was sent to you by heinrich

email any questions, comments or deaththreats to
kc...@africamail.com

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Looiers

Wo., 28 Maart 2001 09:29

De reclame die ik s' morgens op weg naar het werk op de radio hoor is
altijd weer een bron van genot en ergernis. Sinds kort de kreet:
"Van Doorne: looiers in bisnis". Hoe verzinnen ze het...

Otto

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    950  951  952  953  954  955  956  957  958  959  960  961  962  963  964  965    »]
Tyd nou: Sa. Des. 27 02:48:59 UTC 2025