The opening of season BRAAI of the South African Club in the Netherlands
Is coming up soon.
Read about this www.southafricanclub.nl
As u geinteresseer is in Suid Afrikaanse kerkdienste (in Afrikaans)
gehou deur dominee M. Storm in die ooste van Nederland
kyk 'n bietjie op www.springbok-europe.com
11 good reasons to visit www.springbok-europe.com...
1. Get your free e-mail address your...@springbok-europe.com
2. Send free sms messages to any cellphone in the world
3. Hundreds of links as a spring-board to South Africa
4. Chatbox available
5. Send digital postcards to your friends and relatives
6. Lots of news daily refreshed
7. The perfect link for your rugby/cricket information
8. Links to South African music
9. Access to a growing number of multi media files
10. Lots of south african mp3 files for you to download
11. Free South African nature/wildlife screensaver for you to download!
www.springbok-europe.com AND www.southafricanclub.nl
don't miss it!
Iemand op die nuusgroep het so 'n week of wat gelede iets gesê oor 'n
magiese woord.
Dit het my dadelik laat dink aan 'n woord wat veral hier bo in ons kontrei
absoluut "magic" is en dit is "Kaapse....."
As iemand 'n stalletjie of winkeltjie het waar hy enige iets verkoop en
hy/sy kan sê "kaapse........" dan is hy seker van goeie verkope. Ek sien
altyd die "kaapse druiwe", "kaapse snoek", "kaapse wyn ", "kaapse droë
vrugte" en hulle sal altyd sweer dat dit die lekkerste of beste is.
Ek wonder maar net
pjb
> Ek wonder hoe akkuraat sy is Gloudina. Ek het n vriendin
> wat van Egipte kom, en sy vertel my altyd dat Egipte die hoogste
> geletterdheid in Afrika het. Sy mag natuurlik verkeerd wees.
> Poppie
Gloudina : Maar as Antjie so iets sê, sal sy dit nie sommer so sê nie.
Wouter : Sy glo waarskynlik haar bron in Zimbabwe. En haar bronne kan dalk
lees, maar kan hulle ook tel en persentasies uitwerk? :-)
Maar grappies op 'n stokkie, daar kom wel goeie swart afgestudeerdes uit Zim
se universiteite, ook in die handelwetenskappe.
En het Kuba nie (een van) die hoogste geletterdheidsvlakke in die wêreld
nie? Heelwat hoër as die VSA.
Het iemand dalk ondervinding van kontrak/seisonale werk op plase of in die
konstruksie bedryf in die VSA ? (of weet dalk van iemand wat bereid is om
inligting te verskaf)
'n paar dinge wat ek graag wil weet :
Is dit 'n "scam" ?
Indien nie, is dit die moeite werd ?
Waar in die VSA word gewerk ?
Watse tipe werk word gedoen ?
Watse tipe huisvesting is beskikbaar ?
Is dit raadsaam om 'n gesin saam te neem ?
Is dit 'n langtermyn werksopsie ?
Enige ander inligting van waarde/waarskuwing ?
Was Vrydagaand by 'n optrede van 'n massa jeugkoor. My dogter het
deelgeneem. Een van die items was net deur die Natalse Jeugkoor gesing. Om
die dood kan ek nie op die naam kom nie, maar dit is iets soos "Nagklanke
uit Afrika". Iets ongelooflik om na te luister. Iemand wat al 'n donker
nag in die Afrika wildernis deurgebring het sal verstom wees oor die
klanknabootsing.
Sakkie
Wie se skuld dink julle is gaan die hoër petrolprys wees? Het olie pryse
gestyg? Swak rand waarde? of is dit die regering se skuld? of Is dit dalk
die skuld van apartheid of rasisme?
Ek weet wat dink julle van die feit dat ons binnekort meer as R4 'n liter
gaan betaal? Dit beteken ek sal nou in 'n maand ongeveer R70 meer moet
budget vir petrol en kos se prys sal ook styg. Waar van dink hulle moet 'n
mens leef. Ek sukkel elke maand om kop bo water te hou. Ek kan nie eens meer
'n skaflike sosiale lewe bekostig nie. Dis seker maar ook 'n goeie ding,
want nou word ek gedwing deur die regime om voor die boeke te bly en te leer
in die aand. Ek wonner nou net wanneer die Taxi drywers 'n slag gaan begin
toi-toi oor die petrol of word hulle gesubsidieer van iewers af.
Jy is altyd so baie vinnig, om sake uit die NRC op hierdie NG te plaas.
Veral as die oor SA gaan :-))
Nou het ek vorike week iets gelees, dit was lekker positief, oor Kyknet, 'n
Afrikaans tv station, wat deur baie mense word gesien.
Hulle sê Afrikaans gaan weer die taal van SA word, dit omdat ook baie
Engelse die station bekijk!!
Afrikaans is nie meer die taal van die apartheid nie.
Ook is die groep Afrikaans sprekendes baie groot en ook die groep die dit as
tweede taal he.
Ek is bly te lees, dat Afrikaans nie sal ophou te bestaan nie.
Nog iets, die station het nou kontakte met die Nederlandse tv, om te gaan
saamwerk. Om eie produksies te maak is baie duur en hulle wil dit darem uit
Nederland gaan haal.
Die mense van kyknet sê die Afrikaners is bereid om naar Nederlands te
luister :-))))))
Ek sien dit al Goede Tijden Slechte Tijden in Afrikaans :-)))
dis 'n Nederlandse sepie.
Gr. Rico
Emmy heb jij nog aanvullingen op mijn bericht?????????