Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Patricia (was Kytie Koekblik)

Di., 05 Junie 2001 17:28

Gloudina :
Selfs as mens na Patricia de Lille luister en haar aanvalle op die ANC, dan
sien jy 'n nie-blanke in 'n posisie van mag (as leier van 'n politieke
party - iets wat sy as swart vrou nooit toegelaat was in die ou regime nie),
en jy sien vrye spraak (iets wat in die vorige diktatorskap nooit toegelaat
was nie.)

Wouter:
Ek ken toevallig vir Patricia al baie jare lank en jou stelling is net deels
op haar van toepassing, Gloudina. Patricia was in die ou bedeling in 'n
leiersposisie en ook in 'n magsposisie, sy was 'n vakverbondleier in die
Wes-Kaap.

Daar het sy 'n openlik politieke rol gespeel en alhoewel sy waarskynlik deur
Big Brother dopgehou is, het sy geredelik vrye spraak beoefen. (Ek het haar
dit gehoor doen). Omdat sy in NACTU aktief was en nie in COSATU nie, het sy
nie daarna haar politiek in die ANC bedryf nie, alhoewel sy myns insiens nie
regtig by die PAC inpas nie. Haar persoonlikheid en organisasievermoë het
veroorsaak dat sy ongeveer al is wat van die PAC oor is.

Maar ja, die nuwe bedeling het baie verandering gebring. Totaal vrye spraak
is een van die mees dramatiese veranderings. Partypolitiek vir almal
natuurlik ook.

Koeitjies & kalfies | 13 kommentare

Studeer in USA

Di., 05 Junie 2001 09:22

Ek dink Annette (?) het so 'n rukkie gelede gesê dat daar talle beurse
(scholarships) vir buitelanders in Amerika is. Ek het pas ge-"graduate" met
'n baie hoë GPA en SAT's in North Carolina.

Ek is aanvaar deur Michigan State University - studiegeld en inwoning
$21,000 per jaar. Ek kon na deeglike soek op die internet, SA ambasade,
skoolraadgewers ens. geen instansie vind wat vir nie-permanente inwoners
lenings gee sonder 'n handtekening van 'n Amerikaner nie (ek is hier met 'n
H4 visa - as afhanklike van my pa).

As iemand inligting het oor moontlike beurse/lenings wat beskikbaar is vir
iemand in my posisie, sal ek dit baie waardeer om per e-mail te laat weet
word.

Dankie byvoorbaat

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Re: Reinkarnasie - was Re: Snaakse gevoel.

Ma., 04 Junie 2001 22:56

> Het jy al baie opgelees en gedink oor die saak? Gaan kyk gou na
> hierdie skakel, en laat weet wat jy dink. (As jy wil natuurlik!) :-)
> snip<

Danielle, ek werk nog aan daai teorie van my en ek probeer die kop en die
kloutjie bymekaar bring maar nes ek dink ek het iets beet dan spring die
hele affêre uit rat en dan is ek by "Square One"
Sodra as ek iets het wat lyk of dit sin maak sal ek jou laat weet.
Anyway, dankie vir die 'link' maar ek kan dit ongelukkig nie hier gebruik
nie.
Hierdie PC is geskakel met die wêreld daar buite dmv. 'n LAN sisteem.
Alhoewel ek deur Outlook Express op die nuusgroepe kan ingaan (en ook net
sekeres) het ek nie Internet toegang nie. By die huis wel, maar daar kom ek
selde voor die PC. Maar ek sal die link aanteken en volgende keer bietjie
probeer oplees.
pjb

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Generaal Hondswaai

Ma., 04 Junie 2001 21:08

Generaal Hondswaai is dood, nou wonner ek net is dit werklik a.g.v. malaria
of kan die aids miskien iets daarmee te doen hê. Siende dat Zim se populasie
groei in die volgende paar jaar negatief beïnvloed gaan word.

Fatal Exception

Koeitjies & kalfies | 223 kommentare

Danielle...

Ma., 04 Junie 2001 20:04

Danielle, ek het hardeskyf verloor en geformateer oor die naweek wat
beteken dat jou epos adres verloor het. Gooi net asb. 'n briefie in
die pos diekant toe.

(askies julle ander maar dis al hoe ek dit kan doen!)

DD

Koeitjies & kalfies | 19 kommentare

Opera 5.11 nou in Afrikaans

Ma., 04 Junie 2001 09:03

Leuce:
Na 'n lang vertaalproses is die jongste weergawe van Opera (die webblaaier,
soos Internet Explorer en Netscape Navigator) volledig in Afrikaans
beskikbaar.

ftp://ftp.opera.com/pub/opera/win/afrikaans/ow32afen511.exe

As jy hom egter in Engels afgelaai het, kan jy nog steeds die Afrikaanse
taalmodule aflaai. Jy kan natuurlik ook, as jy nie lekker met die Afrikaans
kan werk nie, dit in Engels laat herbegin (selfs al het jy die "Afrikaanse"
weergawe afgelaai aan die begin).

http://www.opera.com/download/lng/ow511_904af.lng

Die hulplêers is egter steeds in Engels.

As enige iemand wil, kan ons oor die voor- en nadele van Opera gesels.

Rekenaars & selfone | 1 kommentaar

RE 'Snaakse gevoel'

So., 03 Junie 2001 10:45

On Sat, 2 Jun 2001 15:14:52 +0200, pjb...@eskom.co.za wrote:

> Dit het met my ookal gebeur dat ek iewers oppad is waar ek nog nooit tevore
> was nie en skielik weet ek presies hoe en wat ek gaan sien as ek bv. om die
> volgende draai sal gaan ens.

Én às ons nou die woord 'astrale projeksie' hier ingooi, wat sal julle
reaksie wees?

DD

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

vry is kak

Sa., 02 Junie 2001 21:49

vry is lekker meer nie altyd nie vry my

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: NEWS FROM ANNA KOURNAKOVA !!!

Sa., 02 Junie 2001 16:53

Ek het gewonder waarom sy nie tans in die Franse Ope speel nie.
Sy het seker 'n borsverkoue;)))
Annette

sasrrx8...@yahoo.com wrote in message
...
>
> ANNA KOURNAKOVA
>
> NEW Anna Kournikova - Topless!!!
> Brand new Anna topless shot collection,
> these are totally genuine and show just what an
> amazing arse and tits she has!!!!
> Totally exclusive to McCelebs, sneaked papparazzi shot of the tennis super minx sunbathing topless,
> Beutiful tits!! Unbelievable body!!. This one can't be missed Picture
> Watch Anna show her bra and panties during this match Movie
> New in shot of Anna showing just how sweaty a game of tennis can be!!!!
>
> http://darkhole.com/celebsserf
>
>
>
> PAMELA Fucks Brett
> Michaels!!new!
> She's at it again... this
> time fucking and sucking
> 9 inches of pussy
> splitting meat attached to
> Poison's lead singer -
> Video and stills are even
> better than Pam &
> Tommy!
>
> http://darkhole.com/celebsserf
>
>
> CLAUDIA SCHIFFER -
> as a Teen! The most
> beautiful tits on the planet
> when they were at their
> most perfect! They don't
> get better than this!
>
> http://darkhole.com/celebsserf
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Iemand hier wat

Vr., 01 Junie 2001 15:36

op Sentraal, Bloemfontein, op skool was?
Noudat Sakkie en Bobby mekaar by JJ du Preez gevind het, beter ek uitvind
voordat ek my mond verbypraat:))
--
ann...@ctnet.co.za
Red wine lover.

Koeitjies & kalfies | 17 kommentare

Bladsye (1834): [ «    927  928  929  930  931  932  933  934  935  936  937  938  939  940  941  942    »]
Tyd nou: Di. Mrt. 10 16:49:09 UTC 2026