Ek het ook Dan se brief gelees op LitNet Gloudina, en het om die
beurt daarvan gehou en nie van gehou nie. Dit het my grensloos geirrriteer
dat hy haar konstant as U aanspreek, maar ek dink hy het die doelbewus
gedoen
om haar hok te ratel. Sy is vir my by tye baie wishy washy. n Vrystaat
kind
van n skrywer ma, wat die heel mooiste liefdesgedigte kan skryf, maar nou is
sy die
lieflingskind van die nuwe bedeling, maar iets klop nie lekker nie, en ek
kan nie presies
sê wat dit is nie. Nietemin haar politiek, skryf kan sy wel.
Poppie
skryf in boodskap news:3B1FE02E.7A4D7159@home.com...
Wouter Plaasvark wrote:
> Wouter
> Sjoe, Gloudina, nou is jy darem in die verkeerde tydvak. Die probleem is al
> vir jare dat die goudprys laag is en dat die goudmyne hulle produksie so
> dramaties verminder het dat daar min werk (vir enige iemand) is. Die
> werkverliese het veral die swart bevolking hard geslaan.
Wat het dit met die prys van eiers te doen? Op hierdienuusgroep het 'n klomp
meestal wit omies sit en kraai
oor die (wit) miere wat so hard werk, en die (swart)
sprinkane wat so sit en droogmaak, en dan hulp wil
hê. Ek is siek en sat vir die meestal in die vet gevalde
wittes wat so sit en kraai. DÃs waaroor Kytie Koekblik
dit in die oorspronklike artikel ook gehad het. Hierdie
post-apartheidse wit mites en legendes hou maar aan,
tensy mens hard agiteer daarteen. Dis die wat Dan Roodt
so hatig is op Antjie Krog. Antjie, meeste van die tyd,
kom bietjie te na aan die waarheid. (Al is dit seker ook
maar waar dat Antjie se bekering omtrent dieselfde tyd
gekom het as die Broeders s'n, soos Dan Roodt opmerk.)
Haai julle wat so lekker in ons lekker taal kommunikeer!
Het iemand dalk n handleiding vir die volgende "digital diary": CASIO
IF-8000?
Ek sal bly wees as iemand my kan help, asb.
Tydens my periode van verpligte stilte het ek gemerk dat jy hier naby werk.
Luister uit vir my. Wanneer ek weer daar verbyry sal ek Halloooooo
Plaasvarkie!!!! skree:))))
--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a state of Mind.
Nog steeds ISP probleme, maar wat - hulle probleme groter as myne - so ek
maak maar gebruik van 'n tolk:)))
Ek het so pas die draad? ( thread) van Dierbare Generaal Hondswaai gelees,
en skaars is dinge genoem, toe word modder rongegooi. ( toegegee - modder
minder skadelik as koeëls, maar dit is mos die ammunusie hier)
( gehoor wat is die Afrikaans vir die liedjie " Don't Fence Me In"?
Dit is: Draad My Nie In:))))))
Nou kinders, moet nou nie hier by my aankom met wie het eerste begin nie.
Wat vir my snaaks is, is hoe liggeraak sommige mense hier kan wees, en dan
sommer beledigend ook.
Dit is tog 'n teken van volwassenheid om te kan onderskei tussen gekskeer en
wanneer dinge liefs gelaat moet word.
Dit is ook 'n teken van 'n humorsin om as iets ten koste van jou self gesê
is, dit met humor te kan antwoord.
Op die gebied van geagte intelligensie, en wat die menslike ras van diere
onderskei sal ek liefs nie nou oor wil praat nie:))))
Hier is die inligting wat ek nodig het om die onverklaarbare reaksies te
probeer verstaan:
1) Gloudina - hoekom sal sy so 'n geykte antwoord op alles hê wat met
politiek te doen het? En doelbewus ander in die harnas jaag?
Hoekom sal sy so gou op haar perdjie wees, en so beledigend wees?
Het sy enige persoon teen wie sy so snaaks optree al persoonlik ontmoet?
2) Davie - Ek het die verwysing na reïnkarnasie en die papegaai geweldig
geniet - het nogal gedink dit was 'n bedekte kompliment - aangesien ek 'n
papegaai sien as 'n besondere kleurryke voël wat menige mens sal wil
besit:)))))
En aangesien ek weet hoe versigtig Davie vir konfrontasie is ( hy het self
so gesê:)) ) moes hy verbaas gewees het om skielik met 'n miskruier
vergelyk te word.
Wat sou Gloudina weet wat ek nie weet of selfs vermoed nie?:))))
Al wat ek weet is dat 'n miskruier 'n flukse insek is wat besonder groot
projekte met entoesiasme aanpak:)
Om een of ander onverklaarbare rede kry ek die indruk dat dit nie is wat
Gloudina bedoel het nie.
3) Danielle - hoekom is dit 'n nie goed as Gloudina jou beskuldig dat jy in
is by die wit ooms nie? Enige oom is 'n bate:)))
Ek sien ek het kompetisie:))
Ek het nog altyd gedog ek is die enigste een hier wat van my mans hou soos
van my koffie:))
Wat ek besonder onsmaaklik gevind het is die verwysing na chromosome.
Enigiemand van julle hier wat op 'n daaglikse basis tuis te doen het met 'n
kind of famielielid wat geneties nie normaal gebore is nie?
Indien nie - dan is julle gedrag niks beter as laerskoolboelies nie.
Die vrae is dus nou:
1) Kan Gloudina enigsins iets humoristies pos?
2) Is Gloudina is staat om enigsins iets anders as antwoord te pos as
vergelykings met PW ( Wyle E- Lise se man), Hani, en die verskriklike en
verskrikte wit mense wat dit nog durf waag om hier in Suid Afrika te bly?
3) Hoekom kom daar niemand tot Gloudina se redding nie?
4) Is Davie fluks en ambisieus?
5) Hoekom wil Danielle ons nie vertel hoe sexy sy lyk in haar oorpak wat sy
dra as sy die ruite was nie?
6) Hoekom wil Danielle nie in wees by wit ooms nie?
Ek vra maar net.
VOOM ( Vrystaatse Oorlamse Ou Meid) aka Annette
Kies jou gevegte. As dit nie saak maak nie, los dit liewer.
Konsentreer op iets goeds. Meng met positiewe mense. Kry genoeg
oefening en slaap, bid, en lag. :-)
'n Liefde vir lees begin by stories wat aan moederskoot gehoor word, die
beskikbaarheid van boeke, en ouers wat die leesvoorbeeld stel.
Woensdag 13 en 20 Junie om 14:30 tot 15:30 gaan daar vir kinders stories
gelees word by Boekehuis!
By die storie-uur word kinders in 'n lekker gemaklike en ontspanne omgewing
die geleentheid gegee om die wonderwêreld van stories en boeke te betree.
Prettige stories en gedigte word voorgelees en ou Afrikaanse sprokies en
legendes vertel.
By die Storie-uur leer jou kind;
* om sy verbeelding te gebruik
* om te luister
* om 'n liefde vir stories en gedigte te ontwikkel
* taal en woordeskat-ontwikkeling
* sosialisering met ander maatjies
* 'n liefde vir Afrikaans
Die heel belangrikste vaardigheid wat jy vir jou kind moontlik kan gee is 'n
liefde vir lees. Die vermoë om goed te kan lees is in hierdie informasie-eeu
belangriker as ooit te vore. Die storie-uur sal jou kind op 'n ontspanne en
positiewe manier blootstel aan 'n groot verskeidenheid stories, illustrasies
en gedigte. Buiten die genot wat hy/sy uit elke storie put, sal sy
luistervermoë ook ontwikkel ( iets wat ook 'n noodsaaklike vaardigheid is).
Verder sal hy/sy ook die kans kry om met maatjies te sosialiseer. Handige
wenke word ook aan die ma's gegee om die kind se lees-avontuur tuis te
vergroot!
Wat by 'n Storie-uur gebeur
* Die lengte en hoeveelheid van stories sal afhang van die kinders se
aandagspan - mar ons sit 'n uur opsy. Mettertyd ontwikkel die kinders en
luister hulle al hoe langer. Die moeilikheidsgraad van die stories hang maar
af van die ouderdom van die gehoor!
* Daar word hoofsaaklik Afrikaanse boeke voorgelees, heelwat gedigte word
gelees en natuurlik word 'n storie ook af en toe vertel.
* Daar word dikwels van die gehoor verwag om deel te neem maar nie op 'n
"aanvallende" manier nie - m.a.w. kinders voel nie bedreigd nie.
Wie kan kom luister?
* Kinders van alle ouderdomme is welkom. Daar is 'n groot hoe-ha in die
sielkunde op die oomblik oor die belangrikheid van stories en die
terapeutiese waarde van die narratief - dus is grootmense ook welkom!
* Ma's is welkom om hulle kinders te los maar kleuters tussen 0-4 jaar MOET
'n toesighouer saambring.
Toegang?
* Toegangsgeld R10 per keer per kind.
* Vir meer inligting en besprekings skakel Corina by Boekehuis: 011 482
3609.
Stuur hierdie uitnodiging aan as jy weet van nog mense met jong kinders wat
in die Storie-uur sal belangstel.
Hier is Suid Afrika se beste kuberkontrei. Laat weet my asb wat julle
daarvan dink. Stuur dit ook aan vir al julle vriende.
teken dan ook in op die nuusbrief wat julle op die webwerf sal sien.
Hier is Suid Afrika se beste kuberkontrei. Laat weet my asb wat julle
daarvan dink. Stuur dit ook aan vir al julle vriende.
teken dan ook in op die nuusbrief wat julle op die webwerf sal sien.