Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Maak geld met ActiveSMS.co.za --> Geen "SPAM" of piramiedes! Probeer net!

So., 10 Junie 2001 18:39

(Jammer, artikel was net in engels beskikbaar...probeer maar. Ek sit met
R300 wat ek nie gehad het nie, en ek het nie 'n sent betaal nie!)

You have just been introduced to an exceptional opportunity to generate
income for life using your cellphone!! I hate spam, I hate schemes. This
sound quite cool, why not try it?

WWW.ACTIVESMS.CO.ZA ---> Commercial refferal system. Refferal code (must
have one to enter) : 270827828963

How? All you have to do is agree to receive up to two SMS commercial
messages per day on your cellphone and refer this opportunity to others
interested in earning an Income!

Who? Active SMS only started marketing this new advertising concept using
cellphone technology in Cape Town a few weeks ago and in Johannesburg last
week. They will be launching internationally soon - so there is a Global
referral market with foreign currency out there. The average SMS message
will cost the advertiser R1.50 per message and Active SMS will pay you
commission for two levels of referrals.! - 20% on your first level R0.30
and 10% on your second level R0.15
Explanation how it works.
1. You join the Active SMS Advertising Referral Plan and agree to receive
two Commercial SMS Messages on your Cellphone per day! (Receive 60 messages
per month) No cost to you.
2. You sign up one member and you will receive R0.30 per message on your
first level (R18-00
per month)
3. Your referral signs up one member and you will receive R0.15 per message
on your second level (R9-00 per month)
4. Bonus: For every member you sign up you receive a once off payment of
R5-00 and on the second level another R5-00!!

You sign up 1 member R18 per month!

Join as follows:- 1. Internet connection - Click on www.activesms.net
and log on. Supply information requested on line and verify your e-mail
address on the URL. 2. Confirm your application call 083 913 4008 (using
your cellphone). Wait for an e-mail in your in box where you will receive
your personal active SMS code and your password. 3. You need to apply
for a free BOE debit card at www.icanonline.co.za then wait on line for
your password from icanonline which will be e-mailed to you in your in
ox - enter your username (your cell phone number) and your unique
registration codeword sent to you by icanononline The only cost is an
annual Franchise fee of R25 but you receive a once off R5 commission for
each person who signs up on both your first and second level!!

My referral code is :270827828963 :Edzard Bosch
PS: You can't lose anything by joining this unique income-producing scheme!

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bataki

So., 10 Junie 2001 18:31

Op Bladsy 2 vanoggend in The Sunday Argus ( ek lees ook Sunday Times en
Rapport - net om 'n tipe van 'n gebalansseerde perspektief te kry)

Bataki is die Projek kantoor wat mense uitnooi om aansoek te doen om 'n nuwe
reeks banknote te ontwerp.
Dit is die hoofopskrif.
Maar onder Algemeen die volgende:
Verskoon die Engels.

The Bank ( SA Reserwebank) is committed to diversifying.
Consequently preference will be given to design artists from the previously
disadvantaged groups ( dit moet eintlik lees group - want wanneer previously
disadvantaged deur die staat gebruik word beteken dit dat wittes,
kleurlinge, Indiers, Portugese, Grieke, Japannese, Chinese of wie ook al
anders uitgesluit word)
Applicants may, therefore, form joint ventures or business relationships
with artists and shall submit full details of such relationship and/or their
Economic Empowerment Programme.

Ai toggie. Nou moet klein Pietie Van der Merwe al weer aansoek doen as Pallo
Khumalo, en as hy die werk sou kry, 'n voorheen benadeelde kry om voor te
gee hy is die kunstenaar teen 'n lekker groot som geld waarvoor daar nie 'n
steek gewerk word nie.
--
Annette. ann...@ctnet.co.za
Somtyds wil dinge maar net nie verander nie.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Een van daardie dae

So., 10 Junie 2001 07:54

Word wakker, vat kombers PC toe en skakel in.
Kry email van iemand wat siek is van doodlag oor my.
Kyk op ander nuusgroep. Ja-nee - my reputasie van mense op loop te jaag daar
nog ongeskonde:))
Kyk op hierdie ng of Gloudina al 'n vraag beantwoord het en ge:) het.
Twee vrae geantwoord - nog geen :) - moet maar nog verder vrae vra voordat
sy ingee, :), en dan moet ek ophou omdat ek so belowe het:(((

Doen uitnodigings vir partytjie. Luister na nuus en Alle Volke.
Doen familie goed.:)))
Vir die daar oorkant die grense se kwylkliere: Vissmeer en
Biltongtoebroodjies:)))

Kry Engelse koerant, en haak vas by Bladsy 2 - en dit is waaroor ek op die
ng wil skryf.
Hoe is daai vir alles uitlap?:)))))

Ek sal twee sake aanspreek en graag wil bespreek - apart - later vandag
nadat ( ek hoop) Kuerten gewen het ( ja - ek het geld op hom verwed:)))
1) Bakati
2) PE se regstelsel.

--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a state of Mind.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

'n Datjie

So., 10 Junie 2001 05:26

Te danke aan Gloudina kon ek nou skielik aan nog iets dink waaroor ek graag
wil gesels:
Staatsamptenare - iemand hier wat my kan vertel hoekom hulle nie direk op
direkte vrae kan antwoord nie, maar altyd 'n wet aanhaal, wat jy eers moet
gaan oplees voordat jy vir hulle kan sê hulle het die verkeerde wet
aangehaal?
Nog een: Waarom kan staatsamptenare amper nooit erken hulle het 'n fout
gemaak nie? Gryp net die bewyse nors uit jou hand en oor 'n week is die fout
reggemaak.
Ek meen - hulle is mos gewone mense - nie politici wat "in denial" leef en
mense aanval ( ja - moenie bekommerd wees nie - ek weet al lankal aanval
word geag die beste vorm van verweer te wees - daarom dat die aanvallende
verweer van Gloudina vir my so uitdagend is)
Ekskuus - ek dwaal so van die punt af sodra ek tussen hakies begin
skryf.:))))
Om terug te kom na die punt - staatsamptenare - sukkel om foute te erken -
ja - loop hulle 'n kursus daarin om so snaaks op te tree?
Weet iemand?
Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

'n Ditjie

So., 10 Junie 2001 05:15

Spesiaal op versoek van Gloudina:
Ek wil graag gesels oor kultuurorganisasies - van toe en nou.
Enige persoon hier wat aan een of meer behoort het?
Enige persoon wat nog noue kontak het met Die Voortrekkers?
Annette ( agterste drawwertjie, verdwaalde verkenner, en presidentsverkenner
per ongeluk)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: 'n Datjie

So., 10 Junie 2001 03:58

On Sun, 10 Jun 2001 23:06:44 +0200, p...@eskom.co.za wrote:

> Ek dink Gloudina het ons 'n rat voor die oë gedraai.
> Sy was toe al die tyd 'n staatsamptenaar.
> pjb

Die enigste rat wat Gloudina ons voor die oë gedraai het was toe sy
ons onder die indruk gebring het dat sy wit is.

DD

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Re: Generaal maer skalk Hondswaai

Sa., 09 Junie 2001 21:03

"DD sê onverantwoordelik"
: >indien daar werklik iets soos reinkarnasie bestaan het *@#*%+
vereis
: >dit nie werklik diep navorsing om vas te stel dat jy van die
:>pappegaaie afstam nie.
: >
: >Davie Davis op die walle van Gauteng
:
~~~~~~~~~~~~
en Dani antwoord met heel wys woorde:

: RODVEL!!!!! Ai Davie, ek het lank laas so lekker gelag. Net
een
: probleem - Tobie gaan nie baie lief wees vir jou na hierdie
stelling
: nie. :-))))
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Tobie sê nadat hy tot 10 getel het:
"be kind to dumb animals" while patting DD on the head :-)
--
------------------------------------------------------------ ----
Our attitude always tells others what we expect in return.
------------------------------------------------------------ ---

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Wonder net

Sa., 09 Junie 2001 14:08

Ek sit nou en wonder by myself en toe - "myself, verduidelik asseblief vir
my
die volgende:
a) daar sit 'n familie oorsee
b) die familie het 'n stuk sagtewaarde waarmee hulle in kontak is met hulle
familie in Pretoria, Suid Afrika
c) die sagtewaare is so goed dat as 'n PC aangeskakel is laat dit jou
onmiddelik weet dat die twee partye kan gesels
d) dus, die twee lande se stelsels is so goed dat omtrent enigiets op
internet gedoen kan word. Van Oorsee sowel as SA
e) die oorseese persoon gebruik gereeld haar suster as voorbeeld oor
inligting wat in SA gebeur so, hulle maak gereeld van die voorafgeskrewe
stelsel (of ander) gebruik
f) die oorseese familie pos gereeld op die nuusgroep en gebruik dan ook
somtyds haar suster as getuie
g) hoekom verdedig haar suster haarself nooit?
h) pos nooit op die nuusgroep nie?"

En, weet julle ek kon glad nie 'n antwoord kry nie! Ek kon net bespiegel dat
die volgende moontlik is:
1) Daar is nie 'n suster in Pretoria nie
2) Daar is 'n suster maar hulle is nie so gereeld in kontak as wat dit op
die oogaf lyk nie
3) Die suster het nooit die goed kwydgeraak nie en haar naam word net ydelik
gebruik
4) Die suster dink die nuusgroep is die grootste klomp twak en wil nie
daarmee geasosieer word nie (ek wonder dan of sy weet dat haar suster haar
naam verydel)
5) die nuusgroep het nie regte gesiene persone op nie (sluit eintlik 'n paar
opsies in)
6) die suster storie is net 'n beentrekery (en dis daar waar ek toe ophou
bespiegel want dit klink die mees logiese antwoord)

Ek wonder of daar meer is wat lig op onderwerp kan werp?

Koeitjies & kalfies | 60 kommentare

NZ voor of agter ons?

Sa., 09 Junie 2001 11:26

Vanoggend die wedstryd gekyk tussen Australië en die NZ Maori's.
Glo die eerste keer sedert 1958 dat daar 'n NZ Maori span internasionaal
meeding.
So NZ is voor ons!!:))

Dit kan egter nie hier gebeur nie - dit sal onkonstitisioneel wees.
Maar oor 44 jaar is ons kop deur!! Dan kan ons etlike spanne hê wat
internasionaal kan deelneem!!
Die Springbokspan.
Die SA Zoeloe span
Die SA Venda span
Die SA Xhosa span
Die SA Sotho span
Die SA Kaapse Maleier span
Die SA Griekwaspan
Die SA Khoi span.

Ons kan wêreldrugby oorheers!!!
Dan kan ons ook, nes die Amerikaners met hulle sissie-rugby, baseball, en
basketball, net die spanne hier teen mekaar laat speel, en die wenner is
die Wêreldkampioen:))))
--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Rooiwyn ( Pinotage verkieslik) liefhebber.

Koeitjies & kalfies | 23 kommentare

Viva Vavi!!

Sa., 09 Junie 2001 11:17

In Die Burger: Laat Mens Dink vanoggend:
Mnr. Zwelenzima Vavi, hoofsekretaris van Cosatu, oor die amptelike bande wat
die vakbond met die Zimbabwiese opposisieparty MDC aangeknoop het:
"Zimbabwe het 'n piesangrepubliek geword en die land stort op politieke,
ekonomiese en maatskaplike gebied heeltemal ineen.
Dit het ingrypende gevolge vir ons almal in die streek."

Dit is reelreg in teenstelling met ons pyprokende, diepdenkende President
en sy beleid van stille diplomasie i.v.m. Zimbabwe.
Annette ( as al die diplomate moet stilbly, hoekom het ons nog ambassades?)

--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a state of Mind.

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Bladsye (1835): [ «    924  925  926  927  928  929  930  931  932  933  934  935  936  937  938  939    »]
Tyd nou: Ma. Mei 04 00:30:44 UTC 2026