Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: bly liewer in die huis - davie.jpg (1/1)

Wo., 04 Julie 2001 19:09

On Wed, 4 Jul 2001 21:05:55 +0200, "J. Bond"
wrote:

dankie James, hetsy dit lig of donker is, staan Davie Davis asof
geanker!

DD
>

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

filosofie van die dag

Wo., 04 Julie 2001 18:26

Gideon, soos nog al die jare, is dit performance art. 'n
Mengsel van drama en liriek. Hoekom dink jy hierdie
nuusgroep floreer? Omdat daar aksie is.

Gloudinitius

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Re: Doer onner...

Wo., 04 Julie 2001 15:09

"Danielle" skryf in boodskap news:ljl4ktc66k22sjpqdp9c0dm6bbja4nmml1@4ax.com...

Lyster hier, ou Omie, djy soek nou moelikgeit met die verkeere mense hier
onner! Een ding moet julle anderlandiges darem ook besef en probeer onthou:
hier speel net TWEE State rugby, die ander vier state speel glad nie die
spel nie (Aussie Rules meer hulle ding...) - en ons produseer
Wereldkampioene! Ons het nie eers 'n nasionale rugbykompetisie nie, net die
Super 12! Dog maar ek sou net die oningeligtes inlig (ai, die bloeddruk
skiet so vinnig op, waar's daai slukkie water en pilletjie).
In NZ (waar ons self gewoon het) is rugby 'n obsessie en word amper in plaas
van godsdiensonderrig in ELKE skool afgerig - dit mag nou wel 'n kleiner
landjie wees, maar elke seuntjie speel dit - en dan natuurlik die Tongans,
Samoans en al die ander omliggende eilande... Daar het jy dit nou. Nog 'n
dwarsklap uitgedeel.

> Klink bekend. :) Dis natuurlik alles die swartes se skuld - as hulle
> (die All Blacks) nie so goed was nie....
> :-))))))

Jong, dis ons horde Yuppies - jy kry hulle net in die stad self - hy moet so
bietjie in die suburbs inry, dis waar die gewone mense woon. Ons Premier
se slagspreuk is mos: Brisbane, the Smart State! Ons moet maar die
appearances ophou... Die sykouse hou seker die koue uit - ons is nie
gewoond aan sulke ysige weer nie.

> Hy was verstom om al die "swart pak" mans, en dames met sykouse te
> sien. Wat is julle saak dan? :-))
>

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

O Gits!! Gids

Wo., 04 Julie 2001 14:38

En daar, weereens, iemand wat in Holland sit en vir my vertel wat ek hier
sien en beleef is verkeerd.!!

Verskoon my dat ek nie net hier omval van verbasing nie.:)))

Annette

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Demokratiese republiek

Wo., 04 Julie 2001 14:22

Danielle : ...ek moet gaan slaap - maar miskien maak ek meer sin so half
aan die slaap, so laat ek vinnig sê wat ek dink in 'n neutedop. :-)
'n Demokrasie is 'n diktatorskap van die meerderheid.
'n Republiek daarteenoor, waarborg die regte van minderheidsgroepe.
In 'n suiwer demokratiese stelsel tel die meerderheid stemme - 51
teenoor 49%. Wys my hoe minderheidsgroepe soos die blankes,
kleurlinge, Indiers en andere in SA daardeur (demokrasie) beskerm kan
word, en hoe hulle stemme gehoor gaan word?

Wouter:
Wat jy as 'n demokrasie beskryf is 'n winner-take-all stelsel. Soos die
proporsionele verteenwoordiging wat ons nou het of die vorige
Westministerstelsel waar die wenner per kiesafdeling bepaal is. Hoe korter
die verkiesingsperiodes is, hoe meer demokraties is dit. en vice versa. Want
'n demokrasie beteken dat die wil van die volk geld (demos=volk).

'n Republiek is nie noodwendig meer of minder demokraties as 'n
winner-take-all stelsel nie, ons het darem self ook 'n Republiek hier in SA.
Of is ons nie meer die RSA nie?

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Krugerrande

Wo., 04 Julie 2001 10:28

Sien niks hier nie? Wat's aan die gang?

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Wie wil 'n erf koop? Goedkoop slegs R25

Wo., 04 Julie 2001 09:25

Net in SA

Die PAC bied erwe te koop in Kempton park @ R25 'n erf. Die grond behoort
aan die staat en aan 2 boere. Die polisie meen daar het al 5000 mense hul
R25 de betaal.

Krokkie

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Is dit nou winter Anette

Wo., 04 Julie 2001 06:09

Hi daar Anette

Ek hoor op die radio dat daai koue front julle getref het. Is dit regtig so
erg as wat hulle dit afmaak ?

Groete

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Special Assignment

Di., 03 Julie 2001 21:38

Ek sien die Swellendam draad raak laaaaaaaaank, so kom ons gaan hier aan.
Die program, met die naam hierbo, is weekliks op nasionale tv. met verslae
oor allerhande onderwerpe, gewoonlik iets wat swak is, 'n slegte beeld skep
ens. (soos Carte Blanche........maar ek hettie M-net nie)
Vanaand was die onderwerp die jag van luiperds met die hulp van opgeleide
honde.....en dis onsportief en walglik(my siening).
Aan die einde van die program het die aanbiedster wéér gesę dat hule nog
steeds besig is met die ondersoek na toestande in hospitale en die kykers
wéér gevra om info in te stuur wat sekerlik opgevolg gaan word,
As.........As alles dan so wonderlik was, hoekom sou hulle tyd, energie en
geld mors om hierdie klaarblyklike ongerymdhede, agteruitgang ens, ens op te
volg en te beeldsaai??????
pj

Koeitjies & kalfies | 13 kommentare

Bladsye (1835): [ «    905  906  907  908  909  910  911  912  913  914  915  916  917  918  919  920    »]
Tyd nou: So. Mei 03 06:47:25 UTC 2026