Nogal interessant wat sekere mense skryf wat hulle uitgee dat hulle die
toekoms in kan sien.
( Nie een van hulle kan vir my sê wie die July gaan wen nie - en as ek nie
voor Saterdag droom nie, kan ek nie gaan wed nie)
Elk geval - ek dwaal alweer - moet die weer wees:))
Hieronder voorspellings ( hulle sê nie wanneer nie) wat amper te goed is om
waar te wees:))
1) 'n Skot, wat sal beweer hy is 'n direlte afstammeling van Braveheart.
gaan probeer om Liz11 te vermoor terwyl sy met vakansie in Balmoral is.
2) Jimmy Carter ( die peanut Prez) besluit om 'n Katoliek te word, en hy
word onmiddelik 'n kardinaal.
3) Ek hou van die een!!!:)) - 'n Deurbraak in nanotegnologie lei tot 'n nuwe
generasie rekenaars wat so groot soos okkerneute sal wees.
Hul naam sal seker Nutz-R-Us wees:)))
4) 'n Aap wat in die reenwoud van Costa Rica gevang word toon die vermoë om
rekenaars te programmeer.
5) Monica Lewinsky gaan deur 'n Internet porno netwerk ontvoer word. Haar
familie gaan weier om enige geld te betaal om haar vry te kry.
6) 'n Mayo kliniek studie gaan bevestig dat 4 dubbele sopies bourbon per dag
sal lewensverwagting met 18 jaar vermeder.
( Nou sal die ouens wat polisse verkoop moet vra hoeveel glasies dubbeles 'n
mens per dag wegslaan):)))
7) Harvard Mediese Skool navorsers vind dat enige persoon hul ideale gewig
behou deur 3 piesangs per dag te eet.
( Ek moet maar vet en vrolik bly - ek is allergies vir piesangs)
8) Daar word gevind dat Al Gore al jare vir Rusland spioneer.
9) Aandelepryse val nadat Alan Greenspan erken dat hy 'n droom gehad het
waarin 'n engel aan hom vertel dat hy sy persoonlike fortuin onder sy
matras moet wegsteek.
10) Sean Connery verskyn in 'n 007 film wat afspeel in 'n tehuis vir
bejaardes.
11) Bewys van re-inkarnasie word bepaal wanneer 'n 6 jarige dogtertjie van
Detroit 'n daaglikse beskrywing gee van haar lewe as Gen George Patton.
12) 'n Tsunami sal groot dele van Brittanje, Holland, Frankryk en Duitsland
oorstroom.
Ek het by die huis 'n ou seven single opgespoor wat toentertyd gemaak is
deur Sonja Marks. Dit klink soos 'n baie jong Sonja Heroldt - sy sing selfs
"Ek verlang na jou", maar anders as die opnames wat ons ken.
Donderdag hier. Ma siek, Ian lekker deurmekaar - letterlik met die weer
gepla, ek verdwaal-verdwaal en papsopnat van kliënt na kliënt.
Kos maak - Dit is winter, dit reen soms, daar is glo sneeu op Tafelberg en
in Du Toitskloof - dus sop!!!
Op die stoof staan en prut 'n mengsel van 'n blikkie bonesop en 'n pakkie
wit uiesop.
Ek dink ek gaan baie windmakerig wees vanmiddag:)))
Annette
Vandag is weer hier in die Kaap behoorlik deurmekaar!!
My rigting is kort-kort uit met Tafelberg wat oop en toe maak:)))
En die swaar wolke bokspring die wêreld vol!!
4 seisoene in een dag?
Watwo!!
4 seisoene in1 minuut!!
Gids en DD het nou so met die harmonie te doene. Hulle bring dalk iets op
wat niemand hier kan uitmis nie...
Ek kry partykeer die indruk dat die musiek hier maar soms skraal aan
harmonie en kontrapunt is.
Maar dat daar dikwels kontrapunte in is, is nie altemit nie.
Nes Wimbledon.
Al wat kortkom is die byklanke, soos Gids sê.
Soms kry ek hier musiek wat lig op die gemoed kom lê. Dis nou die
skertsende grappies wat ons so onderlangs met mekaar kan maak.
Dan vervies iemand hom
gewoonlik die '47 eerstejaar haar.
Die gort is gaar.
Die koeël word kerkwaarts afgevuur,
en heen en weer oor die draad gestuur.
Apologie word gevra.
maar nie altyd oorgedra
die mineur toonaard klink skielik op
soos 'n dodemars so tragies
o so swaar
tokkel almal later op
daai snaar
en niemand sê: ek skies
Tot iemand kom
met nuwe lig
oor iets heel aangenaam
die liere speel in harmonie
en elke sprinkaan spring
totdat 'n kogelmandertjie
iemand tart en sê
"wêla-ke-pêla"
die gort is gaar
in mineur aard
o droewig swaar die lied
wat almal dan hierlangs
die draad
aanbied
en so hou ons aan
met koor en vers tot
vervelens aan
maar dat ons sing
en raas en skel en wat nog als
in Afrikaans
en Vlaams
en Nederlands
dis al wat tel.
"Danielle" skryf in boodskap news:ljl4ktc66k22sjpqdp9c0dm6bbja4nmml1@4ax.com...
Lyster hier, ou Omie, djy soek nou moelikgeit met die verkeere mense hier
onner! Een ding moet julle anderlandiges darem ook besef en probeer onthou:
hier speel net TWEE State rugby, die ander vier state speel glad nie die
spel nie (Aussie Rules meer hulle ding...) - en ons produseer
Wereldkampioene! Ons het nie eers 'n nasionale rugbykompetisie nie, net die
Super 12! Dog maar ek sou net die oningeligtes inlig (ai, die bloeddruk
skiet so vinnig op, waar's daai slukkie water en pilletjie).
In NZ (waar ons self gewoon het) is rugby 'n obsessie en word amper in plaas
van godsdiensonderrig in ELKE skool afgerig - dit mag nou wel 'n kleiner
landjie wees, maar elke seuntjie speel dit - en dan natuurlik die Tongans,
Samoans en al die ander omliggende eilande... Daar het jy dit nou. Nog 'n
dwarsklap uitgedeel.
> Klink bekend. :) Dis natuurlik alles die swartes se skuld - as hulle
> (die All Blacks) nie so goed was nie....
> :-))))))
Jong, dis ons horde Yuppies - jy kry hulle net in die stad self - hy moet so
bietjie in die suburbs inry, dis waar die gewone mense woon. Ons Premier
se slagspreuk is mos: Brisbane, the Smart State! Ons moet maar die
appearances ophou... Die sykouse hou seker die koue uit - ons is nie
gewoond aan sulke ysige weer nie.
> Hy was verstom om al die "swart pak" mans, en dames met sykouse te
> sien. Wat is julle saak dan? :-))
>