Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Rugby: Viljoen se weeklikse bom.

Vr., 06 Julie 2001 05:44

Wat nou nog? Rassie word uitgeskop omdat hy weer moet gaan selfvertroue kry
. Intussen word 'n heeltemal onervare speler gekies in sy plek.
Wat van Van Rensburg van Natal?
Is dit 'n komplot om soveel moontlik goeie spelers in die buiteland te kry,
sodat ons uiteindelik teen ons eie spelers gaan speel?
Vrystaat speel mos al jare teen Vrystaat/Natal, Vrystaat/Transvaal en
Vrystaat/Noord-Transvaal - dus is die idee nie nuut nie.
Annette

Sport & ontspanning | 1 kommentaar

The (New) Ten Commandments

Do., 05 Julie 2001 21:02

"Frikkie Potgieter" het geskryf:

> The (New) Ten Commandments
--- knip-knip-knip!------

En Norbert (uit Vlaanderen) antwoord daarop:

Hei, Frikkie!

Ek het gehoor as jy met jou vrou na bed gaan en seks met haar het dan
lê die Bybel oopgemaak in bed tussen jou en jou vrou...
Is dit waar? Ek weet nie, ek vra slegs..

Die groete van

Norbert (uit Vlaanderen)

Koeitjies & kalfies | 56 kommentare

Re: bly liewer in die huis - sherrifDD.jpg (1/1)

Do., 05 Julie 2001 20:38

jou mos gesê daar is as op jou toon toe die foto geneem is,
skande, nogal in die hoofstraat van Durbs
--
------------------------------------------------------------ -----
Die beste helpende hand is aan die einde van jou eie arm.
------------------------------------------------------------ -----

"J. Bond" skryf in boodskap news:9i2gf6$kn2$1@ctb-nnrp2.saix.net...
: what the heck is that?
:
:
:
:
:

Koeitjies & kalfies | 23 kommentare

Big Brother & Prez

Do., 05 Julie 2001 19:14

Die nuwe, vreeslik duur ( 32.4 miljoen?) sekuriteitstelsel wat in Groote
Schuur installeer is laat my wonder na wie daar eintlik gekyk gaan word?
Die Prez gaan ge-Big Brother word!!:)))

Kan iemand onthou wat die stelsel gekos het om Kaapstad se middestad te
beveilig?
Ek glo nie so baie nie.

Sal iemand miskien dink dat die Prez se veiligheidskontrak nie aan 'n swart
bemagtigingsfirma toegeken is nie?
Wonder of daar 'n ondersoek daaroor ook gaan wees.

Annette

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Wonderlike Voorspellings.

Do., 05 Julie 2001 14:07

Nogal interessant wat sekere mense skryf wat hulle uitgee dat hulle die
toekoms in kan sien.
( Nie een van hulle kan vir my sê wie die July gaan wen nie - en as ek nie
voor Saterdag droom nie, kan ek nie gaan wed nie)
Elk geval - ek dwaal alweer - moet die weer wees:))

Hieronder voorspellings ( hulle sê nie wanneer nie) wat amper te goed is om
waar te wees:))
1) 'n Skot, wat sal beweer hy is 'n direlte afstammeling van Braveheart.
gaan probeer om Liz11 te vermoor terwyl sy met vakansie in Balmoral is.
2) Jimmy Carter ( die peanut Prez) besluit om 'n Katoliek te word, en hy
word onmiddelik 'n kardinaal.
3) Ek hou van die een!!!:)) - 'n Deurbraak in nanotegnologie lei tot 'n nuwe
generasie rekenaars wat so groot soos okkerneute sal wees.
Hul naam sal seker Nutz-R-Us wees:)))
4) 'n Aap wat in die reenwoud van Costa Rica gevang word toon die vermoë om
rekenaars te programmeer.
5) Monica Lewinsky gaan deur 'n Internet porno netwerk ontvoer word. Haar
familie gaan weier om enige geld te betaal om haar vry te kry.
6) 'n Mayo kliniek studie gaan bevestig dat 4 dubbele sopies bourbon per dag
sal lewensverwagting met 18 jaar vermeder.
( Nou sal die ouens wat polisse verkoop moet vra hoeveel glasies dubbeles 'n
mens per dag wegslaan):)))
7) Harvard Mediese Skool navorsers vind dat enige persoon hul ideale gewig
behou deur 3 piesangs per dag te eet.
( Ek moet maar vet en vrolik bly - ek is allergies vir piesangs)
8) Daar word gevind dat Al Gore al jare vir Rusland spioneer.
9) Aandelepryse val nadat Alan Greenspan erken dat hy 'n droom gehad het
waarin 'n engel aan hom vertel dat hy sy persoonlike fortuin onder sy
matras moet wegsteek.
10) Sean Connery verskyn in 'n 007 film wat afspeel in 'n tehuis vir
bejaardes.
11) Bewys van re-inkarnasie word bepaal wanneer 'n 6 jarige dogtertjie van
Detroit 'n daaglikse beskrywing gee van haar lewe as Gen George Patton.
12) 'n Tsunami sal groot dele van Brittanje, Holland, Frankryk en Duitsland
oorstroom.

Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Sonja Heroldt of wat?

Do., 05 Julie 2001 12:01

Ek het by die huis 'n ou seven single opgespoor wat toentertyd gemaak is
deur Sonja Marks. Dit klink soos 'n baie jong Sonja Heroldt - sy sing selfs
"Ek verlang na jou", maar anders as die opnames wat ons ken.

Kan iemand meer lig hierop werp?

Koot

Koeitjies & kalfies | 47 kommentare

Liggies Sit:))

Do., 05 Julie 2001 10:59

Donderdag hier. Ma siek, Ian lekker deurmekaar - letterlik met die weer
gepla, ek verdwaal-verdwaal en papsopnat van kliënt na kliënt.
Kos maak - Dit is winter, dit reen soms, daar is glo sneeu op Tafelberg en
in Du Toitskloof - dus sop!!!
Op die stoof staan en prut 'n mengsel van 'n blikkie bonesop en 'n pakkie
wit uiesop.
Ek dink ek gaan baie windmakerig wees vanmiddag:)))
Annette

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Jislaaik!!

Do., 05 Julie 2001 10:34

Vandag is weer hier in die Kaap behoorlik deurmekaar!!
My rigting is kort-kort uit met Tafelberg wat oop en toe maak:)))
En die swaar wolke bokspring die wêreld vol!!
4 seisoene in een dag?
Watwo!!
4 seisoene in1 minuut!!

Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Harmonie en so aan...

Do., 05 Julie 2001 07:24

Gids en DD het nou so met die harmonie te doene. Hulle bring dalk iets op
wat niemand hier kan uitmis nie...

Ek kry partykeer die indruk dat die musiek hier maar soms skraal aan
harmonie en kontrapunt is.

Maar dat daar dikwels kontrapunte in is, is nie altemit nie.
Nes Wimbledon.
Al wat kortkom is die byklanke, soos Gids sê.

Soms kry ek hier musiek wat lig op die gemoed kom lê. Dis nou die
skertsende grappies wat ons so onderlangs met mekaar kan maak.

Dan vervies iemand hom
gewoonlik die '47 eerstejaar haar.
Die gort is gaar.
Die koeël word kerkwaarts afgevuur,
en heen en weer oor die draad gestuur.
Apologie word gevra.
maar nie altyd oorgedra

die mineur toonaard klink skielik op
soos 'n dodemars so tragies
o so swaar
tokkel almal later op
daai snaar
en niemand sê: ek skies

Tot iemand kom
met nuwe lig
oor iets heel aangenaam
die liere speel in harmonie
en elke sprinkaan spring
totdat 'n kogelmandertjie
iemand tart en sê
"wêla-ke-pêla"

die gort is gaar
in mineur aard
o droewig swaar die lied
wat almal dan hierlangs
die draad
aanbied

en so hou ons aan
met koor en vers tot
vervelens aan
maar dat ons sing
en raas en skel en wat nog als
in Afrikaans
en Vlaams
en Nederlands
dis al wat tel.

Thys oppie Bos

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Re: bly liewer in die huis - davie.jpg (1/1) - sherrifDD.jpg (1/1)

Wo., 04 Julie 2001 19:54

On Wed, 4 Jul 2001 21:55:35 +0200, "Tobie" wrote:

> dd daar is as op jou toon.
as ek rook Tobie

(ek hou my nie op met twak nie Tobie !)

DD

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1835): [ «    904  905  906  907  908  909  910  911  912  913  914  915  916  917  918  919    »]
Tyd nou: So. Mei 03 05:53:21 UTC 2026