Week 6 droë appelkose, 6 droë appelringe en 75g ( 125ml) pitlose rosyntjies
'n rukkie in 'n bietjie koue swart tee, lemoensap of water. Dreineer die
vrugte, halveer die appelkose en sny die appelringe in stukkies.
Voorverhit die oond tot 180C ( 350F). Smeer oondvaste 2l volume bak, of
spuit met kleefwerende middel.
Kook 2 groot uie, in skywe gesny in 200ml kook water tot sag.
Voeg 25ml kookolie by en braai die uie liggies.
Voeg 15ml kerriepoeier en 10ml borrie by en braai effens.
Voeg 1kg maalvleis ( beesvleis), 2 dik snye witbrrod, verkrummel, 50ml asyn,
sout, peper en geweekte vrugte by en meng liggies met 'n groot vurk.
Laat die mengsel stadig opkook. Roer dit liggies.
Skep die mengsel in die bak.
Klits 2 eiers met 125ml melk saam en gooi dit bo-oor.
Vou vars suurlemoenblare ( opsioneel) tregtervormig en druk dit hier en daar
in die mengsel in.
Bak die bobotie sowat 45 minute (of totdat die eiervla gestol het )op die
middelste oondrak.
Sit dit warm voor.
Annette
Week 1 dik sny witbrood in 250ml melk.
Braai 1 groot ui, fyn gekap of grof gerasper in 'n groot braaipan of
dikboomkastrol in 25ml kookolie tot effens bruin.
Meng 37,5 ml suurlemoensap, 10ml kerriepoeier, 5ml suiker, 5ml sout en 'n
knypie peper, en
roer dit by die ui.
Druk die meeste van die melk uit die brood. Hou die melk.
Maak die brood fyn en voeg dit by die uiemengsel.
Voeg 500g maalvleis, 1 eier en al die melk behalwe 100ml by.
Meng goed.
Voeg 12,5ml blatjang by en laat die mengsel 'n rukkie kook. Roer dit
gereeld.
Voorverhit die oond to 180C(350F).
Smeer 'n 1,5l volume oondvaste bak, of bespeuit met kleefwerende middel.
Skep die vleismengsel in die bak. Plaas dit vir 'n paar minute in die oond.
Klits 1 eier en die 100ml melk saam.
Gooi dit oor die bobotie.
Steek 3 vars suurlemoenblare as jy wil tregtervormig in. Bak die bobotie 'n
halfuur.
Sit warm voor.
Annette
Jammer vir die hoofletters in opskrif. Dit was 'n oversight. Vat ook 'n
bietjie lank om te laai - miskien kan iemand my wys hoe om te kompres.
Grahame
Grahame skryf in boodskap news:3b72ac9d.0@news1.mweb.co.za...
> Ek dink sommige van julle mag hierdie handig vind (aangeheg). Eintlik is
> die Emoticons maar vir die Chat Rooms maar dit sal interesant wees as iemand
> een kan ontwerp vir opmerkings soos die van Jan en L&P (wat "kots"
> voorstel).
>
> Gepraat daarvan, volgens CNN is kinderpornografie 'n baie groot probleem op
> die internet. Is daar nie iewers 'n goeie virusontwerper wat vuilis wat na
> dit kyk kan lok nie en dan sy rekenaar heeltemaal in sy gesig kan laat
> ontplof nie? Dit sal nie die varke wat "k"-porn laai laat afskrik nie, maar
> 'n vuil-uil sal tweekeer dink voordat hy op so-iets kliek.
>
> (Genadiglik besef ek dat ek nie juis 'n "skoon-uil" is nie, nie maar
> kinders?? Behoed ons.)
>
Meng en sif 2k meelblom, 2 k fyn broodkrummels, 1t koeksoda, 1/2 t sout, 1/2
t fyn gemmer, 1/2 fyn naeltjies, 1/2 t fyn neut. 1t fyn kaneel saam.
Meng 1/2k - 1 k melk, 1/2k stroop en 1k gekapte of gemaalde hardevet saam.
Roer die droë mengsel in die melkmengsel en meng goed.
Gooi dit in 'n gesmeerde vorm en maak dit dig toe met 'n gesmeerde deksel of
papier.
Stoom dit 3 uur lank.
Dien op met brandewynsous of roomsous.
LW: 1/2k korente, rosyne of dadels kan vir afwisseling by die mengsel gevoeg
word.
Annette
--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a state of Mind.
Voorverhit oond tot 180C ( 350F)
Smeer 2 terborde met 1l volume elk, of bespuit met kleefwerende middel.
Klits 4 eiergele, 200g (250ml) suiker en 60g (75ml) botter/margarien gesmelt
saam tot romerig.
Sif 140g (250ml) (ongesif afgemeet) koekmeelblom
( ek verkies 1/2 meelblom, 1/2 mielieblom), 5ml bakpoeier en ;n knypie sout
saam.
Klits die meelmengsel by die eiergeelmengsel in.
Voeg 1l melk en 5ml vanieljegeursel by en meng.
Klits 4 eierwitte tot styf en vou liggies in met 'n metaallepel by die
melkmengsel.
Die mengsel is dun.
Gooi dit in die tertborde en strooi 40g ( 50ml) kaneelsuiker oor.
Bak die terte 40 - 50 minute op die middelste oondrak tot gaar.
Bedien die melkterte warm of koud.
Annette