Jammer vir die hoofletters in opskrif. Dit was 'n oversight. Vat ook 'n
bietjie lank om te laai - miskien kan iemand my wys hoe om te kompres.
Grahame
Grahame skryf in boodskap news:3b72ac9d.0@news1.mweb.co.za...
> Ek dink sommige van julle mag hierdie handig vind (aangeheg). Eintlik is
> die Emoticons maar vir die Chat Rooms maar dit sal interesant wees as iemand
> een kan ontwerp vir opmerkings soos die van Jan en L&P (wat "kots"
> voorstel).
>
> Gepraat daarvan, volgens CNN is kinderpornografie 'n baie groot probleem op
> die internet. Is daar nie iewers 'n goeie virusontwerper wat vuilis wat na
> dit kyk kan lok nie en dan sy rekenaar heeltemaal in sy gesig kan laat
> ontplof nie? Dit sal nie die varke wat "k"-porn laai laat afskrik nie, maar
> 'n vuil-uil sal tweekeer dink voordat hy op so-iets kliek.
>
> (Genadiglik besef ek dat ek nie juis 'n "skoon-uil" is nie, nie maar
> kinders?? Behoed ons.)
>
Meng en sif 2k meelblom, 2 k fyn broodkrummels, 1t koeksoda, 1/2 t sout, 1/2
t fyn gemmer, 1/2 fyn naeltjies, 1/2 t fyn neut. 1t fyn kaneel saam.
Meng 1/2k - 1 k melk, 1/2k stroop en 1k gekapte of gemaalde hardevet saam.
Roer die droë mengsel in die melkmengsel en meng goed.
Gooi dit in 'n gesmeerde vorm en maak dit dig toe met 'n gesmeerde deksel of
papier.
Stoom dit 3 uur lank.
Dien op met brandewynsous of roomsous.
LW: 1/2k korente, rosyne of dadels kan vir afwisseling by die mengsel gevoeg
word.
Annette
--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a state of Mind.
Voorverhit oond tot 180C ( 350F)
Smeer 2 terborde met 1l volume elk, of bespuit met kleefwerende middel.
Klits 4 eiergele, 200g (250ml) suiker en 60g (75ml) botter/margarien gesmelt
saam tot romerig.
Sif 140g (250ml) (ongesif afgemeet) koekmeelblom
( ek verkies 1/2 meelblom, 1/2 mielieblom), 5ml bakpoeier en ;n knypie sout
saam.
Klits die meelmengsel by die eiergeelmengsel in.
Voeg 1l melk en 5ml vanieljegeursel by en meng.
Klits 4 eierwitte tot styf en vou liggies in met 'n metaallepel by die
melkmengsel.
Die mengsel is dun.
Gooi dit in die tertborde en strooi 40g ( 50ml) kaneelsuiker oor.
Bak die terte 40 - 50 minute op die middelste oondrak tot gaar.
Bedien die melkterte warm of koud.
Annette
Klits wit van 3 eiers, geskei, styf.
Sif 1k ( 250ml) meel, 1t ( 5ml) bakpoeier, 1k suiker en 'n knippie sout saam.
Meng geel van 3 eiers, 2e gesmelte botter en 4 k ( 1l) melk.
Voeg by droë bestanddele en voeg 1t vanielje by.
Klits met eierklitser, vou wit van eiers in en klits weer.
Gooi uit in 'n gesmeerde bak.
Strooi kaneel bo-oor en bak 30-35 minute in matige oond.
Hoor julle blaas ook nou walvisse op... Vertel vertel!!!
Het 'n ruk terug op TV gesien hoe hulle in VSA of Kanada 'n walvis opblaas.
Per ongeluk met te veel plofstof, soveel so dat die skare moes koes vir die
walvisvleisreën! Gelukkig nie erg beseer nie, wel 'n kar deurgeloop onder 'n
200kg stuk vleis!
Lekker om te sien ons voer nog steeds dieselfde mindless gesprekke hier wat
ons nog altyd gevoer het, en Antie Gloudina pos nog steeds Charl Durand se
gedigte. Maar ag dis lekker in Afrikaans. Na 6 maande van so "bietjie
grootword" het ek kom ogies wys om te sien wie almal nog lewe en wie nie.