voor mijn studie heb ik de vertaling nodig en in de inhoud van de volgende
begrippen in het SOTHO : opvoeding en onderwijs. Ik wil graag weten wat die
woorden betekenen in het sotho en hoe er tegen het opvoeden van kinderen
aangekeken wordt. Het hoeft niet heel erg uitgebreid, als ik maar weet wat
het inhoud. Ik moet het trouwens wel erg snel hebben.
Ofskoon slegs 'n goeie 5 miljoen mense die Afrikaans praat vind ek nie
dat die Afrikaans 'n klein taal is..
Ons moenie vergeet dat die Afrikaans 'n afgeleide taal is van die
Nederlands. Nederlands is eintlik al 'n baie oue taal en dis tewens 'n
taal met 'n baie omvangryke woordeskat. Nederlands is daarin selfs
beter as Engels: Nederlands ken byna vir alle begrippe wat eintlik
van die Latyn en Grieks afkomstig is 'n eie sinoniem. Dit bestaan nie
so in Engels nie. Daarby kom nog dat die sinonieme deur die bank
korter kan geskryf word. Ek vind Nederlands nog steeds natuurliker
as Engels of Frans.
Daarby is Afrikaans eenvoudiger as Nederlands. Afrikaans is 'n moderne
taal wat aantoon hoe ver ons kan gaan om 'n taal teenwoordig nog te
vereenvoudig. Ook is Afrikaans welluidend. Teenoor Afrikaans is
Engels die taal van 'n draak (met slegte tande).
Ek vind Afrikaners onderskat hulle taal te veel. Die kwaliteit van die
Afrikaans is enorm goed. 'N wetenkaplike verhandeling, in Nederlands
of in Afrikaans geskryf, is duidelik en bondig. Moet seker julle siel
nie aan die Engelsman verkoop nie. Moet promosie maak vir julle taal!
Dit kan lang duur maar as julle daarvoor veg sal die wêreld daarvoor
respek kry!
Die groete van
Norbert (uit Vlaanderen)
Danielle schreef:
> On Mon, 10 Sep 2001 17:48:32 GMT, gd3...@glo.be (*Sterrenkijker*)
> wrote:
>
>> Wel, ek glo nie dat die mense van hierdie nuusgroep hulle sou
>> uitgevloek hê. So ken ek die Afrikaners nie. Maar die Afrikaans
>> is teenwoordig tog 'n universele omgangstaal wat aan die mense
>> 'n beskaafde eksponent meegee, niewaar nie?. Daarom is ek baie
>> verwonder daar is nog steeds mense wat geen Afrikaans praat nie!
>
> Sies, jy's naar, :-)
> 'n Ware storie wat jare gelede gebeur het, en wat ek nooit sal vergeet
> nie. :-)
> Ek was deeltyds betrokke by een van die swart skole in een van die
> "townships". Moet net duidelik maak, dat ek nie 'n onderwyseres is
> nie, maar my betrokkenheid het te make gehad met rekenaars wat ons aan
> hierdie skole geskenk het, en my taak was om die outjies te wys hoe om
> briewe te skryf op die Internet en maatjies (? penpals) te maak met
> kinders van hulle ouderdom by skole hier in Amerika veral.
> Die kinders (meestal Xhosa sprekend) was geforseer om in Afrikaans
> skool te gaan. Dus was hulle Afrikaans en Xhosa baie goed, maar dit
> was moeilik vir hulle om in Engels te kommunikeer. En natuurlik moes
> hierdie briewe in Engels geskryf word.
> Hulle het hulleself oor die algemeen baie goed van die taak gewkyt,
> behalwe vir hierdie EEN seuntjie. Toe ek hom vra waarom hy in
> Afrikaans geskryf het, kyk hy my met sulke groot ogies aan vanuit 'n
> hoogte, asof ek sekerlik die domste mens was wat hy OOIT in sy
> lewetjie raakgeloop het. Sy antwoord was: "Want ALMAL verstaan
> Afrikaans."
> Nou ja...:-)
>
Toe die gemeente in die vroeg 70's afstig en hulle toe hul eie kerk bou, was
daar nie R23000 om die orrel volgens spesifikasie te voltooi nie. Net die
helfte van die orrelpype en wat daarmee saamgaan, is toe geïnstalleer. Dit
het tot gevolg dat die orrel nie 'n gebalnseerde klank gehad nie. Dit kon
hard speel, maar dit was maar skree-erig. Dit kon sag speel, maar dan het
daar op sekere note 'n pyp saamgespeel wat die hele klankeffek opgemors het.
Speel daar 'n fluit saggies in die swelkas, dan sal hier vanaf 'n skere noot
op die manuaal sommer 'n "mikstuur" of klaroen saambrom vanuit die groot
kas! Heel ongebalanseerd.
So is daar dan toe kwotasies aangevra, en die R8000 van 1976 het toe in 1992
die bedrag van R120000 geword.
Maar dit was 'n gestoei.
So is die orrelbouers toe al aan't werk aan die bykomende pype, en het hulle
toe reeds die "basuin" register geïnstalleer. Daar word 'n lofsang gesing
na die kollekte, en Nina gebruik toe die Basuin in haar register stelling.
Natuurlik klink dit toe heel anders en luid. Amper soos daai gevoel as die
kerk so bewe soos die lae note gespeel word. Gryp een van die ouer omies
kerkraadslede die dominee na die tyd in die konsistorie:
"Dominee, ek sien nou dat ons maar die orrel sal moet laat klaar maak. Ek
kon nou ook hoor dat hy darem regtig snaaks beginne klink." En dit nadat
die Kerkraad toe alreeds hoeveel maande lank besig was met
geldinsamelings...:-))
Die orrel is toe voltooi, en behoorlik "ingespeel" Oom Pieter vd
Westhuisen van die Konserve het die gemeente sang die Sondag aand gelei, en
Wilna Prekeldt het die meer "hogere" speelwerk na die diens gedoen as deel
van die inwyding.
Thys oppie Bos (denkend aan die tragedie wat hom nou in New York afspeel)
Hoor die WTC is so pas deur twee vliegtuie aangeval... Na die eerste
vliegtuig het hulle gedink dit was 'n ongeluk, maar 20 minute later toe tref
die tweede.
Daar's niks meer bekend nie.
Sal vanaand op die nuus wees. Julle moet kyk. Die Amerikane kon glo live
sien toe die tweede vliegtuig die gebou tref... Ons sal maar die replay kyk.
________________________________________________________
Hierdie artikels het gister in die "Pretoria News" verskyn. (wie dra kennis
van die artikels van Martin Welsh in "NOSEWEEK" rakende bedrog by die
Poskantoor?)
***********
Pretoria News: 10th September 2001
R975-m. of poor people's money loaned. to the PO
Shonisani Makhari
Almost 100% of Post Bank deposits, mainly from the poorest of the poor, have
been loaned to the Post Office, which is the bank's parent company.
The bank was established to give the rural poor and the unbanked masses
access to the financial system.
A Post Bank official said the bank had a total deposit base of about 8975
million from its three deposit accounts. The latest financial records
between the Post Office and the Post Bank indicated that 8975 million was
transferred from the Post Bank to the Post Office's account.
Sandile Madolo, communications officer of the Post Bank, yesterday refused
to confirm whether the parent company had borrowed R1 billion. While
admitting it had borrowed money he refused to disclose the amount, saying
the bank was "accountable to the people of South Africa".
A registrar of banks spokesman said at the weekend the ease with which the
Post Office gained access to the money could jeopardise depositors' funds.
He said the Banks Act imposed certain requirements to ensure clients' funds
were protected and managed prudently. In terms of the Act, banking
institutions were required to hold cash reserves of 2,5% of total
liabilities and liquid assets equal to 5% of total liabilities.
The Post Bank was exempted from the Act and regulated in terms of the Post
and Telecommunications Act.
******************
Die "pickup trucks" het nog al die jare 'n skrikbewind gevoer op die paaie,
daar was al selfs 'n snaakse advertensie daaroor, maar verlede Saterdag het
die verwagte tragedie uiteindelik gebeur.
Daar was 'n redelike ligte ongeluk in Athlone.
Twee van die lorrietjies - van dieselfde firma nogal ( Galaxy) jaag toe
soontoe - en bots in die motors wat in die ongeluk was. Waar daar
oorspronklik net mense met ligte en geen beserings was nie, is daar toe 3
van die oorspronklike ongeluk dood.
NOU moet daar skielik 'n oorkoepelende vereeniging gestig word!!
Dit na jare van briewe aan koerante, munisipaliteit en
verteenwoordigers van besorgde mense wat waarsku teen die padgebruik van
hierdie mense.
Ek self het al 'n eienaardige ondervinding met hierdie mense gehad.
By die Bellville/Durbanville afrit staan daar gereeld nooit minder as 3 van
hierdie voertuie wat wag op 'n ongeluk nie.
Een oggend toe ek inry, skyn daar skielik 'n verblindende straal sonskyn in
my oë. Genadiglik was daar geen voertuig naby my nie - want anders sou ek in
iemand vasgery, of iemand sou in my vasgery het- mens kon absoluut vir 'n
paar sekondes niks sien nie.
Ek het veilig gestop so gou as wat ek kon, en toe kom ek hulle spel agter -
hulle sit daar met spieëls om doelbewus die son in motoriste se oë te laat
skyn!! Inderdaad is die bedoeling om geleenthede te skep om ekonomies
suksesvol te wees!.
Wel, wat kon ek doen?
Het maar die naam geneem, en die registrasienommer - en hulle by die
verkeersowerhede gaan verkla.
Daardie betrokke firma se lorrietjies sien ek nie meer op daardie kol nie -
om die waarheid te sê - ek het lanklaas enige van hul voertuie êrens gesien.
Annette
> Die eerste paar volumes in 1888 het juis gegaan oor Afrika en haar
> toekoms.
Die artikel eindig met die volgende woorde:
"Who can fail to be interested in the results of this conflict? We
know that Africa is capable of the very highest of all civilization,
for it was the birthplace of all civilization. To it we are indebted
for the origin of all our arts and sciences, and it possesss to-day
the most wonderful works of man. Let us hope that Africa, whose
morning was so bright, and whose night has been so dark, will yet live
to see the light of another higher civilization."
Om hierdie artikels te lees - en die natuurlike ewolusie van
denkpatrone en denkrigtings in so kort tydperk (net bietjie meer as
100 jaar), waar te neem, is werklik interessant.
Hoi almal, kan enigiemand my vertel hoe groot die blare van hardekool is? Ek
is nuuskierig of dié boom gebruik kan word as bonsai.
Wanneer die antwoord "nie baie groot nie" is, is my volgende vraag; is
enigiemand bereid my 'n paar sade te stuur ... oor 'n teenprestasie moet ons
dan onderhandel :)
Antie G wil hê daar moet bepaal word wie is sjarmant en vreeslik gaaf ( is
dit die afrikaans vir tjaarm?)
Ek staan sommer dadelik terug - daar is net mooi geen manier wat ek 'n kans
het om te wen teen Antie G se besondere tong- en dwarsklappende gawes nie,
nog minder teen Danielle se dimpel, Pop se Italiaans, m se meelewendheid en
Shannon se jammerhartigheid. Om nie eers te praat van Emmy se
redenasievermoë nie.
Ek is pleinweg net te sinies om te dink 'n paar flikkerende ooghare en
bewende neusvleuels sal die manne tjaarm:)))
Dus sal ek my vrywillg skaar by die beoordelaars.
Laat waai dames !!:)))
Annette
Die vraag vandag is:
Wanneer is mens groot?
Die mense skakel in, en dit blyk dat sommige dink 'n mens groot is as jy
verantwoordelikheid dra.
Ek dink 'n mens is groot as jy deur niemand meer as 'n kind beskou word
nie -
So ek sal maar my ma so lank as moontlik aan die lewe probeer hou, want ek
wil nie regtig groot word nie;))
Wat dink julle?
Wanneer is 'n mens groot?
Hoeveel van die mense op die ng hier is al mooi groot?
Annette( wat net absoluut nooit wil groot word nie- want grootmense lag nie
spontaan lekker uit die maag nie, loop nie kaalvoet in die reen rond nie en
bou nie meer sandkastele op die strand nie)
Annette