Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Oktobermaand.

Ma., 01 Oktober 2001 06:26

Wat gaan aan? Waar is die resitasie van Oktobermaand sodat ek dit kan
sing?:))
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Nuus 1/10

Ma., 01 Oktober 2001 06:07

Dinge gaan hier by ons weer soos gewoonlik aan - mense wat met rubber koeëls
in Mitchellsplain gepot word omdat hulle nie die munisipale werkers in hul
huise wil toelaat nie. Die munisiplae werkers is reg aangetrek - dis net
hulle moet die water gaan afsny - want die mense wil nie vir die water
betaal nie.

Die Walvisfees in Hermanus is al weer aan die gang - hierdie hele week tot
volgende Sondag.
Blykbaar is daar hierdie jaar so baie walvisse en kalfies in die water, dat
die arme walvisroeper - Wilson Salukazana - met sy horing rondloop sonder om
dit te gebruik:))
Die rede hoekom mense na die walvisfees gaan is om te kom spog hoe lank dit
hulle geneem het om terug Kaap toe te ry:))
Met die WKB wat vandag in werking tree, hoor ek verlede week dat 42% van die
huise in Hermanus te koop aangebied word - nogal teen vreeslike afslagpryse.
Die mense van VSA, UK en Europa kon 'n lekker vet slag geslaan het - veral
noudat die dollar al R9 kos, en die pond R13.25.

Verlede naweek was ons by die Clivia-skou in Kirstenbosch - die eerste prys
het gegaan aan 'n gele wat kersregop 3 voet in die lug staan.
Clivias moet 7 pare blare hê voordat dit begin blom.
Dus, onthou, volgende keer as jy 'n plant koop, tel eers die blare.

Saterdag en Sondag was daar 'n sjokoladefees in Franschhoek. Ek het
natuurlik genoeg geproe sodat ek 'n volle aand soet was:)))
Die sjokolade wat in SA kommersieel gemaak word, het tot 45% persent meer
vet en olie in as die wat in België, Switserland en daardie lekker
sjokolademekkas gemaak word. Van die redes is is dat dit goedkoper is, maar
die ander rede is is om die sjokolade langer hul vorm hier in SA te kan hou.
Die pedigree sjokolade smelt te gou in ons hitte.

Oral blom die blomme in die Kaap, en blommefeeste is aan die orde van die
dag. Gister een by die Velodrome in Bellville ( as julle nie weet nie, vra).
Daar sien ek toe pers boontjies - iemand dit al gesien of geëet?

Sodra ek die program van die opelugmusiekkonserte in Kirstenbosch kry - sal
ek julle laat weet.
Annette

Nuus | 10 kommentare

Toekoms Advies vir: Persoonlike Belasting Rekonsiliasie Inisiatief

So., 30 September 2001 23:41

Wil graag die Regering van ons Paradys, en elders op die Planeet, insluitend
Individue, Organisasies, en Regerings, wat deel neem aan die Afrika Renaissance,
en veral die ANC gelukwens vir die super sukses wat bereik is sover, asook vir
die toekoms. Veral vir die volgende: Deursettingsvermoë en vasberadenheid. Die
menige inisiatiewe geneem deur President Thabo Mbeki, Staatsdepartemente en die
Private Sektor, ten bate van miv+/vigs navorsing in ons Paradys, en elders op
die Planeet. Holistiese benadering vir die rol van die immuun stelsel, aangaande
'n geneesmiddel vir miv+/vigs. Miv+/vigs advertensie veldtog. Verskaffing van
miv+/vigs medisyne. Algemeen beskou as die beste benadering om miv+/vigs te
bestry, soos hierbo vermeld. Effektiewe Belasting en Publieke Administrasie
beheer maatreëls. Voordelige multi-kulturele ondersteuning inisiatiewe.
Insluitend die menige bydraes wat gelewer word aan die Afrika en Suid Afrika
Renaissance. En om die Regering van ons Paradys, en elders op die Planeet, te
ondersteun om hulle doelwitte te bereik. Vir die Persone van ons Paradys, die
Afrika Kontinent, en elders op die Planeet. En nog baie meer. By voorbaat baie
dankie. Dit word inniglik waardeer.

Wil ook graag Ouditeure, Rekening kundige beamptes, Belasting konsultante, en
ondersteunende Organisasies, in ons Paradys, en elders op die Planeet, gelukwens
vir die super sukses wat bereik is sover, asook vir die toekoms. Veral vir die
volgende: Deursettingsvermoë en vasberadenheid. Lewering van geouditeerde
dokumente en state. Ondersteuning aan Firma beleid reëls. Vroegtydige invul van
belasting opgawes. Ekonomiese ondersteuning inisiatiewe. Verskaffing van
werksgeleenthede. Voordelige multi-kulturele ondersteuning inisiatiewe.
Ekonomiese en sosiale bydraes en inisiatiewe, veral om miv+/vigs te bestry.
Insluitend die menige bydraes wat gelewer word aan die Afrika en Suid Afrika
Renaissance. En om die Regering van ons Paradys, en elders op die Planeet, te
ondersteun om hulle doelwitte te bereik. Vir die Persone van ons Paradys, die
Afrika Kontinent, en elders op die Planeet. En nog baie meer. By voorbaat baie
dankie. Dit word inniglik waardeer.

'n Saak wat na aan die hart raak, is om die vrede en voorspoed van die Persone
van ons Paradys, en elders op die Planeet, asemrowend te verhoog.

Behou geloof, hoop en liefde. Onthou die oomblik het aangebreek om eksponensieel
ondersteuning te verkry. Verstaan enige advies hier word gegee in die gees van
Vryheid van Keuse. Enige persoon het die reg om dit te gebruik net soos dit is,
en / of te verander na vrye wil.

Wil graag voorstel om Planetêre ontmoetings te verhoog, asook ontmoetings met
Regerings organisasies, Ouditeure, Rekeningkundige beamptes, Belasting
konsultante, en ondersteunende Organisasies, soos nodig. Om meer effektiewe
ondersteuning te verhoog aangaande hierdie saak. As deel van die 2020 en daarna
plan om die vrede en voorspoed van die Persone van ons Paradys, en elders op die
Planeet, te verhoog. Ten voordeel van alle betrokke partye.

Wil graag voorstel om ontmoetings te verhoog met betrokke persone /
organisasies. Aangaande die reisiger se belasting dokumente, geglo wat in 'n
kantoor in Johannesburg geberg word � soos alreeds aan die reisiger oorvertel
deur die belastingpligtige verantwoordelik vir die indiening van belasting
dokumente, asook herhaal deur die Internet Polisie. Om die lewering van
dokumente aan die reisiger self en/of sy rekeningkundige beampte te verhoog.
Asook 'n adres vir korrespondensie op die persoonlike vlak, die lewering van die
identiteit van die belastingpligtige verantwoordelik vir die invul van belasting
in hierdie saak, insluitend foto, rybewys, paspoort, verwysings briewe, asook
die saamstelling van 'n inventaris van dokumente. Om ondersteuning te verhoog
vir die ontvangs van alle dokumente betrokke in hierdie saak, soos wanneer
besluite vir ondersteuning in die verband verhoog word. 'n Verklaring vir rede/s
vir terughou van dokumente, soos nodig, in die insluit hiervan kan ook verhoog
word. Om redes vir die laat indiening van belasting, indien wel, te verhoog. Ten
voordeel van alle betrokke partye.

Samesprekings, asook onderhandelinge kan ook verhoog word. Om rekonsiliasie en
kompromie in die verband te verhoog, soos nodig. Asook om suksesvolle
verhoudinge in die lewering van hierdie diens te verhoog. Ten voordeel van alle
betrokke partye.

Ontmoetings kan ook verhoog word met Finansiële Instansies. Om die
beskikbaarheid van fondse aan projekte te verhoog, soos nodig. Ten voordeel van
alle betrokke partye.

Ontmoetings kan ook verhoog word tussen Regerings organisasies, Ouditeure,
Rekeningkundige beamptes, Belasting konsultante, ondersteunende Organisasies en
Finansiële Instansies. Hoogstens aangeraai, om belasting kortings te verhoog aan
Finansiële Instansies en Organisasies betrokke. Om asemrowende suksesse te
verhoog in die verband. Ten voordeel van alle betrokke partye.

Suksesse kan ook verhoog word deur die Media aan die Persone van ons Paradys, en
elders op die Planeet. Om ondersteuning te verhoog vir ekonomiese inisiatiewe
onderweg in die ontwikkeling van Renaissancis regoor die Planeet. Ten voordeel
van alle betrokke partye.

Hierdie bydrae kan dien as die geskenk van die Millennium van die ANC, President
Mbeki, asook die Regering van ons Paradys, aan die Regerings en Persone elders
op die Planeet, waar benodig. Verkieslik nadat die goedkeuring indien verband
verhoog is van die Regerings en Persone van die VK en VSA. Om vriendskappe te
verhoog tussen on Paradys en elders op die Planeet. Ten voordeel van alle
betrokke partye.

Dit kan President Thabo Mbeki geweldig ondersteun. Veral wanneer President Mbeki
die Suid Afrika, en veral die Afrika Renaissance 'n kwantum sprong vorentoe
neem, omtrent Junie 2000 en/of net daarna. President Mbeki kan suksesse behaal
in die Suid Afrika Renaissance herhaal vir menige Lande wat aan die Afrika
Renaissance deelneem. En dit die sukses maak wat dit verdien om te wees. 'n
Ekonomiese bloei tydperk kan verwag word. Nadat gereedheid bereik is in die
verband deur die aanwys van 'n groen lig te lewer, soos aangevra. Ten voordeel
van alle betrokke partye.

Kyk na die asemrowende resultate - bo alle verwagtinge:
Meer effektiewe stawing van dokumente, wanneer wel ontvang, vir konsultasie aan
'n Groot Griek ter ondersteuning op die persoonlike vlak kan asemrowend verhoog
word.
Meer effektiewe regverdige besluitneming en regstelling van belasting, indien
wel, kan asemrowend verhoog word.
Meer effektiewe ontspanne en gesonde verhoudinge in die lewering van hierdie
diens kan asemrowend verhoog word.
Meer effektiewe positiewe uitkyk vir gesonde saambestaan kan asemrowend verhoog
word.

Meer effektiewe ondersteuning vir 'n liberale demokratiese samelewing kan
asemrowend verhoog word.
Meer effektiewe ondersteuning vir Regerings beheer en beleid maatreëls kan
asemrowend verhoog word.
Verhoogde suksesse van Renaissancis kan asemrowend verhoog word.
Meer ondersteunende verhoudinge kan asemrowend verhoog word.

Ekonomie�, en potensiële ekonomieë kan asemrowend verhoog word.
Vrede en voorspoed kan asemrowend verhoog word.
Gemeenskaplike belange kan alle partye geweldig bevoordeel.
Die Afrika en Suid Afrika Renaissance kan 'n kwantum sprong vorentoe neem.
Die Planetêre Renaissance kan 'n kwantum sprong vorentoe neem.
En 'n beter lewe kan vir almal geskep word.

Kommentaar:
Hierdie inisiatief word beskou as 'n belangrike bou blok aangaande verhoogde
opbrengste van Renaissancis, ten doel van die triljoenêr kaart, wat hier beplan
word. Om 'n vorige stelling van Gandhi te herhaal � Daar is meer as genoeg
hulpbronne.

Eendrag maak mag. Persone wat mekaar ondersteun, oorleef saam in 'n beter
wêreld. Hierdie is die poging om 'n pad te skep na die 22e Eeu d.m.v. grootheid,
goedheid en grasie. Love all Serve all.

Hoop dit help. Saam vir 'n beter toekoms. Een vir almal en Almal vir een. Word
'n magiese Persoon en help om 'n Paradys en Planeet te skep waar almal gelukkig
is en bevry is van pyn en lyding.

Presteer Voluit om die Verstand, Vlees en Voorspoed van die Persone van ons
Paradys, en elders op die Planeet, met Prag en Praal, Passie, asook Profytvol
Vorentoe, sodat hulle na hulle Prys, hulle Piek, kan Peil.

Ns. Indien enige sissende slange aan enigiemand hier geuiter word, is dit a.g.v.
'n blinke kol in die logika, wat reggestel sal word wanneer dit raakgesien is.
Apologie word nou al aangeteken daarvoor. Vergewe asb.

(Hierdie bydrae word slegs in Afrikaans gelewer. Dit sal inniglik waardeer word
indien hierdie bydrae in Engels vertaal word, soos nodig, indien wel. Ten
voordeel van alle betrokke partye.)

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

MUSIEK

So., 30 September 2001 23:38

WAAR KAN EK AFRIKAANSE LIEDJIES DOWNLOAD OP DIE NET

Musiek & liriek | 4 kommentare

Die bottels lyk dan dieselfde

So., 30 September 2001 19:10

Die Tannie is so heilig op haar 23 roosbome maar wie moet dit versorg en
snoei en spuit?

Nou is daar al klaar luise op die goed en sy neul al van 1 September dat ek
hulle moet spuit. Ek spuit dit toe en twee dae later het al die nuwe
uitloopsels gemuteer! Ek het haar oortuig dat ek miskien die gifstof te
sterk aangemaak het maar sê nie vir haar dat ek per ongeluk onkruiddoder op
hulle gespuit het nie.

Buurman met sy groot bek noem toe dat dit moontlik die werk van onkruiddoder
is maar die Tannie sê ek is darem nie so stupid nie. Maar die saadjie is
geplant!!!!!!!

Daar verspreek ek my vanmiddag toe ons na die progressiewe degenerasie van
die bome kyk: "Ek wonder of daar nie 'n teengif vir die onkruiddoder is
nie."

"Vir die wat?" vra sy en weer, "vir die WAT!!!?" En weer herhaal sy "VIR
DIE WAT!!!?"

Ek slaap vanaand buite met my computer en al. Sal later 'n bietjie met die
roosbome gaan praat om hulle op te beur.

Die lewe is so verdomp onregverdig.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Evers en vlakvarke

Sa., 29 September 2001 23:30

> Wouter : "Evers" kan ek nie. Waar is hulle?

Danielle : Stepping Stones in Eversdal - dis waar mens al die
Evertjies in hulle mosterd-kleurige uniformpies gekry het. :-)

Wouter
Ek weet presies waar die skool is. Sam Pienaar was lank die hoof daar
gewees. Maar ek dag jy sê n Ever is 'n soort vark? Waar kry mens hulle en
wat is dit, 'n bosvark?

Danielle
(Ek onthou vaagweg iets van Evert's en Eksteen's wat die oorpronklike
plaas besit het - en dat die vratvarkkop dalk deel van hulle
familiewapen was)

Wouter
Die oorspronklike plaas was Evertsdal, ek het aangeneem dat die
oorspronklike eienaars Evert was. Die ou opstal is vandag 'n restaurant, dis
net onderkant Durbanweg, nie ver van Eversdalweg af nie.

Op ons vorige huis se erf, ook in Durbanville (Valmary Park) het ons 'n
boorgat gehad wat klaarblyklik die Evertsdal-plaas se hoofwaterbron was. Ons
het ook aan ons bure boorgatwater voorsien, dit was 'n onuitputbare bron.

NS vir ons Nederlanders :
In Afrikaans is 'n plaas 'n "farm" en nie 'n plek of 'n plein nie.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Psalm 121

Sa., 29 September 2001 22:11

Psalm 121

Ek slat my twee oge op,
my kyk vang die verste kop:
waarvanaf sal my hulp nou kom?
My hulp is vannie Jirre, van Hom:
Hy't nou die jimmel en Prieska gekom maak.
Sonner lat jou voete klipperse raak,
is Hy skoene agterrie skaap.
Hy dink nooit nie eers oor slaap.
Sontyd is Hy hoed op jou kop,
innie nag hou Hy gevaarlikheid dop.
Hy's mos nou da om jou op te pas:
jou siel hou Hy tissen jou ribbes vas.
gan jy nou in of gan jy nou yt:
Hy's oor jou vi ewig en vi altyd.

Uit: Innie skylty vannie Jirre - Griekwapsalms en ander gedigte

Geloof & kerksake | 0 kommentare

wanneer, wat???

Sa., 29 September 2001 19:29

Ek dink en dink, maar kry nie 'n antwoord nie.

In Afrikaans word baie en veel gebruik. Wanneer gebruik 'n mens baie en
wanneer veel???

dieselfde vra vir hoop en wens.

en neem en vat.

Gr.Rico

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

murdering

Sa., 29 September 2001 18:31

There are government and religious people who think they can make a dent in
the behavior of the people in this world. Examining the results, they are
wasting their time and other people's money.
People have been murdering people forever, and we shall continue to do just
that. It is our nature. Actually we are getting better at it. The tools we
use are getting more sophisticated by the day.
Most people really don't care if one or a few thousand other people are
slaughtered or die of starvation in another country. It is far away, and we
didn't see it happening. Of course they say they care. Think about it! Do
you really care? Thousands of people die daily without being slaughtered or
starved; they die on the road; in hospitals; etc.. Without the news media,
we wouldn't even know about it.
We only start caring when things are happening closer at home. Even then, it
is mostly the immediate family who cares. Then again, the mostly immediate
families wouldn't be concerned too much if it had happened somewhere else.
You think I'm wrong? If so, tell me where?

ig

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Ons dank aan Arthur

Sa., 29 September 2001 03:52

Ek gaan vandag aan die Gauteng-regering skryf.
Hulle is blykbaar tans op groot skaal besig met 'n naamsverandering-aksie,
Turffontein kan nou Moerfontein word - baie meer gepas - want die meeste
mense wat die plek besoek sien hulle moer:))
Annette

--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a state of Mind.

Koeitjies & kalfies | 33 kommentare

Bladsye (1834): [ «    850  851  852  853  854  855  856  857  858  859  860  861  862  863  864  865    »]
Tyd nou: So. Jan. 18 08:13:29 UTC 2026