Klink maar soos die Amerikaners se manier... Is daar geen verskille nie?
SNEEU dit al by julle? Die kant is dit nie meer warm nie, maar ons maksimum
draai darem nog so rond 15-17 grade... Jou kinders bly seker noord van
jou...
______________________________________________________
skryf in boodskap news:3BC4955F.A85BA5FC@home.com...
Max wrote:
> vertel ons bietjie
> hoe die Kanadese thanksgiving vier?
Met kalkoen (en ham vir sommiges) en baiesoorte groentes en vrugte-terte. En
die
familie
probeer soveel as moontlik op een plek
bymekaarkom.
Hierdie Thanksgiving Sondag, toe ons die
maaltyd by een van ons kinders gehad het
(en al die ander daar bymekaargekom het)
was die weer darem werklik omge-ellie.
Eers sneeu dit op een plek, toe kry ons
bietjie hael, toe stort dit van die reën wat
in sulke squalls verbykom, en tussenin is
daar helder sonskyn.
Het een van julle vroumense nie moontlik vir my raad oor hoe om ink
uit my hempsak(ke!) te haal nie? Ek het al weer gister 'n hemp
verloor deur 'n pen in my sak te druk met die dop verkeerde kant.
Raad wat nie werk is baie (Doom en selfs gekoopte preperate juis vir
die doel ens.) maar iets waarmee ek die hemde kan red is steeds soek.
Raad om die dop eers op te sit eer ek dit in my sak druk het ek reeds
maar dit werk nie vir verstrooide mense nie.
Ek het toevallig gister ook die een op rotten.com gesien. :-) Waar is dit
geneem en wat was dit?
_________________________________________________________
"Davie Davis"
het porno gepos...
Oct. 10 -- FBI Director Robert Mueller says nearly 94 percent of
fugitives who have appeared on the FBI's "Most Wanted" list that
debuted in 1949 have been captured.
Hier bo vra ek nog waar Tobie is
en vanmiddag toe ek deelneem
aan die marathon kry ek vir wie
daar? Kyk mooi, Tobie is in die
middel 25ste van agter af - die
ou met die welige bos hare :-)
Vra vir Ferdi wie hy nou ondersteun - seker nie die VSA nie ná Ferdie? (Moet
ek jou vorige bydraes hier herhaal?)
Katvoet loop my ou - netnou voeg die FBI jou muisgesiggie by die "22 most
wanted" gesigte. (Moet ons vir die ander lesers 'n foto hier plaas?)
(Al die aandag wat jy en Antie Tottie op die NG kry oortref seker die keer
toe die muis vir jou geld in jou skoentjie gelos het?)
Nogal ironies is dit nie Ferdi en Gloudina, dat in die +- 3 jaar wat ek die
NG dophou, en so nou en dan iets kwytraak, dit wil voorkom of 99% van al die
persone wat al hier was, en die wat tans hier is grotendeels hulle van julle
2 distansieer.
Die rede daarvoor ( en dit is my persoonlike mening )
Gloudina - Jy sien 'n rassis om elke hoek en praat die hele tyd net hoe
"goed" is Kanada. Indien iemand jou vaspraat in 'n argument gebruik jy
spelfoute wat die persoon maak om die onderwerp te verander.
Ferdi - Jy antwoord nie eenvoudige vrae nie. Indien jy antwoord is dit
beledigend van aard wat die persoon se karakter aanval en sodoende draai jy
dan ook die hele argument.
Ja, ek's weer terug oppie Bos op my pos na 'n trippie in die binneland in.
Was by die fontein der bloemen in die staat va Vry-heid. En daar na die
stad van Pretoria besoek om enkele familiebande te loop versterk.
Terug rapport oor die WAT fees op Stellenbosch:
WAT 'n fees. Lekker met die woord en die klem wat Dirk van Schalkwyk en sy
span leksikograwe wou gee was juis die verskillende tongvalle en spreelwyses
van Afrikaans.
Ons het grepe van Afrikaans gehad uit die Sandveld, Swartland, Boland,
Boesmanland, Noord-Namakwaland en Suid-Namakwaland, Rehoboth, "Cape Flats"
Afrikaanse gedigte deur die digter self voorgelees, en Randal (sonder sy
rooirok wat dans) het vir ons Hans du Plessis se Griekwa "Onse Vader"
gesing. Wat hy self getoonset het. Hy is beslis nie my gunsteling
Afrikaanse sanger nie.
En daa' was 'n lekke stemming oorrie Kaapse Klopse soe lekka gesing het
(spin maar in jou stoel Gloudina)
Ek het agterna met van die baie nie-Kaukasiër gehoor gesels en aan hulle die
vraag gevra oor Gloudina se "neerbuigende" vraag: Sien en ervaar hulle dit
as vernederend of neerbuigend as ander Afrikaans praters so praat of skryf,
of so probeer praat en skryf?
Hulle mening was nee. Daar's jou antwoord Gloudina.