‘Jy lê daar as ’n pa, maar kan nie jou kind beskerm’
2010-04-27 23:19
André Damons
’n Vyfjarige meisie het ná ’n huisrooftog in Northcliff, Johannesburg,
by die skool prentjies geteken van haar pa en ouma wat op die grond lê
met bloed wat by hul koppe uitkom.
“Hulle (die aanvallers) gee nie om oor die kinders en oumense nie.
Hulle is selfsugtig; hulle is diere,” het past. Johan van Wyk (48) van
die Solid Rock-kerk gister vertel.
Sy dogtertjie, Lindie, het langs haar ouma, me. Alida van Buuren (71),
gelê en huil terwyl drie mans Van Buuren en haar seun met ’n koevoet
en wielsleutel aangerand en geskop en geslaan het.
Van Wyk het gesê die aanvallers het aanhoudend gesê: “We are going to
kill you.”
Aan sy ma het hulle gesê: “We are going to rape you.”
Die aanval was verlede Woensdagaand, die dag voordat ’n eenjarige baba
en haar oppasser wreed in Robindale, ’n paar kilometer daarvandaan,
aangerand is.
Die aanvallers het die agterdeur van die huis oopgesluit met sleutels
wat hulle by die huiswerker afgevat het.
Van Wyk was in sy slaapkamer toe die mans sy ma en Lindie in haar
kamer oorval.
Hulle het haar gedwing om hom te roep om sy kamerdeur oop te sluit
waarna hulle sy ma ook in sy kamer ingeboender het en Lindie met ’n
koevoet ingepluk het.
Die aanvallers het hulle toe op die grond neergegooi en hulle
aanhoudend geskop en met die koevoet en wielsleutel aangerand.
Van Wyk het probeer om sy hand oor sy dogtertjie te hou om haar te
kalmeer.
Die booswigte het hul hande met elektriese kabels agter hul rûe
vasgebind.
“Hulle het gesê die ADT-wag het gesê ons het ’n klomp geld in die huis
en wou weet waar die dollars en wapens is. Ek het hulle gewys waar die
een kluis is,” het hy gesê.
Van Wyk-hulle is nie kliënte van ADT nie.
Van Buuren het haar been tydens nog ’n slanery oor Lindie probeer hou
om haar te probeer beskerm.
Een van die aanvallers het die huiswerker en haar twee kinders – ’n
tienjarige meisie en twee maande oue baba – ook in die kamer
ingebring.
Al drie die rowers is na ’n tweede kluis in die spaarkamer. Dit het
Van Wyk-hulle ’n kans gegee om te probeer alarm maak.
Hy het eers aan die huiswerker gesê om die deur toe te druk en die
noodknoppie te druk, maar sy was te geskok om te beweeg. Hy het toe
self opgespring en dit gedoen.
“As jy daar lê, voel jy magteloos,” het Van Wyk gesê.
“Jy lê daar as ’n pa en seun, maar jy kan nie jou kind en ma beskerm
nie. Jy kan nie eens jou arms om jou kind sit nie. Jy worrie nie oor
die geld en goud nie en wonder net of julle gaan lewe.”
Van Buuren het onder meer beserings aan die kop, arms en bene
opgedoen, terwyl haar seun kop- en rugbeserings het.
Studentekonst. Michael Kgatla, polisiewoordvoerder, het die voorval
bevestig.
Onlangs het regeringsgeluide oor ’n herverdeling van private
grondbesit baie mense die harnas ingejaag. En hoe losser die skroewe
ten grondslag van die argument blyk, hoe yweriger rangeer die ANC se
restitusie-koekepanne op en neer.
Die argument dat wit boere in die breë hul grond op “onwettige wyse”
verkry het, het slegs baie gedeeltelike gronde. En dié mite begin nie
by mnr. Julius Malema nie. Dis deel van mites wat integraal deel was
van die struggle (net soos wat ander mites deel was van apartheid).
Onlangs nog het Malema gebulk: “Waarom moet ons grond terugkoop wat
van ons gesteel is?”
Hierin sit ’n vet streep oorvereenvoudiging. Ons val vas in swart-en-
wit loopgrawe waarin elkeen gedwing word om eie belang te regverdig.
En dis omdat miteskepping, en nie historiese feite nie, dikwels ten
grondslag van hervormingsargumente lê.
Die ergste daarvan is dat dit die noodsaak vir grondhervorming in wese
soos ’n leuen laat lyk. En grondhervorming ís nodig, maar dan op
geldig historiese gronde.
Onlangs het die Britse Financial Times dit in ’n hoofartikel betreur
dat grondoordrag nie vinniger plaasvind nie sodat die besit van
boerderygrond die getalleverhouding van wit tot swart kan weerspieël.
Dié argument impliseer dat daar onteiening van landbougrond in Suid-
Afrika plaasgevind het en boonop dat dit rasgedrewe was.
Daar was geen noemenswaardige onteiening van swart landbougrond deur
wit boere nie. Daar was histories geen landboutradisie onder swart
mense in die land nie. Dit was ’n Westerse (lees: wit) tradisie,
vandaar die naam “boere” vir Afrikaner-pioniers. Landbougrond is nooit
afgevat nie, dit is deur die wit pioniers bewerk en die tradisie is
uit niks gevestig.
In terme van landbou het wit boere niemand onteien nie. Hulle was die
land se enigste landbouers en het ons voedselmandjie, dikwels in dorre
streke, tot stand gebring. Die “swart volkere” (selfs onder apartheid)
het die beter landbougrond, in die ooste van die land, gehad, maar dit
het niks gelewer behalwe armoede nie.
Natuurlik het apartheid ’n rol daarin gespeel, maar daar was eweneens
geen landboutradisie voor apartheid nie, of selfs voor dit.
Maar wat is wel verplaas deur die pionierboere?
Drie tradisies: die swart bestaansboerderye in dele van die land, die
nomadiese jagter-versamelaarkultuur van byvoorbeeld die Khoisan (met
gepaardgaande volksmoord van hierdie eerste bewoners van die land deur
wit én swart), en die gedeeltelike verplasing van nomadiese beesboere
(ook swart, meestal Nguni).
Dié drie leefwyses het tog ook in ’n mate ’n vorm van historiese
seggenskap oor die land geïmpliseer.
En hulle het dit verloor – nie soseer deur fisieke geweld soos die ANC
dit wil hê nie, maar kultureel en ekonomies: Een soort ekonomie het
drie ander vorme daarvan verplaas (hoewel nie beroof nie) en sodoende
ontmagtig en onteien. Laat ons dit nie ontken nie.
Maar kom ons ontplooi die korrekte terme voordat ons praat van
restitusie.
Restitusie behoort nie plaas te vind omdat wit mense proporsioneel
meer van die land besit as swart mense nie. Proporsioneel en binne die
landboutradisie het wit boere niks verkeerd gedoen nie behalwe om
suksesvol te wees.
Hoe gaan ons toekomstige swart boere vergoed vir wat hulle verloor
het?
Hul ekonomieë was premodern en sou nie vertaal het tot ’n moderne
ekonomie nie. Helaas is hulle ’n kans ontneem om organies tot die punt
te ontwikkel waar hulle die keuse daartoe sou gehad het.
Dit het gebeur deurdat hulle hul kulturele lebensraum verloor het lank
voordat hulle daardie punt kon bereik het. En daarin sit onteenseglik
’n verlies. En wel een wat getakel moet word.
Die feit dat dít nie in Noord- of Suid-Amerika gedoen is nie, is geen
teenargument nie.
Ons het die kans op ’n ruimhartiger en billiker gemeenskaplike
toekoms.
Maar hou op lieg oor die terme. Want daardeur word hervorming in die
wiele gery, nie bevorder nie.
’n Tweejarige seuntjie het rustig in sy bababedjie gestaan toe
gemeenskapslede van Boschkop, in die ooste van Pretoria, gister afkom
op sy bebloede pa, wat gruwelik deur rowers aangerand is.
Sy pa het in die aantrekkamer van dié vertrek gelê.
Kort daarna het die seuntjie se ma by die huis aangekom en terwyl
paramedici gespook het om haar man se lewe te red, het sy sy hand
vasgehou en hom gesmeek om by te kom.
Mnr. Dirk Human (41) het egter op die toneel gesterf.
Sy vrou, Yolanda, was ná die gebeure te getraumatiseerd om met Beeld
te praat. Sy kon ook nie ’n verklaring by die polisie aflê nie.
Terwyl gemeenskaps- en polisielede buite die huis op die hoewe in
Mooiplaats, in die Boschkop-omgewing, gestaan het, het me. Yolande
Barnard, ’n vriendin van die Human-egpaar, daar aangekom. Sy het
ineengestort en in trane uitgebars toe die nuus oor Human se dood aan
haar oorgedra is.
Barnard het drie nagte gelede by die egpaar oornag.
Gisteroggend se aanval op Human is uitgevoer minder as 24 uur nadat
byna 300 gemeenskapslede eergister saam met lede van die plaaslike
polisiekantoor deelgeneem het aan ’n teenmisdaad-operasie.
Ao. Marinda Stoltz, polisiewoordvoerder, het gesê ’n onbekende aantal
mans het toegang tot Human se erf gekry. Hulle het die huishulp in
haar kamer toegesluit en Human in die huis aangehou.
Verskeie skote is geskiet in ’n struweling tussen hom en die rowers.
Hul ondersoek moet nog bepaal wie die skote geskiet het.
Dit is nie duidelik of Human getref is nie en die oorsaak van sy dood
moet nog bepaal word, het Stoltz gesê.
Beeld het verneem Human is ook met ’n skerp voorwerp in die gesig
gesteek, maar Stoltz kon dit nie bevestig nie.
Mnr. Johan van Wyk, ’n inwoner van dié gebied wat een van die eerste
mense op die toneel was, het gesê Human se buurvrou het die huishulp,
me. Lettie Lebina, se gille gehoor en omstreeks 07:20 gemeenskapslede
op die burgerbandradio in kennis gestel dat iets fout is.
Mev. Human en hul ander seun (8) het die huis omstreeks 06:50
verlaat.
Volgens Lebina het sy, terwyl sy in haar kamer toegesluit was, net ’n
“geraas” gehoor en iemand wat skree: “Skiet, skiet, skiet”.
Toe Van Wyk en nog twee buurtwaglede by die huis stilhou, het Lebina
vir hulle geskree die kind is in die huis. “Ons het in die huis
ingeloop en die seuntjie in die hoofslaapkamer gekry waar hy rustig in
sy bababedjie gestaan het,” het Van Wyk gesê.
“Hy het nie gehuil nie. Ons het sy pa in die aantrekkamer sien lê. Sy
pa was nét buite sy sig. Sy hande was met skoenveters vasgebind en sy
kop het in die kas gelê. Daar was baie bloed.
“Ons het met mond-tot-mond-asemhaling begin en gedoen wat ons kon
totdat die paramedici opgedaag het.”
Twee weke voordat Human vermoor is, het iemand ook probeer om by sy
huis in te breek.
Hy kon dit nie by die Boschkop-polisiekantoor aanmeld nie omdat dié
glo gesluit was, het Van Wyk beweer. Die huis is minder as 200 m van
dié polisiekantoor af.
Stoltz het by navraag gesê ’n polisiekantoor mag nie gesluit wees nie.
Volgens haar kon die deur toe gewees het weens die koue en het
beamptes moontlik in die kantoor agter in die aanklagkantoor gesit,
maar daar is altyd mense.
Human se Colt-bakkie wat geroof is, is ’n paar uur ná die voorval
verlate deur lede van die Pretoria-blitspatrollie in Mamelodi, in die
ooste van Pretoria, gekry.
’n Saak van moord en huisroof word deur die Bronkhorstspruit-trio-
taakspan ondersoek.
Die inwoners van nege strate in die woonbuurte Eldoraigne, Pretoria,
en Wierdapark, Centurion, kan met tydelike toegangsbeheerstrukture
teen misdaad beskerm word nadat ’n skikkingsooreenkoms daaroor met die
Tshwane-metroraad bereik is.
Die skikking, wat die metroraad met die Eldoraigne-uitbreiding 18-
veiligheidsdorp bereik het, is ’n bevel van die hooggeregshof in
Pretoria gemaak.
Hiervolgens het die raad toestemming aan die veiligheidsdorp gegee om
die strukture op te rig hangende die oorweging en finale goedkeuring
daarvan kragtens die raad se beleid en die Wet op die Rasionalisering
van Plaaslike Regeringsake.
Indien die raad nie finale goedkeuring daarvoor gee nie, sal die
veiligheidsdorp binne sewe dae ná so ’n besluit die strukture verwyder
en die betrokke paaie rehabiliteer, lui die ooreenkoms.
Luidens die veiligheidsdorp se hofstukke is sy doel om die belange te
bevorder van inwoners van Eldoraigne se uitbreiding 18 en Wierdapark
se uitbreiding 2.
In 2000 is besluit om aansoek te doen kragtens dié wet om val- en
skuifhekke op openbare paaie in dié gebied op te rig om misdadigers
uit te hou.
Luidens die hofstukke het inwoners op eie houtjie hoër en elektriese
heinings, en kringtelevisiekameras aangebring, asook buurtwagte en
gewapende patrolliedienste aangestel.
Hoewel van dié maatreëls misdaad verlaag het, “het die vlak van
misdaad op onaanvaarbaar hoë vlakke voortgeduur”.
“Talle mense het die gebied verlaat en verhuis na veiliger gebiede of
die land verlaat. Dié wat agtergebly het, het in konstante vrees
geleef.
Gebiede wat suksesvol toegangsbeheer ingestel en bykans ’n 100%-daling
in misdaad beleef het binne hul afgesperde gebiede, het ’n
buitengewone styging in hul eiendomswaardes gesien...”
Mnr. Johannes Bernardus Wessels Meyer, ’n sakeman van Wierdapark en
voorsitter van die veiligheidsdorp se direksie, sê in ’n verklaring
van Januarie 1998 tot Julie 2000 het die misdaadvoorvalle in dié
gebied van 36 tot 88 voorvalle per maand gestyg.
“Dit het duidelik geword dat die polisie nie die vermoë het om misdaad
te bekamp of selfs voldoende reaksie te kan verskaf nie.”
Om die aansoek om die oprigting van die strukture te kon indien, is ’n
art.21-maatskappy gestig.
Daar is in Mei 2001 gestem oor die saak en 75% van die huishoudings in
die gebied het die voorstel gesteun.
PRETORIA - Zuid-Afrikaanse wetten uit de tijd van de apartheid (1948-1994)
plagen het land tot op de dag van vandaag, ook al zijn ze afgeschaft. Dat
heeft president Jacob Zuma dinsdag in Pretoria gezegd tijdens de nationale
viering van Vrijheidsdag, berichtte persbureau SAPA. Precies zestien jaar
geleden mochten voor het eerst alle inwoners van boven de achttien hun stem
uitbrengen.
"Onze bevolking heeft nog dagelijks te lijden van de gevolgen van de Group
Areas Act", aldus Zuma. Dat is de wet die bepaalde dat de verschillende
bevolkingsgroepen in aparte gebieden moesten wonen. "Veel mensen wonen nog
steeds op plekken die destijds aan zwarten werden toegewezen, ver weg van
economische kansen en openbare faciliteiten", sprak Zuma tot een menigte van
enkele duizenden toehoorders.
De president benadrukte dat alleen de reiskosten al een zware wissel trekken
op het leven van de armen. Volgens Zuma is dit een van de vele problemen die
moeten worden aangepakt om er zeker van te zijn dat mensen "de vruchten van
de vrijheid kunnen plukken".
Ook volgens studentenleider Mbulelo Mandlana valt er nog weinig te vieren.
Hij stelt dat de rassenscheiding is vervangen door economische apartheid.
"We hebben een democratie geschapen die de rijken het recht geeft het land
op politiek en economisch gebied te regeren." Zuid-Afrika is een van de
landen met het grootste verschil tussen rijk en arm ter wereld. Mandlana
riep studenten en arbeiders op in het geweer te komen tegen kapitalisme en
neoliberalisme. Hij verklaarde Vrijheidsdag pas te gaan vieren als onderwijs
gratis is.
**** ***** ****** *****
Grtz. Albert
www.sabroso.cjb.net
"Wit en swart werkers is verenig in hul veroordeling van 'n swartbemagtigingsmaatskappy wat hulle die laaste tyd nie betaal het nie. Elise Tempelhoff berig oor die werkers by die Grootvlei-myn se hartroerende lot."
Die eenjarige babameisie wat erg aangerand is, se oppasser het een
rower glo ingelaat en TV saam met hom gekyk voordat sy en die baba
aangeval en beroof is.
The Times het Maandagoggend berig me. Francina Sekhu het beken dat sy
die een rower in die huis ingelaat en TV gekyk het. Hulle het glo
vriende gemaak toe die man vroeërr in die jaar deel was van 'n bouspan
wat huisverberterings by die huis gedoen het.
Intussen het mnr. Bertus Kruger (42) gesê hy is “bly” dat twee
verdagtes in hegtenis is.
Hy het bygevoeg dokters is “versigtig optimisties” oor sy eenjarige
dogter se toestand.
Volgens me. Liezel Furlong, woordvoerder van die Sandton Medi-Clinic,
is haar toestand “ernstig, maar stabiel”.
Twee mans sal vandag in die Johannesburgse landdroshof verskyn op
aanklagte van poging tot moord en roof ná die aanval op die babameisie
en haar oppasser verlede Donderdag.
Die verdagtes, onderskeidelik 23 en 25 jaar oud, het glo vroeër
vanjaar as deel van ’n span bouers werk gedoen aan die huis in
Robindale, Randburg, waar die aanval plaasgevind het.
Lt.kol. Eugene Opperman, polisiewoordvoerder, het gesê die verdagtes
is eergisteraand in Alexandra vasgetrek.
Goedere wat tydens die aanval geroof is, is in hul besit gevind.
Opperman wou nie sê of dit die skootrekenaar insluit wat tydens die
rooftog gebuit is nie.
Opperman het gesê speurders van die Hillbrow-triotaakspan het “dag en
nag met min slaap gewerk” om die verdagtes op te spoor.
Die rowers het verlede Donderdag toegeslaan en Sekhu vasgebind en
aangerand en toe ook die baba begin slaan.
Sekhu is in ’n stabiele toestand in die Helen Joseph-hospitaal.
Ek glo dat alle expats al die een of ander tyd moes hoor hoe hulle
lafaards is en weghol terwyl die handjievol blankes wat oorbly moet
veg om daaglikse oorlewing.
Twee jaar gelede het ek en my vrou, na ‘n mislukte kaping, besef dat
dit moontlik ons laaste waarskuwing is en ons vertrek na Nieu-Seeland
beplan. Dit het ons groot hartseer en baie finansiele frustrasie gekos
maar ons het dit altyd in ons agterkop gehou dat ons weer ons voete in
Afrika sal vind, wanneer “dinge beter gaan”.
Ons woon nou al 18 maande oorsee en ons dogtertjie is hier gebore, ‘n
Kiwi en nou bykans sewe maande oud.
Ek lees amper elke dag Beeld in die hoop dat dinge verbeter in SA en
ons familie en vriende veilig sal wees. Dit was ‘n groot skok dat ons
oor die paasnaweek van ET se dood verneem het en daar was ‘n
onwillekeurige opwelling van patriotisme in my gemoed.
Ek was kwaad, emosioneel en bang vir die gevolg vir die Afrikaner.
Bang vir die boere en die Boere omdat daar vir ‘n barbaarse,
bloeddorstige, arm en moedswillige boosdoener geen onderskeid aan ‘n
wit vel is nie. Die opsweep wat dit in die media gehad het, het dinge
vir die buiteland laat lyk of omgekeerde rassisme die oorhand gekry
het.
Met die gevolg lees ek die berigte in Beeld met oë ingeskerp op
artikels wat geskryf word om nie rassisties voor te kom nie, maar wel
deur naamsgebruik die ras ‘weggee’ van die teiken. Die aanvallers,
indien hulle aangekeer word, word nie altyd genoem nie, maar dit is
nie te moeilik om twee en twee bymekaar te sit nie.
Die afgelope twee weke was daar ‘n duidelike toename aan gewelddadige
inbrake en moord asook in die getal van die aanvallers. Verder merk ek
op dat daar ‘n spesifieke poging deur die media gedoen word om te
beklemtoon hoe spesifiek swart omstanders blanke mense bystaan in hul
nood. Is dit toevallig of lees ek dit nou eers raak?
Toe ek vandag oudergewoonte die koerant gedurende my etenstyd oopmaak,
was die eerste artikel wat ek lees van die baba wat geslaan is.
‘n Weerlose kind! My keel het op ‘n knop getrek en ek het besef dat
indien ons nog in SA was, dit dalk my kind kon gewees het. Ek is
bekend vir my kort-van-draad-humeur en moet erken dat as so iets my
sou tref, ek nie lewend tronk toe sou gaan nie.
Patriotisme het intussen vir my doodgegaan en ek weet nou dat geen
grond, kultuur of taal die bloed van my kind werd is nie.
Patriotisme is ook geensins my vrou of kind se verkragting werd nie.
Afrika, ek vee jou stof van my voete af. Jy het my volk se kennis, ons
erfstuk gesteel en is vet gevoer op ons voorvaders se ideale.
Steeds neem jy sonder vergoeding en verkleineer jy die Afrikaner wat
deur bloed en sweet uit jou gebore is.
Die volk wat lig na jou donker dieptes gebring het verbrysel jy onder
‘n skurwe hakskeen.
Vir die wat agter moèt bly hoop ek van harte dat selfbeskikking op die
nabye horison lê, anders is volksmoord ‘n realiteit.
Sommer net weer 'n 'hallo' en bevestiging dat 'geen terugvoering'
beteken beslis nié dat jou pos nie gelees word nie. Tye (lees jare)
gelede het ek dit gedoen wat jy nou doen. En aanvalle gekry van
vlugtelinge, wat my verstom het. En laat wonder het waarvan
hulle gevlug het; gevlug vir blankes?
Glo my, jou pos word gereeld gelees. Ek lees dit, Gloudina lees dit,
haar man wat (probeer) voorgee dat hy nie Afrikaans is nie, lees dit,
Ferdi gebruik dit (*miskien) vir inligting by sy joernalistieke werk
(sonder om aan jou erkenning te gee), Riaan lees dit en kry skaam
omdat hy nooit iets van waarde gedoen het vir hierdie nuusgroep nie,
Jonas lees dit en wonder waarom hy enFerdi mekaar nie gebliksem het en
vriende geword het nie, Suidwester lees dit en besef dat Swapo en ANC
is dieselfde scrap. En glo my, gloudina en haar mannetjie is nie die
enigste idiote wat lees wat jy skryf nie. Daar is vele meer veraaiers
as slegs hulle, wat besef hoe onosel hulle is.
Gaan voort my vriend. Soos jy weet, lees selfs die kaaskoppe,
wat moeite gedoen het om 'n blanke regering af te breek,
jou pos.