Niks opwindends (is dit reg gespel?) in die land van die Vikings nie - net
'n lot bespiegeling met die dat Noord Ierland nou hul eerste Eerste Minister
David Trimble, gekies het met baie mense wat tevrede is en 'n hele spul wat
baie ongelukkig is. Dinge het volgens berigte en foto's in 'n groot sirkus
ontaard na die nuus bekend gemaak is, amper soos daardie keer in die Suid
Afrikaanse Parlement.
Daar is daagliks nuus van maatskappye wat gedwing word om hul deure te sluit
of om mense af te dank en vandag was geen uitsondering. Een van die
grootste koerante, die Irish Times, het aangekondig dat hulle 250 mense moet
laat gaan en gevra of daar dalk enige vrywilligers is, sal maar sien môre of
daar eniges is.
Piet koop 'n duur papegaai, een van daai groot helderkleuriges. Kort
na hy by die huis kom toe kom hy agter dat die papegaai 'n attitude
het wat skrik vir niks en 'n woordeskat wat daarby pas. Dis net sonder
ophou 'n luide, aggressiewe geswets.
Dae lank probeer Piet alles om die papegaai te kalmeer. Hy praat sag,
speel strelende musiek, maar dit help niks.
Na so 'n week of wat kan hy dit nie meer uithou nie. Hy bekruip die
papegaai van agter, gryp hom aan kop en bene en smyt hom in die
vrieskas. Die papegaai vloek vreeslik maar net vir so paar sekondes
toe's dit tjoepstil.
Na so rukkie kom Piet tot sy sinne en besef dat daai 'n duur saak is
en dat hy die papegaai liewer maar moet verkoop, al is dit vir
halfprys.
Maak die vrieskas se deur oop, die papegaai strompel uit en begin
dadelik met 'n sagte stem praat; "Meneer," se hy, "ek wil u uit die
diepte van my hart om verskoning vra oor my gedrag van die laaste paar
dae. Ek belowe u baie ernstig dat dit nooit weer sal gebeur nie."
Die papegaai loop strammerig weg en toe hy so entjie weg is toe loer
hy terug oor sy skouer en vra, "Wat op die aarde het die hoender
verkeerd gedoen?"
> Subject: FW: DIE LEGENDE VAN DIE MIER EN DIE SPRINKAAN
>
>
>
> ------------------------------------------------------------ -------
> DIE OORSPRONKLIKE LEGENDE:
> Lank gelede het 'n mier en 'n sprinkaan saam op dieselfde stuk veld
> gewoon. Gedurende die somer het hierdie mier dag en nag gewerk sodat hy
> genoegsame voorraad kon inbring vir die naderende winter. Hy het selfs sy
> huis so ingerig dat hy warm en beskut sou wees gedurende die lang, koue
> maande.
>
> Intussen het die sprinkaan singend rondgehop en al die gras gevreet
> Waaraan hy behoefte gehad het. Ook het hy, sodra die drang tot paring in
> hom opgestu het, dit onverwyld met die eerste beste maat bevredig.
>
> Die winter het gekom en daarmee saam die bitter koue wat die gras laat
> Vrek het. In sy warm huisie het die mier geen tekort gehad nie, terwyl die
> sprinkaan - wat hom nie op die winter voorberei het nie van honger en
> ontbering omgekom, en 'n horde klein sprinkaantjies sonder kos of skuiling
> agter gelaat. Die legende leer mens dus om hard te werk sodat jy vir
> jouself en jou kroos kan sorg.
>
> DIE SUID AFRIKAANSE WEERGAWE:
>
> Die eerste deel van die storie is dieselfde, maar omdat dit in Suid-Afrika
> afspeel eindig dit nie daar nie . . . . . Die verhongerde, verkluimde
> nasaat van die sprinkaan wil weet hoekom die mier toegelaat word om warm
> gevoed te wees terwyl hulle reg langsaan in die aller haglikste
> omstandighede sonder kos en klere moet leef.
>
> 'n Televisie-span maak hulle opwagting en beeldsend tonele van die mier in
> sy gemaklike huis met 'n spens vol kos - en die wêreld is stom geslaan.
> "Hoe is dit moontlik?" vra hulle. "Moontlik vir die mier om in soveel
> weelde in hierdie lieflike omgewing te bly, terwyl die arme sprinkane so
> ly?"
>
> In 'n oogwink is SASU - die Suid Afrikaanse Sprinkaan Unie - gestig. Hulle
> kla die mier aan van "spesie diskriminasie" en beweer dat die sprinkane
> slagoffers is van 30 miljoen jaar se groen onderdrukking. Hulle loods 'n
> protesoptog voor die mier se huis en breek omtrent die hele straat af.
> Tydens 'n Televisie-onderhoud sê hulle almal dat indien daar nie gehoor
> gegee word aan hulle eise nie, hulle gedwing sal wees tot kriminele
> lewens. Net vir oefening steel hulle een van die TV-span se bagasie,
> vermoor die bestuurder en kaap die span se voertuig.
>
> Die GHK - Gryp en Herverdeel Kommissie - regverdig hierdie gedrag deur te
> sê dat dit die nalatenskap is van die mier se diskriminasie teenoor- en
> onderdrukking van die sprinkane. Hulle eis dat die miere die sprinkane om
> verskoning vra vir alles wat hulle, hulle aangedoen het en dat hulle die
> sprinkane vergoed vir alles wat nog ooit deur die geskiedenis heen aan 'n
> sprinkaan gedoen is.
>
> Die Regering plaas EEVA - Ekonomiese Egalisasie Van Agtergeblewenes -op
> Die wetboeke, terugwerkend tot aan die begin van die somer. Die mier word
> beboet omdat hy nie genoegsaam groen insekte in sy diens het nie, en omdat
> hy niks oor het om sy agterstallige belastings mee te betaal nie, vat die
> Staat sy huis vir her- verdeling. Die verhaal eindig waar die sprinkaan
> weglê aan die laaste bietjie van die mier se voedsel terwyl die Staatshuis
> waarin hy bly - wat net toevallig die mier se gewese tuiste is - rondom
> hom inmekaar val omdat hy nie weet hoe om dit in stand te hou nie, en
> eerlikwaar ook glad nie omgee nie.
>
> Op die TV - wat hy en 'n paar van sy vriende van 'n ander mier gesteel het
> sien die sprinkaan die President voor 'n klomp wilde dansende en luid
> singende sprinkane staan en aankondig dat 'n nuwe era van "gelykheid" op
> die veld aangebreek het. Intussen word die mier nie toegelaat om te werk
> nie, want hy is histories deur die veld bevoordeel. In sy plek is tien
> sprinkane aangestel- drie in baie senior posisies met byvoordele - om die
> gras in te samel voor die winter. Maar dit lyk asof dit nie die verlangde
> resultate lewer nie, want die sprinkane werk net twee ure per dag - net op
> die dae waarop hulle opdaag vir werk - en steel dan die helfte van alles
> wat hulle in daardie tyd geoes het.
>
> Dan is dit weer winter, en te min gras is geoes. En die sprinkane staak en
> eis 'n 150% loon-verhoging sodat hulle kos kan koop. Kos wat nou ingevoer
> moet word omdat die sprinkane nie genoegsame voedsel op hulle eie veld kan
> produseer nie. Die mier pak sy tassies en emigreer na 'n ander veld toe
> waar hy 'n hoogs suksesvolle voedselmaatskappy begin en 'n miljoenêr word
> deur kos uit te voer na sy ou veld toe.
"Grahame" skryf in boodskap news:9s91ub$dl5$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> Ek het besluit om almal te wys hoe ek lyk. Net soos Reisiger sal ek enige
> negatiewe opmerkings ignoreer.
>
Grahame ou Seun
Doen ons 'n guns - as jy 'n aanhangsel of enige attachment wil insluit in
jou boodskappe, waarsku ons asb. in die onderwerp sodat dié van ons wat nie
wil sit en wag vir iets wat lank vat om af te laai nie, dit nie hoef oop te
maak nie. Dankie by voorbaat.
My wêreld - ons moet toe vandag hoor dat die staat al lank werk aan 'n
basiese toelaag vir almal.
Geen ander besonderhede nie - net die genadige nuus dat dit nog nie vir die
volgende begroting in werking sal kan tree nie.
Dis nou nie meer aan die wat het, sal gegee word nie.
Dit is nou, daar sal gegee word, of jy dit het of te not.
Dit is wat vir my so wonderlik is van ons nuwe, deursigtige regering - sulke
ou verassinkies wat die alledaagse lewe tog so opwindend maak, en ons die
telefoonlyne laat rooi bel, en die briewekolomme in koerante en tydskrifte
laat oorloop van spekulasie op wat die voorgestelde toelaag gegrond gaan
wees..
Ek het nog steeds nie vergeet en herstel van die verassende aankondiging
skok van ons nuwe embleem
en leuse nie:))
Wie hier kan die leuse hier skryf uit die kop uit of selfs onthou?
Die beste wat ek kan doen:
Fxee Fxi Fxo Fxlum:
Annette
'n Prokureur, 'n dokter en 'n wetenskaplike sit en bespreek die
voordele en nadele van vrouens (soos in gades) en minnaresse.
Se die prokureur; "Nee wat, 'n minnares is baie beter. Dit gee jou
meer vryheid, dalk meer opwinding en daar's geen kans op 'n morsige en
duur egskeiding nie."
Antwoord die dokter; "Ek stem nie saam nie. 'n Vrou gee stabiliteit en
sekuriteit. En egskeidings is in elk geval nie verpligtend nie."
Toe kom die wetenskaplike aan die beurt; "Ek stem nie saam met een van
julle nie. Dis beter om altwee te he. As jou vrou dan dink jy's by die
minnares en die minnares dink jy's by jou vrou, dan kan jy bietjie
navorsing doen."
Jammer - dit was nie vir die groep bedoel nie - nou weet almal van julle hoe
klink my Vrystaatse Engels:((
Annette
> African)
> First time ever the host nation is not the overall winner.
> Says a lot for the fairness of our judges:))
> SA the winner in the open-braai contest though.
> Next year the contest will be in the USA.
> Annette
>
Die Switzers het toe die algehele kompetisie gewen.
Blykbaar is die vrou van die leier 'n Suid-Afrikaner.
Ek neem aan hulle clockwork precision was 'n bietjie te veel vir die
ontspanne beoordelaars:)))
Annette