Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Die Verskil - Antwoord

Wo., 05 Desember 2001 21:14

Die antwoord is in die smaail.
Die se smaail is horisontaal, en die ander een vertikaal:)))
Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Marike de Klerk

Wo., 05 Desember 2001 12:24

Is glo vermoor. Haar lyk is gevind 36 uur nadat sy gesterf het.
Daar was met 'n skerp voorwerp in haar rug gesteek, en sy is verwurg.
Sy was in haar nagklere geklee.
Geen artikels word uit die huis/woonstel vermis nie.
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Middelvlei '98 Rooie

Wo., 05 Desember 2001 09:34

Annedde, jy moed tog kyk of jy 'n '98 Middelvlei Pinodage-Merlod in die
hande kan kry. Sonder enige dwyfel een van die besdes wat ek in baie jare
genied hed.
Sakkie

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

When Harry met Riaan ...

Wo., 05 Desember 2001 09:21

Is Harry Viljoen die vlieg innie salf?
Ek kry die indruk dat Riaan Oberholzer homself op die agtergrond hou - maar,
dat hy nou tot verantwoording geroep moet word.
Ek vertrou die MWU pluk SARVU behoorlik innie bek ...

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Geselsgroepe

Wo., 05 Desember 2001 08:45

Ek kan verstaan dat mense aan 'n ng. skryf. Dis 'n groep mense wat 'n
sinnelose gebabbel voer oor allerhande oninteressante onderwerpe. ;)

Maar waarom "chat" mense met vreemdes op geselsgroepe? Ken julle iemand wat
'behoort' aan so 'n groep, wat sê hulle daarvan? Wat dink julle daarvan?

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Re: Time artikel

Wo., 05 Desember 2001 07:29

Ons moet dit tog toets op ons groepie. Dit kan baie interresant raak.
:-))))

"Kathryn Janeway" skryf in boodskap news:urdr0u4ajigienet415guj39vm48aki3rq@4ax.com...
> In Lance Morrow se artikel oor "Who's more arrogant" vind ek toe
> hierdie vreeslike waar woorde:
>
> "Al-Maydan's spittle-spraying, six-count indictment of America
> illustrates the principle that a person, when ranting about others,
> often describes himself."
>
> Interessant nê? Baie waar woorde daai!
>

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Nuus 5/11

Wo., 05 Desember 2001 06:17

Marike de Klerk - FW se eks - is dood in haar woonstel aangetref.
Ons sal glo later hoor wat die oorsaak was.
Annette

Nuus | 1 kommentaar

Koos Streaker

Wo., 05 Desember 2001 05:33

Koos ( vdM) word uitgedaag om 'n kaalnaeler te wees by 'n krieketwedtryd
saam met 2 maats. Hy het sy bedenkinge, want hy wil nie gearresteer word
nie.
Hy word toe vertel dat as hy gevang word, moet hy net 'n vals naam en adres
te verskaf.
Koos sê toe hy is 'n eerlike outjie - hy kan nie so vinnig aan vals name
dink nie - hy word toe vertel om net daar om die veld na die
advertensieborede te kyk - hy sal daar sommer 'n naam kan lees.
Gaaf, hulle hol toe kaal, en so halfpad oor die veld toe word hulle
platgetrek deur die mense wat diens doen vir daardie doel.
SB: Naam?
Vriend 1:
Phil.
SB: Van?
Vriend 1: Morkel
En 'n vals adres word ook gegee.
SB: Naam?
Vriend 2: Peter
SB: Van?
Vriend 2: Van der Merwe
En 'n vals adres word gegee.
SB: Naam?
Koos: Ken
Van?
Koos: Tuckyfriedchicken.
:))
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Wat is die verskil?

Wo., 05 Desember 2001 04:34

Tussen 'n padda en 'n parra?
Annette

Koeitjies & kalfies | 21 kommentare

Ik begin te begryp wat in SA gebeur.

Di., 04 Desember 2001 21:27

Hallo, elkeen,

Ek lees nou al meer dan 'n jaar die artikels van hierdie nuusgroep op
me rekenaar in Vlaanderen.
Ek het hier al veel geleer oor die land en se probleme. Ek het
aanvanklik die Suidafrikaanse mense nie goed begryp nie veral nie
toe steeds maar weer die probleem van die Apartheid aan die orde
gekom het (of die gevolge van die afskaffing daarvan).
Ons in Europa (en elders) dink gemaklik baie witmense van SA is
rassehaters en onderdrukkers van die swartmense maar ek glo dis
nie die waarheid nie. Ek glo die probleem van SA is so 'n bietjie soos
die probleem onder Israeliete en Palestyne. Dis die opruiing deur
aktiviste en geslepe politici wat mense wreed en sleg teenoor mekaar
maak.
Wat mense steeds weer vergeet is dat politici slegs aan hulle self
dink en nie aan die mense wat hulle vertegenwoordig nie. Valse profete

is orals. Politiek is 'n smerig spel.

Die groete van

Norbert (uit Vlaanderen)

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Bladsye (1834): [ «    815  816  817  818  819  820  821  822  823  824  825  826  827  828  829  830    »]
Tyd nou: So. Jan. 18 09:57:42 UTC 2026