Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Koper armbande

Do., 06 Desember 2001 12:39

Is hier iemand wat persoonlike ondervinding het van die dra van 'n koper
armband vir jig/arthritus. Werk dit?

Gesondheid & boereraat | 16 kommentare

Re: DATE OF PASSIVE RESISTANCE CAMPAIGN

Do., 06 Desember 2001 10:42

Ek onthou 'n bespreking van so 'n paar maande gelede wat gehandel het oor
44DD(??terminologie??). Ek is seker jy sal 'n plan kan maak. ;-))))))

"Annette" skryf in boodskap news:9unecq$9g2j4$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> O gits!! As ek aan beide kante moet hande vashou, hoe gaan ek my toeterjie
> blaas?:)))
> Annette
>

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Perskes

Do., 06 Desember 2001 08:07

Iewers hier onder het Annette en Thys die lof van perskes besing, dalk
omdat ek vroeer genoem het dat deesdae se taaipitperskes smaakloos is.
Koop toe op hulle aanbeveling vir my laasweek 'n plat boksie
geelperskes. Mooi, maar met die tekstuur van rou pampoen en 'n
perskegeur en -smaak wat mens nou nie eintlik kan agterkom nie. En
hulle is ryp. Dit sal die Kapenaars seker groot plesier verskaf om te
hoor die goed se naam is Transvalia.

Iets anders: Lees gister 'n koerantberig op die Net oor 'n persoon in
Israel wat navorsing doen op knoffel om te sien wat dit bevat wat maak
dat luise van jou afval. Dit sluit af deur te noem dat daai persoon
elke oggend knoffel eet.
Met Yoghurt! Good grief.

Groete, Drom

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Die Verskil - Antwoord

Wo., 05 Desember 2001 21:14

Die antwoord is in die smaail.
Die se smaail is horisontaal, en die ander een vertikaal:)))
Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Marike de Klerk

Wo., 05 Desember 2001 12:24

Is glo vermoor. Haar lyk is gevind 36 uur nadat sy gesterf het.
Daar was met 'n skerp voorwerp in haar rug gesteek, en sy is verwurg.
Sy was in haar nagklere geklee.
Geen artikels word uit die huis/woonstel vermis nie.
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Middelvlei '98 Rooie

Wo., 05 Desember 2001 09:34

Annedde, jy moed tog kyk of jy 'n '98 Middelvlei Pinodage-Merlod in die
hande kan kry. Sonder enige dwyfel een van die besdes wat ek in baie jare
genied hed.
Sakkie

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

When Harry met Riaan ...

Wo., 05 Desember 2001 09:21

Is Harry Viljoen die vlieg innie salf?
Ek kry die indruk dat Riaan Oberholzer homself op die agtergrond hou - maar,
dat hy nou tot verantwoording geroep moet word.
Ek vertrou die MWU pluk SARVU behoorlik innie bek ...

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Geselsgroepe

Wo., 05 Desember 2001 08:45

Ek kan verstaan dat mense aan 'n ng. skryf. Dis 'n groep mense wat 'n
sinnelose gebabbel voer oor allerhande oninteressante onderwerpe. ;)

Maar waarom "chat" mense met vreemdes op geselsgroepe? Ken julle iemand wat
'behoort' aan so 'n groep, wat sê hulle daarvan? Wat dink julle daarvan?

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Re: Time artikel

Wo., 05 Desember 2001 07:29

Ons moet dit tog toets op ons groepie. Dit kan baie interresant raak.
:-))))

"Kathryn Janeway" skryf in boodskap news:urdr0u4ajigienet415guj39vm48aki3rq@4ax.com...
> In Lance Morrow se artikel oor "Who's more arrogant" vind ek toe
> hierdie vreeslike waar woorde:
>
> "Al-Maydan's spittle-spraying, six-count indictment of America
> illustrates the principle that a person, when ranting about others,
> often describes himself."
>
> Interessant nê? Baie waar woorde daai!
>

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Nuus 5/11

Wo., 05 Desember 2001 06:17

Marike de Klerk - FW se eks - is dood in haar woonstel aangetref.
Ons sal glo later hoor wat die oorsaak was.
Annette

Nuus | 1 kommentaar

Bladsye (1834): [ «    815  816  817  818  819  820  821  822  823  824  825  826  827  828  829  830    »]
Tyd nou: Ma. Mrt. 09 18:11:58 UTC 2026