Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Raaisel oor die spelling van 'n ton bakstene

Vr., 11 Januarie 2002 07:27

Hoe spel mens dit?

Wil iemand dit waag?

T op B

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

'n Sterke Rand...

Do., 10 Januarie 2002 22:14

Ek het die nuusbrief van Moneymax gelees...
Hulle spreek weer oor 'n sterke Rand!..
Inderdaad, die Rand het so'n tien persent gerevalueer die laaste
week...
Maar as ek sien teenoor twee jare gelede, het daai nog steeds
38 persent van se toenmalige werd kwyt!
Ek moet daarmee lag!! Dis so'n bietjie soos die droogte tussen
die reënbuie! Maar ek stem saam: optimisme is nie sleg nie!

Die groete van

Norbert (uit Vlaaderen)

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

audio cassettes for Teach Yourself Afrikaans?

Do., 10 Januarie 2002 09:39

Hello all!

I've just bought myself the book "Teach Yourself Afrikaans" by H. van
Schalkwyk, and I've heard around that someone has made cassette recordings
of the dialogues in that book. Does anyone know where I could order them
from?

Thanking you in advance,
Yours sincerely,

K. A. Robb

Language Help/ Taalhulp/ Sprachhilfe | 0 kommentare

Fakkeldraers.

Do., 10 Januarie 2002 08:33

Nou net oor die nuus gehoor dat die Olimpiese Fakkel vir die eerste keer
ooit na Suid Afrika kom op pad na Griekeland.
Sal my Verkenner uniform moet gaan uitstryk, want kyk, die Voortrekkers was
van kleinsaf geleer om met 'n fakkel te draf - niemand is beter opgelei
daarvoor nie;)))
Annette

Koeitjies & kalfies | 12 kommentare

Tar and Cement

Do., 10 Januarie 2002 03:08

Wie onthou die liedjie Tar and Cement gesing deur Verdelle Smith?
Ek sit nou en lees al die nuus (geen update van Annette sover nie) hier op
die ng, want die slaap ontwyk my, en ek luister na bogenoemde musiek en dis
so mooi ek pik amper 'n traan.
Dit kom van die CD Yesterdays Best Vol1 - 'n cd wat uit engelse opnames deur
slegs Suid-Afrikaanse kunstenaars bestaan, onder andere Connie Francis se
Where the Boys Are, Maria se Clap Your Hands, Sean Rennie se Charlie en nog
vele ander. Dit is hoe musiek behoort te klink.

Musiek & liriek | 31 kommentare

Vermiste Persoon.

Wo., 09 Januarie 2002 06:47

Ek is op soek na inligting aangaande 'n persoon, lewend of dood (Sterfte
sertifikaat), aangesien Die Dept. van Binnelandse Sake nie my kan of wil
help nie.

Ignatius Luttmer, noemnaam: Natie.
Gebore: 17 September 1913 te Groningen, Nederland

Vertek na Suid-Afrika in 1936 om te kom werk in die Mutsaers (Kinderwagen)
fabriek, maar het nooit werklik daar begin werk nie.

Die persoon het moontlik gely aan Skisofrenie, of Sifilis en is opgeneem in
die destydse Ou Fort. Die was oorgeneem deur die Weermag en toe is hy
oorgplaas na die Psigiatriese Kliniek: Oranje Hospitaal te Bloemfontein.
Tydens sy verblyf daar het hy Grondparool gekry, kon kom en gaan soos hy
wil. Dros blykbaar vanaf die Hospitaal.

Hy was daar bekend gewees as Luthmer.

Die laaste skriftelike kontak met die Hospitaal was in 1967 deur Hero
Luttmer, Nederland (Ignatius se broer).

Hero Luttmer word binnekort 85, en sal graag wil weet of sy broer nog lewe,
of hy familie het, indien hy dood is, 'n sterfte sertifikaat.

Ek sal dit waardeer indien enige iemand my kan inligting gee of wie om dalk
te kontak met so 'n geval.

Kobie Jooste
jjo...@omnia.co.za
(011) 709 8821 (W)

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Griekwa Psalms CD

Di., 08 Januarie 2002 18:14

Diegene van julle daar ver wat koudkry en of verlang - die CD van Randall
Wicomb se toonsettings van die Griekwapsalms is nou beskikbaar.
Lekker liedjies jong, mens se voete trap sommer stof:)))
Mooi woorde ook.

Een van die dae sal ek in alle ernstigheid kan sê ek het gedans toe die
Onse Vader gespeel is;))))

Elk geval - die wat wil kan vir my 'n e-pos stuur, en ek sal die CD aan
julle kan pos.
Dit is my liefdesdaad vir julle mense hier ( en my goeie daad vir hierdie
dekade:)) ) - julle betaal slegs vir die CD en die posgeld. Ek vra niks vir
my moeite, verdriet en geduld om dit gepos te kry nie:))
--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Rooiwyn syper:))

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Suid-Afrika se krieketspan

Di., 08 Januarie 2002 17:23

Suid-Afrika se krieketspan, nasiebou-onthalwe tot 'n blommetjiespan, oftewel
dan die Proteas, herdoop, het nie te goed en ook nie te sleg gevaar nie,
hier verloor, daar gewen. Dit was totdat die heer Percy Sonn, president van
die Verenigde Krieketraad van Suid-Afrika, met transformasiewoede soos 'n
renoster met beslaande pote op die veld gestorm, die baanblad vertrap, die
kaptein gegaffel en die paaltjies uitmekaar geskop het. Figuurlik gesproke
natuurlik, want dit is die indruk wat sy sosialisties vertoornde aanval op
kaptein Shaun Pollock en die keurkomitee gewek het. Selfs die Aussies was
stomgeslaan by die aanskoue van soveel regstellende woede.

Die span se moraal was daarmee heen en die heer Sonn het die oorwinning as't
ware op 'n skinkbord aan die Aussies gegee. Die arme Justin Ontong se
selfbeeld is, so vermoed ons, so laag soos 'n speler s'n maar kan wees wat
deur sulke outoritêre optrede oop 'n span afgedwing is net omdat hy
nie-blank is en nadat 'n meer verdienstelike speler deur die keurkomitee bo
hom verkies was.

Soos op sovele ander terreine van die nasionale lewe gaan dit deesdae in
Suid-Afrika ook in sport nie langer om meriete nie, maar om die afdwing van
'n ideologiese program van nasiebou. Trouens, meriete staan in die pad van
die transformeerders en dien eerder om hulle bloeddruk op te jaag.

Nivellering, eendersmaking en wel met dwang en wetgewing is die modus
oprandi van die regeerders en hulle luitenante. Selfs op sportgebied.

Waar arrogante optrede soos dié van die heer Sonn die Boerevolk teen die
bors stuit en sy nekhare laat rys, moet ons die wil tot verset wat dit wek
verwelkom. Die laaste wat ons wil hê is dat ons volksgenote - in die woorde
van die digter - soos honde wat mak is na die sweep die hand lek wat geslaan
het.

Ons is egter ook realisties. Ons besef Suid-Afrika word deur 'n
verskeidenheid volke en volksgroepe bewoon en dat harmonie tussen hulle
noodsaaklik is. Selfs nadat die Boerevolk weer sy selfbeskikking en
geografiese soewereiniteit herwin het, sal daar steeds so 'n verskeidenheid
in die res van die land wees.

'n Volk is, breedgesproke, 'n betreklik homogene groep met 'n eie taal,
kultuur, waardestelsel, geskiedenis en dies smeer. 'n Nasie bestaan uit 'n
verskeidenheid volke en groepe, saamgebind deur 'n gemeenskaplike lojaliteit
aan die staat.

As dit die huidige regeerders erns is met nasiebou, dan is optrede soos dié
van mnr Sonn so teenproduktief soos maar kan kom. 'n Nasie word nie deur 'n
gedwonge proigram van bo af gebou nie. Waar dit wel plaasvind is dit 'n
langsame en natuurlike proses waar groepe deur gemeenskaplike belange gebind
word, soos byvoorbeeld in Switserland.

Dit wat elders in die wêreld gebeur leer dat daardie gemeenskaplike
lojaliteit bevorder word waar die sentrale regering simpatiek en
akkommoderend jeens die behoeftes, strewes, kultuur en selfbeskikking van die
samestellende minderhede van die bevolking staan. Waar sodanige
selfbeskikking-behoeftes onderdruk word en integrasie in groepe se kele
afgedruk word, ja ook op sportgebied, daar wek dit weerstand wat tot aktiewe
verset, selfs insurgensie en gewelddadige afskeiding lei.

Dalk moet iemand wat dit nog durf om nie politiek korrek te wees nie,
hierdie waarheid 'n keer in die Sonns van die land se kele afdruk. Einde. 3
Januarie 2002.

Sport & ontspanning | 0 kommentare

slegs 'n lewensteken

Di., 08 Januarie 2002 16:56

Ons is nou in Walvisbaai - more gryp ons
die teerpad Vrystaat toe.
Suid-Wes is pragtig! - ons geniet!
die eerste week februarie vlieg
ons trug Nederland toe -
moenie boodskappies na my pos nie,
ek sal dese nie lees nie.
Patrick

Reis & vakansie | 0 kommentare

Verkeersboetes foto's

Di., 08 Januarie 2002 15:40

Hi almal

Wie weet wat die URL is om na verkeersoortreding foto's te gaan kyk?

Dankie

Koeitjies & kalfies | 24 kommentare

Bladsye (1835): [ «    805  806  807  808  809  810  811  812  813  814  815  816  817  818  819  820    »]
Tyd nou: Ma. Des. 22 02:51:35 UTC 2025