Sien nou net op my elektrisiteit rekening dat die Durban Metro
munisipaliteit nou bekend staan as "Ethekwini Municipality". Siende dat ek
hier so af en toe my belasting en goed betaal, sou 'n ou nou dink dat daar
iewers 'n bespreking sou wees waar almal hul opinie kon opper. Nou-ja, ons
ouens wat betaal is in die minderheid so jy moet seker maar jou bek hou.
"Ag pleeeze deddy" sal nie werk sonder Duhban nie. Jeremy sal maar sukkel.
Ek wonder wat so 'n naamsverandering kos en hoe regverdig 'n ou dit terwyl
ons ekonomie nou nie juis opslae maak nie.
Die gehalte van sy mediese navorsing is een van die maatstawwe waaraan 'n
land se graad van ontwikkeling gemeet word. Suid-Afrika het 'n lofwaardige
geskiedenis van hoëvlak-kundigheid en wetenskaplike prestasie op die gebied
van geneeskunde.
Ons was die Verenigde State inderdaad voor met die ontwikkeling van 'n
veilige entstof teen polio. Die eerste hartoorplanting op 3 Desember 1967
deur dr Chris Barnard was 'n epogmakende gebeurtenis in die geskiedenis van
die geneeskunde. Dit het nie net baie lyding verlig nie, maar nuwe deure in
die ontwikkeling van oorplantingtegnologie oopgemaak.
In 1987 het Suid-Afrika die twaalfde plek ten opsigte van mediese
navorsingsuitsette wêreldwyd beklee.
Vandag lewer die land min of geen bydrae op die gebied van mediese
navorsing. Prof. Anton van Niekerk, direkteur van Etiek aan die Universiteit
van Stellenbosch, stel dit op bedeesde wyse dat daardie tradisie tans onder
sterk druk is. In 'n artikel in Aambeeld, meningsblad van die Randse
Afrikaanse Universiteit, wys hy daarop dat fondse vir navorsing oor die
algemeen sedert 1994 drasties besnoei word.
Nog 'n belangrike rede vir die afname in tegnologies gesofistikeerde mediese
navorsing in Suid-Afrika is volgens prof Van Niekerk die toestande in die
openbare hospitale waartoe ook die tersiêre inrigtings behoort en waar die
navorsing wat mediese skole doen, steeds plaasvind.
Die geriewe by openbare hospitale het sedert 1994 drasties agteruitgegaan en
gruwelverhale word daagliks vertel oor die toestande daar. Op die koop toe
word al meer hospitale feitlik vol beset deur vigs-pasiënte.
Mediese skole ondervind die afgelope jare 'n volgehoue dreinering van
personeel na die private sektor of na die buiteland.
Van owerheidsweë word aangevoer dat primêre gesondheidsorg voorkeur moet
geniet. Uit ondersoeke blyk dit egter dat die situasie by klinieke, veral
die platteland waar dit die massa agtergeblewenes moet bedien, meesal ook
maar haglik is.
Mediese navorsing verskuif al meer na die private sektor waar die
belangrikste oogmerk finansiële wins is en die etiek van gemeenskapsbehoefte
nie so 'n sterk faktor is nie.
Op die koop toe is die owerheid antagonisties gesind jeens die groot
farmaseutiese maatskappye, selfs waar laasgenoemde wil saamwerk. Talle van
hierdie maatskappye beweer dat hulle in alle geval bereid is om middels
verniet of teen erg verlaagde pryse in 'n land soos Suid-Afrika beskikbaar
te stel, maar dat hulle nie die samewerking van die regering daartoe kry
nie.
Daar is hier en daar Boere-Afrikanergemeenskappe wat al sover gekom het om
eie klinieke op te rig en self verantwoordelikheid vir gesondheidsorg te
neem. Hulle is egter min en die omvang van Afrikanergeborgde
gesondheidsdienste klein.
Die situasie met mediese navorsing benadruk die noodsaaklikheid van 'n eie
Boere-Afrikaneruniversiteit met die nodige mediese navorsingsgeriewe,
hospitaal inkluis. Daarvoor is geld nodig want die owerhede is nie so 'n
inrigting of navorsing goedgesind nie. Daardie geld sal uit die
Afrikaner-private sektor moet kom. En daar sal genoeg oortuiging en moed
wees om probleme soos wetlike beperkinge te bowe te kom.
Die Kaap was soos in lekke, maar die week by Trekos daar teen dieWeskus was
die beste.Net jammer ek kan nie dar bly nie.
Ek sien hier het nie veel aan gegaan behalwe die usual nie.
Groete
Spook
Conversation enriches the understanding,
but solitude is the soul of genius.
Dinge lyk nou sommer weer baaaaie interessant hier - 'n gepratery oor
allerhande lekker dinge! En ek sien hier's 'n hele klomp diere hier - sal
darem nou nie te eensaam voel nie. En 'n hele klomp nuwe naampies: drie
skepies, wat 'ie weet hoe om hoofletters te gebruik 'ie (seker maar al die
swerftogte oppie see). En wat dan nou van Onse Karel? Ek hou van vis...
En pasop, Strepie, muise is gewoonlik my hoofdis! Het al 'n hele paar skewe
klappe van Ounooi gekry vir allie muise wat ek hier indra. En nogal 'n
Hantamkind ook - lyk my hy's maar ver vannie huis af.
En Sakkie neem ook weer meer deel - hierts! Hoeka laaaanklaas met 'n
boertjie gedans - lekker ou Sakkie-Sakkie. En Thys oppie Bos is weer op sy
stukke - allerhande rympies en raaiseltjies. En die Antie in K? Sy leef
nog? Ja-nee, onkruid vergaan nie maklik nie - hello, Antie. Onthou jy my?
Waar's Didi? Wat het julle met hom gemaak? Haai, Tobie en Danni! My
gemis, nê?
Wie's die groot beroerder onder die volk
wie's die een wat roer en roer en sukkel
met almal hier 'n storie te spin
wat altyd 'n woord inkry
en soms meer as net woord
soms sommer met venyn
altyd agterpotig orent te beur
oor als 'n stuiwer het
om in te gooi?
Zuid-Afrikaanse honden in blanke wijken grommen alleen
naar zwarten. Kwestie van training? Of zit het in hun genen?
Apartheid is voor honden nog niet voorbij.
De boerbul is een creatie van het apartheidsregime, dat behalve
racistische honden ook biologische en chemische
wapenprogramma's ontwikkelde om de zwarte bevolking uit te
roeien. In de jaren tachtig adverteerde de
rechts-extremistische Herstigte Nasionale Party naar
hartelust met de boerbul onder de slogan ,,racistische
waakhonden speciaal gefokt voor Zuid-Afrikaanse
omstandigheden''.
wat is fout met ons suid afrikanerkies? ons is die enigste nasie (en
ek was al in baieee lande) wat ek al tee gekom het wat dink dat die
verskaffer vir jou, die klient, `n guns doen as hy iets aan jou smous.
en laat jy nou net kla oor swak diens dan is jy die ongeskikste,
laagste slym wat daar is want hierdie mense probeer maar net `n lewe
maak. dit geld natuurlik van die eenman saak tot die groot corporates.
kliente diens in suid afrika is volgens my `n mite waarvan ons kinders
dalk net in storie boeke sal lees. ek persoonlik dink natuurlik dat
hierdie probleem ontstaan het as gevolg van die houding van blanke
afrikaners. ons weet maar net eenvoudig nie hoe om saam te staan nie.
weet goeters soos boikot. ons sit almal en kla bymekaar oor die swak
diens van x en y maar is nie bereid om bietjie verder na z toe te ry
nie. nie blanke suid afrikaners staan altyd saam as dit belangrik
word. tussen in donner hulle mekaar wel ja maar as dit saak maak dan
dans hulle. kom ons wat die m-web ding nou as `n voorbeeld. as almal
wat hulle dienste gebruik kanseleer sit hulle in die k@k. sulke mense
is nie tevrede met `n 15% margin nie, hulle wil 100% plus he en almal
val daarvoor. hoekom moet jy 15-30 minute na toilet musiek luister
voordat sekere instansies se kliente diens jou help. as jy mos nie
iemand kan help binne `n redelike tyd nie kry meer mense om te help.
en ja ek het my gat afgesukkel met multichoice die afgelope week.
net `n gedagte. use it, don't use it, whatever.
Threeships 'did you see that?' McDuck
www.mothership.co.za
666 - Number of the Beast
666A - Tenant of the Beast
664,668 - Neighbors of the Beast
66667-6666 - Zip Code+4 of the Beast (Topeka, KS)
Motel 666 - Lodging of the Beast
00666 - Beast, James Beast
666 Whitehall - Address of British Prime Minister Beast
666 Pennsylvania Ave - Address of husband of US Beast
vi vi vi - Editor of the Beast
6 - Acronym of the Beast
999 - The Australian Beast
666" - Baby Beast holding an apple
6o6 - Circumcision of the Beast
(38-22-35)666 - Beauty and the Beast
666666666666 - Stutter of the Beast
555 - Number of the Munchkin Beast
6*6^6~ - Number of the Professional Wrestling Beast
999 - Number of the dead Beast
sex-sex-sex - Number of the horny Beast
Wilde666 - The African savannah wildeBeast
NCC-666 - Starship of the Beast
NCC-666D - Starship of the Beast, The Next Generation
C666PO - Protocol droid of the Beast (fluent in over 6.66
million forms of damnation)
R666D666 - R666 unit of the Beast
666 666 - Stereo picture of the number of the Beast
666 999 - Number of the Beast with a two-fold axis
C666 - Fullerene of the Beast
111 - Empirical formula of the Beast
670 - Approximate number of the Beast
DCLXVI - Roman numeral of the Beast
666.0000 - Number of the High Precision Beast
0.666 - Number of the MilliBeast
1/666 - Reciprocal of the Beast
666i - Imaginary number of the Beast
-0.80901699 - Sin of the Beast
0.58778525 - Cos of the Beast
x^(666) - Power of the Beast
1-666 - One Less Beast
1010011010 - Binary of the Beast
Selfs hierdie simpel, stadige "Supernews" bediener wat Charter nou
aan ons opgedring het om te gebruik, ontvang nie binêre poste in
non-binêre groepe nie. Ek het darem op die ou manier die aanhegsels
van Wouter en vrinne gesien en dit was VREESLIK oulik!
Streepmuis sê: "jy loop op DUN ys ou maat...." dis al wat sy sê...:-)
Oor die veldmuis - ja, dis tyd dat hy my vergewe en terugkom. Bel hom
op daai selfoon wat gesteel was, en vra die persoon om 'n boodskap aan
hom af te lewer? :-))