Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Nuusies.

Ma., 21 Januarie 2002 06:13

1) Die 6 mans wat aangehou is sedert Oktober vir die verkragting van die 9
maande oue baba, is almal vrygelaat. DNA toetse het bewys nie een van hulle
was betrokke nie.
2) Harry Viljoen het bedank as Springbokrugbyafrigter.
Hy beskuldig grootliks die media wat hom gereeld beskuldig het dat hy nie sy
werk doen nie.
Ons het nou deur 8 afrigters gedraf in 10 jaar.
3) Bafana Bafana het nie 'n kat se kans om die Afrika beker te wen nie.
4) Daar was 'n vreeslike vulkaniese uitbarsting in die Kongo - voorbladnuus.
Tot die elemente span saam dat Mugabe se nonsens nie die voorblaaie haal
nie.
5) Die sekerheidswag wat aangehou word vir Marike de Klerk se moord, het
beweer dat haar dansinstrukteur haar moordenaar was. Ongelukkig het die man
'n waterdigte alibi gehad.
Ek het toe uiteindelik 'n foto van die wag gesien - en daardie mannetjie sal
ek nie eers vertrou as hy met 'n brood in sy hand die brood aan my wil
verkoop nie.
6) My Roomy het die vakansie die Chris Barnard Museum in Beaufort Wes
besoek. Sy sê dit was die hoogtepunt van haar vakansie - Chris Barnard het
nooit gepraat daaroor nie, maar daar is bewyse van meer as duisend
toekennings wêreldwyd wat aan hom toegeken is.
7) Skole begin hierdie week - en die onderwysowerhede is nog steeds besig om
lekker droog te maak. Drie van die werke wat begin verlede jaar voorgeskryf
is in Afrikaans vir hierdie jaar se matrieks, is verander. Die hele ou lot
is lekker beghailik.
Annette

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Aardse vermaak.

So., 20 Januarie 2002 20:41

Ons het vanoggend ontbyt by Kaappunt gaan geniet. Baie lekker. Windstil. See
soos 'n groot dam. Bote wat kruis en dwars jaag, nuuskierige robbe en
spelende dolfyne. Mak swart voëls wat met 'n gekrys aandring op roosterbrood
met botter en konfyt;.

Die hoofvertoning het begin na die ontbyt. Ek het net 'n foto van Ian en
Theo geneem by die standbeeld van die bobbejaan met die kleintjie, toe hoor
ek 'n gil in 'n vreemde taal.
Bobbejaan se kind het een van die mense van die Reisende Hotel se pakkie
toebroodjies netjies uit haar hand gegryp net toe sy wou aansit by een van
die buite tafeltjies om dit te geniet.
Sommer gou was haar getroue vriend by om wag te sit en te pose vir die
kliekendes terwyl sy haar ontbyt eet.
Sy moes hom toe natuurlik vir sy werk vergoed.
Hulle klim toe altwee op 'n 4x4 landcruiser se dak wat reg langs my kar
staan.
Soos op 'n verhoog sodat die skare hulle nou mooi kan sien, sien?.
En toe, daar, ten aanskoue van stille verbasing in verskeie tale en
dialekte, gee hulle toe 'n vertoning so kunstig, so oorspronklik, so
blatant, so aards, dat nie een enkele kiekie geneem word nie.

Ek weet nie wat dit met die mense deesdae is nie - ek was al een wat hande
geklap het en encore geskree het:))
By gebrek aan dawerende applous het hulle rustig vir 'n minuut of twee die
wêreld sit en bekyk daar van hulle verhogie af, en toe rustig na 'n GP kar
geloop om te gaan kyk wat in die niksvermoedendes se kattebak is.

Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Uiteindelik Terug

Sa., 19 Januarie 2002 16:24

Jis mense

Ek is uiteindelik terug uit die Kaap. Na 'n maand van afwesigheid sien ek
niks nuuts het gebeur nie.

Die Kaap was lekker, maar die mense by Trekos daar teen die Weskus is
vriendeliker. My mense dink net die water daar is te koud om in te swem.Sal
julle later al die walglike detail gee as julle dit natuurlik wil hoor.

Groete
Spook

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Uiteindelik Terug

Sa., 19 Januarie 2002 07:18

Baie nuuts het gebeur Spook!! Dit is 'n nuwe jaar!!

Ja, almal hier in die Kaap is vreeslik vriendelik - vertel die mense van die
walglike detail en van die lekker koue water - tot die nat sand laat my
enkels pyn:))
Maar die seewater is vreeslik verfrissend op 'n baie warm dag - en baie
goeie behandeling die volgende oggend na die vorige dag se gefuif oor die
feesdae;)
Ek het ook 'n onvergeetlike ondervinding Nuwejaarsdag op St Helenabaai
gehad - maar in teenstelling met jou, weier ek om daarop uit te brei:)

Annette

Spook skryf in boodskap news:a2b23m$a6l$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> Jis mense
>
> Ek is uiteindelik terug uit die Kaap. Na 'n maand van afwesigheid sien ek
> niks nuuts het gebeur nie.
>
> Die Kaap was lekker, maar die mense by Trekos daar teen die Weskus is
> vriendeliker. My mense dink net die water daar is te koud om in te swem.Sal
> julle later al die walglike detail gee as julle dit natuurlik wil hoor.
>
> Groete
> Spook
>

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Lees - BELANGRIK!!!

Sa., 19 Januarie 2002 01:15

Nou toe nou - hoekom sal ons ng alleen die teiken wees?
Annette

<mcs...@usa.com> wrote in message wrote in message news:yv128.23525$Nd.16354@news.webusenet.com...
> sweet teen being taught by daddy and brother
http://cain.kaist.ac.kr/~aimemoi/sex_movie.zip
> zulhootofvuepdqy
>

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Sarie Marais

Vr., 18 Januarie 2002 14:54

Hallo,

ik ben van Nederland, en ben al een aantal jaren in Zuidelijk en Oost-Afrika
op vacantie geweest.
Toen we met Drifters een reis van Jo'burg-Nairobi deden, hadden we een
zuidafrikaanse gids waarvoor we het liedje 'Sarie Marais' zongen.
Nu ben ik op zoek naar dit nummer, weet iemand of ik dat ergens kan
downloaden, met originile tekst?

Baie dankie!

Corné.

Musiek & liriek | 2 kommentare

Daai nuwerige CD

Vr., 18 Januarie 2002 08:42

Vir Kersfees het ek vir my twee dogters elkeen die CD, Snot en Trane,
gegee. Dog toe hulle gaan sinies lag en dit as coasters of plekmatjies
gebruik maar daar is hulle toe heel in hulle skik. Jongmense is
snaaks.

Drom

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Al is dit laat...

Vr., 18 Januarie 2002 07:56

... ek graag alle lesers van en possers op die ng alles van die beste
toewens vir hierdie jaar.

Ek was lanklaas hier omdat
a) ek teen die einde van laasjaar in 'n soort van "oorgangsfase" :))
in my lewe was
b) tydens ons vakansie in Riversdal het ek net toegang tot 'n klomp
Macs gehad, wat aan soveel drukkers, snyers, scanners ens. gekoppel is
dat ek bang was om die any key te druk
c) by ons terugkoms was daar bietjie hardeware probleme met my huis PC
d) ek het eers gister gehoor ek is weer aangestel en sit nou hier en
mors "amptelike" tyd omdat hier absoluut niks aangaan nie.

Tobie, ek sou graag wou kontak maak daar op Riversdal maar as ek mos
nou daar aanland is ek dadelik faktotum, handlanger, pakdier, bode,
bestuurder, noem dit, met die gevolg dat my agterent selde met rubber,
plank of vere kennis maak. Boonop was daar familie in Takkieskloof en
was ons 'n paar dae na Thys se plek toe. Ek het jou darem gesien. Op
Saterdag 5 Jan het ons op George (!) gaan fliek en toe ons so teen 8
uur die oggend die steilte die dorp uitgaan toe sien ek 'n fikse jong
man wat met lang tree die bult afkom met 'n ewe fikse jong dame wat
agter hom aanhuppel :))

(Het "Lord of the Rings" gaan kyk met ons seun. Lang pad, lang fliek)

Groete, Drom

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Frikkels se Kluts

Vr., 18 Januarie 2002 07:31

Ek sal net so graag soos Thysie Pompdonkie wil weet waar Frikkels sy Klutsie
verloor het;)))
Annette

Koeitjies & kalfies | 42 kommentare

Re: Future Advice for: Conditions of Entry Initiative

Do., 17 Januarie 2002 22:11

On 17 Jan 2002 13:44:32 -0800, reis...@hotmail.com (reisiger) wrote:

> Would like to express sincerest gratitude to God and Internet
> Providers for the availability of this service.

Ek het gewonder wat jy gaan doen noudat Newsranger nie meer gratis is
nie. En nou hoef ek ook nie meer te wonner oor wie die geheimsinnige
reisiger is nie. :-)

Wel, reisende Johan van die Tronsvôl - May Comfort and Joy
be your constant companion...en mag jy ophou strooi praat.
:-))

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Bladsye (1834): [ «    802  803  804  805  806  807  808  809  810  811  812  813  814  815  816  817    »]
Tyd nou: Ma. Mrt. 09 17:15:09 UTC 2026