'n Vraagjie vir julle:
Is daar nie êrens 'n webbladsy waarop ek die daaglikse nuusberigte van
Suid-Afrika kan lees nie? Sal dit seer waardeer van elkeen wat my daar
'n antwoord op gee!
Die drade het bietjie deurmekaar geloop, dus 'n nuwe een.
Eestens aan Hantamkind: Ek weet nie wat die slegte betekenis van marog
is nie maar die regte woord is defnitief marogo. My wyfiemens het 'n
goeie kennis van Sesotho en dis uit daai groep tale (sesotho, sepedi,
setswana, iewers moet daar hoofletters wees, verskoon asseblief) dat
die woord kom. Sy sê ook dat waar sy vandaan kom, die 'g' sag
uitgespeek is. Dalk 'n dialek.
Tweedens aan Pijotr (hoop dis reg gespel!): In die Molteno omgewing
was die woord heelwaarskynlik mfino. Dis die isiXhosa woord vir
dieselfde ding.
Laastens aan Danielle: Jy's heeltemal reg. Die woord verwys na baie
genusse en baie species. Dalk kan mens 'n draad deurtrek en sê dis
eetbare onkruid, nie "mak" plante soos pampoen nie. Ek was vandag so
siek soos 'n hond by die huis en het toe my tuinboukundige kollega by
die werk gebel. Hy het 'n boek wat oor die topic handel. Wat hy gesê
het is dat dit 'n streeksding is. "Onkruid" in Natal is defnitief nie
dieselfde as in die Vrystaat nie.
My eie idees: Ek dink die naam marogo/mfino verwys maar net na
kookbare groengoed. Voor die witmense hier ingekom het was moderne
groentes nie hier bekend nie, dus moes hulle plaaslike plante gebruik.
En dan, enige groengoed wat jy kook smaak maar na spinasie. Probeer
gerus 'n slaaikop kook, met uie en aartappels.
`n paar grappige dinge wat jou laat besef dat jy bly in suid afrika,
dis nie vir sussies nie en dit kan net beter gaan (dink ek). al
hierdie goed gebeur of het al op die een of ander stadium gebeur.
* police stations now hire private security firms to protect them.
* landlords may not evict illegal squatters unless they offer them
alternative accommodation.
* post office workers are videotaped opening the mail and stealing the
contents, but the film may not be used in evidence, because the
workers were not informed that they were being filmed and the filming
is an intrusion on their privacy.
* a minister of religion who stole millions from overseas-donated
funds for the oppressed, returns to the country to a hero's welcome
and is officially welcomed by the government, represented by the
minister of justice.
* 20% of the city's population pays for everyone else's electricity
and water supply, and get prosecuted if they refuse to pay.
* a murderer gets a 2-year sentence and a pirate tv viewer a 6-month
sentence.
* the constitutional court declares the death sentence
unconstitutional, but rules that abortion is okay.
* the prisoners strike!!!
* the police advise you not to stop if they wave you down in the
middle of the night, but rather speed past them and drive to your
nearest police station.
* the student union "dimands" that academic achievement shouldn't be a
criterion for university acceptance, as it is discriminatory.
* a government minister is caught driving her car with a forged
license,but the case is dropped for "lack of evidence".
* government ministers meet with masked gang leaders to ask their
advice on how to reduce crime and violence.
* scholars protest at the lack of schooling facilities by destroying
school buildings.
* the entire country sees a thug admit on tv news to murdering several
people, but the police say they have no case.
* you consider it a good month if you only get mugged once.
* the police ask you if they must follow up on the burglary you've
just reported.
* you paint your cars registrations number on the roof in large
letters.
* a minister is fired and returns the government cell phone, but keeps
the government bmw
* a 45-year-old engineer, gets replaced by a 25-year-old, who cannot
write his own name.
* the employees dance in front of the building to show how unhappy
they are.
* people start joking about the crime rate.
Last night I lay in bed looking up at the stars in the sky and I
thought to myself, where the heck is the ceiling?
Threeships 'did you see that??' Mcduck
www.mothership.co.za
Saartjie die veelbesproke Griekswa-vrou wat 191 jaar gelede weens haar
liggaamsbou deur n skeepsdokter land-uit geneem is om as 'barbaarse'
aardigheid uit Afrika in vermaaklikheidsplekke in Brittanje en Parys
geparadeer te word, se oorskot is teruggebring Kaap toe.
In 1998 skryf die digter-aktivis, Diana Ferrus n Engelse gedig oor
Saarjie, in Amsterdam terwyl sy daar gestudeer het. Nou het sy haar
eie gedig in Afrikaans vertaal.
Na n vernederende lewe, sterf Saartjie in 1816 op 26 jarige ouderdom
as prostituut en drankverslaafde in Parys.
VIR SARAH BAARTMAN
Ek is hier om jou huis toe te neem, huis toe -
onthou jy die vlaktes,
die welige groen gras onder die groot eikeboom,
die lawende koeltes en die son wat nie steek?
Ek het jou bed berei teen die voet van die berg,
jou komberse uitgedos met boegoe en kruisement.
Daar waar die proteas pronk in geel en wit,
daar sing die rivier 'n verwelkominglied!
Ek is hier om jou weg te skeur,
weg van die snydende oë van die rassistiese monster
wat wegkruip in die donker met sy kloue van haat,
wat jou liggaam versnipper, stukkie vir stukkie,
jou siel vergelyk met die van satan
en syne vergelyk met die van God!
Ek is hier om jou te troos,
jou moeë hart teen my bors vas te hou,
die palms van my hande oor jou wange te vou
die lyne in jou nek met my lippe te streel
en jou ewige skoonheid in my oë te onthou.
Ek is hier om vir jou te sing
want ek het vir jou vrede gebring.
Ek is hier om jou huis toe te neem,
daar waar die oeroue berge jou naam uitroep!
Ek het jou bed berei teen die voet van die berg,
jou komberse uitgedos met boegoe en kruisement.
Daar waar die proteas pronk in geel en wit,
daar sing die rivier n verwelkomingslied.
Ek is hier om jou huis toe te neem
waar ek vir jou sal sing
want jy het ook vrede
vir my gebring.
Nou net klaar gekyk na die eindstryd van die Afrika Beker - Kameroen wat vir
Senegal wen 3/2 met 'n uitklopdoelbeslissing.
Ons arme Bafana Bafana span het genaglik vroeër uitgeval - teen enigeen van
bg twee spanne sou hulle maar op vanaand se spel sleg verloor het.
Nou wonder ek maar net vir wat hulle geld gaan mors om die span na die
wêreldbeker te stuur - gesien in die lig dat ons manshokkiespan nie
Olimpiese spele toe gestuur is nie - omdat hulle in elk geval nie sou wen
nie.
Hello. Can anyone tell me if Orania still exists? I couldn't find anything
out about it on the Web as www.orania.org.za doesn't seem to work. Has the
town been forcibly integrated with Hopetown? How many Afrikaners are there
there? Thank you.
On Thu, 07 Feb 2002 01:13:42 GMT, "@rogers.com" wrote:
>
> Davie Davis wrote:
>
>
>> Ek verwag darem meer intelligenter redenasies deur jou as om
>> dit wat die bybel sê aan my toe te dig.
> Die Tannie scheme toe:
> Intussen 'n ou grammatika-lessie.
> Mens sê "intelligenter" of "meer intelligent"
> maar mens sê nie "meer intelligenter" nie.
>
Jou taalkennis is totaal verouderd Gloudina.
Die term 'Meer Intelligenter'val onder die kategorie
'dubbel beklemtoning'
Verw. Die Afrikaanse Taal en Nuwe Lote'
Herdruk Sept. 2001
Dave Du Plessis
> ` Nee, ou Davie, jy "dig" dinge toe aan
> die Christelike Bybel wat glad nie
> daarin staan nie. Gaan praat maar met
> Christen-teoloë oor jou opinies, wat
> baie klink na 'n soort van ketterse
> godsdienstige "apartheid."
> Tant Hessie Van Helsdingen
Maar Tannie is mos nou besig om openlik vir ons te lieg...!
Davie Davis
Ns.
Gloudina, waarom stig jy en Swart Siemon nie 'n nuusgroep van julle
eie nie. Julle pas perfek bymekaar met die (bevraagtekende natuurlik)
kompliment dat jy ge na-aap word. Die oorspronklik ambisie om nou
regtig die skuim van die groep te wees was jou eie. Daarna het 'n ou
met die naam Ferdi soos 'n skoothondjie in jou spore begin draf. Hy
het die nie gemaak nie :-))). Sy opvolger was toe Swart Siemon wat,
as die dikvelligheid vergelykbaar is, miskien bietjie langer sal hou
as klein Ferdi.
Haai!!! Besef julle mense dat Swart Siemon en Ferdinand een is!!!
Danielle, hoe kon jy dit nog nie agtergekom het nie...!?!