Ek is 'n persoon wat my kaarte naby aan my bors speel, maar ek wil tog
iets sê. Hier's 'n baie lang draad op die ng oor Godsdiens en ek weet
nie waar om hierdie in te pas nie. In my lewe (van die bosse af, waar
ek grootgeword het, tot die laboratoriums van my later lewe met al
hulle toorgoed) het ek baie met myself gestry en baklei en alle
argumente en gevegte verloor, tot ek besluit het om die KISS beginsel
in my lewe toe te pas (dit was maklik), dus...
i thank you God for this amazing
e e cummings
i thank you God for this amazing
day:for the leaping greenly spirit of trees
and a blue true dream of sky;and for everything
which is natural which is infinite which is yes
(i who have died am alive again today,
and this is the sun's birthday;this is the birth
day of life and of love and wings:and of the gay
great happening illimitably earth)
how should tasting touching hearing seeing
breathing any - lifted from the no
of all nothing - human merely being
doubt unimaginable You?
(now the ears of my ears awake and
now the eyes of my eyes are opened)
Ek sou wou geweet het wat is die gemiddelde prys van n' nuwe huis in
Suid-Afrika volgens die teenwoordige stand van sake? Ek het daar êrens
gelees in 'n elektroniese koerant dat 'n huis in SA gemiddeld slegs
300.000 R kos. Ek kon dit nie baie goed glo nie. Hier in België betaal
ons vir n' nuwe huis miskien wel 125.000 tot 150.000 Euros (dis iets
van 1.250.000 tot 1.500.000 R) en dan is die grond waar jy op bou nog
nie betaal nie.
Is daar mense wat my daaromtrent inligtings kan verskaf? Sal dit seer
waardeer!
"Sports Minister Ngconde Balfour says he is seriously considering
legislation to speed up transformation in sport as this can no longer be
left to the goodwill of individuals." berig IOL vanoggend.
Die wetgewing is klaarblyklik veral gemik op rugby en krieket.
Ek was omtrent 6h50 Woensdag oggend (13 Februarie 2002) op die M1 Suid
op pad werk toe in die regterbaan in 'n Corsa bakkie. Die verkeer was
redelik
dig maar het vinnig beweeg.
Naby die Marlboro afrit het 'n taxi in die middelbaan vinnig probeer
oorskuif na die regterbaan sonder om rigtingwysers te gebruik. Daar was nie
plek vir nog 'n voertuig nie en toe ek nie stadiger ry nie, moes hy
noodgedwonge agter my inval. Die middel en die regterbaan het om die beurt
vinniger en stadiger gery en die taxi het bane gewissel om vinniger te
probeer vorder. Op 'n stadium het hy toe weer voor my probeer inskuif maar
daar was steeds nie vir hom plek nie en hy moes weer agter inval.
Ek het aan gery tot by die Grayston afrit toe ewe skielik drie taxis my
genader
het. Een het in die geelstreep aan my regterkant verby gekom, een was in die
middelbaan en een het in die heel linkerbaan verbygekom en voor my inbeweeg.
Die twee taxis aan die kante het ingeswaai maar ek het my spoed gehou en
hulle moes weer uitswaai. In die beweging het die taxi in die middelbaan my
linker spieëltjie afgery waarna dit los gehang het aan die kant. Die drie
taxis het toe spoed verminder totdat ons tot stilstand gekom het. Dit was
net na die Grayston afrit.
Die taxi bestuurder aan linkerkant het uitgeleun by die venster en die
spieëltjie wat los hang afgeruk en op die pad gegooi. Ek het 'n afstand
oopgehou tussen my en die voorste taxi sodat ek kan uitkom as dit gevaarlik
raak. Baie prominent op die voorste taxi se agterruit was 'n Johannesburg
taxivereniging plakker. Die passasiers op die agterse sitplek was net een ry
glimlagte. Na 'n paar sekondes het die verkeer begin ophoop en
het die voorste taxi weer begin ry. Ek het vir my vrou gesê om almal se
registrasie nommers af te neem. Sy het dit op die selfoon gestoor.
Die beige taxi (JZC861 GP) in die middelbaan het langs my gebly en die
bestuurder
het begin skree. Ek het na links gekyk en 'n enkel swart man met 'n
vertrekte gesig in 'n
beige minibussie gesien. Die bussie het 'n stamp regs agter met 'n stukkende
lig.
Eintlik was hy nie heeltemal swart nie, maar 'n bietjie gelerig.
Ek het nie een keer tydens die hele episode enige handgebare gebruik of
enige iets gesê behalwe my vrou of enigsins 'n agressiewe uitdrukking op my
gesig gehad nie.
Trouens, my vrou het my gekritiseer omdat ek deurgaans 'n eentonige deuntjie
gefluit het. Ek het ook geen tekens gesien van dodelike geweld nie en het
nooit
gevoel enige van ons lewens word bedreig nie.
Die voorste taxi (JRD 738 GP) en die taxi in die geelstreep (KXY 204 GP)
was vol passasiers en het weer normaal aangery (ek het tred van hulle
verloor)
maar die bestuurder van die beige taxi in die middelbaan het 'n swaar metaal
voorwerp gebruik en op hoë spoed uitgeleun en die passasierskant se ruit
probeer uitslaan.
My vrou het die ruit effens afgedraai en paniekbevange haar handsak teen die
ruit gedruk. 'n Rukkie daarna het hy die voorwerp teen die ruit gegooi
waarna
dit gebreek het en die metaal voorwerp op die pad geval het. My vrou het
ligte
snywonde opgedoen van die glas wat oral gespat het.
Hierna het die taxi herhaaldelik my probeer intimideer deur vinnig van die
kant af
in te swaai. Ek het hom geensins toegelaat om tussen my en die voertuig voor
my in te kom nie en het presies in die middel van die regterbaan gebly. Na
die eerste
slag by Grayston het het hy nie weer kontak gemaak nie.
Daar is beige verf afgesmeer aan die linker voorkant van die bakkie en daar
is 'n klop geluid
wanneer ek skerp regs draai. Behalwe die stukkende ruit en die spieëltjie is
die bakkie
nog heeltemal padwaardig. Daar is ook geen opsigtelike duike aan die
linkerkant nie.
Die beige taxi bestuurder het uiteindelik die Harrow afrit geneem, kort
voordat my vrou
telefonies kontak gemaak het met die polisie.
'n Vraagjie vir julle:
Is daar nie êrens 'n webbladsy waarop ek die daaglikse nuusberigte van
Suid-Afrika kan lees nie? Sal dit seer waardeer van elkeen wat my daar
'n antwoord op gee!
Die drade het bietjie deurmekaar geloop, dus 'n nuwe een.
Eestens aan Hantamkind: Ek weet nie wat die slegte betekenis van marog
is nie maar die regte woord is defnitief marogo. My wyfiemens het 'n
goeie kennis van Sesotho en dis uit daai groep tale (sesotho, sepedi,
setswana, iewers moet daar hoofletters wees, verskoon asseblief) dat
die woord kom. Sy sê ook dat waar sy vandaan kom, die 'g' sag
uitgespeek is. Dalk 'n dialek.
Tweedens aan Pijotr (hoop dis reg gespel!): In die Molteno omgewing
was die woord heelwaarskynlik mfino. Dis die isiXhosa woord vir
dieselfde ding.
Laastens aan Danielle: Jy's heeltemal reg. Die woord verwys na baie
genusse en baie species. Dalk kan mens 'n draad deurtrek en sê dis
eetbare onkruid, nie "mak" plante soos pampoen nie. Ek was vandag so
siek soos 'n hond by die huis en het toe my tuinboukundige kollega by
die werk gebel. Hy het 'n boek wat oor die topic handel. Wat hy gesê
het is dat dit 'n streeksding is. "Onkruid" in Natal is defnitief nie
dieselfde as in die Vrystaat nie.
My eie idees: Ek dink die naam marogo/mfino verwys maar net na
kookbare groengoed. Voor die witmense hier ingekom het was moderne
groentes nie hier bekend nie, dus moes hulle plaaslike plante gebruik.
En dan, enige groengoed wat jy kook smaak maar na spinasie. Probeer
gerus 'n slaaikop kook, met uie en aartappels.