Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Bedrog-nes in staat

Sat, 11 September 2010 19:56

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Bedrog-nes-in-staat-20 100910

Bedrog-nes in staat
2010-09-10 21:17

Jacques Pauw

Meer as 900 mense in diens van die polisie is aan bedrog skuldig
bevind nadat die spesiale ondersoekeenheid (SOE) hulle betrap het dat
hulle welsyntoelaes van die staat gesteel het.

Dié mense sluit polisiebeamptes sowel as burgerlikes in diens van die
polisie in.

Die SOE gaan glo nóg honderde laat aankla weens soortgelyke bedrog.

Nie 'n enkele van die mense wat al skuldig bevind is, is geskors of
afgedank nie.

'n Polisiewoordvoerder sê sowat 'n derde is tugverhoor en óf
skriftelik gewaarsku óf hul afdankings is met ses maande opgeskort.

Hulle is onder die sowat 15 000 staatsamptenare wat tot dusver aan
bedrog skuldig bevind is in die SOE se ondersoek na staatsamptenare
wat onwettig welsyntoelaes ontvang.

Die amptenare het pleitooreenkomste met die nasionale vervolgingsgesag
(NVG) aangegaan en skuld beken op aanklagte van bedrog.

Hulle het opgeskorte vonnisse gekry en moet die geld wat hulle gesteel
het met rente aan die staat terugbetaal.

Die SOE - 'n onafhanklike agentskap wat korrupsie en wanbestuur in die
staatsdiens ondersoek - het reeds 96 000 staatsamptenare
geïdentifiseer wat welsyntoelaes van die staat gesteel het.

Nog 80 000 amptenare kan van bedrog aangekla word.

Adv. Willie Hofmeyr, hoof van die SOE, het bevestig dat sy eenheid 945
tugsake aan die polisie oorhandig het.

Bykans 10 000 ander sake is aan nasionale en provinsiale
staatsdepartemente landwyd oorhandig.

Volgens kol. Vishnu Naidoo, 'n woordvoerder van die polisie, is die
SAPD net bewus van sowat 350 mense in sy diens wat bedrog gepleeg het.

Hul tugverhore is afgehandel, hulle is gewaarsku en hulle werk steeds
vir die polisie.

Dr. Johan Burger, senior navorser by die Instituut vir Sekerheidstudie
(ISS), het gesê dit is "ontstellend" as polisiebeamptes wat bedrog
gepleeg het, toegelaat word om in die diens te bly.

"Dit was nog altyd die norm dat polisiebeamptes wat aan bedrog skuldig
bevind is of gesteel het nie geskik is om in die polisie te dien nie.

Dit lyk asof daar intussen 'n verdraagsaamheid vir korrupsie ingesluip
het.

"Hoe kan jy sê jy's ernstig om korrupsie uit te roei, maar jy laat
korrupte amptenare toe om hul werk te behou?" wou Burger weet.

Die veroordeelde staatsamptenare het onder meer
kinderonderhoudstoelaes, pleegsorgtoelaes en ouderdomspensioene gekry
waarop hulle nie geregtig was nie.

Hofmeyr het gesê die ondersoek na onwettige welsyntoelaes is nog net
op nasionale en provinsiale regeringsvlak gedoen.

Die ondersoek moet nog uitgebrei word na munisipale amptenare en dán
kan die syfer van 96 000 aansienlik groei.

Beeld het 23 provinsiale en nasionale departemente gevra of hulle
tugverhore vir amptenare gehou het wat skuldig bevind is.

Behalwe die polisie het geen ander nasionale departement navrae
beantwoord nie.

'n Woordvoerder van Noordwes se gesondheidsdepartement - waar 274
amptenare skuldig bevind is - het gesê hy "sukkel" om die inligting te
kry en ondersoekverslae is vertroulik.

Hofmeyr het gesê die SOE is besig met "baie sensitiewe" ondersoeke na
amptenare wat betrokke is by bedrog met ongeskiktheidstoelaes.

Baie meer geld is betrokke as by gewone bedrog met welsyntoelaes.

Misdaadsindikate en korrupte dokters is betrokke.

Die SOE ondersoek ook behuisingsbedrog waarby R2 miljard betrokke.

Meer as R40 miljoen is al teruggewin en die polisie het 1 910
amptenare in hegtenis geneem.

Hofmeyr het erken toe die SOE getaak is om korrupsie in die
staatsdiens te ondersoek, hy nie dié hoë syfers verwag het nie.

"Korrupsie is werklik baie, baie ernstig en as ons nie nou daarmee
handel nie, gaan dit nog erger word. Tronkstraf is 'n goeie
afskrikmiddel."

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Bedrog-nes-in-staat-20 100910

Nuus | 0 kommentare

Bedrog-nes in staat

Sat, 11 September 2010 14:25

Bedrog-nes in staat
2010-09-10 21:17

Jacques Pauw

Meer as 900 mense in diens van die polisie is aan bedrog skuldig
bevind nadat die spesiale ondersoekeenheid (SOE) hulle betrap het dat
hulle welsyntoelaes van die staat gesteel het.

Dié mense sluit polisiebeamptes sowel as burgerlikes in diens van die
polisie in.

Die SOE gaan glo nóg honderde laat aankla weens soortgelyke bedrog.

Nie 'n enkele van die mense wat al skuldig bevind is, is geskors of
afgedank nie.

'n Polisiewoordvoerder sê sowat 'n derde is tugverhoor en óf
skriftelik gewaarsku óf hul afdankings is met ses maande opgeskort.

Hulle is onder die sowat 15 000 staatsamptenare wat tot dusver aan
bedrog skuldig bevind is in die SOE se ondersoek na staatsamptenare
wat onwettig welsyntoelaes ontvang.

Die amptenare het pleitooreenkomste met die nasionale vervolgingsgesag
(NVG) aangegaan en skuld beken op aanklagte van bedrog.

Hulle het opgeskorte vonnisse gekry en moet die geld wat hulle gesteel
het met rente aan die staat terugbetaal.

Die SOE – 'n onafhanklike agentskap wat korrupsie en wanbestuur in die
staatsdiens ondersoek – het reeds 96 000 staatsamptenare
geïdentifiseer wat welsyntoelaes van die staat gesteel het.

Nog 80 000 amptenare kan van bedrog aangekla word.

Adv. Willie Hofmeyr, hoof van die SOE, het bevestig dat sy eenheid 945
tugsake aan die polisie oorhandig het.

Bykans 10 000 ander sake is aan nasionale en provinsiale
staatsdepartemente landwyd oorhandig.

Volgens kol. Vishnu Naidoo, 'n woordvoerder van die polisie, is die
SAPD net bewus van sowat 350 mense in sy diens wat bedrog gepleeg het.

Hul tugverhore is afgehandel, hulle is gewaarsku en hulle werk steeds
vir die polisie.

Dr. Johan Burger, senior navorser by die Instituut vir Sekerheidstudie
(ISS), het gesê dit is “ontstellend” as polisiebeamptes wat bedrog
gepleeg het, toegelaat word om in die diens te bly.

“Dit was nog altyd die norm dat polisiebeamptes wat aan bedrog skuldig
bevind is of gesteel het nie geskik is om in die polisie te dien nie.

Dit lyk asof daar intussen 'n verdraagsaamheid vir korrupsie ingesluip
het.

“Hoe kan jy sê jy's ernstig om korrupsie uit te roei, maar jy laat
korrupte amptenare toe om hul werk te behou?” wou Burger weet.

Die veroordeelde staatsamptenare het onder meer
kinderonderhoudstoelaes, pleegsorgtoelaes en ouderdomspensioene gekry
waarop hulle nie geregtig was nie.

Hofmeyr het gesê die ondersoek na onwettige welsyntoelaes is nog net
op nasionale en provinsiale regeringsvlak gedoen.

Die ondersoek moet nog uitgebrei word na munisipale amptenare en dán
kan die syfer van 96 000 aansienlik groei.

Beeld het 23 provinsiale en nasionale departemente gevra of hulle
tugverhore vir amptenare gehou het wat skuldig bevind is.

Behalwe die polisie het geen ander nasionale departement navrae
beantwoord nie.

'n Woordvoerder van Noordwes se gesondheidsdepartement – waar 274
amptenare skuldig bevind is – het gesê hy “sukkel” om die inligting te
kry en ondersoekverslae is vertroulik.

Hofmeyr het gesê die SOE is besig met “baie sensitiewe” ondersoeke na
amptenare wat betrokke is by bedrog met ongeskiktheidstoelaes.

Baie meer geld is betrokke as by gewone bedrog met welsyntoelaes.

Misdaadsindikate en korrupte dokters is betrokke.

Die SOE ondersoek ook behuisingsbedrog waarby R2 miljard betrokke.

Meer as R40 miljoen is al teruggewin en die polisie het 1 910
amptenare in hegtenis geneem.

Hofmeyr het erken toe die SOE getaak is om korrupsie in die
staatsdiens te ondersoek, hy nie dié hoë syfers verwag het nie.

“Korrupsie is werklik baie, baie ernstig en as ons nie nou daarmee
handel nie, gaan dit nog erger word. Tronkstraf is 'n goeie
afskrikmiddel.”

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Bedrog-nes-in-staat-20 100910

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

50% van alle misdaad in Gauteng gepleeg

Fri, 10 September 2010 11:15

ou DD ek sou se vandat jy nie meer daar is nie behoort dit eintlik af te
geneem het en Natal sinne gestyg het. Moet sê die Valies is besig om terug
te keer na hul roots hier innie Kaap. Is goed so, het meer ondersteuning
nodig op stemdag want die ooskaapse boorlinge stroom in na Ikapa.
Groete
Toubs
---
GiG
----- Original Message -----
From: "Dave"
Newsgroups: soc.culture.south-africa.afrikaans
Sent: Thursday, September 09, 2010 5:47 PM
Subject: 50% van alle misdaad in Gauteng gepleeg

>
>
> 50% van alle misdaad in Gauteng gepleeg
> 2010-09-09 11:53
>
> Kaapstad - Die helfte van alle misdaad in Suid-Afrika vind in
> Gauteng plaas.
>
> Sê het genl. Bheki Cele Donderdagoggend in Pretoria gesê by die
> bekendmaking van die jaar se misdaadstatistieke.
>
> "50% van alle misdaad in die land vind in Gauteng plaas," aldus Cele.
>
> "In Kwazulu-Natal lyk dit ook rof, maar ons hoop dinge word daar
> omgedraai."
>
> Vroeër het Nathi Mthethwa, minister van polisie, bekend gemaak dat
> talle ernstige misdade soos moord, bankrooftogte en roof met
> verswarende omstandighede afgeneem het.
>
> Cele was vol lof vir die gemeenskapspolisieforums wat volgens hom 'n
> groot bydrae lewer tot die bekamping van misdaad.
>
> Volgens die generaal is die polisie se moraal besig om drasties te
> verbeter.
>
> "Verlede jaar moes ek elke week tussen 10 en 15 lede se vorms teken
> wat die diens wou verlaat. Vanjaar was die eerste geval van iemand wat
> wil waai, in Augustus aan my bekend gemaak."
>
> Cele het bygevoeg dat 4 000 mense hul terugkeer na die SAPD wil maak.
>
> http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/50-van-alle-misdaad-in -Gauteng-gepleeg-20100909
>
>
> *
> Julle Tranvalers op die nuusgroep moet julle gedra.
> Julle is hoeka besig om die plek te overcrowd
>

--
---
GiG

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

50% van alle misdaad in Gauteng gepleeg

Thu, 09 September 2010 14:47

50% van alle misdaad in Gauteng gepleeg
2010-09-09 11:53

Kaapstad - Die helfte van alle misdaad in Suid-Afrika vind in
Gauteng plaas.

Só het genl. Bheki Cele Donderdagoggend in Pretoria gesê by die
bekendmaking van die jaar se misdaadstatistieke.

"50% van alle misdaad in die land vind in Gauteng plaas," aldus Cele.

"In Kwazulu-Natal lyk dit ook rof, maar ons hoop dinge word daar
omgedraai."

Vroeër het Nathi Mthethwa, minister van polisie, bekend gemaak dat
talle ernstige misdade soos moord, bankrooftogte en roof met
verswarende omstandighede afgeneem het.

Cele was vol lof vir die gemeenskapspolisieforums wat volgens hom 'n
groot bydrae lewer tot die bekamping van misdaad.

Volgens die generaal is die polisie se moraal besig om drasties te
verbeter.

"Verlede jaar moes ek elke week tussen 10 en 15 lede se vorms teken
wat die diens wou verlaat. Vanjaar was die eerste geval van iemand wat
wil waai, in Augustus aan my bekend gemaak."

Cele het bygevoeg dat 4 000 mense hul terugkeer na die SAPD wil maak.

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/50-van-alle-misdaad-in -Gauteng-gepleeg-20100909

*
Julle Tranvalers op die nuusgroep moet julle gedra.
Julle is hoeka besig om die plek te overcrowd

Nuus | 0 kommentare

Vrou wou nie hoewe los – toe word sy vermoor

Fri, 03 September 2010 09:43

Buks Viljoen

Nelspruit. – ’n 64-jarige vrou wat geweier het om van haar kleinhoewe
naby die stad te trek omdat haar oorlede ouers se as daar gestrooi is,
is gisteroggend vermoor in haar bouvallige huis gevind.

Mev. Elizabeth Dorey se hande was agter haar rug vasgebind, ’n stuk
lap is in haar mond ingeprop en sy is met ’n elektriese koord gewurg.

Dit was die derde keer in sewe jaar dat Dorey in haar huis op haar
Hilltop-kleinhoewe aangeval is.

Die moordenaars het Dorey skynbaar Donderdagaand vroeg in die
verwaarloosde huis oorval.

Hulle het ’n ruit by die voorstoep gebreek en toe heeltemal uit die
vensterraam gehaal om by die huis in te kom.

’n Werker het omstreeks 07:00 by die huis opgedaag en onraad vermoed
toe hy die gebreekte ruit sien.

Hy het hulp by die bure sowat 300 m daarvandaan gaan soek.

Hulle het haar lyk in die huis se gang gekry.

“Sy is ’n fyn geboude en weerlose tannie wat voordat sy vermoor is,
skynbaar erg deur haar moordenaars aangerand is,” het kol. Gerrie
Agenbag, speurtakbevelvoerder van die polisie in Nelspruit, gesê.

Dorey het verskeie erge slaanmerke aan die lyf en die gesig gehad.

Die vorige aanval op haar was op Kersdag 2007 en Agenbag het destyds
ook die saak ondersoek.

- Enigiemand met inligting oor die moord is gevra om Agenbag by 013
759 1108 te bel.

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Vrou-wou-nie-hoewe-los -toe-word-sy-vermoor-20100902

Nuus | 0 kommentare

Die groep lyk dood, maar weier om te sterf!

Fri, 03 September 2010 08:35

Almal het padgegee, Riaan, Suidwester, Ferdi en ek. Selfs die Antie
is nie meer nie. Leef sy nog?

Net Dave en Eugene Marais is nog hier. Vir hoe lank?

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Waar is almal?

Thu, 19 August 2010 22:46

Is daar nog afrikaans mense in die land?
Hierdie NG is gevokked!

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Amok in Vereeniging?

Mon, 16 August 2010 08:13

Nou net die sms gekry,Ek laat name uit vir obvious reasons.
"Bid asseblief vir M se veiligheid . . . . daai wonderlike swart nasie v wie
ons moet lief wees is besig om alle wit skole in Vereeniging te verwoes en
die wit onderwysers aan te rand en met klippe te gooi . . . Hulle is oppad
na na haar skool toe. H."

Sou dit wees omdat wit skole nie aan die stakings deelgeneem het nie? In my
dorp het net die bruin skole gestaak. Maar sover ek weet was daar geen
intimidasie hier nie.

__________ Information from ESET NOD32 Antivirus, version of virus signature database 5365 (20100813) __________

The message was checked by ESET NOD32 Antivirus.

http://www.eset.com

Veiligheid & wapens | 0 kommentare

Noem julle dit steeds mense?

Tue, 27 July 2010 17:11

Twee van Durban moor, het seks met lyke

2010-07-27 15:18

Verwante skakels

* Huishulp vasgebind, verkrag in Klerksdorp
* Twee buitelanders in Oos-Kaap verkrag
* Mans verkrag vrou glo herhaaldelik

Durban - Die kêrels van twee tienermeisies wie se lyke in Durban
gevind is, het die meisies glo vermoor en toe seks met hul gehad.

Sibusiso Khumalo en Mxolisi Ncoya het Maandag in die landroshof in
Durban verskyn op twee aanklagtes van moord en twee aanklagtes van
verkragting.

Khumalo en Ncoya het glo vir Boniswa Zondo en Nombulelo Dlamini (albei
16) by 'n kroeg uitgesleep, hul kele geskeur en toe met hulle seks
gehad nadat die meisies dood is.

Hulle het glo toe die tieners in 'n vlak graf in Durban begrawe. Twee
mense het glo gesien hoe Khumalo en Ncoya dié toneel verlaat. Daar
word gesê die mans het vermoed hul nooiens het op hulle verneuk.

Albei se aansoek om borgtog is afgekeur en die saak is tot 30
September vanjaar uitgestel.

http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Twee-van-Durban-moor- het-seks-met-lyke-20100727

Nuus | 1 kommentaar

Bladsye (1838): [ «    70  71  72  73  74  75  76  77  78  79  80  81  82  83  84  85    »]
Tyd nou: Thu Jan 23 18:31:28 UTC 2025