Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Bejaarde boer vermoor
Bejaarde boer vermoor [boodskap #119817] Ma, 08 November 2010 07:12 na volgende boodskap
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Elderly man (73) murdered in broad daylight
============================================================ ====================
Bejaarde boer vermoor
2010-11-08 08:16

Earl Coetzee

Bloemfontein - ’n Bloedbevlekte kous, kussingsloop en lap is die
stille getuienis van die grusame moord op ’n bejaarde boer van
Bloemspruit.

Dié drie artikels lê in die kamer in 23 Dennelaan, Bloemspruit, waar
Callie Steyn Vrydagmiddag laat op die lyk van sy pa, Barend Steyn
(73), afgekom het.

’n Verdagte is Sondag in die omgewing van die hoewe vasgetrek.

Nog inhegtenisnemings kan volg.

Steyn jr. het Sondag aan Volksblad vertel hoe ’n besoek aan sy pa
Vrydag kort voor 18:00 in ’n nagmerrie verander het.

“Ek het in die erf ingery en vir my pa geskree, want hy kom gewoonlik
uit om te groet net nadat ek ingery het.”

Toe sy pa nie uitkom nie, het Steyn deur die oop agterdeur die huis
ingegaan .

Alles was deurmekaar. Hy het uitgehardloop en vir sy vrou gesê om nie
uit die motor te klim nie.

“Ek het weer ingegaan.

“Toe sien ek my pa in die tweede slaapkamer op die grond.

“Ek het eers gedink hy is geskiet, want ek het net bloed gesien.”

Die vermoorde Steyn het op sy maag gelê.

“’n Stuk lap was om sy kop en nek gedraai. Sy hande was agter sy rug
vasgebind.

“Ek het hom omgedraai, die lap verwyder en gekyk of hy nog lewe. Ek
het gevoel vir ’n pols, maar hy was koud,” het sy huilende seun
vertel.

Langs sy pa se lyk het ’n piksteel en ’n strykyster, wat steeds
ingeprop was, gelê.

Die piksteel, strykyster en ’n ysterstaaf is vermoedelik gebruik om
Steyn te vermoor.

In die kamer waarin hy vermoor is, was ’n kluis.

’n Hoekslyper is in die kamer gekry en ’n breekyster het teen die bed
gestaan.

Elektriese toestelle en kruideniersware in sakke is in die gange
gepak, gereed om verwyder te word.

Callie en sy broer, Bennie, het begin om die waardevolle artikels en
vee van die hoewe te verwyder, sodat dit nie gesteel word nie.

Hulle het ook veiligheidswagte aangestel om die hoewe te bewaak.

Die polisie se eenheid teen georganiseerde misdaad, die Valke, het
Sondag ’n man weens die moord op hul pa in hegtenis geneem.

Die verdagte is in Bloemspruit vasgetrek.

Nog verdagtes kan binnekort in hegtenis geneem word.

Kapt. Elsa Gerber, polisiewoordvoerder, sê die vermoorde Steyn is
Vrydag omstreeks 14:30 laas gesien, toe hy van die stad teruggekeer
het.

“Dit is die skokkendste van dit alles,” sê Bennie Steyn. “Dat dit
helder oordag kon gebeur.”

Hy het telkemale vergeefs sy pa gesmeek om by hom op sy hoewe te gaan
bly.

“Hy het ’n eenvoudige lewe gelei. Hy het jare lank op die spoorweë
gewerk.

“Dit was sy droom om te boer.

“Toe hy 20 jaar gelede afgetree het, het hy die hoewe gekoop en begin
boer.

“Hy het almal gehelp en almal rondgery,” sê Callie Steyn.

“Hy het juis Vrydagoggend ’n vrou ingery stad toe om haar pensioen te
trek.”

Steyn was ’n geliefde inwoner in Bloemspruit.

Die Steyn-broers hoop iets kan gedoen word om bejaardes wat op hoewes
en plase woon meer bewus te maak van veiligheid, om soortgelyke
voorvalle te keer.

http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Bejaarde-boer-verm oor-20101108
http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Bejaarde-boer-vermoor -20101108-2
Re: Bejaarde boer vermoor [boodskap #119818 is 'n antwoord op boodskap #119817] Ma, 08 November 2010 14:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dlink  is tans af-lyn  Dlink
Boodskappe: 3
Geregistreer: November 2010
Karma: 0
Junior Lid
Dankie Etienne, te veel mense in Europa wil eenvoudig nie weet wat die
treurige lot van die Afrikaner in die Nuwe Suid-Afrika van die Heilige
Mandela is nie. Hulle het Invictus gesien, het na die
W�reldbeker-sokkertoernooi gekyk en hulle glo dat hulle weet wat gebeur.

Le 08/11/10 02:12, Etienne Marais a �crit :
> Elderly man (73) murdered in broad daylight
> ============================================================ ====================
> Bejaarde boer vermoor
> 2010-11-08 08:16
>
> Earl Coetzee
Re: Bejaarde boer vermoor [boodskap #119819 is 'n antwoord op boodskap #119818] Ma, 08 November 2010 14:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Nov 8, 4:33 pm, Dlink wrote:
> Dankie Etienne, te veel mense in Europa wil eenvoudig nie weet wat die
> treurige lot van die Afrikaner in die Nuwe Suid-Afrika van die Heilige
> Mandela is nie. Hulle het Invictus gesien, het na die
> Wêreldbeker-sokkertoernooi gekyk en hulle glo dat hulle weet wat gebeur.

Net soos jy se, en dis wereldwyd so.
Net nuuskierig, jy ge-emigreer van SA
en Frans leer praat of how werk dit ?
Re: Bejaarde boer vermoor [boodskap #119820 is 'n antwoord op boodskap #119819] Ma, 08 November 2010 15:21 Na vorige boodskap
Dlink  is tans af-lyn  Dlink
Boodskappe: 3
Geregistreer: November 2010
Karma: 0
Junior Lid
Ek is 'n Franstaalig Belg, ek woon in Quebec. Ek het Nederlands by die
skool geleer, ek het ook 'n paar keer in Suider-Afrika gereis.

Afrikaans is nie vir ons te moeilik om te verstaan nie. Deur "ons",
bedoel ek diegene wat Nederlands geleer het.

Hou vas!

Le 08/11/10 09:37, Etienne Marais a écrit :
> On Nov 8, 4:33 pm, Dlink wrote:
>> Dankie Etienne, te veel mense in Europa wil eenvoudig nie weet wat die
>> treurige lot van die Afrikaner in die Nuwe Suid-Afrika van die Heilige
>> Mandela is nie. Hulle het Invictus gesien, het na die
>> Wêreldbeker-sokkertoernooi gekyk en hulle glo dat hulle weet wat gebeur.
>
> Net soos jy se, en dis wereldwyd so.
> Net nuuskierig, jy ge-emigreer van SA
> en Frans leer praat of how werk dit ?
>
Vorige onderwerp: ‘Daar was baie, baie bloed...’
Volgende onderwerp: ‘Doodstraf nie genoeg vir dié twee’
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 10:50:29 MGT 2024