Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » ‘Daar was baie, baie bloed...’
‘Daar was baie, baie bloed...’ [boodskap #119809] Vr, 05 November 2010 07:40
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
‘Daar was baie, baie bloed...’
2010-11-04 22:42


Marietie Louw-Carstens

’nBekende egpaar van Musina se lyke is gisteroggend in hul bakkie op
’n verlate pad gekry nadat hulle vermoedelik Dinsdag vermoor is.

Mnr. Johan (54) en me. Anne­lise Greyvenstein (53) se Toyota-bakkie,
met hul inkopies nog agterop, het onder ’n treinbrug op hul hoewe op
die Campbell-pad, sowat 10?km buite die dorp, gestaan. Dit is sowat ’n
kilometer van hul huis.

’n Buurman, mnr. Martin van Rensburg, het die polisie gebel nadat hy
agterdogtig geraak het omdat hy die egpaar nie sedert Dinsdag gesien
het nie.

Hy het gisteroggend saam met die polisie op die lyke afgekom.

Mnr. Greyvenstein is agter die linkeroor geskiet. Sy lyk, waaroor ’n
seil gegooi is, het skuins bo-op sy vrou s’n gelê.

“Ek weet nie hoe sy dood is nie, daar was te veel bloed,” het Van
Rensburg gesê.

“Daar was baie, baie bloed ... die moordenaar(s) het albei se skoene
uitgetrek. Hulle was kaalvoet.”

Volgens hom lyk dit asof hulle in die bakkie geskiet is, maar lt.kol.
Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê daar kan nog nie
met sekerheid gesê word waar hulle vermoor is nie.

’n Zimbabwiër wat by hulle op die hoewe gewerk het, is sedert die
moorde soek.

Die polisie is op soek na hom.

Me. Samantha Greyvenstein het gesê haar ouers het Dinsdagmiddag ná
werk by haar in die dorp gekuier.

“My ma se laaste woorde aan my was: ‘Ek is lief vir jou, my kind.’ ”

Die polisie het haar gisteroggend gebel, het sy gesê.

“Hulle het gevra wanneer laas ek my ouers gesien het en watter klere
hulle aangehad het.

“Hulle het nog dieselfde klere aangehad as Dinsdagmiddag.”

Volgens haar het die werkers by die Venetia-myn, waar haar ouers
kontrakteurs was, hul toesighouers nie laat weet toe die Greyvensteins
nie eergister vir werk opgedaag het nie.

Haar ouers is vermoedelik ingewag en oorval toe hulle Dinsdag
omstreeks 18:00 op hul hoewe aangekom het. “Hulle is met hul eie
rewolwer doodgeskiet,” het sy huilend gesê.

“Daar is geen teken van ’n struweling by die huis nie,” het sy gesê.

Otto het gesê dit lyk of iemand deur die dak van die Greyvensteins se
huis geklim het. Dit is onduidelik wanneer dit gebeur het.

Die kluis is aan die kant met ’n hoekslyper oopgesny en mnr.
Greyvenstein se rewolwer is daaruit gesteel.

Niks anders word vermis nie.

Van Rensburg het gesê van sy elektriese pompe is verlede Donderdag
gesteel. Hy het Greyvenstein daarvan gesê.

“Ons vermoed ’n Zimbabwiër wat by hom gewerk het, het moontlik iets
daarmee te doen.”

Otto het gesê teen druktyd is niemand nog in verband met die moorde in
hegtenis geneem nie.

Mnr. Greyvenstein sou volgende Vrydag 55 jaar oud geword het. Die
egpaar het sowat sewe jaar gelede van die dorp, waar hulle etlike jare
gewoon het, na die hoewe verhuis
Vorige onderwerp: Savage South Africa - 4 blacks torture 67 year old
Volgende onderwerp: Bejaarde boer vermoor
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 11:57:56 MGT 2024