Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » ‘Doodstraf nie genoeg vir dié twee’
‘Doodstraf nie genoeg vir dié twee’ [boodskap #119823] Di, 09 November 2010 12:22
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Swartes martel wittes
=========================
‘Doodstraf nie genoeg vir dié twee’
2010-10-18 22:15

Gerhard Pretorius
Al was die doodstraf daar, sou dit nie goed genoeg gewees het nie.

So sê mnr. Hans Myburgh (57), man van mev. Anna Jacoba Myburgh (65),
wat vroeër vanjaar aan lewerversaking dood is ’n jaar nadat sy en twee
ander vroue ontvoer en gered is. Hy was gister by die Bronkhorstspruit-
streekhof toe Daniel Motshwarateu (23), die Myburghs se tuinwerker, en
Helton Matsimela (28) skuldig bevind is aan roof, aanranding,
ontvoering en poging tot moord op wyle mev. Myburgh, hul skoondogter,
mev. Edri Myburgh (28), en hul huiswerker, me. Paulina Moyana
(ouderdom onbekend).

Streeklanddros Magriet Cook het Motshwarateu op 19 en Matsimela op 15
aanklagte skuldig bevind.

Die mans het die vroue in hul huis oorval, in die voertuig gedwing en
met hulle op die Spitskop/Sarita-pad tussen Bronkhorstspruit en
Witbank rondgery.

Cook het in haar uitspraak gesê Motshwarateu het vroeër getuig hoe
hulle Myburgh sr. met ’n mes in die voet gesteek en haar voor die
ontvoering met ’n warm strykyster op die voete en lyf gebrand het.

Motshwarateu en Matsimela het Myburgh sr. in die kop, agter die
linkeroor en Myburgh jr. in die mond geskiet en op die grondpad vir
dood agtergelaat nadat hulle Myburgh jr. se voertuig gerol het.

Albei het erken dat hulle dié twee vroue geskiet het.

Daar word ook nog ’n saak teen hulle ondersoek weens ’n voorval in die
tronk.

Mnr. Henk Myburgh (32), Myburgh jr. se man wat ook gister in die hof
was, het aan Beeld gesê dat die voorval diep emosionele letsels gelaat
het.

“Elke keer wat ons in die hof kom sit, krap dit weer die ou wonde oop.
Ons as ’n familie probeer die voorval vermy, maar dit is nou
ongelukkig deel van ons lewens.”

Hul skoondogter was nie gister in die hof nie.

Die mans sal in November gevonnis word.

(artikel en fotos by http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Doodstraf-nie-genoeg-v ir-die-twee-20101018
)
Vorige onderwerp: Bejaarde boer vermoor
Volgende onderwerp: Ope brief aan die swart man oor apartheid .
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 21:44:31 MGT 2024