Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Paartjie vir vier ure deur rowers aangehou
Paartjie vir vier ure deur rowers aangehou [boodskap #119807] Wo, 03 November 2010 08:20
Etienne Marais  is tans af-lyn  Etienne Marais
Boodskappe: 370
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Senior Lid
Paartjie vir vier ure deur rowers aangehou
2010-11-03 09:07

Johannesburg – ‘n Paartjie is vroeg Woensdagoggend vir vier ure in hul
huis in Benoni deur rowers aangehou, het die Gautengse polisie gesê.

“Hulle is vanaf middernag tot 04:00 vanoggend (Woensdagoggend)
aangehou en was met lyfbande en dasse vasgebind,” het ao. Jannie Van
Aswegen gesê.

“Albei die rowers was gewapen.”

Die paartjie woon in ‘n huis in die Sunbird Estate-kompleks in
Brentwood Park.

Die mans het te voet by hul huis opgedaag en die woning amper leeg
gesteel, het Van Aswegen gesê.

Hulle het die gesteelde goedere in ‘n BMW gelaai wat in die motorhuis
geparkeer was en weggery.

Die motor is later Woensdagoggend in Tembisa gevind.

Die paartjie is ongedeerd.

http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Paartjie-vir-vier-ure -deur-rowers-aangehou-20101103
Vorige onderwerp: Polisieman op die vingers getik ná korrupsie
Volgende onderwerp: Savage South Africa - 4 blacks torture 67 year old
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 25 17:32:12 MGT 2024