Op 'n ander forum plaas 'n Nederlander gereeld stukkies "Kasetaal"
om ons boertjies tot die Nederlandse taal te help bekeer. Blykbaar
sketse wat in 'n Nederlandse publikasie verskyn. Ek probeer dit
gewoonlik lees, maar vind in meer as die helfte van die gevalle
dat ek nie die boodskap van die stuk snap nie. Hier is gister se
"Kasetaal", wat steeds by my verbygaan, na ek dit herhaaldelik
gelees het.
My vraag is, wie van die mense op hierdie ng wat nie blootstelling
aan Nederlands het nie, kan dit volg?
--------------
Paniek
Schiphol. Wachten op de anderen. Ik pak mijn tas. Weg.
Het vredige gevoel maakt plaats voor een ongekende paniek.
En woede. Het is me dus weer overkomen.
Alle rekeningen blokkeren!
Ik vlieg naar een balievrouw. Ze taxeert mijn toestand en neemt
de leiding over. Ze stuurt me naar boven, waar ik eerder was.
"Waarom niet meteen naar de politie?"
"Ga nou maar. Ik pas wel op uw spullen."
Het is vol op de roltrap. Beroofd en niets gemerkt. Het is het
enige wat ik kan denken. Wie me ziet aankomen, wijkt uit.
Via het restaurant beland ik bij de wc's. Daar staan vier
reizigers te lachen. Mijn tas aan hun schouder. "Laten we
maar wachten, dachten we. Ze komt hem wel halen"
[Sonja van
Dijk]
Weer ek:
Ek vermoed as ek daardie "Alle rekeninge blokkeren" kon
uitgewerk het, sou ek 'n kans gehad het.
Nou weet ek nie hoekom hulle vir haar in die toilette lag nie :-(
Op 'n ander forum plaas 'n Nederlander gereeld stukkies "Kasetaal"
om ons boertjies tot die Nederlandse taal te help bekeer. Blykbaar
sketse wat in 'n Nederlandse publikasie verskyn. Ek probeer dit
gewoonlik lees, maar vind in meer as die helfte van die gevalle
dat ek nie die boodskap van die stuk snap nie. Hier is gister se
"Kasetaal", wat steeds by my verbygaan, na ek dit herhaaldelik
gelees het.
My vraag is, wie van die mense op hierdie ng wat nie blootstelling
aan Nederlands het nie, kan dit volg?
--------------
Paniek
Schiphol. Wachten op de anderen. Ik pak mijn tas. Weg.
Het vredige gevoel maakt plaats voor een ongekende paniek.
En woede. Het is me dus weer overkomen.
Alle rekeningen blokkeren!
Ik vlieg naar een balievrouw. Ze taxeert mijn toestand en neemt
de leiding over. Ze stuurt me naar boven, waar ik eerder was.
"Waarom niet meteen naar de politie?"
"Ga nou maar. Ik pas wel op uw spullen."
Het is vol op de roltrap. Beroofd en niets gemerkt. Het is het
enige wat ik kan denken. Wie me ziet aankomen, wijkt uit.
Via het restaurant beland ik bij de wc's. Daar staan vier
reizigers te lachen. Mijn tas aan hun schouder. "Laten we
maar wachten, dachten we. Ze komt hem wel halen"
[Sonja van
Dijk]
Weer ek:
Ek vermoed as ek daardie "Alle rekeninge blokkeren" kon
uitgewerk het, sou ek 'n kans gehad het.
Nou weet ek nie hoekom hulle vir haar in die toilette lag nie :-(
In `n vroeëre bydrae het iemand iets kwytgeraak dat Afrikaans tot stand
gekom het danksy die Engelse bewind wat die Nederlands wou laat uitsterf of
iets in dier voege. Dit is nie heeltemal waar nie. In die Patriot van 1876
tot in uitgawes van 1882 word die teendeel baie duidelik beklemtoon. Ook
Totuis het die kwessie aangespreek. Sy woorde was:
"`n Legende wat nog onder ons volk rondswerf, en hier en daar selfs nog in
geleerde hoofde `n skuilplek vind, moet dan ook nou vergoed verjaag word
soos `n eensame tier, wat nog in beskaafde streke sig weet op te hou en te
handhaaf. Die legende is, dat die manne van die Afrikaans teen die Hollands
gekant was.
In die eerste jaargang van die "Patriot" (15 Maart 1876) het `n gedig
verskyn van A. Herholdt met die volgende reëls:
Oom Lokomotief
Jij is min so lief.
Set Engels opsij!
Ons taal sal jij krij.
Werk Hollans mar uit-
Stuur weg met die skuit!
En dan het die redakteur daarop geantwoord: "Ons stem nog nie met hom same,
dat die Hollans nou met die skuit moet weggestuur worde na Holland toe. Ons
het Hollans vereers nog nodig.
Die vraag is: Wat was datn die verhouding? Ons kry die antwoord uit die
"Z.Afrikaan" se voorstelle omtrent `n Genootskap vir die Hollandse taal.
Dit het verskyn in die "Patriot" van 11 Mei 1877:
"Ons Genootskap is nie tegen die Hollanse taal nie, soos party van ons
vyande geseg het; maar ons het die onmo`entlikheid ingesien om die Hollanse
taal in ons land te herstel. Afrikaans is in ons oog soos `n jong inheemse
boompie; hy in nog klein en teer, maar groei by die dag op. Hollans is `n
grote uitlandse boom wat in vroeger tyd hier geplant is, mar wat an`t
wegkwijn is. Nou wil ons liewers die jong plantjie opkweek; ander wil
liewers die ou boom dokter, die droge takke afsage, `n bietjie mis om die
stam gooi en omspit, ens. Mar die doel van albei is om `n verkwikkende
skaduwe te soek waaronder ons bevolking kan sit, wat in die koue mistige
weer van Engeland nie kan lewe nie... Wat ons aangaat, ons wil graag meewerk
met `n genootskap ver Hollans; ons raai selfs onse lede an om daarvan ook
lede te worde as hulle lus het. Ons meen dat ons die regte weg ingeslaan
het ver ons doel. Mar andere het anders gedenk, en meen dat ons Hollans
moet gekies he. Wel, ons geef hulle die kans; ons sal gen strooi in die weg
le; ja, ons sal hulle help. Nog meer, blyk dit dat hulle reg en ons
verkeerd gehad het, dat hulle genootskap beter beantwoord, dan sal ons inge.
Ja, as dit duidelik word dat die doel beter deur hulle genootskap bereik
word, ons sal ons onderwerp en met hulle verenig."
Daar was dus nie `n stryd met die Hollands nie. In 14 September 1877 se
uitgawe word die verhouding tussen die twee "Genootskappe" nog verder
beskryf:
"Ons sal die Hollanse Genootskap nie tegewerk, maar veeleer ondersteun. Die
Holl.Genootskap is `n kind van die Afrikaanse. Dan, die Holl.Genootskap sal
ons gen kwaad maar goed doen, veral op die gronde waarop hulle dit begin
het, n.l. Engels taal van die Regering, Hollans taal van die Kerk, Afrikaans
van die Huisgesin... Die Huisgesin is die bron waaruit die Kerk en die
Staat hulle lewe moet kry. Wie die Huisgesin het, het die toekoms in syn
hand. Engels en Hollans moet dus kunsmatig aangekweek worde in ons land,
Afrikaans groei van self...Die Hollanse Genootskap sal ons dus goed doen.
Op watter manier...Deur te help om `n dam op te rig dat alles nie deur
Engelse o`erstroom wort. Daar is afkeer nog teen die Afrikaanse taal by `n
groot deel van ons volk, hoewel dit al langsaam afsterf. Mar tog, dit
hinder ons dat ons nie dadelik so sterk teen die stroom kan staan als dit
moet wees nie. Om `n beeld te gebruik. Die Afrikaanse boompie is nog jonk.
Die Engelse stroom kan hom straks o`erstroom. Hy het Hollans vereers nodig
as `n stut, totdat hy sterk genoeg is om alleen te staan. Die stut sal
langsaam afvrot, die boompie sal al sterker worde, totdat hy gen stut meer
nodig het."
En dit is presies wat gebeur het. Die Engelse het nie Afrikaans gebruik om
die "Hollans" te verdring nie, maar die "Hollans" het afgevrot en Afrikaans
staan vandag op sy eie bene en in eie reg.
Almal van julle, probeer tog om nooit 'n rib te breek nie, veral nie
as dit saamgaan met 'n ligte aanval van bromkaaitjies (soos my ouma
gesê het) nie. Dis vreeslik seer. Dit het die vorige naweek met my
gebeur, en toe moes ek nog die hele week stoksielalleen by die huis
deurbring want wyfiemens was in die verre Oos-Kaap (Bizana, Flagstaff,
Lusikisiki, Mount Fletcher, al daai vodde plekkies) om onderwysers (en
-esse) te evalueer. Ek het omtrent die hele week plat op my rug (dit
was darem vakansie vir ons) deurgebring, so nou en dan gehoes en dan
gekreun. Dis was nie lekker nie!
Norbert, ek volg jou argument oor die ooreenkomste wat daar is tussen ons
tale en dialekte. Ooreenkomste tussen tale maak egter nie van hulle een
taal nie. Dit sou verder verkeer wees om net na die ooreenkomste te kyk,
terwyl ons die verskille nie in aanmerking neem nie. Vir diegene wat nie
werklik in die letterkunde belangstel nie, mag hierdie dalk langdradig wees,
maar ek dink tog dat dit van waarde is vir elke persoon wat `n liefde vir
ons taal koester.
Die verskille tussen die Afrikaanse en Nederlandse woordeskat is van
uiteenlopende herkoms en aard. Geen lid van `n taalgemeenskap, en ook geen
beperkte groep van indiwidue, besit `n taal in sy geheel nie, dus ook nie
die hele woordvoorraad nie. Net `n deel van die Nederlandse woordeskat is
met die vestiging van `n Nederlandse kolonie aan die Kaap oorgeplant.
Sommige van die woorde wat na die Kaap gebring is, het mettertyd hier in
onbruik geraak of het onafhanklik van Europese Nederlands
betekenisverskuiwinge ondergaan. Omgekeerd kon woorde wat aan die Kaap
onveranderd bly voortbestaan het, in Nederland verlore gaan of ander
betekenisonderskeidinge kry. Van groot belang is dit ook dat woorde wat in
Nederlands tot `n bepaalde lokale of sosiale taalkring behoort het, aan die
Kaap in algemene gebruik kon kom en so deel word van die beskaafde
Afrikaans. Heeltemal anders van aard weer is die verskille wat berus op die
onafhanklike verryking van die twee tale deur die eie skepping van nuwe
woorde en deur ontlening aan vreemde tale.
Die ooreenkomste tussen die Afrikaanse en Nederlandse woordvoorraad berus
hoofsaaklik op gelyke oorerwing uit `n gemeenskaplike 17de-eeuse taalskat,
maar ook vir `n belangrike deel op die ontlening van Nederlandse woorde in
Afrikaans. Ander oorsake van ooreenstemming tussen die twee tale, soos
onafhanklike parallelle ontwikkeling en gelyke nieuvorminge en ontlening, is
seker nie sonder belang nie.
Hierdie verskille en ooreenkomste het egter nie net in die laaste paar jaar
ontstaan nie.
In 1775 skryf die jong Christiaan Hendrik Persoon, wat vir verdere studie na
Europa gegaan het en die beroemde grondlegger van die sistematiese mikologie
sou word, aan sy ouers in Kaapstad dat sy Amsterdamse vriende hom baie terg
oor sy "Caaps krom spreeken" sodat hy nou al goeie Hollands leer praat.
Heel aan die begin van die 19de eeu merk Lichtenstein onder andere op dat
die kolonistetaal in die begin selfs vir gebore Hollanders onverstaanbaar
is - so ver het Afrikaans toe al van Nederlands afgewyk. En dit was ook nie
net `n klein groepie mense ver weg van die beskawing wat so gepraat het nie.
Volgens die getuienis van die Kaapstadse tolk van die geregshof Swaving in
1830 is Afrikaans, wat hy `n "soort van bastaard Hollandsch" noem, deur
boere, slawe en Hottentotte gepraat, maar hy voeg daaraan toe dat die
taalvorm "zelf den meer beschaafden der christelijke en voorname volksklasse
niet geheel en al oneigen is", met uitsondering egter van diegene wat in
Nederland gebore of opgevoed is.
In 1921 het W. Blommaert, professor in die geskiedenis aan die Stellenbosse
Universiteit, by die lees in die Kaapse Argief van kommissaris-generaal H.A.
van Rheede se joernaal vir sy verblyf aan die Kaap in 1685, afgekom op `n
passasie wat vir hom `n verassende lig op die probleem van die ontstaan van
Afrikaans laat val het. Uit hierdie passasie, sê Blommaert, kan `n paar
belangrike gevolgtrekkings gemaak word:
"(a) Die afwyking van die koloniste-taal van die offisiële Hollands het
reeds seer vroeg, d.i. in Simon van der Stel se tyd, begin.
(b) Hierdie afwyking is in daardie tyd hoofsaaklik toe te skrywe aan die
invloed van die gebrekkige Hollands van die inboorlinge, `n gebroke taal wat
deur die Europese koloniste, veral via die kinders, oorgeneem is.
(c) Hierdie proses was in 1685 reeds taamlik ver gevorder, aangesien Van
Rheede vrees dat die gebroke taal wat tot stand gekom het, onuitroeibaar sal
blyk."
Van Rheede was reg!! `n NUWE taal het ontstaan, dit was nie maar net nog `n
dialek gewees nie en na 300jaar is dit nog nie uitgeroei nie.
Ons moet onsself afvra: Wanneer word `n nuwe taal gebore en wanneer is dit
maar net `n dialek van `n bestaande taal? Om bloot te redeneer dat daar
ooreenkomste is en daarom is dit dieselfde taal, gaan nie op nie. Mens moet
kyk na die oorsprong van die ooreenkomste en ook die van die verskille. `n
Verdere aspek wat moet aandag kry is die onderskeid tussen a) verskillende
dialekte wat net anders klink, maar tog dieselfde taalreëls het; en b) `n
taal met sy eie reëls en struktuur wat bloot by ander tale sekere woorde
geleen het.
Ek hoop hierdie gedagtes wat ek met nederigheid deel kan `n positiewe bydrae
lewer tot die gesprek.
Verlede week is die regterkant van my motor so te sê afgeskryf terwyl dit
geparkeer was in Langmarkstraat.
Ek was by my Vriend Die Ontvanger terwyl my motor so verniel is, en ongeag
'n nota met 'n naam en telefoonommer op my voorruit - is daar oor die naweek
tot die besef gekom dat net die engeltjies die ongeluk sien gebeur het.
Vanoggend is ek toe polisiestasie toe, om 'n saaknommer te kry sodat ek van
die versekeraars kan eis.
Die kleurlingdame wat my gehelp het was baie gaaf - sy het nie 'n uniform
gedra nie,so ek weet nie wat haar rang was nie.
Sy het aangedring om die verklaring af te neem en dit in die boek
opgeteken - baie op haar tyd en sy skryf nogal mooi en duidelik ook.
Maar ai!!! van spel weet sy nie baie nie ( sy praat vlot Afrikaans) - Ek het
maar so veel as moontlik probeer reghelp, maar die ry agter my het bietjie
lank en ongeduldig begin raak:))
Hier is 'n paar van die spelfoute wat sy op my aandrang reggemaak het:
Freedehooc ( Vredehoek).
keur ( keer)
weur ( weer)
regtersei ( regtersy)
het gaan ( het gegaan)
seispiel ( syspieël)
virskye ( verskeie)
dyke ( duike)
skrappes ( skrape)
niemangnd ( niemand)
Gelukkig was dit nie nodig vir my om anderaan die poging my naam te teken
nie.
Dit alles terwyl ek al klaar laat was vir my volgende afspraak.
Nou wonder ek, as dit weer gebeur, of ek nie maar die beskrywing doen op die
rekenaar en dit uitdruk nie ( ek moes 'n dokter gewees het- geen mens kan
my handskrif lees nie) sodat hulle dit net kan inplak daar in die boek -
baie tyd kan so gespaar word.
O ja - net voor my 'n ou oom wat pensioen van die staat ontvang.
Het nogal 'n kleurafdruk van sy ID boekie gemaak wat saam moet ingaan.
Boegenoemde dame dring toe aan hy moet sy ID boek ook bring, sodat sy die
afskrif kan bevestig.
Ek sê toe maar hoekom - sy kan mos sien die foto is van die oom - nee, sy
MOET die ID boekie hê.
Ek en die oom het maar net kop geskud, en hy het die aftog geblaas.
Ek kan nie onthou of daar enige dames was wat toentertyd saam met die
alternatiewes getoer het nie;))
Dinge het nogal verander vir die deelnemers.
Springbok Nude Girls bestaan nie meer nie.
Koos Kombuis is nou mooi netjies.
Johannes Kerkorrel het nader na sy etniese bande beweeg.
Valiant Swart sprei sy vlerke in Amerika.
Moet sê daardie lot het nogal 'n geweldige ommekeer veroorsaak in ons
musiek.
Annette
Lees nou hier van die Franse se wye vriendekring en invloed.
Gisteraand op Special Assignment onderhoude met die Palestyne en toekomstige
selfbom-moordenaars .
Toe word daar vertel dat die meeste van hul wapens word verkry van Israel -
Israelse soldate wat hul wapens verkoop.
Wonder hoeveel ander lande se weermagte is die hoofvoorsiener van wapens vir
rebellegroepe.
Annette