Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: DD?

Di., 23 April 2002 19:47

On Mon, 22 Apr 2002 23:12:34 +0200, "Tobie" wrote:

> DEEEEEEEEEEEEDEEEEEEEEEEEEEEE !!!!!!!!!!!!
> waar is jy?
>
>
Hiieeeeeeerrrr Tobieeee!:-)))
Tobie, ek het so bietjie dik geword vir die bakleiery(e) hier.
Hier is werklik geen (soos in geen) opbouende gesprekke
hier nie. Ek het gisteraand vir die eerste keer in 'n paar dae
weer hier ingeloer en was nie eens van plan om vanaand
weer hier aan te klop nie. Maar toe sien ek wat Hantankind
vertel en behou dit toe en besluit om vanaand te besluit of
ek daarop gaan reageer. Ek het soos jy sien.
Ek het hier begin deelneem (dink dit was in die 80's) en jy
sal onthou dat ek daarvan gehou het om dit somtyds op 'n
ietwat ligsinnige wyse tedoen. Jy sal ook onthou dat ek een
aand vir Danielle gesê het dat ek kan "Ballroom Dance' as
ek wil, maar kyk hoe suur is die dansers se gesigte. Ek sal
Ballroom dance in die dag op kantoor maar in die aande wil
ek sokkie.
Nou sit ons hier met mense soos Norbert wat nie kan besluit
aan wie se kant hy wil wees nie, 'n verskriklike beterweterige
SS en 'n Plaasvark wat nie 'n eie indentiteit wil skep nie maar
besluit het om die onbeskofte Gloudina as templet te gebruik.
Wanneer Tobie, het jy ons gesien lag oor iets? Yes, dit gebeur
wel... maar so by die uitsondering.
Ek is besig om ander belangstellinge te ontwikkel as die groep.
Steeds sal ek terugkom want ek het vriende soos jy, Arthur,
Danielle, Streepmuis, Katryn, Sakkie, Annette.......... ek het Q se
geselskap begin waardeer... daai onnie in Australië is baie spesiaal
vir my... ens. (snik!) haai waar is Rico? My en Lou se fights
kan jy nooit vergelyk met die laagvatte hier nie...
Ek het 'n briefie geskryf vir Hantamkind daar by 'nuus' van Annette.
Juis onder 'n ander naam weer want die Plaasvark waardeer dit...
Sien julle more of oormore Tobie. Ek het steeds vriende hier...

DD

Koeitjies & kalfies | 22 kommentare

SA Resep

Di., 23 April 2002 08:55

Hanepoot Hoender Roerbraai gereg.

Verhit 30ml ( 2 e) olyfolie ( regte olyfolie, hoor?:)) ) in 'n braaipan, en
smoor 6 klein uitjies, gehalveer, en 500ml ( 2 k) butternut ( botterskorsie)
in blokkies gesny vir 2 minute - die pampoen behoort dan halfgaar te wees.
Sny 6 ontbeende ( en sonder vel) hoenderborsies in 4 stukke elkeen. Voeg by
uie en pampoen in braaipan en braai vir 1 minuut.
( hierdie onder het hulle vergeet om in te sit, maar aangesien dit by die
bestanddele is, dink ek dit moet hier inkom:
2 rooi rissies gerasper ( ek los dit uit)
6 gedroogde vye - gehalveer ( ek hou baaaaaie van vye)
Voeg by mengsel en braai 'n verdere 2 minute of tot vye deurskynend is- die
prentjie wys die vye so)

Voeg 250ml( 1k) soet Hanepootwyn ( lekkkkerrrrr!), en 125ml ( 1/2 k)
hoenderaftreksel by vleismengsel en kook 1 minuut of totdat die
hoenderstukke sag is.

Annette

Kos & resepte | 1 kommentaar

Biltong is Nederlands.

Di., 23 April 2002 06:54

Waar kom die naam biltong vandaan?
Volgens onbetroubare bronne:
Bil - wat boud beteken in Hollands en
tong wat wat beteken 'n strook ( strip) - weet nie van watter taal nie.
Dus is biltong 'n strokie boud.
Annette

Kos & resepte | 6 kommentare

Maklike Afrikaans

Di., 23 April 2002 06:38

Dit vanaf iemand wat 'n rukkie gelede hier gepos het.:
FOR THOSE OF YOU WHO DON'T UNDERSTAND
AFRIKAANS:

Verlede jaar het ek en my swaer en my skoonseun per
vliegtuig na
Windhoek gereis om veral die dierelewe van Namibie te
besigtig.

Last year, me and my heavy and my cleanson traveled
by flying harness to
Windcorner specially to belook the animal-living in
Namibia.

In die Noorde het ons toe volop
springbokke,steenbokke,blesbokke,
kameelperde en ook meerkatte gesien.

In the North we then saw full-up jumping goats,
brick buck, bald buck,
Camel horses and also more cats.

Een keer was ons senuwees egter skoon op hol.

One time genuine our sinews were clean on hollow.

Ons het agtergekom dat 'n luiperd besig was om ons
te bekruip.

We aftercame that a lazy-horse was becreeping us.

In 'n oomblik was ons slaggereed met ons dubbelloop
haelgewere.

In an uncle-tin we were slaughter ready with our
double walk hail guns.

Toe die luiperd agter die bos roer, skiet ons almal gelyk.

When the lazy-horse mixed behind the bush, we all shot
equal.

Na alles verby was, was ons hare baie deurmekaar. Ons het
dit toe
netjies gemaak, in die bakkie geklim en huis toe gery.

After all was past, our hairs were very through each
other. We then made
It into small nets, we climbed in the dish, and
rode home.

Langs die pad het ons 'n papwiel gekry.

Along the road we got a porridge wheel.

So het ons lang, opwindende dag geeindig.

So did our long, wound-up day end!

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Robotte

Di., 23 April 2002 06:34

Hoekom noem ons verkeersligte robotte ( robots) - tot die verbasing van die
res van die wêreld?
In die 1950's het ons verkeersligte hier gekry. Terselfdertyd het robotte in
die VSA en Europa gewild geword. Omdat dit gelyk het asof die verkeersligte
selfstandig werk en veranderende liggies het, wat ook al is wat die robotte
daardie tyd kon doen, het Suid-Afrikaners die verkeersligte robotte
robots) begin noem.

Nou wag ons vir Petrus J se resitasie oor robotte:))

Annette

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Kaapstad Moederstad

Di., 23 April 2002 06:27

Hoekom word Kaapstad die Moederstad genoem?
Volgens ons toeristevereniging kom die naam van die Engelse vertaling van
die Griekse woord metropolis.
Metro beteken moeder en polis beteken stad.

Annette

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Inligting goed

Di., 23 April 2002 04:59

Noudat Ma ook nie meer Huisgenoot wil lees nie - koop ek toe gister Fair
Lady - hoofsaaklik omdat dit op die voorblad aankondig dit is 'n Proudly
South African uitgawe.
Hieronder is twee webbladsye wat gegee word ivm gesondheidsorg in SA - ek
het dit nog nie self oopgemaak nie - een of twee probleempies met daardie
time-out dingetjie - so hier is dit solank vir wat dit werd is:
Health-E - www.health-e.co.za
Health Sysytems Trust - www.hst.org.za

Daar is ook in die boek 'n artikel oor die IMC ( International Marketing
Council) wat meer goed as kwaad doen - hoofsaaklik omdat dit inligting van
2000 gebruik, en glad nie eers noem dat sekere goed wat Onse Prez en ander
politici gedoen het tydens en na 2000 alles behalwe gehelp het om SA
Internasionaal te bemark - inteendeel.
Elk geval - een van die punte wat genoem word waarop ons as Suid Afrikaners
vreeslik trots op kan wees is dat 4 van SA banke onder die wêreld se top 500
banke gereken word.:)))
Nog een: ( wat ek nie glo nie) - Elektrisiteit is landwyd beskik teen van
die goedkoopste tariewe ter wêreld.
( Dit is seker nou nog goedkoper noudat die rand swakker is teen die dollar
en pond)
Annette

Koeitjies & kalfies | 21 kommentare

Die Taal van die Boer - Petrus J Pomdonkie

Ma., 22 April 2002 21:10

Die Taal van die Boer

Reg oor die land het poespas die mense verstom
Selfs ook dié wat met geleerde woorde regkom
Dat so `n rein mooi woord nou verdag kan klink
`n Deurmekaarspul met `n sindelike rinkink

Prof Elize Botha praat met gesag oor ons taal
Stellenbosch se kanselier sal hiermee nooit faal
Sy sê as poespas jou laat dink aan `n gat of riool
Behoort jy jou ook te onstel oor die "tool" in pistool

Dit laat my dink aan daardie Hollandse gids
Wat met sy toerlede in Suid-Afrika rondrits
Sê hy vir hulle : "Hierdie taaltjie is leuk maar pasop
Hier is wel `n paar woorde wat jou baie lelik fop

"So het ek geleer, een doos is effe verdag
Praat liewers van `n boks of die boere gaan vir jou lag
En kat- of ander telers moet hulle daarmee versoen
Julle Hollandse fokkers, moet dit hier nooit nie noem

"Veral in kombinasie met `n Hollandse kat
Sê dit vir `n Afrikaanse en hy maak homself nat
So versigtig vir die taaltjie, al is hy baie leuk
Die woorde het hier `n ander klank en reuk

---------------Piet Pompdonkie-------------

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

le pen

Ma., 22 April 2002 21:08

ek wonder of die res van europa nou ook gaan vra om alles te
boikot uit frankryk siende dat le pen nou ook goed doen soos die
kêrel destyds van oostenryk.
ek wag nog net vir die v.b. in belgië

Koeitjies & kalfies | 33 kommentare

vertalen ?

Ma., 22 April 2002 16:37

hallo,

ik kom uit belgi� (waar men vlaams spreekt) en moet een presentatie geven
over de verschillen en gelijkenissen tussen het nederlands en het afrikaans.
Zou er iemand zo vriendelijk willen zijn om mijn (korte) inleiding vlug even
te vertalen naar het zuid-afrikaans ? Ik zou u heel erg dankbaar zijn, (als
je de voorlaatste regel met die spreekwoorden niet kunt vertalen, mag je
deze gerust overlaten ... )

Pieter

------------------------------------------------------------ ----------------
------------------------------------------------------------
Beste medestudenten,

Vandaag zouden wij jullie graag iets bijleren over de verschillen en de
gelijkenissen tussen het zuid-afrikaans en het nederlands. Zoals jullie
kunnen horen, zijn deze talen heel erg verwant aan elkaar. We leggen jullie
van naaldje tot draadje uit hoe de vork aan de steel zit. Maar niet in het
afrikaans, omdat we de taal ook niet echt machtig zijn.

------------------------------------------------------------ ----------------
-----------------------------------------

Koeitjies & kalfies | 12 kommentare

Bladsye (1834): [ «    762  763  764  765  766  767  768  769  770  771  772  773  774  775  776  777    »]
Tyd nou: Vr. Apr. 24 08:40:18 UTC 2026