Dis M. Shuttleworth in Russies.
Hy gaan Donderdag saam met 'n Italianer en 'n Rus die ruimte invaar.
Geskiedkundige oomblik - die eerste persoon van Suid Afrika wat 'n
ruimtereisiger is.
Hy het self vir alles betaal vir hierdie voorreg.- R208 miljoen.
--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a State of Mind
Boer Koos se vrou :-
" Ek dink nie ons moet meer toelaat dat ons Sarie en jong Jan van die
buurplaas elke dag gaan perdry nie."
Koos:" Hoekom nie?"
KsV:" Want gister toe hulle terugkom, was hulle meer uitasem as die perde."
" Koos, kan jy Hollands praat?"
" Ek weet nie. Ek het nog nooit probeer nie."
--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a State of Mind
Julle wou geweet het waarom ek 'n rusie het met Annette. Wel, dis baie
eenvoudig: sy het me arrogant genoem, ek sou idiotiese opmerkings maak
en ek het ook gesien sy gaan me verraai by andere mense. Nie me styl
nie!
Ek hou meer van Gloudina as van Annette. Gloudina verdedig konsekwent
se mening en het 'n ongelooflike omvattende akademiese kennis.
Bowendien is Gloudina 'n mens wat ook menslik is wat ook die agtersy
van die SA medalje bekyk en nie probeer om dit weg te moffel nie.
Annette, met se eindelose reeks van artikele, vra slegs voortdurend
aandag vir se eie en sy pap aan met alle mannes op hierdie nuusgroep.
Ek glo sy is op soek na 'n vryer, miskien verkieslyk een met geld. Sy
sou beter na alt.romance gaan want die bierkaai waar 'n mens moet teen
veg op soc.culture.afrikaans is al groot genoeg! Voilà, me genitalie
is nie in die brand geskiet maar dis wel die wind wat ek afgelaai het
verlede week.
Ek wil julle sommer iets vertel, sonder dat dit nou weer n rasse storie
word.
Saterdag toets ons die "nuwe" Audi op die langpad. Ons ry deur die mooie KZN
se Noordelike dele al kronkelend vanaf Dundee na Greytown. Ons stop by
Rorke's Drift om daar by die Museum meer te wete te kom van die Zoeloe
oorloë. En dit is hier wat die kriewels in my hart begin roer. Die museum
toon alle tekens van erge verval. Op die terrein is n paar pragtige ou
huise maar hulle staan verwaarloos in hulle vervloë glorie. Oral is die
gras te lank en mens sukkel om op die terrein te beweeg. Die
aanwysingsbordjies is vaal en amper nie sigbaar nie. Op die terrein staan
ook n "wat-een-was" pragtige ou sendingkerkie. Dit is nou verwaarloos en
aan verval blootgestel. Vensters word met groterige klippe toegehou maar
binne in die kerk staan n pragtige hout preekstoel. Vanaf die dak hang
kandelare van hout waarop kerse gemonteer kan word. Van kerse is daar
natuurlik nie sprake nie.
Rorke's Drift is n Zoeloe gemeenskappie. Oral lê die zoeloes rond en bak in
die son. Eet slaptjips en drink Coke en gooi daai papiere en bottels oral
neer. Kou kougom uit n plaaslike winkeltjie en smyt die papiere neer.
Met die ongemak in my binneste, ry ons verder.
By die Tugela Faerie word ons begroet met die ongelooflikste gesig! Nie een
wat jou asem in wonder wegslaan nie maar een wat die kriewel in jou hart
losruk! Oral staan mense en verkoop hulle ware op straat. Tussendeur veg
die bokke en honde vir stukkies afval. Een verkoopman verkoop vars vleis op
die binnekante van n kartonboks wat hy platgedruk het. Effens laer af vreet
n hond die laaste vleis van so n winkelrak. Bokke 'steel' die koolkoppe van
n ander winkeleienaar en dié jaag hom agterna. Maar as hy sy rug draai
beweeg die res van die trop in.
Dit is n miernes van bedrywighede en almal skree en praat tegelyk. Bokke,
honde en mense beweeg oor die pad en mens besef dat karre hier geen voorrang
op n pad geniet nie. En skielik onthou ek en manlief hoe ons n paar jaar
gelede hier verbygery het en hoe trots dieselfde mense hul ware verkoop het.
Hoe netjies hul ware verpak en uitgestal was. Dat hulle in tradisionele
drag gesit en hulself met handwerk besig gehou het. En ek besef dat die
lewe ook vir hulle verander het. Dat hul lot ook n hartseer lot geword het.
Maar my hart pyn oor die mooi omgewing wat oral tekens van erosie toon.
Erosie wat veroorsaak word deur oorbeweiding. Oorbeweiding wat deur
hongersnood veroorsaak word en hongersnood wat deur oorbevolking veroorsaak
is.
Ek maak nie verskoning vir hierdie verslag nie. Hierdie is die realiteite.
Maar hierdie is ook my land. Ek het nie deel gehad in die politieke foute
van die verlede nie en ek het nêrens om heen te gaan nie. Maar dit beteken
nie dat ek goedsmoeds wil toekyk hoe alles om my aan die verval is nie . . .
Greytown is n pragtige ou dorpie en herinner my aan soortgelyke dorpies wat
ek n jaar gelede met my Kaapse vakansie saam met my vriendin besoek het.
Dit lê knus tussen die berge en is stil. Daar sien ons n pragtige kerk met
n ou wêreldse weerhaan op die koepel! Maar wat hierdie dorpie anders maak
as die Kaapse dorpies, is die aanwesigheid van zoeloemense wat ook hier oral
hul ware op straat verkoop en die indruk van slordigheid skep.
Ons ry terug Newcastle toe maar kies die binnepaaie. Van ons land se
mooiste natuurtonele is op hierdie binnepaaie te sien. Die berge van Natal
begroet ons met n herfsgroet in die laatmiddagson. En ek voel so heerlik en
gemaklik in my menswees en weet vir seker dat ons bevoorreg is om in hierdie
mooie land te mag woon.
Daar is woorde wat soms kwyn in ons mooi taal
Van daardie woorde het 'n besondere verhaal
En dit is 'n skade as dit sou gebeur
Kom ons gooi wal om dit te keer
Die woord hier ter sprake is nou baie gepas
In hierdie tye gaan dinge dikwels poespas
Ja, poespas is die chaos wat ons gaan opklaar
Dit beteken maar net dinge is baie deurmekaar
As jy my nie glo, kyk in jou woordeboek
Dan sien jy ek`s reg en jy voel soos `n koek
Nou as hy daar staan, kan ons hom mos gebruik
`n Heel goeie woord, rein en skoon sonder ruik
Is jou kamer dus poespas, maak hom aan die kant
Het jy `n poespas klomp rommel, steek dit aan die brand
En as dominee vind dinge raak druk, o gedorie
Sit hy sowaar met `n poespas in sy konsistorie
Tog `n mooi woord die poespas, ek vind hom heel leuk
Moet hom glad nie verwar met `n Hollandse geneuk
Los die koster en scriba met die poespas-konsistorie
En gebruik vir poespas, herstel hom tot sy glorie
-----------------Piet Pompdonkie----------------
'n Deense pasiënt het 'n ietwat ongewone ondervinding op die operasietafel
beleef.
Terwyl die arts besig was om 'n moesie met 'n elektriese mes te verwyder,
het die pasiënt 'n wind gelos. Sy genitalieë was met medisinale spirits gewas
vir die operasie, en het toe aan die brand geslaan.
Daar word nie vertel of hy papnat bygekom het nie;))))
Annette
Ek het dit nou van 'n andere poslys. Jammer - dis in Nederlands, maar as
iemand iets regtig nie verstaan nie, sê maar - daar is genoeg mense op die
groep wat dit kan verduidelik :
Wat volg kom uit 'n onderhoud wat Eric Rinckhout met Stef Bos gevoer het vir
die Vlaamse koerant, De Morgen, en is gepubliseer op 8 Desember, 2001.
"Toen ik er voor het eerst naar toe trok, in 1994, had ik in mijn
achterhoofd nog het idee van de apartheid uit de jaren zeventig - een
volstrekt diabolisch systeem. Ik werkte er met een oude zwarte jazzzangeres,
Tandie Klaasen. Een tijdlang woonde ik met haar in een township ten zuiden
van Johannesburg, en toen begon zij haar leven te vertellen. Sophiatown in
de jaren vijftig was een van de laatste grey (gemengde, non-raciale, ER)
zones. Klaasen vertelde mooie verhalen over de jazzscene: Louis Armstrong
die er op bezoek kwam en zijn trompet cadeau gaf aan de toen veertienjarige
Hugh Masekela. Plots werd Sophiatown in één nacht platgewalst, iedereen werd
in de vrachtwagen gedouwd en de bulldozers gingen d'roverheen.
Onwaarschijnlijk.
"'Hoe kijk je dan tegen de blanken aan?', vroeg ik haar. Haar vader is
bovendien vermoord in die beruchte gevangenis tussen Johannesburg en
Pretoria. Zij antwoordde: 'Wat die meeste mense dink is dat ons die Boere
haat. Maar zet me liever bij een Boer, want wij leven al honderden jaren
samen - in een soort slaaf-meesterverhouding. De Engelsen hebben nooit met
ons gecommuniceerd, die kennen onze cultuur niet.' Toen viel mijn hele beeld
in duigen. Ik dacht dat de Engelsen een soort fatsoenlijke kolonialistische
politiek hadden gevoerd. Maar ondergronds waren het ongehoorde klootzakken.
Tijdens de apartheid konden Britse jongens zelfs vluchten voor hun
legerdienst. Ze hadden twee paspoorten, de Afrikaners niet.
"De Afrikaners zien zichzelf graag als een blanke Afrikaanse stam, en ze
zijn ook nooit een echte koloniserende macht geweest. De Hollanders hebben
zich er nooit veel mee bemoeid, de Boeren gingen al snel hun eigen weg, die
wilden er wonen.
"Soms vraag ik aan blanken: waarom legt niemand het plan op tafel om de
rijkdom te delen? Ze reageren daar niet op. Blijkbaar is het voor hen
moeilijk om contact te leggen met zwarten. Ze willen wel - en dan heb ik het
niet over de rechtse blanken, die schíjten op alles wat zwart is. Maar een
grote groep Afrikaners zit zo niet in elkaar: die hebben bijna een soort
Duits schuldcomplex van na de oorlog. Ze zijn jaloers op de manier waarop ik
met zwarte mensen contact maak. Zij kunnen het niet, zij blokkeren - deels
uit schaamte. Dat is dat calvinisme: de schuld blijft op hun schouders
liggen en ze kunnen niet naar de biecht."
Die Mail en Guardian -http://ww.mg.co.za- het artikels oor Onse Prez se
skielike ommeswaai re die vigskwessie - interessante leesstof.
Wat my 'n vreeslike giggel laat kry het was die artikel oor die groep wat
die kokaaid idees in die Prez se oor gefluister het, en wat met die
aankondiging pamflette versprei het om mense nog steeds te waarsku om nie te
glo wat die wêreld hulle van vigs vertel nie.
Op die vraag van die M&G hoekom daar geen name by die artikels was nie, was
die rede omdat die mense sal dink die skrywers van die artikels mal.
:))))
Statistiek: Die lewensverwagting van SA vroue sal glo 43 teen 2005 en 37
teen 2010 wees.
Dan praat ons nie van die klomp gesonde weduwees wat daardie gemiddeld 'n
lekker hupstoot gee nie.