| vergeld [boodskap #151301] |
Do., 23 April 2026 12:08 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24930 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vergeld
Afbreking: ver•geld
Samestelling: ver- + geld
Werkwoord: vergeld
Verlede tyd: het vergeld
Teenwoordige deelwoord: vergeldend, vergeldende
Verlede deelwoord: vergelde
Betekenis:
• Om iemand vir iets terug te kry of terug te betaal.
Gebruik:
• Vergewe ander sonder om hulle wandade te vergeld.
Spreekwoord:
• Moenie kwaad met kwaad vergeld nie. [Moenie jou wreek nie.]
• Goed met kwaad vergeld. [Iemand wat jou goed gedoen het, kwaad aandoen.]
Sinoniem:
• afreken
• beloon
• betaal
• terugbetaal
• terugkry
• uitbetaal
• vergoed
• wreek
Afgelei:
• vergelder
• vergelding
• wedervergeld
Vertaling:
Engels: to repay, requite, retaliate, take revenge
Nederlands: vergelden
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|