Vliegtuig tref die Empire State gebou
Wo., 01 Mei 2002 15:00
28 Julie 1945.
'n B-25 van die Amerikaanse lugmag vlieg in digte mis teen die 79 ste
verdieping van die Empire State gebou vas. Altwee bemanningslede aan boord
word gedood en elf persone in die gebou.
Ek sal 'n foto stuur aan die wat belangstel (stuur versoek na my email
adres) of as daar konsensus is sal ek die foto aanheg aan 'n posstuk en na
die nuusgroep stuur.
Hantamkind.
Koeitjies & kalfies |
180 kommentare
Duur Boeke.
Wo., 01 Mei 2002 09:15
Ek sien dat die nuutste Danielle Steel poging R280 kos vir die
hardebanduitgawe.
Ek sal dit nie koop nie - omdat ek nie juis haar boeke geniet nie.
Ek voel egter vir die verslaafdes jammer.
Annette
Boeke, tydskrifte & koerante |
4 kommentare
Gerookte Kos
Wo., 01 Mei 2002 09:11
Ek moes seker in een van my vorige lewens 'n Rasta gewees het, want gerookte
kos is vir my lekkerder as lekker.
Nou lees ek dat ek met tee op my stoof sommer die kossies kan rook - gaan
dit definitef probeer.
Gebruik genoeg teeblare om die basis van die dikboompot toe te maak, en 5ml
( 1 teelepel) droë kruie of speserye.
Voer die dikboompot en die deksel uit met foelie, en maak seker die deksel
kan die pot verseel.
Die teemengsel moet net die boom van die pot bedek - te veel sal aan die kos
'n bitter smaak gee.
Plaas 'n metaalrak of omgekeerde pirex deksel in die pot - die kos moet dus
nagenoeg in die middel van die pot wees, en daar moet genoeg spasie teen die
kant oop wees sodat goeie sirkulasie en egalige beroking kan plaasvind.
Met die pot se deksel op, plaas dit op 'n baie warm plaat vir omtrent 15
minute. Stel dan die plaat op die laagste hitte en rook verder vir 'n
verdere 10minute - 1 uur - totdat die kos gaar is.
Kosse geskik vir rook is vis, vleis en selfs hardgekookte eiers.
Sosaties met lamsvleis: 15 minute hoog en 40 minute lae hitte
!kg rooivleis of 1.3 kg hoender byv: 15 minute hoog en 1 uur lae hitte
1 kg vis : 15 minute hoog en 20 - 25 minute lae hitte.
Annette
Kos & resepte |
4 kommentare
Petrolprys
Wo., 01 Mei 2002 07:03
Net toe die prys teen die dollar begin val - ten dele oor die omswaai van
die vigsbeleid- word die petrolprys weereens verhoog.
Ten minste betaal ons hier by die kus minder as die mense in die binneland -
maar ons betaal almal nou ver meer as R4 per liter.
Annette
Wiele |
1 kommentaar
huweliks herdenking
Di., 30 April 2002 14:26
vir ons huweliks herdenking vra ek my vrou waarheen sy graag wil
gaan. sy se toe dat sy iewer wil gaan waar sy lanklaas was toe stel ek
voor sy gaan kombuis toe.
Threeships Mcduck
www.mothership.co.za
Humor & grappe |
7 kommentare
RSG - "Sê wie? (!)"
Di., 30 April 2002 13:06
"Is dit jy Nicky?"
"Is ek op die lug?"
"Praat ek met Nicky?"
"Kan ek maar praat?"
------------------------------------
Die ou / vrou wat die mees gepasde antwoord op die vrae kan pos wen 'n prys
...
Koeitjies & kalfies |
14 kommentare
Vuurwapens
Di., 30 April 2002 09:14
Wat is die gevoel hier aangaande vuurwapens en
-wapenlisensies?
Blykbaar het die kind wat in Duitsland daar in die skool losgebrand het, wel
lisensies gehad vir die vuurwapens wat hy gebruik het.
Annette
Veiligheid & wapens |
16 kommentare
Die Summit.
Di., 30 April 2002 07:13
Was dit Kaaitjie of iemand hier wat geskryf het haar man het te doen met die
reelings vir die World Summit daar in Sandton?
Vragie of twee:
1) As geen privaat voertuie in Sandton toegelaat gaan word nie, hoe moet
professionele mense wat hulle kantore daar het hul noodsaaklike pligte
nakom?
2) Ek hoor dat Pres Bush 'n ongoddelike aantal veiligheidsmense gaan
saambring - gaan die veiligheidsmense eers ingebus word, en dan die
deelnemers? Indien wel, hoe laat begin verrigtinge elke dag?
3) Ek verneem ook dat die konferensie by drie aparte lokale gaan plaasvind -
gaan daar darem tyd wees vir die staatsmanne om die plaaslike besighede te
ondersteun terwyl hulle beweeg tussen die lokale?
4) Is daar genoeg kamers naby die lokale beskikbaar vir "masseuses" om die
kongresgangers te help ontspan?:))
Annette
Koeitjies & kalfies |
0 kommentare
Help asseblief
Di., 30 April 2002 07:01
Ek is besig om 'n "verslag" saam te stel om mense op 'n ander groep in te
lig oor ons sonderlinge en unieke taxi bedryf.
Enige insette wat ek kan byvoeg sal waardeer word.
Annette
Koeitjies & kalfies |
1 kommentaar
Selfbeeld
Di., 30 April 2002 06:13
Ek hoor nou op RSG onderhoude met dogtertjies oor hulle Barbie-poppe. ( nie
een het net een nie)
Ek sien ook dat daar alweer 'n artikel oor Advokaat Barbie in Huisgenoot
is.
Nou is daar een of ander sielkundige wat beweer dat die pop 'n simbool van
bemagtiging van die vrou is.
Ek stem nie saam nie - maar die vraag kom wel op hoekom sekere mense aan
hulle uiterlike beeld drastiese veranderinge laat aanbring en dan verklaar
dat hulle nou uiteindelik hulleself is.
Vir my het Self tog niks uit te waai hoe ek lyk nie - maar miskien kan
iemand hier vir my verduidelik hoekom daar mense is wat wel so dink, en wat
die rede tot so 'n denkrigting is.
Dis net vir my moeilik om te verstaan dat 'n besadigde persoon met 'n
introverte persoonlikheid eensklaps kan verander in 'n uitgesproke
ekstrovert met die kleur van die hare na blond en plastiese verandering aan
sigbare bates, en dan te verklaar dat hulle nou uiteindelik hulself is.
Annette
--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a State of Mind
Koeitjies & kalfies |
5 kommentare