Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Koos Doep - "Die Huistoepad"

Sa., 11 Mei 2002 05:30

Die Huistoepad
Koos Du Plessis

die huistoepad is die pad wat jy vat
as jou oë verdor maar jou oë bly nat
en jy loop maar jy weet jy't die koers vergeet
lê die huistoepad tussen hoop en weet

maar die huistoepad is 'n donkerpad
dis 'n opdraendpad dis 'n dronkaardspad
dis 'n rowerspad en 'n kronkelpad
want die huistoepad is 'n kronkelpad

die huistoepad is 'n ware pad
maar 'n nare en vol gevarepad
dis 'n sloop-maarpad en 'n stroop-maarpad
want die huistoepad is 'n hoop-maarpad

die huistoepad is die pad wat jy vat
as jou siel verdor maar jou oë bly nat
en jy weet en jy weet jy is lank vergeet
lê die huistoepad tussen hoop en weet

en die huistoepad is 'n somber pad
dis 'n dink-en 'n peins -en 'n wonderpad
dis 'n sukkel- en beur- en 'n strompelpad
want die huistoepad is 'n kronkelpad

die huistoepad is 'n hartseer pad
dis 'n enkelpad dis 'n swart leë pad
dis 'n snags alleen deur die hoop loop pad
want die huistoepad is 'n doodlooppad
____________________________________

Musiek & liriek | 0 kommentare

Nuwe soekenjin

Sa., 11 Mei 2002 03:10

Nuwe soekenjin op BBC se Clickonline ontdek. www.teoma.com

Tik gerus net die woord Afrikaans in as soekterm - ek haal weer asem. Dit
nadat ek deur Afrika pessimisme oorval is nadat ek die M&G gister gelees
het. (Terloops. 'n Artikel daarin het bevestig wat ek vermoed/voorspel het -
gevangenes word deur bewaarders gebruik om gewapende rowe te pleeg. In een
so 'n geval is die gevangene in 1998 gevang (Wartburg - FNB-roof) maar,
helaas, die betrokke bewaarders is nooit aangekeer nie ...)

Terloops - daardie verlore siele wat die huidige stand van sake met die
tydens die vorige bewind wil vergelyk, kan maar gerus die Mail & Guardian
lees ...

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Rosemarie

Vr., 10 Mei 2002 20:43

Besluit my niggie om haar sussie in London te laat
en terug te kom na Suid Afrika. Terug na SA na
'n hele paar jaar in England en hier is vanaand
se twee briewe aan my:
Die boonste een plaas ek met liefde aan Gloudina
wat Rosemarie se taalgebruik sal waardeer.
Die tweede een is weer 'n voorbeeld van haar
lieflike sin vir humor. Daarvan kry ek ten minste
een per dag :-)

Hulle het Woensdagaand in ons kar ingebreek en ons radio CD shuttle
gesteel met 10 CD's,geld wat in die cabual was en ponde en ons twee
sakke wat agter in die kar was met ons gymklere en tekkies!!!En raai
wat,dit is "secure" parking!!!Ons woonstelblok het nie 'n garage vir
elke woonstel nie,maar onder is daar undercover parking en jy het 'n
remote nodig om in en uit te gaan en dan is daar nog 'n verdere
sekuriteitshek wat jy moet verby kom om by jou woonstel uit te kom.So
dit was defnitief iemand in ons blok wat in ons kar ingebreek het,geen
ander kar is aan geraak nie!!!Dit maak 'n mens darem so kwaad!!

Maar in elk geval,dit is nou maar SA vir jou......

Stuur groete vir almal daar en geniet julle naweek!!!

Rosemarie x x x

I left Cape Town heading toward Beaufort West, when I decided I stop
at an
Ultra City to go to the loo. The first stall was occupied, so I went
into
the second one. I was no sooner seated than I heard a voice from the
next stall: "Hi, how are you doing?"
Well, I am not the type to chat with strangers in freeway toilets, and
I really don't know quite what possessed me, but anyway, I answered, a
little embarrassed: "Not bad."
And the stranger said: "And, what are you up to?"
Talk about your dumb questions! I was really beginning to think this
was too weird! So I said:
"Well, just like you I'm driving north."
Then, I heard the stranger, all upset, say, "Look, I'll call you back,
there's some idiot in the next stall answering all the questions I am
asking you."

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Pim Fortuyn

Vr., 10 Mei 2002 19:58

Dit is nie net in SA wat dit so rof gaan nie - wat die mense
ontevrede is nie.

RAOUL HEERTJE

Maar Nederland is toch dat leuke land waar je... nee, dat Nederland
bestaat niet. Wel in je hoofd, maar dat telt niet. We leven helemaal
niet in een gezellig en tolerant land. Zelfs een moord moet worden
opgeluisterd met rellen en vernielingen. Of mensen grijpen de kans
politici en de media de schuld te geven. Het is hier één grote
asociale bende. Een achterlijke cultuur van zogenaamde tolerantie.

Tot zijn dood heeft Pim Fortuyn geprobeerd de puinhoop te beschrijven.
Zijn moord geeft hem postuum gelijk. Maar Paars vernielt niet het
Leidseplein, besodemietert niet de belasting of stapt met een dronken
kop in de auto. Paars houdt niet zijn bek als een jongen op een perron
wordt vermoord. Paars wordt niet steeds onverschilliger voor andermans
leed. Paars bouwt geen gammele hotels of brandgevaarlijke cafés om een
paar centen te besparen. Paars veroorzaakt geen verkeersongelukken
door ramptoerisme bij andere verkeersongelukken. Paars valt geen
vrouwen lastig in de tram.P aars stuurt geen vergiftigde glycerine
naar Haïti. Wij doen dat. Of onze vaders, zussen en zonen.

Dus?

Ik zou het gepast vinden als Pim Fortuyn niet alleen de politici
wakker heeft geschud.

Misschien moet iedereen eens nadenken over wat we hier in godsnaam aan
het doen zijn.

Koeitjies & kalfies | 22 kommentare

Nuus 10/5

Vr., 10 Mei 2002 16:11

Yebo Yes July - na 35 jaar, en omdat tabakprodukte nie meer geadverteer mag
word by byeenkomste nie, is die Rothmans July nie meer met ons nie nie.
Vodacom is nou die nuwe borg.

Kaappunt sien punte - hierdie jaar het nie dierebevolking by Kaappunt
besluit om 'n punt te doen:))
Daar was 'n bevolkingsontploffing hierdie jaar onder die elande, bontebokke,
en hartbeeste. Die volstruise het ook hul ding gedoen.:))

Annette

Nuus | 0 kommentare

Euafa beker

Vr., 10 Mei 2002 11:47

Hoekom is die Hollanders so stil oor die grootse oorwinning?
Of Frey hulle almal vandag?:))

Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

vloek oor...

Vr., 10 Mei 2002 08:46

Vloek oor 'n doodkis

Anthony Nolan Venter

Blinke skroewe, duursaam vatsels
ongepoetste buitekant.
Boepens deksel, loodreg kante
satynversierde binnewand.

Enkelvertrek okkupeerder,
onderaardse meubelstuk.
Jarelange doodsslaapkamer
vlees in lanfergeur gewik.

Onheilsskepping, hartebreker-
ongenaakte kinderdief.
Bewaarder van verkalkte beend're,
oorsaak van sielsongerief.

Ek haat, ek pes en ek vervloek jou
uit heel die diepte van my hart.
Aan jou gekoppel is die oorsprong
van my lyding, pyn en smart.

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

Johan se Nou Poort

Vr., 10 Mei 2002 03:54

Vertel ons assebleif bietjie meer van die Pretoriase Noupoort Johan?
Waar presies?
Is hulle modus operandi dieselfde as die moederopset?
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Help - ek soek Koos Doep se "Wie weet"....

Do., 09 Mei 2002 14:05

Ek sien Koos Doep se naam en is op soek na die CD/album wat sy weergawe van
"Wie weet" op het (as jy dit digitaal beskikbaar het, laat weet ook maar).
Enige iemand - enige idees? Ek weet Annelie van Rooyen sing dit ook, maar
Koos mag maar...

Musiek & liriek | 1 kommentaar

BMW Stelery

Do., 09 Mei 2002 06:54

Blykbaar is die nuwe BMW, waar alles elektronies is, en mens nie eers 'n
sleutel nodig het nie, die maklikste ( en gewildste) voertuig om te steel.
Nadat die deur oopgemaak is, en die alarm skaars twee beeps gegee het, word
die swart kontroleboksie glo met 'n helse slag geslaan, dan is alles bedem
en kan die diewe vrolik wegry.
Annette.

Wiele | 4 kommentare

Bladsye (1835): [ «    750  751  752  753  754  755  756  757  758  759  760  761  762  763  764  765    »]
Tyd nou: So. Jan. 11 19:34:47 UTC 2026