Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Raad gevra.

Sa., 18 Mei 2002 18:00

Ek het e-pos ontvang van `n vriend wat meld dat hy by `n vorige geleentheid
dalk `n virus na my kant toe laat kom het. `n Ander kennis sê dit is `n
mite en die betrokke "file" gaan Windows se werkverrigting belemmer indien
mens dit sou delete. Volgens hom is dit nie `n virus nie. Wie kan help?
Die file se naam is jdbgmgr.exe in die Windows/System. Kan ek dit delete of
nie?

Koeitjies & kalfies | 19 kommentare

internetkoppeling deur die satelliet

Sa., 18 Mei 2002 17:55

het die volgende deur 'n vriend gekry.
Tobie
---------------------------
HI

Ek neem die vrymoedigheid om 'n versoek uit EgAfrikaans se
nuusbrief aan al
my kontakte aan te stuur soos die skrywer vra. As jy nie
belangstel nie,
ignoreer dit net. (Die nuusbrief word saamgestel deur Danie
Martins van
Heidelberg, Transvaal en word aan meer as 6 000 intekenare
wêreldwyd
gestuur - dis nou almal Afrikaners, sowel as mense wat in
Afrikaans
belangstel.)
------------------------

INTERNETKOPPELING:

'n Navraag oor internetkoppeling deur die satelliet het daartoe
gelei dat ek
en David van die VSA aan die gesels geraak het. Hy en sy gesin is
van plan
om na Suid-Afrika te verhuis en hy wil hier met so 'n diens
begin. Die
diens sal vir privaat persone, maar ook vir besighede beskikbaar
wees en
sal vanaf so min as R350 per maand beloop en dan is jy 24 uur aan
die Net
gekoppel en jy maak nie gebruik van Telkom nie. Sy groot vraag is
egter of
hy genoeg klandisie sal kan kry. Nou het ek en David 'n versoek:
Indien jy
of ENIGE ander persoon of besigheid moontlik in die toekoms van
so iets
gebruik sou wou maak, gaan voltooi net 'n vormpie op David se
webblad. BAIE
BELANGRIK - DIT SAL JOU ONDER GEEN VERPLIGTING PLAAS NIE,
daarvoor kan jy
my woord vat. Die adres is: http://za.baspnet.net. Net een
vriendelike
versoek: Wanneer jy die vormpie voltooi, dan is daar 'n opsie
waar jy moet
invul waar jy van hom gehoor het en in die lysie is ook my naam.
Kliek
daarop dat hy kan sien dat jy by my daarvan gehoor het. OF Indien
jy nie
lus is of bang is om die vormpie te gaan voltooi, kan jy sommer
vir David
'n E-pos stuur. In die "Subject" ruimte skryf jy net: SATELLIET -
Danie. En
dan skryf jy net dat jy sou belangstel in so 'n koppeling, maar
steeds sal
dit jou onder GEEN verpligting plaas nie. Sy adres is -
da...@msroad.com.

'n Laaste versoek - vertel asseblief aan al jou vriende van
hierdie
verwikkeling, jy kan miskien meehelp dat ons in Suid-Afrika 'n
bekostigbare Internetdiens kan bekom.

--
---------------------
Luanda news / nuus
http://walk.isat.co.za
---------------------

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Kwyltyd

Sa., 18 Mei 2002 10:33

Kans vir selfs julle ongelukkiges daar onder om iets te geniet en te wen met
ons gourmetfees hier.
Gaan loer by www.gourmetsa.com

Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Enige weddenskap?

Sa., 18 Mei 2002 09:47

Ek gaan vanmiddag R10 wed dat Bafana Bafana geen wedstryd sal wen nie, en
ook nie die tweede rondte sal haal in die Wêreldbekertoernooi nie.
Miskien sal dit help dat hulle beter doen hierdie keer.

Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Swaaiery

Sa., 18 Mei 2002 09:04

Het nou net 'n artikel klaar gelees oor lyfswaai ( swinging) , en die
afgelope 2 weke op 3rd Degree was daar ook programme daaroor.
Die hele opsit klink maar bisar vir my, en ek kan nie dink dat die
deelnemers aan hierdie tydverdryf nie later jare berou daaroor sal hê nie.
Hierdie mense kom vir my elk geval voor as emosioneel vlak of afgestomp, en
ek twyfel of die partytjies wat hulle geniet ooreenstem met my idee van 'n
lekker partytjie - waar mens met kenisse, vriende en familie lekker
saamgesels en lag, vleis of vis braai en goeie wyn drink.

Ek sou nogal een van daai partytjies wil bybring - net om die klere wat
hulle glo by aankoms uittrek te neem en weg te steek:)))))

Annette

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Oulike emotikon

Vr., 17 Mei 2002 22:06

Of watookal "emoticons" in Afrikaans is. :-)

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Hoera vir Eva!

Vr., 17 Mei 2002 16:58

Madam & Eve - die TV program- het die 2de plek verower in die
internasionale kompetisie in Montreux, Switzerland.
Daar was 19 inskrywings.
Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

"Taalkunde" in Engels?

Vr., 17 Mei 2002 13:43

Ek moes 'n Engelse vertaling veskaf van "Taalkunde" - iemand wat krediete na
ons toe wil oordra van 'n Suid-Afrikaanse universiteit af. Het iemand 'n
voorstel vir 'n Engelse vertaling? Ek sit nou in my kantoor en het natuurlik
nie me tweetalige woordeboek by my nie.

Dankie!

Henry

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Fafè ( sp?) Onwettig?

Vr., 17 Mei 2002 08:04

Vanoggend is daar glo mense in Polokwane ( iewers in Transvaal) in hegtenis
geneem omdat hulle 'n Fafé sindikaat bedryf.
Dis dan die tradisionele en etniese manier van dobbel hier!
Wanneer het dit onwettig geword?

Annette

Koeitjies & kalfies | 15 kommentare

Ongeluk by Saldanha

Vr., 17 Mei 2002 05:56

5 Mense is dood toe daar 'n deel van 'n konstruksie by Saldanha Staal
ineengestort het.
Ek het familie wat daar gewerk het, en toe hulle nog daar was, was die
toepassing van veiligheidsaspekte nie altyd wat 'n 5ster gradering van Nosa
sou verdien nie.

Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    746  747  748  749  750  751  752  753  754  755  756  757  758  759  760  761    »]
Tyd nou: Vr. Des. 26 18:40:12 UTC 2025