Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Tolpaaie

Ma., 20 Mei 2002 19:49

Die twee hoofroetes tussen Pretoria en Johannesburg (N1 Ben Schoeman en R21
Jan Smuts) gaan oor die volgende twee jaar tolpaaie word. Tenders het
vandag oopgemaak. `n Bedrag van R25-00 word gemeld en daar gaan nie vir
enige alternatiewe roetes voorsiening gemaak word nie. Dit beteken `n
daaglikse R50 ekstra vir al die pendelaars, asof die petrolprys nie erg
genoeg is nie. Ek wonder of die ouens wat so besluit het, al ooit in
spitstyd op hierdie twee paaie gery het? Dit is nou sonder hulle verkeers
begeleiding wat jou dwing om vir hulle pad te gee. Ons gaan ook nou van `n
regtige "Stau" kan begin praat. Wel aan die ander kant het een van hulle
seker tog al daar gery en gesien hier lê nog `n nuwe goudmyn vir die
soustrein.

Koeitjies & kalfies | 19 kommentare

Amnestie

Ma., 20 Mei 2002 19:43

Die departement van Justisie het vandag aangekondig dat hulle glad nie
"blanket amnesty" sal verleen nie. Al wie vrygelaat sal word is die 33
"anti-apartheid" misdadigers wie se name vandag bekend gemaak is.
Woordvoerder Paul Setsetse het verder gesê die 33 is lede van die ANC en
PAC. Volgens hom sal amnestie aan Clive en Janus nooit oorweeg word nie.
Nou wonder ek darem - altyd geweet daar is iets soos `n Tsetsevlieg, maar
nooit dat dit die vlieg in die salf is nie. Of is dit nou dalk een van
daardie lastige klein vliegies in die long-drop.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bruma reeksmoordenaars

Ma., 20 Mei 2002 19:30

Die twee is toe skuldig bevind en het saam meer as 600 jaar tronkstraf gekry
en is 15 keer lewenslank gevonnis. Wonder nou net wanneer gaan hulle
amnestie kry.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

ek soek werk!!

Ma., 20 Mei 2002 18:59

Is daar enige iemand van julle wat dalk weet van 'n pos
in die informasie tegnologie(IT) veld.

Ek is baie desperaat.

Byvoorbaat dankie
Marlo
ma...@websurfer.co.za

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

afrikaan question?

Ma., 20 Mei 2002 00:33

'
can anyone tell us what" big horse" is in Afrikaans
--or " fast horse "

Regards Bob Vance

Language Help/ Taalhulp/ Sprachhilfe | 8 kommentare

Die F-woord

So., 19 Mei 2002 19:37

Gedog ek sal maar 'n aparte draadjie oopmaak fir die slimmighede onder
hierdie onderwerp.
Nou nie dat ek mense wat sal vaal om ons te amuseer avfalliges sal noem nie,
maar enige lovwaardige poging sal waardeer word, feral in die lig dat die
narre fan die land hier saamgegooi is:))
Onthou nou die spelreel - geen woord kan met v eindig nie!:))

Annette

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Aantie se Kontak

So., 19 Mei 2002 19:30

Kan nie nou gou die draad kry nie - maar ek wil net meld dat die aantie se
suster hier uiters normaal is))) 'n Gawe mens met 'n baie goeie kennis van
Afrikaans.
Ongelukkig het die aantie dit goedgedink om nie van hierdie betroubare bron
gebruik te maak toe sy op die rat voor oë wa gespring het nie.
Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Aanddiens

So., 19 Mei 2002 19:08

Goeie naand my liewe broeders en susters.

We are gawwerd here tonaait om yttie Groot Boek te lees... Moses 10 vers 10.
Maar ook net oorlat 'n donner die vorige bladsy gesteel het om 'n zol van te
draai.

En ons lees dour dat die Witbors kraai 'n wit eiertjie gele het.

Nademaal die kraai haantjie die kraai hennetjie daar agter die hooimied op
'n bybelse vlak geleer ken het, het die Witbors kraai 'n wit eiertjie gele.

Dit was 'n WITBORS kraai, my liewe broeders en susters. Dit wassie 'n
GROENVOET kraai nie. Dit wassie 'n PERSGAT kraai nie. Dit was 'n WITBORS
kraai. Die Witbors kraai het 'n wit eiertjie gele.

En dit was 'n KRAAI, my liewe broeders en susters. Dit wassie 'n BULLDOG
nie. Dit wassie 'n RENOSTER of 'n KROKODIL nie. Dit was 'n Witbors KRAAI.
Die Witbors kraai het 'n wit eiertjie gele.

Sy het 'n WIT eiertjie gele, my liewe broeders en susters. Nie 'n ORANJE
eier nie, o nee. Dit was okkie 'n INDIGO of 'n GENTLE PEACH of 'n BINNEBOUD
BRUIN eiertjie wat onse kraai gele het nie. Maar 'n WITTE... spierwit. Die
Witbors kraai het 'n wit eiertjie gele.

En dit was 'n EIERTJIE wat sy gele het. Sy't nie te probeer with-it wees
deur 'n KLAVIER te probeer le nie. Dit was okkie 'n AALWYN of 'n JOHN DEERE
TREKKER of 'n AAMBEELD nie, my liewe broeders en susters. NEE!!! Dit was 'n
ou klein wit EIERTJIE gewees. Die Witbors kraai het 'n wit eiertjie gele.

En sy't die eiertjie GELE, my liewe broeders en susters. Sy't hom nie
GESTAAN nie. Sy't hom nie GESIT of GEHURK of GEKNIEL nie. Ek se vir julle
nou, sy't hom GELE. Die Witbors kraai het 'n wit eiertjie gele.

So my liewe broeders en susters, kom ons sluit af deur hartlik saam te sing
aan Gesang 25: "Aai, aai die Witbors kraai, hiervandaan na Mosselbaai..."

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Ek dink ek het die antwoord...

So., 19 Mei 2002 10:07

Ek dink nou net...

As nou net net nou se net nou was, dan sal net nou net nou nou net wees.

Is dit nou moontlik dat dit net so eenvoudig kan wees?

Q

Koeitjies & kalfies | 24 kommentare

DD - Laat ons Jodel!

Sa., 18 Mei 2002 23:52

DD. Met verwysing na my vorige pos: Ek het die album toe op
Gracenote opgespoor. Kon dit aanvanklik nie kry nie, want
die titel, soos by hulle op rekord, is waarskynlik verkeerd
gespel:

Is hierdie besonderhede korrek?

Disc Info:
Various Artists / Die schoensten (sic) Jodler
der Berge - Folge 3

Tracks on this CD
1.. Johann Sebastian Jodelbach

2.. Freude mit Musik

3.. Karwendel-Lied

4.. Servus gruss euch

5.. Des Konigs weisser Schwan

6.. Ja dos is osterreichisch

7.. Appenzeller Jodler

8.. Lieder der Jugendzeit

9.. Lass mi eini bei dein Fensterl

10.. Alleweil Lustig

11.. Jodlervagabundenjodler

12.. s' boarische Leben

13.. Tiroler Schwung

14.. I mocht heut' nach bei dir bleibn

15.. In die Berg bin i Gern

16.. Geliebte Berge

17.. Gruss mir die Berge

18.. Meine Jodlewelt

19.. I bin a lustiger Musikant

20.. Geht's dir im Leben mal nicht gut

21.. In den Bergen bin ich zu Haus

22.. Auf der Huttn da geht's zua

23.. Vom Kuckuck da hab ich das Jodeln gelernt

24.. Ein Jodler aus der Heimat

Wederom,

-Pierre

begin 666 clr.gif
K1TE&.#EA`0`!`(#_`,# P ```"'Y! $`````+ `````!``$```("1 $`.P``
`
end

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    745  746  747  748  749  750  751  752  753  754  755  756  757  758  759  760    »]
Tyd nou: Vr. Des. 26 18:40:40 UTC 2025