Nuwe rekord?
Ma., 20 Mei 2002 20:29
Ben Harmse, `n wildbewaarder, het moontlik `n nuwe wêreldrekord opgestel toe
hy 250 erdwurms verorber het. Dit het begin as `n uitdaging tydens die
jaarlikse landbou en toerisme uitstalling in die Limpopo-provinsie. Hy was
die enigste deelnemer en het bier (seker genoeg daarvan) gebruik om die
slukproses aan te help. Hy het gesê hy sal dit enige dag weer doen en het
almal uitgedaag om sy rekord te breek. Sy enigste vrees is dat meisies hom
dalk nie gou weer sal wil soen nie.
Koeitjies & kalfies |
0 kommentare
Tolpaaie
Ma., 20 Mei 2002 19:49
Die twee hoofroetes tussen Pretoria en Johannesburg (N1 Ben Schoeman en R21
Jan Smuts) gaan oor die volgende twee jaar tolpaaie word. Tenders het
vandag oopgemaak. `n Bedrag van R25-00 word gemeld en daar gaan nie vir
enige alternatiewe roetes voorsiening gemaak word nie. Dit beteken `n
daaglikse R50 ekstra vir al die pendelaars, asof die petrolprys nie erg
genoeg is nie. Ek wonder of die ouens wat so besluit het, al ooit in
spitstyd op hierdie twee paaie gery het? Dit is nou sonder hulle verkeers
begeleiding wat jou dwing om vir hulle pad te gee. Ons gaan ook nou van `n
regtige "Stau" kan begin praat. Wel aan die ander kant het een van hulle
seker tog al daar gery en gesien hier lê nog `n nuwe goudmyn vir die
soustrein.
Koeitjies & kalfies |
19 kommentare
Amnestie
Ma., 20 Mei 2002 19:43
Die departement van Justisie het vandag aangekondig dat hulle glad nie
"blanket amnesty" sal verleen nie. Al wie vrygelaat sal word is die 33
"anti-apartheid" misdadigers wie se name vandag bekend gemaak is.
Woordvoerder Paul Setsetse het verder gesê die 33 is lede van die ANC en
PAC. Volgens hom sal amnestie aan Clive en Janus nooit oorweeg word nie.
Nou wonder ek darem - altyd geweet daar is iets soos `n Tsetsevlieg, maar
nooit dat dit die vlieg in die salf is nie. Of is dit nou dalk een van
daardie lastige klein vliegies in die long-drop.
Koeitjies & kalfies |
0 kommentare
ek soek werk!!
Ma., 20 Mei 2002 18:59
Is daar enige iemand van julle wat dalk weet van 'n pos
in die informasie tegnologie(IT) veld.
Ek is baie desperaat.
Byvoorbaat dankie
Marlo
ma...@websurfer.co.za
Koeitjies & kalfies |
3 kommentare
Die F-woord
So., 19 Mei 2002 19:37
Gedog ek sal maar 'n aparte draadjie oopmaak fir die slimmighede onder
hierdie onderwerp.
Nou nie dat ek mense wat sal vaal om ons te amuseer avfalliges sal noem nie,
maar enige lovwaardige poging sal waardeer word, feral in die lig dat die
narre fan die land hier saamgegooi is:))
Onthou nou die spelreel - geen woord kan met v eindig nie!:))
Annette
Koeitjies & kalfies |
3 kommentare
Aantie se Kontak
So., 19 Mei 2002 19:30
Kan nie nou gou die draad kry nie - maar ek wil net meld dat die aantie se
suster hier uiters normaal is))) 'n Gawe mens met 'n baie goeie kennis van
Afrikaans.
Ongelukkig het die aantie dit goedgedink om nie van hierdie betroubare bron
gebruik te maak toe sy op die rat voor oë wa gespring het nie.
Annette
Koeitjies & kalfies |
1 kommentaar
Aanddiens
So., 19 Mei 2002 19:08
Goeie naand my liewe broeders en susters.
We are gawwerd here tonaait om yttie Groot Boek te lees... Moses 10 vers 10.
Maar ook net oorlat 'n donner die vorige bladsy gesteel het om 'n zol van te
draai.
En ons lees dour dat die Witbors kraai 'n wit eiertjie gele het.
Nademaal die kraai haantjie die kraai hennetjie daar agter die hooimied op
'n bybelse vlak geleer ken het, het die Witbors kraai 'n wit eiertjie gele.
Dit was 'n WITBORS kraai, my liewe broeders en susters. Dit wassie 'n
GROENVOET kraai nie. Dit wassie 'n PERSGAT kraai nie. Dit was 'n WITBORS
kraai. Die Witbors kraai het 'n wit eiertjie gele.
En dit was 'n KRAAI, my liewe broeders en susters. Dit wassie 'n BULLDOG
nie. Dit wassie 'n RENOSTER of 'n KROKODIL nie. Dit was 'n Witbors KRAAI.
Die Witbors kraai het 'n wit eiertjie gele.
Sy het 'n WIT eiertjie gele, my liewe broeders en susters. Nie 'n ORANJE
eier nie, o nee. Dit was okkie 'n INDIGO of 'n GENTLE PEACH of 'n BINNEBOUD
BRUIN eiertjie wat onse kraai gele het nie. Maar 'n WITTE... spierwit. Die
Witbors kraai het 'n wit eiertjie gele.
En dit was 'n EIERTJIE wat sy gele het. Sy't nie te probeer with-it wees
deur 'n KLAVIER te probeer le nie. Dit was okkie 'n AALWYN of 'n JOHN DEERE
TREKKER of 'n AAMBEELD nie, my liewe broeders en susters. NEE!!! Dit was 'n
ou klein wit EIERTJIE gewees. Die Witbors kraai het 'n wit eiertjie gele.
En sy't die eiertjie GELE, my liewe broeders en susters. Sy't hom nie
GESTAAN nie. Sy't hom nie GESIT of GEHURK of GEKNIEL nie. Ek se vir julle
nou, sy't hom GELE. Die Witbors kraai het 'n wit eiertjie gele.
So my liewe broeders en susters, kom ons sluit af deur hartlik saam te sing
aan Gesang 25: "Aai, aai die Witbors kraai, hiervandaan na Mosselbaai..."
Koeitjies & kalfies |
6 kommentare