Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Sokker Vandag

Do., 23 Mei 2002 12:36

Ons speel op die oomblik teen Turkye, en ons manne keer vir die vale (
eintlik die rooie);))
Dankie tog vir André Arendse.
Annette

Sport & ontspanning | 0 kommentare

Sokker

Do., 23 Mei 2002 07:11

Ons speel ons tweede oefenwedstryd vandag - en Sono en sy 28 adviseurs het
nou glo amper die regte span vir die toernooi uitgewerk.
Matthew Booth - die langste en witste speler in die span is uit - het glo sy
knie so beseer tydens 'n oefening dat hy nou glad nie sal kan speel nie.

Annette

Sport & ontspanning | 0 kommentare

Yengeni se Wraak

Do., 23 Mei 2002 06:31

Die Sunday Times het Toni Yengeni en sy Mercedes 4x4 storie oopgekrap. Hy
het is as hoofsweep afgedank, en tans is hy op verminderde salaris
langverlof agv van die hofsaak wat voorlê.

Net nadat die storie gebreek het, het Yengeni in 4 Sunday Times uitgawes
volblad, volkleur advertensies laat plaas om sy onskuld uit te basuin ( dis
was nou nog voor hy as hoofsweep afgedank is).

Tot nou toe het hy nog nie vir daardie advertensies betaal nie.

Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Wie is hier?

Do., 23 Mei 2002 06:31

Is daar van die getroue bydraers tot hierdie nuusgroep wat 'n idee het
hoeveel mense nog deelneem aan besprekings, of dan minstens ook skelmpies
"lurk" om so nou en dan 'n klip in die bos te gooi? Is dit net 'n klein,
getroue groepie, is dit twintig, vyftig, honderd of wat?

Ook, hoeveel is Nederlanders, Australiërs, Kanadese ensovoort?

Geen bybedoelings nie, net nuuskierig.

Koot

Koot

Koeitjies & kalfies | 52 kommentare

Nuus 24/5

Do., 23 Mei 2002 05:08

Desmond Tutu is aangespreek deur die regering omdat hy dit durf waag het om
hulle te beskuldig dat hulle die besluite van die TRC ondermyn het toe hulle
aan moordenaars amnestie verleen het wat regstreeks ingedruis het met die
TRC besluit.

Die ondersoek van die meeluisteraparaat in die Kaapse wetgewingkantore is
aan die gang. Blykbaar is toerusting aangeskaf wat meeluisteraparaat sou
opspoor, wat toe eintlik meeluisteraparaat op sigself was.

Annette

Nuus | 0 kommentare

Saamboudag

Do., 23 Mei 2002 05:03

Vandag die dag uiteindelik waar Saambou rekening- en depositohouers hul eie
geld uit die bank kan onttrek.
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Rosie

Wo., 22 Mei 2002 21:13

Tools\options\maintenance\delete new messages......

DD

Rekenaars & selfone | 3 kommentare

nuusgroep gestremd

Wo., 22 Mei 2002 21:04

Ek sukkel nog om sin te maak hier. Kan iemand vir my sê hoekom
al die boodskappe deurgetrek word met 'n swart streep, en dan het ek dit nog nie eers afgelaai vir lees nie?

Dan sien ek ook "re:..." boodskappe, maar die oorspronklike is nie daar nie. Skynbaar het ek erens 'n verstelling wat net 'n sekere periode se nuusboodskappe aflaai. Iets soos, dit moet jonger as a week wees? Kan iemand my help, asseblief?

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: nuusgroep gestremd

Wo., 22 Mei 2002 21:04

On Wed, 22 May 2002 23:04:09 +0200, "Rosie" wrote:

> Ek sukkel nog om sin te maak hier. Kan iemand vir my sê hoekom
> al die boodskappe deurgetrek word met 'n swart streep, en dan het ek dit nog nie eers afgelaai vir lees nie?
>
> Dan sien ek ook "re:..." boodskappe, maar die oorspronklike is nie daar nie. Skynbaar het ek erens 'n verstelling wat net 'n sekere periode se nuusboodskappe aflaai. Iets soos, dit moet jonger as a week wees? Kan iemand my help, asseblief?

Ek sien jy gebruik Microsoft Outlook Express as nuusleser.
Kyk jou opsies (options ) deur en sien of jy 'n leidraad kry.

Moet nooit na 'n nuusgroep in HTML skryf nie Jy sal
die ander lesers sewe soorte blouwilleboepenskoorse
laat ontwikkel:-)

DD

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Hier in die winter

Wo., 22 Mei 2002 19:25

Daar sak 'n sterk haelbui uit
hier in die winter.
Ek dink die reënweer is tot daar
in jou dorpie né Annette:-)))

DD

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Bladsye (1834): [ «    743  744  745  746  747  748  749  750  751  752  753  754  755  756  757  758    »]
Tyd nou: Sa. Mrt. 07 21:24:08 UTC 2026