Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Wes-Kaap leiers (lyers?)

Vr., 24 Mei 2002 09:04

News24 het op die oomblik 'n stemmery aan die gang: Wie is die beste
leier in die Wes-Kaap? Gerald Morkel, Peter Marais, of die Tooth
Fairie? Na meer as 500 stemme is die situasie as volg: Morkel 3%,
Marais 3%, Tooth Fairie 925. Die ander 2% was seker maar bedorwe
stembriewe :-)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: 6 million is a joke

Vr., 24 Mei 2002 03:02

Goeie begryper het 'n halwe woord nodig.
Die oorspronklike posser het gepraat van Hitler wat 6 miljoen uit die lewe
gehelp het.
Annette

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3ced606a.0@news1.mweb.co.za...
>> Mugabe a black Hitler? Has he come close to killing 6,000,000 people
>> simply because they were born into specific ethnicity.
>
> zero_inn
> I am genuinely interested in those figures. Can you give me some
> documentation? It would be appreciated. He never did like the
> Matabele, did he? !
>
> Wouter
> Looks like straight lie, mate. There's only 11 million people in Zim,
> about 7 million Shona. 6 million would be somewhere between
> a third and a half of the then population.
>

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Kanada sien Suid Afrikaners nou as ongewens

Do., 23 Mei 2002 22:03

Ek was Dinsdag by die Kanadese konsul om aansoek te doen vir 'n toeriste
visa. Verbasend word dit nie goedgekeur nie en ek word ingelig dat daar nou
'n "mandatory" wagtyd vir Suid Afrikaners is. Hulle verwys my na die
volgende:

Please note that there is a possible waiting period of 10 to 15 working days
for citizens of the following countries:

Afghanistan, Albania, Algeria, Argentina, Armenia, Azerbaijan, Belarus,
Bosnia-Herzegovina, Burundi, Cambodia, People's Republic of China, Chile,
Congo, Croatia, Cuba, Egypt, El Salvador, Eritrea, Ethiopia, Georgia,
Guatemala, Haiti, Honduras, Iran, Iraq, Israel (orange travel document
holders), Jordan, Kazakhstan, Kyrgyzstan, Lebanon, Libya, Macedonia,
Moldova, Morocco, Nigeria, North Korea, Peru, Russia, Rwanda, Sierra Leone,
Somalia, South Africa, Sudan, Syria, Tajikistan, Tunisia, Turkmenistan,
Ukraine, Uzbekistan, Yemen and Yugoslavia.

Terwyl SA onder 'n wit regering was, het ek nooit 'n probleem gehad om 'n
visa te kry nie. Alhoewel die polities korrekte Kanadese die lof van
Mandela sing en vertel hoe besonder goed dit met SA gaan, is dit heel
duidelik dat hulle nie eintlik self iets te doen wil hê met SA of Suid
Afrikaners nie: Bly tog net waar julle is en moenie hiernatoe kom nie is die
boodskap. As jy mooi na die lande hierbo kyk, dan is die meeste swart, of
moslem, of kommuniste/voormalige kommuniste. As jy nou 'n land moet
oordeel aan wat hulle doen ipv hulle mooi praatjies, is dit duidelik hoedat
Kanada diskrimineer. Is dit nou nie skynheilig nie?

Emigrasie & buiteland | 25 kommentare

Vlaanderen: goed nuus & sleg nuus vir die Nederduitse taalgroep

Do., 23 Mei 2002 20:55

In Vlaanderen is daar vandag goed nuus en sleg nuus gekom vir die
Nederduitse taalgroep.
Goed nuus: al die vreemdelinge en immigrante wat nog nie
nederlandssprekendes is nie sal verplig word om dit aan te leer.
Sleg nuus: op die universiteit en hoëskole sal 20% van die leerstof
in Engels mag gegee word. Daarvoor sal wel gefundeerde redes moet
opgegee word en die eksamens daaroor kan in Nederlands plaasvind.
Tog vind ek dit bedenklik. Ek vind ons maak 'n stap agteruit!

'n Mededeling vanweë

Norbert (uit Vlaanderen)

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Net werk en geen speeltyd?

Do., 23 Mei 2002 13:38

"South Africans look for work more than sex

South Africans are more interested in work than sex, according to search
portal Ananzi's latest search figures."

Word internet tyd op sekswerwe dalk as werk aangegee?

Statistieke kan altyd bevraagteken word. Hoe meet hulle?

:-)

TJ
www.artslink.co.za

--

Artslink.co.za - http://www.artslink.co.za
The SA Arts, Culture and Entertainment Hub

Member of BASA, ISPA, PANSA and TMSA

The Arts and Culture Trust of the President Awards:
Electronic Media of the Year in Support of the Arts
Winner 1998, Finalist 1999 and Finalist 2000/1

Arts and Culture Journalist of the Year 2000/1
Mike van Graan's The Cultural Weapon

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Vuurwapenwetgewing

Do., 23 Mei 2002 13:37

Wat is die nut om as wetsgehoorsame burger 'n vuurwapen te hê?

Hoe gaan jy die oortreder aanhou nadat hy jou geroof het?

Ek glo dat die wetgewing nuwe morele stukrag aan die kriminele gaan gee -
asof hulle enige verdere aanmoediging nodig het...

Arme polisiemanne

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Onlangse Verlede

Do., 23 Mei 2002 12:53

Met vandag se gewoelery kom ek af op 'n boekie met handtekeninge van nie so
lank gelede nie, van spelers wat seker net met vreeslike geluk weer vir die
Springbokke sal speel, indien ooit.

Van Straaten
Boone
Gaffie du Toit
Rob Fleck
André Vos
Krynauw Otto

Ag ja, so draf die lewe aan.
Annette

Sport & ontspanning | 2 kommentare

Sokker Vandag

Do., 23 Mei 2002 12:36

Ons speel op die oomblik teen Turkye, en ons manne keer vir die vale (
eintlik die rooie);))
Dankie tog vir André Arendse.
Annette

Sport & ontspanning | 0 kommentare

Sokker

Do., 23 Mei 2002 07:11

Ons speel ons tweede oefenwedstryd vandag - en Sono en sy 28 adviseurs het
nou glo amper die regte span vir die toernooi uitgewerk.
Matthew Booth - die langste en witste speler in die span is uit - het glo sy
knie so beseer tydens 'n oefening dat hy nou glad nie sal kan speel nie.

Annette

Sport & ontspanning | 0 kommentare

Yengeni se Wraak

Do., 23 Mei 2002 06:31

Die Sunday Times het Toni Yengeni en sy Mercedes 4x4 storie oopgekrap. Hy
het is as hoofsweep afgedank, en tans is hy op verminderde salaris
langverlof agv van die hofsaak wat voorlê.

Net nadat die storie gebreek het, het Yengeni in 4 Sunday Times uitgawes
volblad, volkleur advertensies laat plaas om sy onskuld uit te basuin ( dis
was nou nog voor hy as hoofsweep afgedank is).

Tot nou toe het hy nog nie vir daardie advertensies betaal nie.

Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Bladsye (1835): [ «    742  743  744  745  746  747  748  749  750  751  752  753  754  755  756  757    »]
Tyd nou: Ma. Jan. 12 14:18:30 UTC 2026